Print Page | Close Window

Rondte 2 - Leeus vs WP

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Currie Cup
Forum Description: Currie Cup
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=8959
Printed Date: 12-May-2024 at 3:24am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Rondte 2 - Leeus vs WP
Posted By: Transvaal
Subject: Rondte 2 - Leeus vs WP
Date Posted: 30-Nov-2020 at 8:30am
Saterdag 5 Desember op die park, afskop 19:00

Referee: Griffin Colby
Assistant Referees: Marius van der Westhuizen, Rasta Rasivhenge
Television Match Official: Marius Jonker 

Leeus: 15. Tiaan Swanepoel; 14. Stean Pienaar, 13. Wandisile Simelane, 12. Burger Odendaal, 11. Courtnall Skosan; 10. Elton Jantjies (Capt), 9. Ross Cronjé; 8. Len Massyn, 7. Vincent Tshituka, 6. Jaco Kriel, 5. Marvin Orie, 4. Willem Alberts, 3. Ruan Dreyer, 2. Jaco Visagie, 1. Sti Sithole. 
Replacements: 16. Jan-Henning Campher, 17. Dylan Smith, 18. Wiehahn Herbst, 19. Reinhard Nothnagel, 20. Wilhelm van der Sluys, 21. Roelof Smit, 22. Morné van den Berg, 23. Dan Kriel

WP: 15 Damian Willemse, 14 Seabelo Senatla, 13 Ruhan Nel, 12 Dan du Plessis, 11 Angelo Davids, 10 Tim Swiel, 9 Godlen Masimla, 8 Juarno Augustus, 7 Ernst van Rhyn, 6 Siya Kolisi (c), 5 JD Schickerling, 4 Salmaan Moerat, 3 Frans Malherbe, 2 Bongi Mbonambi, 1 Steven Kitshoff.
Replacements (from): 16 Scarra Ntubeni, 17 Ali Vermaak, 18 Neethling Fouche, 19 David Meihuizen, 20 Marcel Theunissen, 21 Johan du Toit, 22 Paul de Wet, 23 Tristan Leyds, 24 Jaco Coetzee, 25 Kade Wolhuter, 26 Rikus Pretorius.



Replies:
Posted By: WitBoer
Date Posted: 30-Nov-2020 at 10:36am
Die is in my opinie 'n MOET wen vir ons.



-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha


Posted By: TunaLion
Date Posted: 30-Nov-2020 at 12:38pm
Stem 100% saam, ons kan nie meer bekostig om regtig enige games meer te verloor nie, te danke aan ons bad luck tot dusver as ons ten minste in die top 4 wil beëindig. Dit sal my ook beter laat voel vir die kans dat hulle kan teruggaan op hul vroeër besluit oor die PRO16 deelname.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 30-Nov-2020 at 12:45pm
Ek sien ons speel volgende week teen die Cheetahs, wat ook 'n massiewe "moet wen" is.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 30-Nov-2020 at 1:29pm
Injury Update:

EW Viljoen sustained a Grade II tear of his R hamstring in the match against the Tafel Lager Griquas and will be out of action for approximately 4-6 weeks.

Hacjivah Dayimani underwent an operation on a meniscus (knee) last week. He will be out for at least 3 months.


Posted By: Leeubok
Date Posted: 01-Dec-2020 at 7:30am
Hoe werk die CC se log, het spanne punte oorgedra van die super rugby unlocked kompetisie? Of het almal van scratch af begin?


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 01-Dec-2020 at 8:50am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Hoe werk die CC se log, het spanne punte oorgedra van die super rugby unlocked kompetisie? Of het almal van scratch af begin?

Oorgedra, dis dus vir ons onmoontlik om die kompetisie te wen. Die waarde van die kompetisie is in elkgeval vir my 0 omdat almal nie 'n gelyke kans gekry het nie. Agv verstaanbare redes natuurlik.


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Dec-2020 at 8:53am
Ons kan wen, daar is senmifinale en finale, so ons moet net 4rde eindig om vir die uitspeelrondtes te kwalifiseer


Posted By: Leeubok
Date Posted: 01-Dec-2020 at 9:23am
Dit maak nie sin om punte van een kompetisie oor te dra na 'n ander nie... Scrap dan eerder die super rugby unlocked snert, en se se vir almal dat ons CC speel van die begin af. 

En ja, met al die wedstryde wat al gekanselleer was is hierdie kompetisie lankal nie meer regverdig nie


Posted By: TunaLion
Date Posted: 01-Dec-2020 at 11:19am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Dit maak nie sin om punte van een kompetisie oor te dra na 'n ander nie... Scrap dan eerder die super rugby unlocked snert, en se se vir almal dat ons CC speel van die begin af. 

En ja, met al die wedstryde wat al gekanselleer was is hierdie kompetisie lankal nie meer regverdig nie


Ek stem saam dat dit simpel was om die SR Unlocked deel van die CC te maak.

Dit moes 2 verskillende kompetisies wees, maar hulle moes op 'n manier 'n "Super Rugby" kompetisie speel agv borgskappe, soos bv Emirates wat vir die Leeus borg net vir die Super Rugby en dan Xerox wat ons borg is vir die CC.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: OomPB
Date Posted: 01-Dec-2020 at 2:46pm
Gelant uit vir nege maande. Leeus groot gunsteling vir die wedstryd. 


Posted By: TunaLion
Date Posted: 01-Dec-2020 at 6:46pm
LOL, ek sou nie so ver gaan nie.

Ek dink Weepee se pak gaan ons s'n oorheers in die skrums, veral in die begin van die game. Leeus is ook erg geroes, so hulle gaan moontlik weer 'n rukkie vat om in die game te kom. Ek dink ook Ruhan Nel gaan 'n kans kry om te begin, wat die Weepee se agterlyn baie gaan verbeter. Moontlik gaan Gelant se besering ook op 'n snaakse manier 'n positief wees vir Weepee deurdat Willemse dalk op heelagter gespeel gaan word wat gaan toelaat dat hulle vir 'n slag met 'n actual losskakel begin. Ek lees dat selfs Gavin Rich (Weepee se grootste fan en Supersport skrywer) ook al begin twyfel in sy vermoë as losskakel, wat helse baie sê omdat hy selde Weepee spelers so kritiseer.

Leeus se hoof voordele op die oomblik is die tuisvoordeel en "altitude".

Obviously hoop ek die Leeus vat die game, maar die odds is bietjie teen hulle voel ek.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 02-Dec-2020 at 10:59am
Western Province – 15 Damian Willemse, 14 Seabelo Senatla, 13 Ruhan Nel, 12 Dan du Plessis, 11 Angelo Davids, 10 Tim Swiel, 9 Godlen Masimla, 8 Juarno Augustus, 7 Ernst van Rhyn, 6 Siya Kolisi (c), 5 JD Schickerling, 4 Salmaan Moerat, 3 Frans Malherbe, 2 Bongi Mbonambi, 1 Steven Kitshoff.
Subs (from): 16 Scarra Ntubeni, 17 Ali Vermaak, 18 Neethling Fouche, 19 David Meihuizen, 20 Marcel Theunissen, 21 Johan du Toit, 22 Paul de Wet, 23 Tristan Leyds, 24 Jaco Coetzee, 25 Kade Wolhuter, 26 Rikus Pretorius.

Ek sien Jantjies is ook gedrop. In my opinie was hy maar swak hierdie jaar.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 02-Dec-2020 at 11:09am
Weepee noem dit natuurlik rotasie, maar laat ons maar eerlik wees, Jantjies was goed vir die Bokke laasjaar en dalk in een of twee Stormers games, maar vanjaar was hy maar swak.

Sy basiese werk is van 'n lae standaard, met sy aangeë wat veral soms baie swak is en gereeld selfs bo die spelers se koppe aangegee word. Ons kla van Krappies wat soms te veel self probeer 'n gaping slaan, maar ek sien dit selde van Jantjies dat hy ooit self probeer. Dalk is dit agv Weepee se konserwatiewe taktiek, waar hulle maar baie skop en baie min foute probeer maak deur min te hardloop veral in hul helfte.

Wat die Weepee baie gaan help is dat Willemse nie op losskakel gaan begin nie, want soos ek laasweek gegrap het vir my familie, die ironie van Weepee se spel dusver is dat hulle hele spel patroon op skop/territory en pale toe skop vir punte baseer is, maar hulle kies 'n losskakel was skaars goed kan skop.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Dec-2020 at 11:24am
Dankie vir die span, opgedateer in eerste pos


Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Dec-2020 at 11:41am
Since 1991, we have played WP 61 times, won 30, lost 29, drew 2, for a win ratio of 49.18%

http://www.lionsworld.co.za/winratiodetail_wp.html" rel="nofollow - http://www.lionsworld.co.za/winratiodetail_wp.html


Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Dec-2020 at 11:51am
Hier is die e-mail van WP (span aankodinging)

Backline shuffle for DHL WP

The DHL Western Province backline has been shuffled for the Carling Currie Cup encounter with the Xerox Lions in Johannesburg on Saturday.

The starting forward pack remains unchanged, while there are three changes and two positional switches in the backline for the trip to Emirates Airline Park.

Damian Willemse is at fullback in place of the injured Warrick Gelant, with Tim Swiel starting at flyhalf where he will form an all-new halfback combination with Godlen Masimla.

Ruhan Nel comes into the starting line-up at outside centre for the first time this season and will link up in midfield with Dan du Plessis, who moves to inside centre.

Lock David Meihuizen, flank Marcel Theunissen and scrumhalf Paul de Wet are all back in the mix among the replacements.

DHL Western Province Head Coach John Dobson said that his team have embraced the challenge that awaits them in Johannesburg.

"We know that we will have to be at our best for 80 minutes this weekend if we are going to get the result that we are looking for.

"We have prepared well for this game and everyone is looking forward to the opportunity to show what it means to us to play for DHL Western Province," he said.


DHL Western Province: 15 Damian Willemse, 14 Seabelo Senatla, 13 Ruhan Nel, 12 Dan du Plessis, 11 Angelo Davids, 10 Tim Swiel, 9 Godlen Masimla, 8 Juarno Augustus, 7 Ernst van Rhyn, 6 Siya Kolisi (captain), 5 JD Schickerling, 4 Salmaaan Moerat, 3 Frans Malherbe, 2 Bongi Mbonambi, 1 Steven Kitshoff.
Replacements (from): 16 Scarra Ntubeni, 17 Ali Vermaak, 18 Neethling Fouche, 19 David Meihuizen, 20 Marcel Theunissen, 21 Johan du Toit, 22 Paul de Wet, 23 Tristan Leyds, 24 Jaco Coetzee, 25 Kade Wolhuter, 26 Rikus Pretorius.


Posted By: emiel1
Date Posted: 02-Dec-2020 at 12:10pm
Ruhan Nel het mos 'n paar jaar terug as buitesenter by die Leeus diens gedoen, en soos ek onthou baie goed gedoen. Ons almal weet Simelane het baie flair as die wedstryd oop begin raak, hoop maar dat sy verdediging verbeter ook.  


Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Dec-2020 at 12:22pm
Dis reg, hy was by ons en is daarna sewes toe en toe WP toe. Ek het so 3 jaar saam met sy ma by 'n maatskappy gewerk, hulle is GROOT WP fans, so nie verbaas dat hy by WP opgeeindig het nie


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 02-Dec-2020 at 2:52pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ons kan wen, daar is senmifinale en finale, so ons moet net 4rde eindig om vir die uitspeelrondtes te kwalifiseer

Ek is maar net baie pessimisties oor ons span omdat ons wel heelwat verbeter, maar dinge lyk steeds nie lekker. Te veel "tjol-aanjaag" oomblikke.


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Dec-2020 at 2:56pm
Ons sal wel sien waar ons is hierdie saterdag. Die 20-15 verloor teen die Bulle was tog ook nie te sleg nie?


Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Dec-2020 at 3:06pm
Askies dit was 30-25, geweet dit was net 5 punte


Posted By: TunaLion
Date Posted: 02-Dec-2020 at 3:29pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ons sal wel sien waar ons is hierdie saterdag. Die 20-15 verloor teen die Bulle was tog ook nie te sleg nie?


Ek stem, met so baie nuwe spelers, veranderings en verliese en heelwat jong outjies wat ons deurbring, dink ek die laaste paar maande is 'n helse verbetering op laasjaar en veral die begin van 2020, toe ons skaars kon tackle.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Leeus of niks
Date Posted: 02-Dec-2020 at 8:24pm
ek stem ons verdediging is beter maar ons backline lyk elke keer plan loos met die bal, paas vir n man en kyk hoe ver kom hy of wilde intercept paases, eks seker n kort binne aangee of self n ou sker sal ons makliker oor die voordeellyn kry en bietjie die defence aan die raai hou.


Posted By: Niela
Date Posted: 03-Dec-2020 at 1:13pm
Originally posted by Leeus of niks Leeus of niks wrote:

ek stem ons verdediging is beter maar ons backline lyk elke keer plan loos met die bal, paas vir n man en kyk hoe ver kom hy of wilde intercept paases, eks seker n kort binne aangee of self n ou sker sal ons makliker oor die voordeellyn kry en bietjie die defence aan die raai hou.

I agree , 

Everyone thinks the All blacks are good because they have such good backs. But if you look at their attack, they have variations. 

There is always an opportunity, if the defense is wide , then pick and go , stay narrow and run hard and straight. If defense is narrow stretch them or use a kick pass.

It feels like we go side to side more often , other teams analyse this and then they fan out on defence. 

The 2017 lions mixed it up very well. It works. It’s just hard for us as we are not dominant enough in ten pack and secondly we tend to concede turnovers at ruck time, so we don’t get that strong lions wave of attack as we did in the past.




Posted By: Attie Karate
Date Posted: 03-Dec-2020 at 1:52pm
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ons sal wel sien waar ons is hierdie saterdag. Die 20-15 verloor teen die Bulle was tog ook nie te sleg nie?


Ek stem, met so baie nuwe spelers, veranderings en verliese en heelwat jong outjies wat ons deurbring, dink ek die laaste paar maande is 'n helse verbetering op laasjaar en veral die begin van 2020, toe ons skaars kon tackle.

"verloor teen die Bulle was tog ook nie te sleg nie?" ag nee donner man, sies! TongueWink

Als wat jul noem is waar, maar daai W-kolom lyk sleg en dis al wat saakmaak.

Verdediging het drasties verbeter, maar aanval/ balretensie is steeds nie goed genoeg vir hierdie vlak.


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 03-Dec-2020 at 1:55pm
Skeidsregter opgedateer in eerste pos


Posted By: Transvaal
Date Posted: 03-Dec-2020 at 1:56pm
Experienced nine to start

 

Xerox Lions coach Ivan van Rooyen and his charges made two changes to the team that will host DHL Western Province at home at Emirates Airline Park on Saturday evening.

 

Ross Cronjé and Tiaan Swanepoel will run out at scrumhalf and fullback in the only two changes, both in the backline, Cronjé as part of rotation and Swanepoel in the place of injured EW Viljoen. Viljoen picked up a grade 2 hamstring tear in the match last weekend in Kimberley.

 

Captain Elton Jantjies has been in action for the Lions in Currie Cup since 2010 with stints in Japan, the Stormers and the Springboks in between. In 44 Currie Cup matches he has racked up 82 conversions, 102 penalties, 2 Drop Goals and 496 Points.

 

His non-Currie Cup appearances are 2010 (SA U20 – 5 games, 12 points), 2012-2019 (Springboks 37 games, 281 points) and 2014-2018 (Shining Arcs, 35 games, 224 points).

 

Kick-off on Saturday is at 19:00.

 

Referee Appointments:

Referee                AR 1                                                 AR 2                                   TMO

Griffin Colby       Marius van der Westhuizen          Rasta Rasivhenge              Marius Jonker

 

Xerox Lions vs DHL Western Province: Tiaan Swanepoel; Stean Pienaar, Wandisile Simelane, Burger Odendaal, Courtnall Skosan; Elton Jantjies (capt), Ross Cronjé; Len Massyn, Vincent Tshituka, Jaco Kriel, Marvin Orie, Willem Alberts, Ruan Dreyer, Jaco Visagie, Sti Sithole. Reserves: Jan-Henning Campher, Dylan Smith, Wiehahn Herbst, Reinhard Nothnagel, Wilhelm van der Sluys, Roelof Smit, Morné van den Berg, Dan Kriel

 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 03-Dec-2020 at 2:43pm
Sadie trou hierdie naweek, dis hoekom hy nie in die squad is nie


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 03-Dec-2020 at 3:01pm
Ek is jammer oor EW se besering, maar Tiaan is vir my 'n beter 15.




