Print Page | Close Window

Fox, