Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Springbokke
  New Posts New Posts RSS Feed - ‘Rugby, rugby, rugby’ Rassie se mantra
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

‘Rugby, rugby, rugby’ Rassie se mantra

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24772
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: ‘Rugby, rugby, rugby’ Rassie se mantra
    Posted: 13-Jun-2018 at 10:39am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/rugby-rugby-rugby-nou-rassie-se-mantra-20180612

Die nuwighede van die Rassie Erasmus-era is nou verby en die Springbok-breier kan nou fokus op dít waarvoor hy die liefste is. Dít, in sy eie woorde, is: “Rugby, rugby, rugby.”

Erasmus het 16 debutante ingespan in die eerste twee toetse van sy ampstermyn, die nederlaag teen Wallis en die sege in die eerste toets teen Engeland.

Dié spelers het drie weke gelede nie geweet wat op hulle wag nie. Maar nou, voor die tweede toets teen Engeland Saterdag in Bloemfontein, is hulle bewus van die aard van toetsrugby.

“Wat nou goed is, is dat daar geen meer speler in die groep is wat nog nie vir die Springbokke gespeel het nie. Twee weke gelede was daar 16 ouens wat nog nooit vir die Bokke gespeel het nie,” het Erasmus vandeesweek in Bloemfontein gesê.

“Nou is daar 16 ouens wat dit reeds ervaar het. Hulle het die senuwees ervaar, die media-aandag, die sing van die volksliedere, al daardie dinge. Dit help met selfvertroue. Nou kan ons net fokus op ons kernbesigheid – rugby, rugby, rugby. Nou gaan dit oor speel en afrigting,” sê hy.

Erasmus sê die grootste emosie wat hy ná die naelbytsege van 42-39 oor Engeland op Ellispark ervaar het, was ’n diepe, dankbare verligting.

“Daar is nou meer ruimte vir ons om steeds kanse te waag. As jy ’n paar wedstryde verloor, is jy geneig om in jou dop in te kruip en konserwatiewe spankeuses te maak. Ons kan dit nie bekostig as ons die Wêreldbeker volgende jaar wil wen nie,” sê hy.

Die breier het al verskeie kere daarna verwys dat hy spelers kanse gaan gee voor volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan.

Een van sy adjudante, die voorspelerafrigter, Matt Proudfoot, het dít Dinsdag beaam.

“Ons gaan hard werk aan ons kombinasies, maar ons gaan nog baie veranderinge aanbring om vas te stel wie ons beste 30, 32 spelers vir die Wêreldbeker-toernooi is,” sê Proudfoot.

“Dis ons proses en ons sal daarmee volhard oor die volgende 18 maande sodat ons presies weet wie ons beste ses stutte, byvoorbeeld, is wanneer ons na die Wêreldbeker-toernooi vertrek. Ons het 20 voorspelers nodig wat die druk daarvan verstaan om teen Engeland, Australië en Nieu-Seeland te speel.”

Proudfoot sê die spelers word uitgedaag om weekliks te verbeter en hulself as dinamiese spelers te onderskei.

“Elke speler in die groep is dinamies. Die spel gaan oor verdediging en aanval. Die vaste fasette is waar jy jou aanvallende grondslag lê, maar daarna moet jy speel.

“As jy nie voorspelers het wat kan verdedig en aanval nie, kan jy nie ’n dinamiese span bou nie. Ons wil hê elke speler moet daarin verbeter,” sê hy.
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1598
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 13-Jun-2018 at 11:47am
The good thing is that there seems to be a plan heading into the World Cup.
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.052 seconds.