Print Page | Close Window

Rondte 3 - Cheetahs vs Leeus

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Currie Cup
Forum Description: Currie Cup
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=8968
Printed Date: 14-May-2024 at 10:06am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com

Topic: Rondte 3 - Cheetahs vs Leeus
Posted By: Transvaal
Subject: Rondte 3 - Cheetahs vs Leeus
Date Posted: 07-Dec-2020 at 9:27am
Saterdag 12 Desember 2020 in Bloemfontein, afskop 16:30

Cheetahs 15. Clayton Blommetjies, 14. William Small-Smith, 13. Howard Mnisi, 12. Frans Steyn, 11. Malcolm Jaer, 10. Tian Schoeman, 9. Tian Meyer, 8. Jeandré Rudolph, 7. Aidon Davis, 6. Andisa Ntsila, 5. Carl Wegner (capt), 4. Ian Groenewald, 3. Khutha Mchunu, 2. Jacques du Toit, 1. Boan Venter. 
Replacements: 16. Marnus van der Merwe, 17. Cameron Dawson, 18. Erich de Jager, 19. Reniel Hugo, 20. Victor Sekekete, 21. Ruben de Haas, 22. Reinhardt Fortuin, 23. Dries Swanepoel.

Leeus: 15. Tiaan Swanepoel; 14. Stean Pienaar, 13. Wandisile Simelane, 12. Dan Kriel, 11. Courtnall Skosan; 10. Elton Jantjies (Capt), 9. Andre Warner; 8. Len Massyn, 7. Vincent Tshituka, 6. Jaco Kriel, 5. Marvin Orie, 4. Willem Alberts, 3. Jannie du Plessis, 2. Jaco Visagie, 1. Sti Sithole.  
Replacements: 16. Jan-Henning Campher, 17. Dylan Smith, 18. Ruan Dreyer, 19. Reinhard Nothnagel, 20. Wilhelm van der Sluys, 21. Roelof Smit, 22. Morné van den Berg, 23. Manuel Rass

Replies:
Posted By: WitBoer
Date Posted: 07-Dec-2020 at 12:56pm
Sien uit na die een, veral na die Cheetahs se gemoan omdat ons eerder as hulle in die Pro16 gaan deelneem.... Hoop net nie ons maak ons naam bollie nie...

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 07-Dec-2020 at 1:23pm
Ja ons beter wen. Nou genoeg gehad van hulle gemoanery oor alles. 

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 08-Dec-2020 at 12:36pm
Soos al ons games nou is hierdie 'n MOET wen.

Gaan beslis nie maklik wees nie, maar as ons WP kon klok kan ons die Vrystaat ook klop.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 08-Dec-2020 at 2:35pm
Wen hierdie wedstryd en ons kanse om die semi's te haal lyk skielik baie goed... ons moet alles insit vir 'n wen!! 

Posted By: emiel1
Date Posted: 08-Dec-2020 at 3:38pm
Wonder hoe weeg die twee spanne vergelyke met verlede jaar. Ons het maar power vertoon teen hulle in laas jaar se finaal. Ook goed dat Ruaan Pienaar nie speel nie.

Posted By: Transvaal
Date Posted: 08-Dec-2020 at 3:53pm
In laas jaar se finaal het hulle ons oordonder in die begin, maar toe het ons baie goed terg geveg en op die einde met net 3 punte verloor (28-31). Ek vermoed hulle span is redelik verswak in vergelyking met daardie een wat in die finaal gespeel het

Posted By: monster
Date Posted: 08-Dec-2020 at 4:19pm
Ek voel nogal redelik positief op die oomblik. 

Teen Griekwas en die WP het ons so biedtjie geroes gelyk wat mens kan verwag as jy net 1 game in 5 weke speel.
Die eerste games teen WP, Sharks en selfs die Bulle kon ons net sowel gewen het.
As dit nie vir Covid en weerlig was nie kon ons maklik nog 5 punte meer op die log gehad het en dus 2de op die log gelê het.

