Print Page | Close Window

Match 3 - Lions vs Sharks

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Currie Cup
Forum Description: Currie Cup
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=9332
Printed Date: 25-May-2024 at 5:05pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Match 3 - Lions vs Sharks
Posted By: Transvaal
Subject: Match 3 - Lions vs Sharks
Date Posted: 16-Feb-2022 at 9:48am
Saturday 19 February at Ellis Park, kickoff at 17:00

Referee: AM Jacobs
AR1: Rasta Rasivhenge
AR2: Local
TMO: Marius Jonker

Lions: 15. Quan Horn, 14. Boldwin Hansen, 13. James Mollentze, 12.Matt More, 11. Divan Rossouw, 10. Vaughen Isaacs, 9. Jurich Claasens, 8. Emmanuel Tshituka, 7. Vincent Tshituka, 6. Sibusiso Sangweni, 5. Simon Dinisio, 4. PJ Steenkamp, 3. Asenathi Ntlabakanye (c), 2. Dameon Venter, 1. JP Smith.
Replacements: 16. Morne Brandon, 17. Banele Mthenjane, 18. Chergin Fillies, 19. Lunga Ncube, 20. MJ Pelser, 21. Ginter Smuts, 22.Fred Zeilinga, 23. Tyler Bocks.

Sharks: 15. Yaw Penxe, 14. Werner Kok, 13. Jeremy Ward (v/c), 12. Murray Koster, 11. Marnus Potgieter, 10. Boeta Chamberlain, 9. Cameron Wright, 8. Celimpilo Gumede, 7. Thembelani Bholi, 6. James Venter (C), 5. Reniel Hugo, 4. Le Roux Roets, 3. Khutha Mchunu, 2. Fez Mbatha, 1. Khwezi Mona.
Replacements: 16. Dan Jooste, 17. Dian Bleuler, 18. Wiehahn Herbst, 19. Emile van Heerden, 20. OJ Noa, 21. Sanele Nohamba, 22. Inny Radebe, 23. Curwin Gertse



Replies:
Posted By: valie
Date Posted: 16-Feb-2022 at 10:30am
Ek wonder wie saam gaan toer, want dit sal seker die ouens wees wat agterbly, wat vir die game gekies word.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Feb-2022 at 11:11am
Dit lyk asof ons 2 aparte squads gebruik, ek dink net hierdie 7 sepelers het sover in altwee kompetisies gespeel: Ruan Venter, Emmanuel Tshituka, Quan Horn, PJ Steenkamp, Manual Rass, Sibusiso Sangweni, Morne Brandon


Posted By: emiel1
Date Posted: 16-Feb-2022 at 11:14am
Ek dink weer hierdie wedstryd kan dien om te kyk na nuwe gesigte wat ons dalk in die volgende toerwedstryd sowel as die toekoms kan betrek. 

Die afgelope 2 jaar, was daar maar min dinamiese spel tussen ons 8,9, en 10. Ek sal graag wil sien hoe die jong agsteman Izan Esterhuizenof of een van die Tshetuka broers op 8 sal doen. Gee ook die geleendheid vir een van ons meer belowende oopkant flanke, MJ Pelser. Laat Morne van der Bergh op op 9 vir eens 'n wedstryd begin.

Die afgelope 2 seisoene het ons nie 'n 10 gehad wat die voordeel lyn kan aanval nie, so probeer Luke Roussouw of Tedder op 10, en laat ons kyk of Mollentze en Henco van Wyk dalk die gaping kan vul wanner Odendaal en Simelane aan die einde van die seisoen weg is, want hel, Moore en Mass betetekin op hierdie vlak nul.

Indien hulle fiks is, kan hierdie wedstryd gebruik word om eerste rank spelers soos Nothnagel en Sithole wedstryd fiks te kry, en ons moet antwoorde op hakker en lynstaan slot kry, so gee geleendhede vir Brandon en Venter en die lang slot (dink Denisio?, wat redelik belowend teen WP gelyk het).


Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Feb-2022 at 11:39am
Ek dink die manne wat teen Leinster speel vertrek vandag of more, so hulle is nie beskikbaar vir hierdie wedstryd nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Feb-2022 at 11:46am
As dit nie die geval was nie, sou ek verseker wou gesien het dat ons die wedstryd met die URC manne speel, net om hulle kans te gee in 'n wedstryd waar daar waarskynlik bietjie meer tyd en spasie sal wees


Posted By: valie
Date Posted: 16-Feb-2022 at 11:49am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

As dit nie die geval was nie, sou ek verseker wou gesien het dat ons die wedstryd met die URC manne speel, net om hulle kans te gee in 'n wedstryd waar daar waarskynlik bietjie meer tyd en spasie sal wees
Stem, net om die manne se confidence weer te bou.


Posted By: emiel1
Date Posted: 16-Feb-2022 at 12:51pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek dink die manne wat teen Leinster speel vertrek vandag of more, so hulle is nie beskikbaar vir hierdie wedstryd nie

Jammerte. Klink soos swak beplanning.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Feb-2022 at 1:18pm
Ai, kom ons soek nie altyd fout waar daar nie fout is nie...hoe is dit swak beplanning? Die ouens moet Leinster toe vertrek en die ander ouens moet Saterdag teen die Sharks speel, hoe is dit swak beplanning?


Posted By: emiel1
Date Posted: 16-Feb-2022 at 1:46pm
Ek is glad nie negatief nie. Daar was positiewes in die vorige toer en die wen teen Stormers het gewys dat daar wel genoeg diepte is om mededingind te wees as ons 'n volsterkte span het' 

Dink net die die afgelope drie weke het gewys daar is ernstige probleme met kwaliteit van die diepte is, 'n ekstra "oefen" wedstryd sou baie help om alternatiewe uit te lig en onfikse spelers speelkaans te gee. 

Om 2 squads met 25 tot 30 spelers elk in die huidige omstandighede apart te hou, dink ek is wel swak beplanning, veral as daar vraagtekens is oor die kwaliteit can die party van die URC groep spelers is, maar dit los veral die CB groep baie afgewater en kwesbaar,

As ek reg onthou, was een van ons beste Superrugby toere begin toe ons 'n dag of twee voor afskop teen die Reds eers geland het, en die wedstryd oortuigend gewen het.

Maar wie weet, ons weet nie presies wat hulle planne is nie, en wat die beserings situasie is. Ek sal bly wees om humble pei te eet indien hulle my verkeerd bewys.


Posted By: Niela
Date Posted: 16-Feb-2022 at 8:03pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ai, kom ons soek nie altyd fout waar daar nie fout is nie...hoe is dit swak beplanning? Die ouens moet Leinster toe vertrek en die ander ouens moet Saterdag teen die Sharks speel, hoe is dit swak beplanning?

I would have played the match with the URC side, they need to gain some confidence and this would have been an opportunity to do so (and stay match fit as the comp is VERY stop start). 

So maybe not a case of “bad planning”, but certainly a “lost opportunity” (so some might say that is the same thing)


Posted By: monster
Date Posted: 16-Feb-2022 at 8:16pm
Originally posted by Niela Niela wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ai, kom ons soek nie altyd fout waar daar nie fout is nie...hoe is dit swak beplanning? Die ouens moet Leinster toe vertrek en die ander ouens moet Saterdag teen die Sharks speel, hoe is dit swak beplanning?

I would have played the match with the URC side, they need to gain some confidence and this would have been an opportunity to do so (and stay match fit as the comp is VERY stop start). 

So maybe not a case of “bad planning”, but certainly a “lost opportunity” (so some might say that is the same thing)

Agree players like Jordan Hendriks, Divan Rossouw Morne vd Berg Rabs Maxwane needs game time

What happened to Leo Kruger the prop foward?


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Feb-2022 at 10:03am
Sigma Lions Head Coach Mziwakhe Nkosi has named an exciting match 23 ahead of his side's Carling Currie Cup encounter against the Cell C Sharks at Emirates Airline Park on Saturday.

Nkosi believes his troops will be eager to have a crack at the Cell C Sharks this weekend, a month after their opening home game against the Airlink Pumas in Johannesburg.

"We've had four weeks to reflect and work on quite a few aspects of our game which we felt needed attention," said Nkosi.

"As management, we believe the hard work the guys put in over past four weeks will reap rewards as we resume our campaign," he concluded.

The starting XV boasts three players fresh from Vodacom United Rugby Championship duty namely prop forward JP Smith and the Tshituka brothers.

The backline compilation promises to deliver a few exciting runs with Jurich Claasens and Vaughen Isaacs tasked to marshal the attack for the Lions.