-------------
Up the Vaal!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 03-Dec-2020 at 3:15pm
Tiaan skop die bal myle ver, maar ek dink EW is beter aanvaller. Weet nie eintlik hoe die twee op verdediging is nie


Posted By: TunaLion
Date Posted: 03-Dec-2020 at 3:55pm
Ek is ekstaties dat Ross vir 'n slag begin. Ek dink ons aanval gaan baie beter lyk hierdie naweek. Hoop ons pas net die bal mooi op by die kontak punte.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 6:40pm
#CurrieCup = #Lions 0 vs #WP 0 - Kickoff in 20 minutes!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 6:41pm
Lekker koel hier by Ellispark op die oomblik, maar ek kan geen wolke sien nie so hopelik bly ons droog


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 7:00pm
Leeus gaan eerste afskop en speel van links na regs voor ons


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 7:01pm
https://twitter.com/hashtag/CurrieCup?src=hashtag_click" rel="nofollow - #CurrieCup - https://twitter.com/hashtag/Lions?src=hashtag_click" rel="nofollow - #Lions 0 vs https://twitter.com/hashtag/WP?src=hashtag_click" rel="nofollow - #WP 0 - Kickoff!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 7:08pm
#CurrieCup - #Lions 0 vs #WP 3 - 6m - PENALTY Tim Swiel


Posted By: valie
Date Posted: 05-Dec-2020 at 7:09pm
lyk of die weer n lang middag vir ons gaan rask in die skrums


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 7:11pm
Jantjies mis 'n strafskop


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 7:13pm
Lelike aanslaan deur Jaco Kriel, kan nie dink dat ek al so iets gesien het nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 7:20pm
#CurrieCup - #Lions 3 vs #WP 3 - 18m - PENALTY Tiaan Swanepoel


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 7:20pm
60 meter strafskop...


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 7:24pm
#CurrieCup - #Lions 3 vs #WP 6 - 22m - PENALTY Tim Swiel


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 7:31pm
#CurrieCup - #Lions 6 vs #WP 6 - 28m - PENALTY Tiaan Swanepoel


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 7:41pm
#CurrieCup - #Lions 6 vs #WP 9 - 38m - PENALTY Tim Swiel


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 05-Dec-2020 at 7:45pm
Strafskop teen Leeus vir bal vashou op die grond, maar dit was tackler not releasing. 2 Minute later strafskop teen Leeus vir tackler not releasing. Kitshoff probeer nie eers meer reguit skrum nie. Set alklaar sommer skeef.

Hierdie is nie rugby nie. Ja ons jaag tjol aan, maar dis nie meer aangenaam of pret om te kyk nie.


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 7:45pm
Ook die rustydtelling. Jammer van 'n paar dom strafskoppe wat ons afgestaan het en daar op WP se doellyn moes Simelane net die 3 spelers aan sy buitekant gevind het instede om binne toe te probeer breek


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 05-Dec-2020 at 7:49pm
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Kitshoff probeer nie eers meer reguit skrum nie. Set alklaar sommer skeef.

Dit is rerig swak, niemand tel dit op nie? Lus om vir Joel te tweet hy moet sy oë oopmaak, hy prys die man heeltyd.


Posted By: emiel1
Date Posted: 05-Dec-2020 at 7:50pm
Paar mooi fases opgebou, en 'n bietjie mooi tussenspel tussen Jantjies en Pienaar, anderste 'n helfde vol foute


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 7:58pm
#CurrieCup - #Lions 6 vs #WP 12 - 42m - PENALTY Tim Swiel


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 8:06pm
#CurrieCup - #Lions 9 vs #WP 12 - 50m - PENALTY Tiaan Swanepoel


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 8:10pm
#CurrieCup - #Lions 9 vs #WP 17 - 53m - TRY Seabelo Senatla


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 8:11pm
#CurrieCup - #Lions 9 vs #WP 19 - 53m - CONVERSION Tim Swiel


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 8:11pm
Was daar nie obstruksie op die middellyn nie, vir my so half so gelyk


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 05-Dec-2020 at 8:13pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Was daar nie obstruksie op die middellyn nie, vir my so half so gelyk

Selfs Joel het dit gesien... Nee wat, ons kry niks van die 50/50 calls nie. Die bal was al van die lynstaan af vorentoe aangegee. 


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 05-Dec-2020 at 8:15pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Was daar nie obstruksie op die middellyn nie, vir my so half so gelyk

Selfs Joel het dit gesien... Nee wat, ons kry niks van die 50/50 calls nie. Die bal was al van die lynstaan af vorentoe aangegee. 
Rediculous, ref sê dis van die voet af(al was dit duidelik knock), dan onderskep ons, maar hy roep ons terug vir aanslaan. Na voordeel lankal verby was. Jinne...


-------------
Up the Vaal!


