Print Page | Close Window

Bulle slaag in ‘7 uit 8 doelwitte’

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=8396
Printed Date: 24-Apr-2024 at 9:28pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Bulle slaag in ‘7 uit 8 doelwitte’
Posted By: Transvaal
Subject: Bulle slaag in ‘7 uit 8 doelwitte’
Date Posted: 26-Nov-2019 at 8:12am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bulle-slaag-in-8-uit-9-doelwitte-20191125" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bulle-slaag-in-8-uit-9-doelwitte-20191125

Dit was ’n jaar van uitdagings by Loftus Versfeld, maar die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het nietemin in sewe van sy agt strategiese doelwitte geslaag, sê Alfons Meyer, uitvoerende hoof van dié maatskappy.

Die 2019-seisoen was Meyer se eerste in dié warm stoel en hy gee toe dit was baie moeiliker as wat hy voorsien het. 

“Die enigste doelwit waarin ons nie geslaag het nie, was om die meeste van ons topspelers te behou. Met die swak rand was dit egter ’n bykans onmoontlike taak.” Meyer sê in sy jaarverslag die Bulle het daarin geslaag om 23 spelers van vanjaar se Superrugby-groep vir die 2020-veldtog te behou.

Die BBM moes sy spelerspoel vanjaar aansienlik verklein en die mikpunt is om die nuwe seisoen met sowat 90 gekontrakteerde spelers, waarvan 45 senior spelers, in te gaan. “Ons het in die stadium reeds 60 spelers laat gaan en trek tans by 115. Een van die strategiese doelwitte is om die volgende Super-span te identifiseer en te bou.”

Hy sê ondanks die groot uittog na Europa en Japan, is daar ’n blink toekoms vir die BBM. 

“Ons o.21- en o.19-spanne het vanjaar hul onderskeie Saru-kompetisies gewen en ons het byna al die spelers gekontrakteer vir die volgende twee tot drie seisoene.” 

Meyer sê hoewel hulle met die verlies van die drie Springbok-slotte, Lood de Jager, RG Snyman en Jason Jenkins, die dienste van oud-Bok Juandré Kruger bekom het, is hulle steeds op die uitkyk vir nog ’n ervare slot. “Ons sal graag die Superrugby-groep met nog ’n ervare slot en senter wil aanvul. Dit is iets waarna ons steeds kyk.”

Borgskappe is die BBM se grootste bron van inkomste, gegewe kaartjie- en losieverkope wat die afgelope ses jaar beduidend gedaal het. Die meeste borge het hulle, volgens Meyer, opnuut tot die Bulle verbind terwyl daar dié seisoen ook nuwe borge aan boord gekom het. Die Bulle sal egter ondanks dié positiewe wending bykomende inkomstebronne moet vind.

“Die maatskappy is nie volhoubaar op rugby alleen nie en die integrasie van sokker en rugby op Loftus om dié geriewe ten volle te benut, sal ’n sterk doelwit wees vorentoe.

“Jy moet eenvoudig meer doen met wat jy het en met mnr. (Patrice) Motsepe se belegging (’n 37%-aandeel in die BBM), is daar nou ’n gunstige omgewing hiervoor. “Ons moet uiteindelik beter waarde vir Blou Bulle- en Mamelodi Sundowns-ondersteuners bied en toesien dat Loftus ten volle benut word.”



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 26-Nov-2019 at 8:13am
>> “Ons het in die stadium reeds 60 spelers laat gaan

Dit is HECTIC



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net