Kick-off is at 17:00

Sigma Lions

15. Quan Horn 14. Boldwin Hansen 13. James Mollentze 12.Matt More 11. Divan Rossouw 10. Vaughen Isaacs 9. Jurich Claasens 8. Emmanuel Tshituka 7. Vincent Tshituka 6. Sibusiso Sangweni 5. Simon Dinisio 4. PJ Steenkamp 3. Asenathi Ntlabakanye (c) 2. Dameon Venter. 1. JP Smith
Replacements: 16. Morne Brandon 17. Banele Mthenjane 18. Chergin Fillies 19. Lunga Ncube 20. MJ Pelser 21. Ginter Smuts 22.Fred Zeilinga 23. Tyler Bocks


Posted By: valie
Date Posted: 17-Feb-2022 at 11:19am
Nie n slegte span nie. Ek sou dalk net met Nico Steyn op 9 en Fred op 10 begin het. Vir my voel dit of Claasens en Isaacs 1 van ons swak skakels in die vorige games was.


Posted By: emiel1
Date Posted: 17-Feb-2022 at 12:34pm
Sou persoonlik met 'n spesialis oopkant flank begin, maar andersins is hierdie 'n baie mededingende en goed gebalanseerde voorspeler pak. Met die uitsondering van Mollentze (as hy fiks is), is daar min agterlangs (wat ek tot dusver kon sien) , so resultaat gaan afhang hoe ons voorlangs kan domineer.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Feb-2022 at 1:28pm
Ek het gedink die URC ouens het reeds vertrek, maar klink tog asof van hierdie spelers saam Leinster toe sal gaan


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Feb-2022 at 1:42pm
https://youtu.be/W9p6EXLI6kk%20" rel="nofollow - https://youtu.be/W9p6EXLI6kk

Afrigter en kaptein by vandag se perskonferensie


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 17-Feb-2022 at 2:14pm
Wonder vir wie het MJ Pelser kwaad gemaak. Ek voel hy moet in URC span wees.

-------------
Up the Vaal!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Feb-2022 at 2:19pm
in jaco kriel se plek?


Posted By: Niela
Date Posted: 17-Feb-2022 at 4:41pm
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Wonder vir wie het MJ Pelser kwaad gemaak. Ek voel hy moet in URC span wees.

Ons te veel diepte in die loose forwards. 

Weereens kak beplanning. 

Suid Afrika het BAIE goeie 6,7,8,11,14s. En suprise surprise dit is waar ons diepte het. 

Daar is geen punt daarin nie. Kry goeie slotte en hakkers. Dit is waar n ou moet geld spandeer . 

Jy kan amper enige goeie varsity cup flank kies en Jy Sal perform, daar is baie diepte in SA in Daai posisie 


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 18-Feb-2022 at 8:41am
Baie waar wat jy sê oor slot en haker.. In die voorspelers het ons nog altyd baie goeie loosies en stutte gehad. Maar wat het die "great" Leeus-pakke gehad wat hierdie een nie het nie??? Top klas slotte en hakers! 


Posted By: vdwestjo
Date Posted: 18-Feb-2022 at 9:55am
Stem en hulle het nie 'n PJ Botha gehad wat nooit sy slotte kan vind nie!

-------------
Lions4life


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 18-Feb-2022 at 1:29pm
So gaan hierdie ons volgende verloor of ons eerste wen die jaar wees?




Posted By: monster
Date Posted: 18-Feb-2022 at 1:33pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

So gaan hierdie ons volgende verloor of ons eerste wen die jaar wees?



Kan nie sien dat ons hom gaan wen nie Sharks het baie diepte en dit wil vir my voorkom asof hulle weet wat hulle wil bereik en vorentoe beweeg


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 18-Feb-2022 at 3:23pm
Daar is ñ duidelike verskil in kwaliteit tussen die Leeus en Sharks se CC spanne die naweek.

-------------
Up the Vaal!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Feb-2022 at 3:24pm
pos vir ons die Sharks span, ek het dit nog nie gesien nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Feb-2022 at 3:25pm
The Cell C Sharks’ Carling Currie Cup campaign shifts to Johannesburg when they take on the Sigma Lions at Emirates Airline Park on Saturday following a two week break.