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 05-Dec-2020 at 8:18pm
Dit is pateties dat elke keer as ons teen wp speel is daar swak beslissing na hulle kant toe


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 8:26pm
#CurrieCup - #Lions 12 vs #WP 19 - 67m - PENALTY Tiaan Swanepoel


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 8:31pm
#CurrieCup - #Lions 17 vs #WP 19 - 71m - TRY Stean Pienaar


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 8:32pm
#CurrieCup - #Lions 19 vs #WP 19 - 71m - CONVERSION Elton Jantjies


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 8:41pm
#CurrieCup - #Lions 22 vs #WP 19 - 79m - PENALTY Tiaan Swanepoel


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Dec-2020 at 8:42pm
Wat 'n lekker wen@!


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 05-Dec-2020 at 8:42pm
Well done Lions 15 teen 16 en ons het hulle gevat mooi man kry nou baie lekker nie eers die ref kon hulle die keer help wen nie


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 05-Dec-2020 at 8:43pm
Lekker Boys!

-------------
Up the Vaal!


Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 05-Dec-2020 at 8:56pm
Baie lekker wen... 16 teen 15, vat ek so game Enige tyd...

Refs is uiters sleg


-------------
Once a Lion always a lion


Posted By: emiel1
Date Posted: 05-Dec-2020 at 8:57pm
"Gutsy" besluit van Stean Pienaar. Gesukkel in die skrums, maar anderste het die voorspelers dinamiese fases opgebou en goed in die lynstane gekompeteer. Sal meer klinies op aanval moet wees in die toekoms.


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 05-Dec-2020 at 9:07pm
Lekker manne!! Rol nou met die momentum van 2 wenne in 'n ry!! Elke game alles in!!


Posted By: Leeus of niks
Date Posted: 05-Dec-2020 at 9:12pm
well done manne, altyd lekker om die weepee te vat. Waar was Siya in die wedstryd? Dit het vir my uitgestaan hoe onbetrokke hy was. Odendaal het vir my n goeie game gehad.


Posted By: TunaLion
Date Posted: 05-Dec-2020 at 9:29pm
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Was daar nie obstruksie op die middellyn nie, vir my so half so gelyk

Selfs Joel het dit gesien... Nee wat, ons kry niks van die 50/50 calls nie. Die bal was al van die lynstaan af vorentoe aangegee. 
Rediculous, ref sê dis van die voet af(al was dit duidelik knock), dan onderskep ons, maar hy roep ons terug vir aanslaan. Na voordeel lankal verby was. Jinne...


Daardie voordeel wat die ref vir daardie knock-on gespeel het, was belaglik. Die intercept was eers 3 of 4 fases na dit, waar die Weepee ook ten minste al 8m of wat gewen het. Dit is seker die langste advantage vir 'n knock-on wat ek ooit gesien het. Ek onthou 'n drie teen ons laasjaar, waar die opponent aangeslaan het, ons het die bal drie keer gepass, die ref het advantage over geroep en op daardie oomblik was daar 'n intercept, in dieselfde "fase" as die aanslaan, sonder dat ons regtig eers vorentoe gaan. Hierdie was belaglik en dit MOES 'n drie vir Burger Odendaal wees.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 05-Dec-2020 at 9:30pm
Originally posted by gertjie0000 gertjie0000 wrote:

Dit is pateties dat elke keer as ons teen wp speel is daar swak beslissing na hulle kant toe


Dit is nie net wanneer ons teen hulle speel nie, kyk hoe unlucky was die Bulle laasweek, maar wat nog erger is is dat die Weepee selfs nie eers kan wen met al die hulp van die refs nie ClapLOLBig smile


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: valie
Date Posted: 05-Dec-2020 at 9:35pm
Well done manne!
Na n sukkelende begin het ons skrums hier na 30 minute begin verbeter. Tawwe game. Die hond in ons was groter as dir hond in hulle....


Posted By: TunaLion
Date Posted: 05-Dec-2020 at 9:46pm
My opsomming van die game:

Ons het weer bietjie geroes gelyk in die begin, maar teen die einde was did baie duidelik dat ons dit nou redelik afgeskud het. Weepee was ook gereeld onkant, wat nie baie gehelp het nie, maar selfs met dit en die swak beslissings teen ons kon ons nogsteeds terugkom, wat eintlik 'n moerse positive is vir ons.Weepee het elke trick in die boek gebruik om die game stadig te maak (en daarmee weggekom) deur elke keer 'n ander speler te laat gaan sit en wag vir ys. Aan die ander kant, lyk ons manne redelik baie fiks en vol hardloop.

Ekt veral baie van die variasies gehou van ons aanval, ons nooit regtig dieselfde oor en oor gedoen nie en as ons gesien het iets werk nie, dan het ons iets anders probeer.

