Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Club Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - 'Rugby in Japan het voor- én nadele'
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares at Ellis park on Saturday 21 July 2018, kickoff 15:05 SA Time - watch on http://live.drakulawidget.com/

'Rugby in Japan het voor- én nadele'

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 22215
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: 'Rugby in Japan het voor- én nadele'
    Posted: 07-Feb-2018 at 7:19am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-se-rg-rugby-in-japan-het-voor-en-nadele-20180206

Die Bul-slot RG Snyman gee toe hy was ’n jaar gelede oortuig hy “weet wat kom” in Superrugby, omdat dit sy tweede jaar in dié kompetisie was.

“Dit was duidelik nié die geval nie,” sê hy, met verwysing na die Bulle se teleurstellende poging in die reeks verlede seisoen.

Snyman is net 23, maar dit is vanjaar reeds sy derde veldtog vir die Bulle in Superrugby.

En baie het verander die afgelope paar maande.

Hy het ’n seisoen vir die Japanse span Honda Heat agter die blad en John Mitchell is nou sy afrigter by Loftus Versfeld.

Snyman was juis in Japan toe hy verneem het dié voormalige All Black-afrigter hou nou die leisels by die Bulle.

“Mitch bring baie ervaring en hy het die spelers se ingesteldheid verander. Ek geniet dit om saam met hom te werk.”

Jy kan maar net dink hoe die talentvolle Snyman in die volgende seisoen of wat onder die deurwinterde Mitchell kan ontwikkel.

Snyman sê dit was ’n storie om in oefensessies by te hou sedert hy verlede maand uit Japan teruggekeer het.

“In Superrugby moet jy vinnig kan speel én fisiek wees.

“Dit is bloed sweet, maar ek dink die manier hoe ons oefen, gaan baie help in daardie opsig.”

Hy sê sy tyd in Japan het hom sonder twyfel ’n beter speler gemaak.

“Om in ’n ander omgewing onder ’n nuwe afrigter te speel, is ’n waardevolle ervaring. Ek het dit baie geniet.”

Snyman skerts hy is in die eerste week gevra hy moenie mense in die openbaar (met sy 2.06 meter-lange lyf) laat skrik nie.

Dan was daar ook die aand wat hy in ’n restaurant wou weet watter vis hy eet.

“Ek het amper doodgegaan toe ek hoor dit was rou hoender.”

My fokus is op Superrugby. Ek glo as jy vir die Springbokke wil speel, is dít waar jy jouself moet bewys.

Hy het weer ’n kontrak met Honda Heat onderteken en sal – soos in 2017 – nie vir die Bulle in die Curriebeker-reeks uitdraf nie.

Snyman sê hy besef die besluit kom teen ’n prys.

Met Snyman en sy ewe belowende slotmaat by die Bulle Jason Jenkins, wat albei in Japan was, het Ruan Botha die kans aangegryp.

Dié slot van die Haaie het met sy goeie vertonings in die Curriebeker-kompetisie die Bokke se jaareindtoer gehaal.

“Ja, daar is ’n nadeel. Ek voel nie uitgeput omdat ek nie ’n afseisoen gehad het nie, maar jy is uit die Bok-afrigter se oog.

“My fokus is op Superrugby. Ek glo as jy vir die Springbokke wil speel, is dít waar jy jouself moet bewys.”

Snyman sê die teleurstelling van 2017 is vergete by Loftus.

“Ons is baie positief. Daar het baie verander en elke speler wil dinge omdraai. Dit wat verlede seisoen gebeur het, is agter ons.”
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 11.10
Copyright ©2001-2017 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.049 seconds.