After two wins and in particular a really commanding victory over the DHL Western Province a fortnight back, the team is building a good head of steam at this early stage of the competition and will hope to continue the momentum this week.

For head coach Etienne Fynn, the recipe for success is fairly simple.

“As always, you’re looking for improvement in the areas that you lacked a little in the previous game and building on those areas where you were strong,” he explains.

“It’s like a trifle, if you put too many ingredients in it, it becomes a mess, so for us it’s about keeping it as simple as possible and getting better and better in the execution of what you know works.”

The Lions lost 48-36 to DHL Western Province in the opening round before suffering a 50-9 defeat to the Airlink Pumas in their second match and with just one log point, prop up the Currie Cup table in seventh position.

Their team has been bolstered by URC players and they will not want to slip up a for a third consecutive game and face the prospect of playing catch-up over the remainder of the tournament.

Likewise, the Cell C Sharks will look to continue the momentum they have been building and this means executing and executing well.

The opportunities afforded to eighthman Sikhumbuzo Notshe, flyhalf Curwin Bosch and centre Marius Louw at URC level has opened the door for the likes of Thembelani Bholi and Murray Koster to get starts this weekend.

The opportunities for players to move up to the URC squad also has a positive knock-on effect for promising youngsters to get a chance at Currie Cup level, with young Bradley Davids, the 2021 SA Under 20 player, getting a call-up into the senior ranks.

Cell C Sharks

1. Khwezi Mona

2. Fez Mbatha

3. Khutha Mchunu

4. Le Roux Roets

5. Reniel Hugo

6. James Venter (C)

7. Thembelani Bholi

8. Celimpilo Gumede

9. Cameron Wright

10. Boeta Chamberlain

11. Marnus Potgieter

12. Murray Koster

13. Jeremy Ward (v/c)

14. Werner Kok

15. Yaw Penxe


Substitutes

16. Dan Jooste

17. Dian Bleuler

18. Wiehahn Herbst

19. Emile van Heerden

20. OJ Noa

21. Sanele Nohamba

22. Inny Radebe

23. Curwin Gertse


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 4:37pm
Een verandering op die bank vir die Leeus, Nico Steyn vir Ginter Smuts. Smuts het bietjie van 'n nagmerrie in die vorige wedstryd gehad, en ek dink Steyn is eintlik die beste skrummie in hierdie groep spelers


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 5:00pm
#CurrieCup - #Lions 0 vs #Sharks 0 - Kickoff!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 5:09pm
#CurrieCup - #Lions 5 vs #Sharks 0 - 8m - TRY Boldwin Hansen


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 5:10pm
#CurrieCup - #Lions 7 vs #Sharks 0 - 9m - CONVERSION Vaughen Isaacs


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 5:12pm
#CurrieCup - #Lions 7 vs #Sharks 5 - 11m - TRY Marnus Potgieter


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 5:12pm
#CurrieCup - #Lions 7 vs #Sharks 7 - 12m - CONVERSION Boeta Chamberlain


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 5:28pm
Zeilinga op vir Hansen wat lyk of hy ernstig seer gekry het


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 5:30pm
#CurrieCup - #Lions 7 vs #Sharks 12 - 26m - TRY Cameron Wright


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 5:30pm
Dis van 'n vaskop deur die Sharks naby ons doellyn


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 5:31pm
#CurrieCup - #Lions 7 vs #Sharks 14 - 27m - CONVERSION Boeta Chamberlain


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 5:35pm
#CurrieCup - #Lions 7 vs #Sharks 17 - 32m - PENALTY Boeta Chamberlain


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 5:37pm
2de lynstaan wat die Leeus verloor 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 5:40pm
Brandon op vir Venter op Haker


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 5:48pm
#CurrieCup - #Lions 7 vs #Sharks 20 - 40m - PENALTY Boeta Chamberlain


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 5:51pm
ook die rustyd telling. Behalwe vir die drie wat maar per ongeluk was het ons nog nie regtig gedreig om enige ander punte aan te teken nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 6:07pm
#CurrieCup - #Lions 7 vs #Sharks 25 - 45m - TRY Thembelani Bholi


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 6:11pm
#CurrieCup - #Lions 12 vs #Sharks 25 - 48m - TRY Emmanuel Tshituka


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 6:14pm
#CurrieCup - #Lions 12 vs #Sharks 30 - 51m - TRY Celimpilo Gumede


