Die Springbok Jannie du Plessis het die pad geloop, van sy grootwordtyd in Bloemfontein, toe in Durban sy merk gemaak, geld gemaak by Montpellier in Frankryk en nou in Johannesburg, waar hy met passie vertel dat hy terug is in sy hartland.
“Ek sal doodgaan vir hierdie span,” vertel die groot vaskop wat uit verskeie oorde gekritiseer is na sy skrumvertoning verlede naweek teen die Reds.
“Ek speel rugby vir die kameraderie, ek hou van die mensdeel van spansport, en hou van die saamwerk om ‘n gemeenskaplike doel te bereik,” vertel Jannie met passie.
Hy is so passievol dit is eintlik aansteeklik.
“Rugby is eintlik ‘n klein bietjie oorlog, dit is vir my ‘n band tussen spanmaats wat ek eintlik nie kan beskryf nie.
“Ek kan onomwonde sê dat dit so was in die meeste spanne waarin ek gespeel het. Rassie (Erasmus) het in die Vrystaat ‘n manier gehad om die beste uit sy spelers te haal.
“By die Bokke saam met John (Smit) en Victor (Matfield) onder Heyneke (Meyer) en Pieter de Villiers was ons net so tight.
“Hulle het ‘n voorbeeld vir ons gestel en ek sien weer iets waarvan by die huidige ‘Bokke.”
Jannie het in vier jaar in Frankryk hard na hierdie bestanddele gesoek, maar nooit gekry nie.
Hy kyk nou (vir die eerste keer) na ander oë na Johannesburg.
Jannie is reeds 37 jaar oud en ewenaar Matfield se getal SuperRugbywedstryde van 148 Saterdag teen die Stormers.
Daardie paadjie wat hy in Bloem begin loop het het egter nog nie ‘n einde nie.
“Ek wil so lank speel as wat ek voel dat ek waarde kan toevoeg, as ek die dag voel dat ek dit nie doen nie, sal ek halt roep. My liggaam voel nog goed.”
Na verlede naweek se skrumvertoning teen die Reds het hyself baie introspeksie gedoen. Hy het tot die gevolgtrekking gekom dat hulle die teenstanders onderskat het.
“Ons het vandeesweek hard gewerk. Skrum, gaan oor meer as een man, maar oor tydsberekning en saamtrek”
Jannie se broer Bismarck speel nog by Mopntpellier maar hy hoop dat hulle weer iewers vorentoe saam in die voorry kqan sak.
Sy pa Francois het ook vir die Oos-Vrystaat, eers op agtsteman en toe op loskop gesak.
“Sy laaste wedstryd was juis op Ellispark en verlede Saterdag was my eerste op die stadion sedert hy van ons weggevat is. Ek wou so graag goed doen.
Oupa Jannie het op Tweelingskop buite Bethlehelm op die Reitzpad geboer en die All Blacks van 1970 en die Argentyne net daarna het feestelik op die familieplaas gekuier.
Dit is duidelik Jannie hou van mense, dit maak hom tiek.
Daarom speel hy rugby en daarom het hy ‘n mediese dokter geword. “Dokter wees is bietjie dieselfde en albei is vir my ‘n groot voorreg en verantwoordelikheid.
Hy sê dit was die hand van die Here wat hom na Johannesburg gelei het. “Ek het nooit gedink ek sal dit sê nie, maar ek sal vrek vir my span. Ek is llief vir hulle.”
Hy het nege maande oor gehad om vir hom en sy kinders ‘n Franse paspoort te kry, maar wat hy nou het weeg swaarder as geld en dié voorregte.”
Vanaf Suparugby Facebook