Print Page | Close Window

William Small-Smith

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Currie Cup
Forum Description: Currie Cup
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=9032
Printed Date: 24-Apr-2024 at 12:18pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: William Small-Smith
Posted By: Tin
Subject: William Small-Smith
Date Posted: 22-Feb-2021 at 11:38am
Die volgende plasing was op Suparugby se Facebook:

Die Cheetah senter William Small-Smith het sy wortels in Bloemfontein getrek en hom in Johannesburg gevestig.
Small-Smith sal vir die volgende drie maande rehabilitasie vir harsingskudding ondergaan.
Hy het egter ‘n langtermyn huurkontrak onderteken wat aandui dat hy hom in Johannesburg vestig.
Daar is ‘n moontlikheid dat hy nie weer sal speel nie maar indien hy wel ten volle herstel is hy ‘n aanwins in Leeukontrei.

Cheetahs Rugby het as volg op dit geantwoord op Suparugby se Facebook pos:

Hierdie storie is nie waar nie. Wlliam doen tans rehabilitasie by 'n dokter in Johannesburg, wat 'n leier in die veld is. Die Cheetahs dra sy beste belange op die hart en het hom toegelaat om rehabilitasie in Jhb te doen. William is nog tot Oktober 2022 by die Toyota Cheetahs gekontrakteer en sal weer vir die span op die veld draf sodra hy gereed is.

LOL




Replies:
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 22-Feb-2021 at 11:58am
Goeie speler maar het nooit die verwagte hoogtes bereik nie. Ook maar gereeld beseer.


Posted By: OomPB
Date Posted: 09-Mar-2021 at 4:32pm
Sy pa het al die jare gewerk in Bojaansburg, woon nou in die Kaap. Hy het groot geword daar.

Sy boetie is blitsig maar kleinerig. Is gekontrak by die 7s.


Posted By: valie
Date Posted: 09-Mar-2021 at 4:35pm
Originally posted by OomPB OomPB wrote:

Sy pa het al die jare gewerk in Bojaansburg, woon nou in die Kaap. Hy het groot geword daar.

Sy boetie is blitsig maar kleinerig. Is gekontrak by die 7s.
Yes Oom Perel, gaan dit goed? 
Ek het die kleinboet 2 jaar terug op die Wildeklawer week sien speel vir Grey College. Baie vinnig en niks bang vir tackle nie.


Posted By: OomPB
Date Posted: 09-Mar-2021 at 4:38pm
Gaan goed Vaalman. Jy moet kom visvang hier op Struisbaai.

Ek ken die Smallsmiths baie goed. Hulle is Grey legends. Goeie mense.


Posted By: valie
Date Posted: 09-Mar-2021 at 4:42pm
Sal moet n plan maak. Nie n groot visterman nie, maar ek hou van langs die water wees.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net