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 6:15pm
#CurrieCup - #Lions 12 vs #Sharks 32 - 52m - CONVERSION Boeta Chamberlain


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 6:18pm
#CurrieCup - #Lions 17 vs #Sharks 32 - 52m - TRY Divan Rossouw


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 6:19pm
#CurrieCup - #Lions 19 vs #Sharks 32 - 53m - CONVERSION Vaughen Isaacs


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 6:22pm
#CurrieCup - #Lions 19 vs #Sharks 35 - 57m - PENALTY Sanele Nohamba


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 6:25pm
Steyn, pelser en Bocks op vir die Leeus


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 6:26pm
#CurrieCup - #Lions 19 vs #Sharks 38 - 63m - PENALTY Sanele Nohamba


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 6:27pm
Ncube en Mthenjane nou ook op vir die Leeus


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 6:28pm
En Fillies nou ook op so dis die hele bank vir die Leeus


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 6:29pm
#CurrieCup - #Lions 19 vs #Sharks 43 - 66m - TRY Dan Jooste


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 6:30pm
#CurrieCup - #Lions 19 vs #Sharks 45 - 66m - CONVERSION Sanele Nohamba


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 6:34pm
#CurrieCup - #Lions 24 vs #Sharks 45 - 70m - TRY Morne Brandon


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 6:34pm
#CurrieCup - #Lions 26 vs #Sharks 45 - 71m - CONVERSION Vaughen Isaacs


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 6:41pm
#CurrieCup - #Lions 31 vs #Sharks 45 - 77m - TRY James Mollentze


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Feb-2022 at 6:51pm
ook die eindtelling


Posted By: valie
Date Posted: 19-Feb-2022 at 7:00pm
Die jong manne het darem n bietjie hart gewys. Die Sharks was die beter span en hulle geleenthede beter gebruik.
Ek verstaan net nie hoekom ons by 3 lynstane binne hulle kwartgebied probeer fancy wees ipv net n banker ball gooi en maul. Ons mauls was nie sleg nie. Maul defence was ook meestal goed.
Horn, Mollentze en Bock was goed, gegewe die min geleenthede wat hulle gekry het.


Posted By: emiel1
Date Posted: 19-Feb-2022 at 7:26pm
'n Paar goeie driee. Dekverdediging was goed. Skrums en lynstane was maar redelike eina teen 'n goed afgerigde Sharks pak. Tshetuka broers was soos gewoonlik fisies en dinamies. Mollentze en Steyn het belowend teen die einde gelyk. Begin skakelpaar oortiog nie, maar ek dink die ander opsies is beseer.


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 20-Feb-2022 at 5:44pm
Hierdie tjol laat my dink aan daai Dick Muir seisoen. Enkele briljante oomblikke tussen ñ oorvloed skokkende, swak spel. Die hoeveelheid basiese foute en swak besluitneming deur spelers is onverklaarbaar. By beide die CC en URC spanne. 

Daar kort dringend ñ top sportsielkundige by die unie. Die fear of failure wat al hierdie foute veroorsaak is besig om die spelers op te eet. Niemand kan hul werk doen onder sulke konstante druk nie.






-------------
Up the Vaal!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Feb-2022 at 9:01am
Altwee spanne het 5 driee gedruk, Sharks het net baie meer skoppe oorgesit


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 21-Feb-2022 at 9:13am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Altwee spanne het 5 driee gedruk, Sharks het net baie meer skoppe oorgesit

Ja maar kom ons wees eerlik.. as dit nie vir n paar geelkaarte was nie en dat die Sharks die voet van die pedaal afgehaal het en vir Vincent nie.. was dit n ander storie.

Ek dink Attie is reg, daar was goeie goed en dan ongelukkig n klomp foute tussen in. As ons net lynstane kan uitsort dan sal ons game 100% verbeter, nee wragtig elke week dieselfde storie.

Ander ding, Fred het baie gehelp toe hy moes op kom. Ek dink hulle was baie hard op hom na sy vorige vertonings. Hy het gewys Desember hy is goed genoeg, dit is n confidence ding wat hom vou as hy foute maak. Elton was dieselfde in die begin, maar hy het sy kop reg gekry en vinnig aanbeweeg. 