Elton moet ook baie krediet vat, hy word baie volwasse in sy rol as kaptein en kommunikeer goed met die ander leiers. Ek moet ook my hoed afhaal vir hom deur dat hy so baie vertroue in Tiaan gehad het met die skoppe. Ons gaan ons bes moet doen deur vas te klou aan Tiaan, want hy lyk pure Springbok.

Dan lyk dit weer of Jaco Kriel se spel agteruit gegaan het weer en sy selfvertroue is gone. Hy is 'n great speler, so hopelik met tyd kom dit weer reg en hy kry nie 'n besering binnekort nie.

Ek dink ons kon baie verder gewen het ook: Jaco het twee keer snert aangejaag naby die lyn, hulle drie moes nie gestaan het nie en Odendaal se drie moes staan.

All in all, lyk ons spelers goed. Dit was Marvin Orie se beste game dalk vir ons nog, Willem Alberts was 'n yster, Jaco Visagie het 'n paar balle gesteel en kalm kop gehou op kritieke tye, Tshituka kom heeltyd oor die voordeel lyn, Elton lyk of hy naby aan sy beste vorm is, Odendaal lyk of hy enige oomblik 'n gaping gaan slaan en Stean Pienaar is 'n monster.

Dan was ons plaasvervangers ook baie goed en selfs die timing van wanneer hulle opgekom het was perfek, so well done vir Ivan hulle.

Behalwe vir die skrums, was als anders baie goed, veral die lynstane. Kannie wag vir volgende week nie!


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Red_Machine
Date Posted: 05-Dec-2020 at 10:50pm
Ruan Dreyer moet maar liewer fokkof, hy is deesdae useless.

Die game was uiters swak, ons attack was nerens, ek wil die word "impotent" gebruik


Posted By: TunaLion
Date Posted: 05-Dec-2020 at 11:24pm
Ek voel weer heel positief oor die game en ons aanval. Kom ons kyk maar volgende week hoe lyk dinge, hopelik is die toestande nie so nat en klam nie, dit het immers meeste van die oggend hier in JHB gereën. Dan gaan ons ook nie meer regtig die verskoning hê van roes agv min speeltyd nie.

BTW, ek lees Tiaan Swanepoel is eintlik van Namibië af.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: valie
Date Posted: 06-Dec-2020 at 8:16am
Originally posted by Red_Machine Red_Machine wrote:

Ruan Dreyer moet maar liewer fokkof, hy is deesdae useless.

Die game was uiters swak, ons attack was nerens, ek wil die word "impotent" gebruik
Ek dink dis dalk n bietjie harsch. Dreyer kom terug van n Achilles besering - iets wat gewoonlik die einde van n speler se loopbaan beteken. Ja hy het gesukkel in die begin, maar ek voel hy het, hoe langer die game aanhou, al hoe beter begin skrum, en dit teen moontlik die beste loskop in wereld rugby. Frans Malherbe skrum ook meestal binnetoe, wat meebring dat WP se haker sowel as die loskop beide na ons vaskop se kant toe druk, maw Dreyer moet elke keer teen 2 ouens skrum.
Die feit dat Frans in skrum, laat Kitshoff soos n monster lyk. Ons skrums het verbeter die oomblik toe Malherbe nie meer rgkry om binnetoe te skrum nie.
Ons was ook unlucky met n hele paar 50/50 calls wat teen ons gegaan het.
Senatla se drie moes nie getel het nie, agv duidelike obstruksie. Odendaal se onderskep moes n drie gewees het, want daar was genoeg voordel vir wp na ons aanslaan. WP gelukkig wees dat hulle n bonuspunt gekry het.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Dec-2020 at 8:41am
onthou Dreyer was op vaskop sio hy het teen Kitshoff geskrum


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 06-Dec-2020 at 9:40am
Sorry, maar oor-weer oor die veld met ouens wat een-een in kontak ingaan, sonder veel vordering vorentoe is nie vir my goeie variasie op die aanval nie. Van 1ste fase af ja, maar daarna staan ons steeds te veel strafskoppe op die aanval af agv spelers wat geisoleer raak. 

Ons en WP en die ref was maar almal ewe swak vandag. 

Who cares, ñ wen is ñ wen. Ons kan aan ploeter en swak rugby speel- maak nie saak nie. Ek soek net die W!