Wen die naweek en ons is besig om momentum te bou
Ons rekord teen die Sharks op Ellispark en die Bulle op Loftus is n goeie rekord.
Vawee ons breek agv Covid en die Bye glo ek ons span is die varste van die lot (wat gaan begin tel na die einde) 

Maar nou ja soos hulle sê as is verbrande hout en die game word tussen die 4 lyne gewen en een ding wat ek nou al van ons mooi game rugby geleer het is dat ons almal reken ons is kenners om net more uit te vind ons weet eintlik niks.

Bulle moet net op pas Naas het mos altyd gesê die beker word nie in Junie gewen nie ... maar blykbaar nou al in JanuarieSmile

Posted By: Transvaal
Date Posted: 08-Dec-2020 at 4:43pm
Hier is die spanlyste van laas jaar se finaal:

Saterdag 7 September 2019 in Bloemfontein, afskop 17:00

Vrystaat: 15 Clayton Blommetjies, 14 William Small-Smith, 13 Benhard Janse van Rensburg, 12 Dries Swanepoel, 11 Tian Meyer (capt), 10 Tian Schoeman, 9 Ruan Pienaar, 8 Henco Venter, 7 Junior Pokomela, 6 Gerhard Olivier, 5 Walt Steenkamp, 4 Sintu Manjezi, 3 Erich de Jager, 2 Joseph Dweba, 1 Ox Nche.
Replacements: 16 Jacques du Toit, 17 Charles Marais, 18 Reinach Venter, 19 JP du Preez, 20 Jasper Wiese, 21 Abongile Nonkontwana, 22 Louis Fouche, 22 Darren Adonis.

Leeus: 15. Tyrone Green; 14. Madosh Tambwe, 13. Wandisile Simelane, 12. Duncan Matthews, 11. Stean Pienaar; 10. Shaun Reynolds, 9. Ross Cronje (Capt); 8. Hacjivah Dayimani, 7. Cyle Brink, 6. Marnus Schoeman, 5. Marvin Orie, 4. Ruben Schoeman, 3. Jacobie Adriaanse, 2. Pieter Jansen, 1. Dylan Smith. 
Replacements: 16. Jan-Henning Campher, 17. Nathan McBeth, 18. Johannes Jonker, 19. Wilhelm van der Sluys, 20. Len Massyn, 21. Dillon Smit, 22. Jan-Louis la Grange, 23. Jamba Ulengo

Posted By: Transvaal
Date Posted: 08-Dec-2020 at 4:45pm
So van hulle hele pak voorspelers is net een speler nog daar, en agterlangs 3, so net 4 spelers van die finaal sal vir hulle speel as ek dit nie mis het nie

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 08-Dec-2020 at 5:22pm
Paar groot name wat missing is

Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Dec-2020 at 11:55am
Cheetahs se span opgedateer

Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Dec-2020 at 11:59am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

So van hulle hele pak voorspelers is net een speler nog daar, en agterlangs 3, so net 4 spelers van die finaal sal vir hulle speel as ek dit nie mis het nie

So net 3 spelers begin in dieselfde posisie as in die finaal, en 4 spelers wat in die finaal gespeel het, is weer in die begin XV...was ek reg of was ek reg?

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 10-Dec-2020 at 1:04pm
hoop maar ons is reg vir die ene.

Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Dec-2020 at 1:58pm
Three changes have been made to the Xerox Lions starting XV for the Carling
https://twitter.com/TheCurrieCup" rel="nofollow - @TheCurrieCup
match against the Toyota Cheetahs this weekend. Jannie du Plessis, Dan Kriel & André Warner get the nod. Kriel replaces an injured Burger Odendaal, while the other changes are rotation.

Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Dec-2020 at 2:02pm

Kriel in for injured Odendaal

Three changes have been made to the Xerox Lions starting line-up for the Carling Currie Cup match against the Toyota Cheetahs in Bloemfontein this weekend.

Jannie du Plessis, Dan Kriel and André Warner all get the nod.

Kriel replaces an injured Burger Odendaal, who is struggling with a strained right calf while the other changes are based on rotation.

Four players from the starting line-up were in action against the Cheetahs in the Currie Cup final in Bloemfontein last year. They are Dylan Smith, Marvin Orie, Wandisile Simelane and Stean Pienaar. Jan-Henning Campher, Wilhelm van der Sluys and Len Massyn were on the bench on that day.

Manuel Rass moves onto the bench for this encounter.

