Forum Home Forum Home > Rugby Competitions > Super Rugby
  New Posts New Posts RSS Feed - Ross bly by Leeus en soek Bok-trui terug
  FAQ FAQ  Forum Search   Events   Register Register  Login Login


The Lions are playing the Jaguares in Buenos Aires on Saturday 16 February 2019, kickoff 23:40 SA Time

Ross bly by Leeus en soek Bok-trui terug

 Post Reply Post Reply
Author
Message
Transvaal View Drop Down
Admin Group
Admin Group


Joined: 30-Mar-2016
Status: Offline
Points: 24991
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Transvaal Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Topic: Ross bly by Leeus en soek Bok-trui terug
    Posted: 11-Jul-2018 at 6:24am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/ross-bly-by-leeus-en-soek-bok-trui-terug-20180710

Die bloeding is tydelik gekeer by die Leeus, met twee van hul Springbokke wat Dinsdag bevestig het dat hulle nie deel van die uittog by dié rugbyspan gaan wees nie en steeds saam met die trop sal brul.

Die skrumskakel Ross Cronjé en die vleuel Courtnall Skosan het nuwe kontrakte gesluit en sal nog vir die afsienbare tydperk in die Rooibonttrui gesien word.

Cronjé se nuwe kontrak is vir die volgende twee jaar.

“Ek gaan nêrens heen nie en bly net hier by die Leeus,” sê hy.

“Ek droom steeds daarvan om deel te wees van die Wêreldbekergroep en om dit reg te kry moet ek Superrugby speel en my stempel daar afdruk.

“Ek geniet boonop die lewe hier en dit is so naby aan die Bosveld en ook die see, terwyl ek ook gek is oor die sonskyn en nie ’n begeerte het om die land te verlaat en oorsee te gaan speel nie,” sê Cronjé.

“Ek dink as jy slim te werk gaan, hoef die oorsese geldeenhede nie ’n lokaas te wees nie en kan jy vir jou ’n gerieflike lewenstyl in Suid-Afrika skep,” sê hy.

“Tog kan ek sien hoekom van die spelers wat oorsee gaan dit doen, want hulle wil voorsiening maak vir hul gesinne en dit is hul goeie reg.”

Cronjé was in 2017 die Bokke se eerstekeuse-skrumskakel, maar het nie vanjaar Rassie Erasmus se Bok-groep gehaal nie.

Die laaste ruk was dit net slegte nuus wat uit die Leeus-kamp gekom het met Jaco Kriel, Rohan Janse van Rensburg, Ruan Dreyer en Franco Mostert wat almal aangekondig het dat hulle ná die Superreeks op pad is Engeland toe.

Ek dink as jy slim te werk gaan, hoef die oorsese geldeenhede nie ’n lokaas te wees nie en kan jy vir jou ’n gerieflike lewenstyl in Suid-Afrika skep.

Daar word ook bespiegel dat Andries Coetzee en Jacques van Rooyen moontlik hul loopbaan oorsee gaan voortsit.

Vir Cronjé bied Saterdag se stryd teen die Bulle op Ellispark ’n gulde geleentheid om Erasmus (Bok-hoofafrigter) aan sy deugde te herinner, want hy kom teen twee nr. 9’s te staan wat vanjaar bo hom by die Bokke gekies is – Embrose Papier en Ivan van Zyl.

Cronjé sê dit sal ’n uitdaging wees om teen spelers van hul gehalte te staan te kom.

“Jy wil jouself altyd meet teen spelers wat op die hoogste vlak speel en vir my is dit ’n kans om my eie kleim af te steek,” sê hy.

Cronjé erken die Leeus het nog nie vanjaar die gehalte rugby gespeel waartoe hulle in staat is nie, maar hy voel hulle sal op die regte tyd die vertonings lewer wat van ’n kampioenspan verwag word.

“Hopelik is dit net ’n kwessie van tyd voor ons kliek. Die Bulle gaan beslis vir ons kom en ons staal ons vir ’n kwaai aanslag. Hulle kom hierheen om ’n punt te bewys,” sê Cronjé.
Back to Top
Goue Leeu View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 18-Apr-2016
Location: Bloemfontein
Status: Offline
Points: 1684
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Goue Leeu Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 11-Jul-2018 at 6:33am
Goeie nuus.. hopelik sal die wat nog nie iewers anders geteken het nie Ross en Courtnall se voorbeeld volg. Ons MOET 'n ervare kern behou vir volgende jaar.
Back to Top
emiel View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 02-Apr-2016
Status: Offline
Points: 381
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote emiel Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 11-Jul-2018 at 11:32am
Ross was 'n redelike bevoegde adjudant vir Fav dis afgelope paar jaar, maar ek dink hy het maar redelik uit sy diepte gelyk in verlede jaar se 3 uitklop wedstryde en in die Springboktrui. Hy het ook nie die wereld aan die brand gespeel to dusver die jaar nie (lyk darem beter as Groom). ''n Span kan 'n wedstrydplan bou om sy no 9 , hangend af of hy 'n dinamiese spelskepper is of 'n briljante taktiese skopper is. Tans skort hy in beide aspekte van die spel. Moet byvoeg dat 'skakelpaar se spel baie gaan ook afhang van die tipe bal wat hulle kry.

Edited by emiel - 11-Jul-2018 at 11:42am
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1629
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 11-Jul-2018 at 12:06pm
Originally posted by emiel emiel wrote:

Ross was 'n redelike bevoegde adjudant vir Fav dis afgelope paar jaar, maar ek dink hy het maar redelik uit sy diepte gelyk in verlede jaar se 3 uitklop wedstryde en in die Springboktrui. Hy het ook nie die wereld aan die brand gespeel to dusver die jaar nie (lyk darem beter as Groom). ''n Span kan 'n wedstrydplan bou om sy no 9 , hangend af of hy 'n dinamiese spelskepper is of 'n briljante taktiese skopper is. Tans skort hy in beide aspekte van die spel. Moet byvoeg dat 'skakelpaar se spel baie gaan ook afhang van die tipe bal wat hulle kry.
Ross is a 9 that does the basics very well. He is quick to the breakdown, has improved his passing tremendously over the years (maybe not as snappy as it could be but still very accurate). His worth comes in around the fringes. He is hard to bring down, and his defense is sound.
Back to Top
emiel View Drop Down
Jong Leeu
Jong Leeu


Joined: 02-Apr-2016
Status: Offline
Points: 381
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote emiel Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 11-Jul-2018 at 12:23pm
Yeah, his defense has always been his standout contribution. He is a solid if unspectacular no 9, but not the the one who'se going to play major role in big games.
Back to Top
Lion4ever View Drop Down
Koning Leeu
Koning Leeu
Avatar

Joined: 30-Mar-2016
Location: Roodepoort
Status: Offline
Points: 1629
Post Options Post Options   Thanks (0) Thanks(0)   Quote Lion4ever Quote  Post ReplyReply Direct Link To This Post Posted: 11-Jul-2018 at 1:18pm
I agree that he is not as flashy as Faf. And Faf is a phenomenal player. However, Ross brings a calmness to the team, whereas Faf can raise the tempo and energy. If you can combine these 2 traits and add some great tactical kicking, you will have the perfect 9
Back to Top
 Post Reply Post Reply
  Share Topic   

Forum Jump Forum Permissions View Drop Down

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd.

This page was generated in 0.070 seconds.