-------------
Up the Vaal!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 06-Dec-2020 at 11:24am
Kyk ten minste dan na die positives, nog bietjie ge-roes en waar die opponente 7 punte gekry het wat hulle nie verdien het nie ons ons ingedoen was van 7 punte wat ons verdien het met die intercept - 14 punte in totaal at the very least - het ons steeds gewen. Dan as ons in die eerste helfte net die bal wyd gevat het (selfish Simelane) of JK net die bal daar skoon gevang het, het ons nog 7 punte gekry. Hulle was ook toegelaat om gereeld onkant te staan op verdediging, maar nogsteeds kon ons wen.

Dit wys alklaar 'n opwaartse kurwe. Voreg vanjaar teen hulle, het ons ge-choke in die einde toe ons voor was. Teen hulle so paar weke terug, het ons naby gekom, en nou het ons dit uiteindelik gedoen en koelkop gebly. Ek sien baie positives en 'n draaipunt.

Maar kom ons kyk maar die komende naweek hoe lyk dinge, hopelik vat ons nog 'n trap in die regte rigting.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: valie
Date Posted: 06-Dec-2020 at 11:37am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

onthou Dreyer was op vaskop sio hy het teen Kitshoff geskrum
Presies. Hoewel hy nie teen Frans skrum nie, begin die probleme daaikant wanneer Frans in skrum. Hy skrum dan fisies op Visagie in, met die gevolg dat Bongi, teen wie Visagie eintlik opgeline is, tesame met Kitshof teen Dreyer skrum. Maw deur Malherbe se onwettige aksie word Sti eintlik totaal ge neutraliseer, wat beteken Dreyer en Visagie skrum dan tegnies teen die hele voorry van die wp. Dis een van die redes hoekom dit onwettig is om in te skrum.
Ek vermoed die leeus moes gekla het daaroor, en dat die ref dalk vir Frans begin dophou het, want toe hy nie meer in skrum nie, toe kry ons hulle skielik gehou in die skrums.


Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 06-Dec-2020 at 1:19pm
Het nou die naweek se games se highlites gekyk. Twee goed val my veral op, ek dink tot Siya se grootste fan begin besef hy is nie die beste 6 in die land nie. Tweedens, dit was opvallend hoe baie van Wp se spelers, veral hulle forwards gaan sit het en gevra het vir ys of water of wat ookal. Ek dink die Leeus is n baie fisiese span, ons mis dit dalk partykeer...


Posted By: emiel1
Date Posted: 06-Dec-2020 at 1:46pm
Dink ons almal het voor die wedstryd besef dat ons in die skrums sou sukkel. Teen 'n wereldbeker voory en 'n fisiese pak, het ons in die opsig nie te sleg gedoen nie. Wat wel pla is dat ten spyte van goeie fase spel, deur veral ons voorspelers, ons so gesukkel het om oor die voordeel lyn te kom. In die wedstryd was daar maar net twee of drie taktiese bewegings deur  Jantjies, Burger Odendaal en Stean Pienaar was regtig die verdediging oopgekloof het.  


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Dec-2020 at 9:22am
Ek het om baie eerlik te wees nie 'n leeus wen gesien nie, en vir 'n WP wen op SuperBru gegaan. 


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 07-Dec-2020 at 12:22pm
Ag shame ek sien ou Dobson moan oor die scrums en die leeus wat bietjie te hard was vir hulle, hulle het 3 of 4 ouens verloor met concusion gedierende die wedstryd hulle moet maar netbal gaan speel as hulle nie die punch kan vat nie en hy eintlik net suur omdat die wp nie die hele wedstryd kon wegkom met die scrums nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Dec-2020 at 12:46pm
https://www.youtube.com/watch?v=q20XIcxWVdA%20" rel="nofollow - https://www.youtube.com/watch?v=q20XIcxWVdA

Youtube hoogtepunte


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Dec-2020 at 2:37pm
With the 2 point conversion that he kicked on Saturday against WP, #Lions captain Elton Jantjies achieved a huge career milestone by going past the 500 point mark in Currie Cup rugby, and now stands on 501 points from 46 Currie Cup matches for the Lions


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Dec-2020 at 2:55pm
Drie spelers het Saterdag hulle Curriebeker debuut vir die Leeus gemaak, al drie van die bank af, geluk aan Wiehahn Herbst, Roelof Smit en Dan Kriel!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Dec-2020 at 3:36pm
The #Lions were happy to announce today that there were no new injuries in the squad after Saturday's match against Western Province



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net