Print Page | Close Window

Oom Bushy Oliver

Printed From: Lionsworld
Category: General
Forum Name: Chit Chat
Forum Description: Chit Chat
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=9250
Printed Date: 25-Apr-2024 at 2:53am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Oom Bushy Oliver
Posted By: valie
Subject: Oom Bushy Oliver
Date Posted: 29-Sep-2021 at 12:36pm
'n Groot legende in Griekwa rugby, en seker hulle grootste ondersteuner ooit, Oom Bushy, is vanoggend vroeg oorlede.

Hy was 89 jaar oud.

Oom bushy was n baie nederige, vriendelike mens, wat altyd gereed was vir n geselsie. Hyself het nooit groot rugby gespeel nie, maar was passievol oor sy Griekwa span.

Hy was in sy jong dae n kranige bokser wat redelik ver gevorder het in die sport. Hy was later wyle Charlie Weir se afrigter. Oom Bushy het eendag, op 80 jarige ouderdom, n rower, wat die winkel, waar hy gewerk het wou beroof, lights out geslaan.

Hy het ook so n paar jaar gelede n boek geskryf oor sy lewe. Was nogals interessant om te lees.

RIV Oom Bushy, Kimberley het n groot legend verloor.



Replies:
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 29-Sep-2021 at 2:19pm
RIV! 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Sep-2021 at 5:18pm
Een van die groot rugbymense...RIV


Posted By: Blou
Date Posted: 30-Sep-2021 at 9:41am
Rus in Vrede Oom. Ek dink Kimberley se kantlyn is bietjie leer van nou af.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net