Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - SA se 4 mees onderskatte spelers
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares at Ellis park on Saturday 21 July 2018, kickoff 15:05 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

SA se 4 mees onderskatte spelers

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 22215
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: SA se 4 mees onderskatte spelers
    Posted: 13-Jan-2018 at 5:58am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/sa-se-4-mees-onderskatte-spelers-20180112

Waarde op die rugbyveld kan in die mees onwaarskynlike plekke ontsluit word.

En die Stormers het waarskynlik ’n ongeslypte diamant van Kimberley in hul midde nadat hulle ’n leenooreenkoms met Griekwas aangegaan het om die losskakel George Whitehead in die Superreeks in te span.

Whitehead is nie ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika nie en het die meeste van sy rugby sover vir kleiner unies soos die Griffons en die Kings gespeel.

Maar hoewel Whitehead nie ’n besonge speler is nie, gaan hy die Stormers baie waardevolle sterk punte bied.

Daar is talle sulke voorbeelde in Suid-Afrikaanse rugby van spelers met onderskatte vaardighede, wat nie altyd die lof kry wat hulle toekom nie.

Hier is vier sulke spelers wat in die komende Superreeks dopgehou kan word:

1. George Whitehead (Stormers):

Soos gemeld, is daar nog selde oor Whitehead ’n bohaai gemaak. Hy is nietemin ’n ervare speler wat sy eie spel goed ken – iets waarmee die Stormers op losskakel kan doen.

Hy is boonop ’n skerpskutter van die skopkegel af. Hy het in verlede jaar se Curriebeker-reeks met 93% van sy stelskoppe geslaag.

Die gebrek aan bestendige stelskoppers is juis iets wat die Stormers in die verlede al gepootjie het.

Wat Whitehead dalk in skeppende flair kortkom, maak hy voor op met kliniese verspreiding. Hy skep geleenthede vir die spelers om hom.

2. Philip van der Walt (Haaie):

Van der Walt het reeds sy spore as losvoorspeler dubbel en dwars verdien, sonder om gereeld die hoofopskrifte te haal.

Talle van sy mede-losvoorspelers by die Haaie het oor die jare heen die aandag van die publiek en die Springbok-keurders aangegryp. Maar die kalklig het selde op Van der Walt geskyn, waarskynlik omdat hy met donkiewerk in die loopgrawe besig was.

Van der Walt, wat ook klubrugby in Japan vir die Canon Eagles speel, het in 2017 se Superrugbyreeks die meeste duikslae van enige speler in die kompetisie uitgevoer (170), is ’n onderskatte baldraer en kan die bal in klein spasies versprei.

Hy is groot, stewig (1,93 m en 110 kg) en ’n faktor in byna alle fasette van die spel.

3. Dewaldt Duvenage (Stormers):

Die ervare Duvenage ken elke uithoek van elke veld in Suid-Afrika én Frankryk, maar sy deugde word maar selde besing, omdat hy deur baie mense as ’n “vervelige” speler gebrandmerk word.

Die feit van die saak is egter dat Duvenage statisties een van die topverspreiders in Suid-Afrika en ook ’n uiters vaardige taktiese skopper is.

Dís juis vaardighede waaraan Springbok-skrumskakels sedert Fourie du Preez se uittrede kortkom.

Sy skoppies in die kassie is meestal op ’n tiekie en hy beskik oor die vermoë om die spelers om hom te laat goed lyk.

Dalk is 2018 die jaar waarin Duvenage meer na waarde geskat sal word.

4. Burger Odendaal (Bulle):

Sommiges sal sê dis nie akkuraat om na Odendaal as “onderskat” te verwys nie, maar die vaardighede wat hy bied, word nie altyd na waarde geskat nie.

Hoewel dié jongerige, dog ervare senter vroeg in sy loopbaan hoofsaaklik as ’n stormram ingespan is (en suksesvol daarmee was), het hy die afgelope seisoen begin wys hy het meer pyle in sy koker.

Met die aanbreek van die nuwe seisoen het Odendaal, wat voorheen in Jan Serfontein se skadu moes speel, ook die geleentheid om homself as voorslagspeler te vestig.

Odendaal benut steeds sy krag, maar kombineer dit nou met drukaangeë en aftrappe. Sy hardlooplyne en goeie verdediging van vroeër bly steeds van sy sterk punte.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.045 seconds.