The Xerox Lions travel to Bloemfontein on Thursday afternoon and will have their captains run in the city of roses on Friday.

Kick-off in Bloemfontein is at 16:30.

#LionsPride

#CHEvLIO

Xerox Lions vs Toyota Cheetahs: Tiaan Swanepoel; Stean Pienaar, Wandisile Simelane, Dan Kriel, Courtnall Skosan; Elton Jantjies (capt), André Warner; Len Massyn, Vincent Tshituka, Jaco Kriel, Willem Alberts, Marvin Orie, Jannie du Plessis, Jaco Visagie, Sti Sithole. Reserves: Jan-Henning Campher, Dylan Smith, Ruan Dreyer, Reinhard Nothnagel, Wilhelm van der Sluys, Morne van den Berg, Manuel Rass, Roelof Smit.

  • Wiehahn Herbst and Rabz Maxwane will travel with as back-up.

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 12-Dec-2020 at 10:02am
Ons gaan beslis vir Odendaal mis, hy speel great. Maar Kriel is 'n goeie replacement.

Met alle respek- hoekom begin Jannie? Ag nee man. As jy wil rotate, begin dan vir Herbst. Nie iemand wie maande laas gespeel het nie.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: TunaLion
Date Posted: 12-Dec-2020 at 11:32am
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Ons gaan beslis vir Odendaal mis, hy speel great. Maar Kriel is 'n goeie replacement.

Met alle respek- hoekom begin Jannie? Ag nee man. As jy wil rotate, begin dan vir Herbst. Nie iemand wie maande laas gespeel het nie.

At the very least hou dan vir Herbst op die bank om op te maak dat hy nie begin nie en hom nog vars te hou, maar nou kom Dreyer in op die bank, terwyl hy redelik baie gespeel het die seisoen dusver.

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 12-Dec-2020 at 2:51pm
Baie reën en donderweer in Bloem.. Die manne beter goed begin want dit kan weer 'n kort game wees.

Posted By: Transvaal
Date Posted: 12-Dec-2020 at 5:23pm
13-9 voor rustyd, Cheetahs het nog glad nie gelyk of hulle kan druk nie

Posted By: valie
Date Posted: 12-Dec-2020 at 5:24pm
Ons lyk redelik in beheer van die game. Ons sal net moet begin beter afrond. Dan Kriel het n monster tackle op Mnisi ingesit. Jannie lyk tot dusver nie sleg in die skrums nie. Warner vat baie lank om skoon te maak.

Posted By: Transvaal
Date Posted: 12-Dec-2020 at 6:19pm
39-23 wen, ek is happy

Posted By: Leeubok
Date Posted: 12-Dec-2020 at 6:20pm
Well done manne!!! 

Posted By: gertjie0000
Date Posted: 12-Dec-2020 at 6:21pm
Ons is verseker op die regte pad

Posted By: gertjie0000
Date Posted: 12-Dec-2020 at 6:22pm
Lekker ek sou n wen vat maar die bonus punt wow

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 12-Dec-2020 at 6:22pm
Lekker manne!!!!!!! Wooohoooo!!!!!!!!

Posted By: valie
Date Posted: 12-Dec-2020 at 6:25pm
En om te dink volgens Hawies sou die Cheetahs 5 log punte teen ons gekry het op Ellispark. Ja hulle het n paar spelers verloor, maar so het ons ook maar.

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 12-Dec-2020 at 6:29pm
Ons het goed gegel vandag, lyk weer soos die ou Leeus. 

Posted By: vdwestjo
Date Posted: 12-Dec-2020 at 6:30pm
great wen Lions nou kan Cheetah ondersteuners baie stil bly hulle het pak gekry teen Lions op Bloemfontein

-------------
Lions4life

Posted By: Niela
Date Posted: 12-Dec-2020 at 6:52pm
thought we were great today. Dominated the stats and the scoreboard.

Great strong forward play and excellent variation on attack. Ball retention very good.

Thought Rasta had yet another very bad game

Posted By: TunaLion
Date Posted: 12-Dec-2020 at 7:54pm
Rasta had a bit of a shocker in my opinion. didn't warn the Cheetahs at all for their insane penalty count, which was about 14 after 60 minutes, yet after our 5 penalty, he had the audacity to warn us.

