Print Page | Close Window

Oud-Bok Alberts in die Leeus se visier

Printed From: Lionsworld
Category: Lions Section
Forum Name: Lions Players News
Forum Description: Lions Players News
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=8404
Printed Date: 26-Apr-2024 at 1:57pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Oud-Bok Alberts in die Leeus se visier
Posted By: Transvaal
Subject: Oud-Bok Alberts in die Leeus se visier
Date Posted: 27-Nov-2019 at 3:21pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/oud-bok-alberts-in-die-leeus-se-visier-20191127" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/oud-bok-alberts-in-die-leeus-se-visier-20191127

En die Leeu kom terug. Dit kan die geval met Willem Alberts wees, wat in die Leeus se visier is om aanstaande jaar hul agtsteman in die plek van Warren Whiteley te wees in Superrugby. 

Dié 35-jarige oud-Springbok, wat sedert 2015 sy rugby vir die Franse klub Stade Francais speel, blyk die jongste in ’n rits Suid-Afrikaanse veterane te wees wat terugkeer huis toe en hul rugby weer hier plaaslik gaan speel.

Rudolf Straeuli, die uitvoerende hoof van die Leeus, het Woensdag bevestig dat daar met Alberts onderhandel word. Sou hy daarin slaag om Alberts se handtekening op ’n Leeus-kontrak te verseker, sal dit nie die eerste keer wees wat Straeuli daarin slaag om dié stewige agtsteman se dienste te verseker nie. Dit was juis hy wat Alberts en die heelagter Louis Ludik in 2010 van die Leeus na die Haaie gelok het. Alberts het van 2005 tot 2009 in 72 wedstryde vir die Leeus gespeel in Super- en Curriebeker-rugby en daarna 92 keer vir die Haaie in dié twee reekse. Hy het 43 toetse in die Springbok-trui gespeel.

In sy laaste wedstryd vir Stade Francais het Alberts ’n boarm-besering opgedoen en sy kontrak by die Leeus sal onderhewig wees daaraan dat hy medies fiks verklaar word. Die agtsteman-laai by die Leeus is effe uitgedun, met Whiteley se besering wat hom uit die Superreeks hou (en moontlik selfs tot sy uittrede kan lei) en Hacjivah Dayimani, wat voorlopig eers op sewesrugby gaan fokus. 

Nóg ’n oud-Haai, die Bok-stut Jannie du Plessis, het nou ’n kontrak met die Leeus gesluit en is reeds deel van hul oefenkamp in Secunda. Volgens Straeuli word daar nog met ’n aantal spelers onderhandel, maar hy wou nie name bekend maak nie. Dit kan egter wel die veelsydige agterspeler Frans Steyn en selfs Du Plessis se broer, die oud-Bokhaker Bismarck, wees. 

Straeuli het bevestig dat daar eerstens gekyk word na plaaslike spelers en dat Alberts, ’n oud-leerling van die Hoërskool Monument in Krugersdorp, nog gesien word as ’n plaaslike speler. Die haker Malcolm Marx sal weer van Junie aanstaande jaar tot met die Britse en Ierse Leeus se toer in 2021 vir die Leeus beskikbaar wees. 

Ander spelers wat intussen by die Leeus aangesluit het, is die voormalige Blou Bul-losvoorspeler Roelof Smit, die voormalige losskakel van die WP se o.21-span en ook oud-Matie, Tiaan Swanepoel, André Warner, skrumskakel van die Blou Bulle, die Vrystaatse o.21-losskakel en binnesenter James Mollentze en ook die senter Dan Kriel, wat nog vanjaar vir die Westelike Provinsie gespeel het.

Marvin Orie (slot) en Andries Coetzee (heelagter) speel nog hul rugby in die buiteland en sal eers later by die Leeus se oefengroep aansluit. Gianni Lombard sukkel ook nog met die kniebesering wat hy vanjaar in die Superreeks opgedoen het en sal die eerste paar wedstryde in aanstaande jaar se reeks misloop.

“Die ouens oefen hard en ons is opgewonde oor aanstaande seisoen. Daar is ’n nuwe afrigtingspan en wat kondisionering betref, werk Ivan van Rooyen (nuwe hoofafrigter) hard met sy spelers," het Straeuli gesê.

Die Leeus speel op 17 en 19 Januarie oefenwedstryde teen die Bulle. Die kragmeting op die 19de word in die FNB-stadion in Soweto gespeel en sal deel van die Superheld-Sondag wees, waar die Stormers en Haaie ook in hul Marvel-superheldtruie in aksie sal wees. Hulle sal ook in oefenkragmetings met die universiteitspanne van Wits, UJ en die Pukke betrokke wees voor hul eerste Superrugby-kragmeting op 1 Februarie in Buenos Aires teen die Jaguares.