Posted By: valie
Date Posted: 21-Feb-2022 at 9:21am
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Altwee spanne het 5 driee gedruk, Sharks het net baie meer skoppe oorgesit

Ja maar kom ons wees eerlik.. as dit nie vir n paar geelkaarte was nie en dat die Sharks die voet van die pedaal afgehaal het en vir Vincent nie.. was dit n ander storie.

Ek dink Attie is reg, daar was goeie goed en dan ongelukkig n klomp foute tussen in. As ons net lynstane kan uitsort dan sal ons game 100% verbeter, nee wragtig elke week dieselfde storie.

Ander ding, Fred het baie gehelp toe hy moes op kom. Ek dink hulle was baie hard op hom na sy vorige vertonings. Hy het gewys Desember hy is goed genoeg, dit is n confidence ding wat hom vou as hy foute maak. Elton was dieselfde in die begin, maar hy het sy kop reg gekry en vinnig aanbeweeg. 


Ek stem saam oor Fred. Toe hy opkom het die agterlyn meer bal gekry. Mollentze was vir my baie goed, die paar kere wat hy die bal gekry het. Hy moes saam met die URC span getoer het. hy maak goeie besluite met bal in die hand.


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 21-Feb-2022 at 9:27am
Originally posted by valie valie wrote:

 Mollentze was vir my baie goed, die paar kere wat hy die bal gekry het. Hy moes saam met die URC span getoer het. hy maak goeie besluite met bal in die hand.

Ek dink hy het potensiaal, maar die ouens sien hy wil nie die bal uitgee nie en hy gaan ook nie oor almal meer kan hardloop in senior rugby nie. Ek hoop rerig iemand soos Jaque sort hom uit.


Posted By: valie
Date Posted: 21-Feb-2022 at 11:25am
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Originally posted by valie valie wrote:

 Mollentze was vir my baie goed, die paar kere wat hy die bal gekry het. Hy moes saam met die URC span getoer het. hy maak goeie besluite met bal in die hand.

Ek dink hy het potensiaal, maar die ouens sien hy wil nie die bal uitgee nie en hy gaan ook nie oor almal meer kan hardloop in senior rugby nie. Ek hoop rerig iemand soos Jaque sort hom uit.
Dit was dan reeds sy chickenwing pass wat op Rossouw se drie uitgeloop het. Die eerste 3 balle wat hy in die game gekry het, het op 2 driee uitgeloop, eers Rossouw s'n en to syne. Die kommentators was 'n bietjie deurmekaar, en het vir Quan Horn die krediet gegee vir die chicken wing pass na Vince toe.


Posted By: emiel1
Date Posted: 21-Feb-2022 at 12:10pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Originally posted by valie valie wrote:

 Mollentze was vir my baie goed, die paar kere wat hy die bal gekry het. Hy moes saam met die URC span getoer het. hy maak goeie besluite met bal in die hand.

Ek dink hy het potensiaal, maar die ouens sien hy wil nie die bal uitgee nie en hy gaan ook nie oor almal meer kan hardloop in senior rugby nie. Ek hoop rerig iemand soos Jaque sort hom uit.

Ek sou weer se sy balvaardighede is een van sy sterk punte. Hy het immers vir die junior Cheetahs en Junior Sprongbokke op 10 uitgedraf.


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 21-Feb-2022 at 12:41pm
Ek sal weer spesifiek kyk na hierdie game, maar wat ek onthou van voor sy besering was daar stories..


Posted By: emiel1
Date Posted: 21-Feb-2022 at 1:07pm
Ja, sy mededingende entoesiasme word dalk deur sekeres gesien as arrogansie, maar ek dink 'n bietjie arrogansie (moet natuurlik gepaard gaan met vermoe) is wat ons tans kort.


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 21-Feb-2022 at 1:56pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Ek sal weer spesifiek kyk na hierdie game, maar wat ek onthou van voor sy besering was daar stories..

Gou geloer na dit op catchup, ek sal graag hom spesifiek wil dophou in die hele game weer, maar die offload na Vincent toe was goed. 

Sy eie drie is daar steeds vir my n vraagteken, hy het die regte besluit gemaak, maar toe het hy homself geback en kon moontlik vir Rossouw n spasie geskep het.

Anyways, ek dink hy is n aanwins en sal hom by die URC wil sien saam die regte mense werk om die beste uit hom te kry, voor hy ook oorsee waai soos al ons ander jong talent.






Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net