I also felt that their 1st try was scored, for the ironic reason that we decimated their attack with our brilliant defence by tackling them so far behind the gain-line, which in turn created some gaps due to the chaos.

I think we lost some focus at the end and for a change our replacements cost us some momentum and the retreating scrum also didn't help (thx Dreyer). Jannie on the other hand was a monster and it was hard to believe that he is close to 40 by how he kept up with play.

Then I also want to say, Jaco Kriel is finally looking a bit like the Jaco Kriel of old. And will someone please give Vincent Tshituka a Bok Jersey?!

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: emiel1
Date Posted: 13-Dec-2020 at 6:53am
Forwards were top notch. They were not only good in primary phases, but they created good front foot ball, and their handling (especially that of Jaco Visagie and Jaco Kriel that led to Warner's first try), was a pleasure to see. Expected to see more from our backs with all the front foot ball.

Posted By: WitBoer
Date Posted: 13-Dec-2020 at 8:14am
Mooi man! Ek hoop die Cheetahs is darem nou gelukkig dat die beste 4 spanne Pro16 gaan speelLOL.
Ek is regtig weer bietjie opgewonde oor ons span. Ons jong spelers begin shape en die ou ballies bring hulle kant.
Tshitsuka het my redelik beindruk in die wedstryd.

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: Niela
Date Posted: 13-Dec-2020 at 8:21am
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Mooi man! Ek hoop die Cheetahs is darem nou gelukkig dat die beste 4 spanne Pro16 gaan speelLOL.
Ek is regtig weer bietjie opgewonde oor ons span. Ons jong spelers begin shape en die ou ballies bring hulle kant.
Tshitsuka het my redelik beindruk in die wedstryd.

Vincent is a machine. He really gives everything. Almost reminds me of sous , but on 7. 

Warner had one of his better games , it’s about time...

Next week the sharks , both sides on the up. Will be a good game 

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 13-Dec-2020 at 9:02am
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Rasta had a bit of a shocker in my opinion. didn't warn the Cheetahs at all for their insane penalty count, which was about 14 after 60 minutes, yet after our 5 penalty, he had the audacity to warn us.

I also felt that their 1st try was scored, for the ironic reason that we decimated their attack with our brilliant defence by tackling them so far behind the gain-line, which in turn created some gaps due to the chaos.

I think we lost some focus at the end and for a change our replacements cost us some momentum and the retreating scrum also didn't help (thx Dreyer). Jannie on the other hand was a monster and it was hard to believe that he is close to 40 by how he kept up with play.

Then I also want to say, Jaco Kriel is finally looking a bit like the Jaco Kriel of old. And will someone please give Vincent Tshituka a Bok Jersey?!

We have been on the receiving end of pressure the whole year, so it's nice to see us dishing it out a bit. If we can keep this kind of pressure on, there is no reason we can't win the CC. Concentration and commitment.

Refs are absolutely horrible this year. The rules at the ruck and off-side lines change throughout the game. Can't we get that lady to do all he games, because she was by far the best.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: TunaLion
Date Posted: 13-Dec-2020 at 10:04am
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Mooi man! Ek hoop die Cheetahs is darem nou gelukkig dat die beste 4 spanne Pro16 gaan speelLOL.
Ek is regtig weer bietjie opgewonde oor ons span. Ons jong spelers begin shape en die ou ballies bring hulle kant.
Tshitsuka het my redelik beindruk in die wedstryd.

Lol, dit is nou baie duidelik hoekom hulle nie daardie vorige game wou herskeduleer nie LOLLOLWink

Ek is bly dat dit seker nou veilig is om te sê die roes is af en selfs die ouens wat ingekom het hierdie week het goed gelyk. Dan Kriel was self nie te sleg nie.

Ek is net baie bekommerd oor Ruan Dreyer - hy sukkel ongelooflik baie, hier het hy selfs gesukkel teen hulle 2de keuse stutte as plaasvervanger.

Dan wil ek ook vra, hoekom het die engelse SuperSport kommentators so 'n groot ophef gemaak van Carl Wegner in die begin van die game? Ek ken hom skaars want ek volg glad nie Cheetahs Rugby nie.