Replies:
Posted By: monster
Date Posted: 27-Nov-2019 at 3:27pm
Dit sou lekker gewees het as hulle die Cheetahs of selfs die Kings kon speel in n opwarmings wedstryd ...... Die Pro 14 het mos baie af naweke in Januarie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Jan-2020 at 11:11am
Hierdie nou net op SupaRugby gesien:

Die Springbok Willem Alberts het sy fiksheidstoets geslaag en oefen reeds saam met die Leeus.

Alberts is dus gekontrakteer om vanjaar SuperRugby vir die Johannesburgse franchise te speel.

Hy het verlede jaar net nege keer vir Stade Francais gespeel hoewel hy in vier seisoene 45 keer vir die Franse klub uitgedraf het.

Hy het sy provinsiale buiging ook vir die Leeus gemaak.



Posted By: Zibbie
Date Posted: 06-Jan-2020 at 12:38pm
lekker . ek hou hiervan !!!


Posted By: WitBoer
Date Posted: 06-Jan-2020 at 1:44pm
Goeie nuus. Dink ons kan hom seker op 4 gebruik as hy nog kan byhou...

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Jan-2020 at 1:52pm
Ek dink ook nie hy sal in enige ander posisie as slot oorweeg word nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 06-Jan-2020 at 4:52pm
damn...ek sien hulle het nou die storie ge-edit om te se hy moet nog die finale fiksheidstoets slaag...


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 06-Jan-2020 at 8:08pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

damn...ek sien hulle het nou die storie ge-edit om te se hy moet nog die finale fiksheidstoets slaag...

Het ook dit gesien, ons hoop maar hy slaag


Posted By: Leeubok
Date Posted: 07-Jan-2020 at 9:31am
Ek hou ook duim vas hy maak dit. Dit gaan 'n risiko wees om hom te teken as hy al klaar sukkel met beserings, maar ek dink hy is die risiko werd


Posted By: GoLions
Date Posted: 07-Jan-2020 at 7:19pm
Tiaan Swanepoel het 'n moerse skopvoet - 60m plus

10 en 15, Maties en WP voor hy Oz toe gegaan het, (Sy Engels is steeds maar bra sukkelrig :)

https://youtu.be/tlsKNLPFmgw?t=67" rel="nofollow - https://youtu.be/tlsKNLPFmgw?t=67

https://youtu.be/PcFuTpjgZBA" rel="nofollow - https://youtu.be/PcFuTpjgZBA


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 09-Jan-2020 at 1:06pm
Wens ons kan nou bevestiging kry oor Alberts. Mens kan maar net raai dat hy nog nie reg is nie en dat die Unie hom soveel tyd as moontlik gee om sy medies/fiksheidstoets te slaag.


Posted By: Lion4ever
Date Posted: 09-Jan-2020 at 1:17pm
Originally posted by GoLions GoLions wrote:

Tiaan Swanepoel het 'n moerse skopvoet - 60m plus

10 en 15, Maties en WP voor hy Oz toe gegaan het, (Sy Engels is steeds maar bra sukkelrig :)

https://youtu.be/tlsKNLPFmgw?t=67" rel="nofollow - https://youtu.be/tlsKNLPFmgw?t=67

https://youtu.be/PcFuTpjgZBA" rel="nofollow - https://youtu.be/PcFuTpjgZBA
Man, this guy has a boot on him, and a decent offload.


Posted By: Zibbie
Date Posted: 09-Jan-2020 at 4:36pm
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Wens ons kan nou bevestiging kry oor Alberts. Mens kan maar net raai dat hy nog nie reg is nie en dat die Unie hom soveel tyd as moontlik gee om sy medies/fiksheidstoets te slaag.

well kan seker nie veel anders doen as om die ou genoeg kans te gee nie . n speler wat die moeite werd is in my oe 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Jan-2020 at 1:26pm
Die Leeus het nou net weer 'n klomp fotos op facebook en twitter gepos, ongelukkig sien ek nie vir Alberts op enige van die fotos nie.


Posted By: ROOIHART
Date Posted: 10-Jan-2020 at 2:18pm
Lekker om Louritz daar te sien.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Jan-2020 at 2:34pm
Originally posted by ROOIHART ROOIHART wrote:

Lekker om Louritz daar te sien.

Net jammer van die hengse verbande op die been, hoop nie dit smokkel met sy kop nie


Posted By: ROOIHART
Date Posted: 11-Jan-2020 at 12:24pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Originally posted by ROOIHART ROOIHART wrote:

Lekker om Louritz daar te sien.

Net jammer van die hengse verbande op die been, hoop nie dit smokkel met sy kop nie

2 seisoene met sy kniee gemis so ek kan dink dat hy versigtig sal wees. Confidence sal seker eers kom as die kniee kan hou vir so 10-20 games. 



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net