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: valie
Date Posted: 13-Dec-2020 at 10:36am

Ek dink weer nie Dreyer het so gesukkel nie. Ja, die eerste skrum of 2 is altyd moeilik vir n nuwe ou op die veld. Mense is geneig om die 1 of 2 swak skrums te onthou, en die 4 goeies te vergeet. Laas week teen die WP se wb voorry het hy die eerste 3 of 4 skrums gesukkel, maar daarna alhoe beter begin skrum. Net voor hy af is, het ek nogals gevoel dat hy vir Kitshoff redelik in toom begin hou het.

Posted By: TunaLion
Date Posted: 13-Dec-2020 at 10:51am
Either way, dit was teen hulle 2de keuse voorspelers, nadat hulle reeds baie spelers verloor het oor die laaste 2 seisoene (Ox, Dweba, ens ens).

Mens sou verwag hy sou hulle domineer. Dit is dus redelik duidelik dat hy nie dieselfde speler is van 'n paar jaar terug nie, toe hy selfs 'n Springbok op 'n tyd was.

Ek hoop ek is verkeerd, maar kom ons kyk maar hoe lyk hy na die volgende paar games - Sharks en Bulle.

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: valie
Date Posted: 13-Dec-2020 at 1:28pm

Ek glo hy sal verbeter. Dit lyk al klaar beter as n paar maande gelede. Wat baie mense nie weet nie, is dat hy n achilles besering gehad het, wat redelik lank vat om 100% te herstel. Ek glo hy sal binnekort sy vorm herwin.

Posted By: TunaLion
Date Posted: 13-Dec-2020 at 7:59pm
Is dit nie dan beter dat hy rus totdat dit 100% herstel en net in daardie tyd steeds oefen, ens.? Want om die hele span se seisoen op die lyn te plaas oor 1 speler wat dan nog nie 100% is nie en hom steeds te speel voel onverskillig vir my. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek wil hê hy moet verbeter en goed doen, maar op die oomblik voel ek nie hy is goed genoeg om bo Jannie, Carlu of Wiehan gekies te word nie.

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: valie
Date Posted: 14-Dec-2020 at 7:27am

Ek dink hulle sou hom gespeel het as hy nie 100% reg was nie. Die punt wat ek probeer maak is dat hy vir n lang tyd nie kon oefen of speel nie. Ek se ook weer: hy doen nie so sleg nie. Teen Griekwas was hy baie goed, teen WP het hy, na hy aanvanklik gesukkel het, al hoe beter begin raak.
Hy gaan net verbeter as hy speelkans kry.

Posted By: emiel1
Date Posted: 14-Dec-2020 at 11:32am
Was 'n goeie wen, maar ons moet onthou dat hierdie 'n Cheetah span is wat sal sukkel om die Pumas in Nelspriut te klop. Indien ons wil verbeter sal ons baie meer klinies moet wees. Teen 'n een dimensionele WP of 'n verswakte Cheetah span kan ons hiermee weg kom, maar teen internasionale spanne of in-vorm Sharks en Bulle gaan dit moeilik gaan.

Posted By: Leeubok
Date Posted: 14-Dec-2020 at 1:28pm
Originally posted by valie valie wrote:

Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Is dit nie dan beter dat hy rus totdat dit 100% herstel en net in daardie tyd steeds oefen, ens.? Want om die hele span se seisoen op die lyn te plaas oor 1 speler wat dan nog nie 100% is nie en hom steeds te speel voel onverskillig vir my. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek wil hê hy moet verbeter en goed doen, maar op die oomblik voel ek nie hy is goed genoeg om bo Jannie, Carlu of Wiehan gekies te word nie.
Ek dink hulle sou hom gespeel het as hy nie 100% reg was nie. Die punt wat ek probeer maak is dat hy vir n lang tyd nie kon oefen of speel nie. Ek se ook weer: hy doen nie so sleg nie. Teen Griekwas was hy baie goed, teen WP het hy, na hy aanvanklik gesukkel het, al hoe beter begin raak.
Hy gaan net verbeter as hy speelkans kry.

Ek stem saam Tuna hier. Ek sou se dat 'n speler wat terugkom van besering af, of sukkel met vorm, eers op die oefenveld moet verbeter eerder as in wedstryde. Een swak scrum/strafskop kan die uitkoms van 'n wedstryd bepaal. Ongelukkig het Dreyer nou daai "stigma" geheg aan hom en as 'n skeidsregter enige twyfel het is dit maklik om maar net vir Dreyer te penaliseer. As ons 'n tekort aan stutte gehad het was dit 'n ander storie, maar Jannie, Carlu en Wiehan verdien almal 'n kans om die beginspan te haal.

Posted By: vdwestjo
Date Posted: 14-Dec-2020 at 3:20pm
ek dink Ruan vaar sover baie goed hy sal moontlik nie in span wees vir die Saterdag as Sadie weer kan speel maar hy beslis verdien sy plek in Lion span as Sadie nie daar is want hy cover ook losskop en is baie goed in los

-------------
Lions4life

Posted By: TunaLion
Date Posted: 14-Dec-2020 at 4:16pm
Kyk, ek dink vandat spanne 23 spelers kan kies (2 stutte op die bank) is dit nie meer belangrik dat 'n stut albei kante kan skrum nie, behalwe in toernooie dalk soos 'n WB, waar mens net 'n beperkte aantal spelers kan kies vir die 7 wedstryde, so ek sien dit nie regtig as 'n bonus nie.

Ek dink ook net as ek een van die ander stutte was en agter agter 'n ou moes speel wat nie sy primere werk goed doen nie en ek in my paar kanse baie goed doen, sou ek redelik ongelukkig wees.

Maar weereens, ek hoop regtig dit is soos valie sê dat hy eventually weer sy ou vorm gaan vind. So kom ons hou maar ons duime vas vir hom en hopelik kom hy reg gouer eerder as later, soos selfs Jaco Kriel al begin beter lyk na 'n paar af games.

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: valie
Date Posted: 14-Dec-2020 at 5:00pm
Ons is gelukkig geseend met baie vaskoppe wat almal baie kan bydra tot die span.

Op loskop Doen Sti tans baie goed. Dylan gaan moet uithaal en wys as hy hom wil uitspeel. 

Ons sal in die nabye toekoms n baie formidabele voorry kan kies.

Posted By: TunaLion
Date Posted: 14-Dec-2020 at 9:00pm
Ek is regtig bietjie geskok oor Sti se ontwikkeling vanjaar. Ek onthou toe ons hom geteken het so paar jaar terug was hy maar effe vrot gewees in my opinie, maar vanjaar het hy "ewe skielik" 'n massiewe sprong vorentoe geneem.

Ek dink ons ander effe probleem deesdae in die skrums is op hakker, waar ons vir Malcolm Marx vreeslik baie mis, terwyl Jaco my verwagtinge te bowe gaan omdat ek hom nooit ge-rate het by die Bulle nie, is hy nie in dieselfde klas van Marx nie - maar dan nou weer, wie is?

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 15-Dec-2020 at 10:28am
Sti is beslis een van ons unsung heroes sover die jaar en Vincent seker ons MVP.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Dec-2020 at 10:38am
Ek het so rukkie terug 'n onderhoud met Sti gehad voordat hy die nommer een keuse op nommer 1 was, dis op youtube. Ek moet se ek het daai tyd al geweet dit kom, hy is 'n goeie speler en steek hierdie jaar sy hand hoog op

https://www.youtube.com/watch?v=IYfoSnS5c2E" rel="nofollow - https://www.youtube.com/watch?v=IYfoSnS5c2E

Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Dec-2020 at 10:38am
Was laas jaar mei, so basies 18 maande gelede

Posted By: TunaLion
Date Posted: 15-Dec-2020 at 9:26pm
Thx vir die video Transvaal. Hy lyk baie vriendelik en humble, maar ook volwasse. Hoop hy hou so aan verbeter en mag hy binnekort 'n Bok word.

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Dec-2020 at 7:30am
Geluk aan Andre Warner met sy Curriebeker debuut vir die Leeus verlede Saterdag teen die Cheetahs, druk toe sommer 2 driee ook!
Dit was Jannie du Plessis se Curriebeker debuut vir die Leeus ook, en hy het ook 1 drie gedruk in die wedstryd.

Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net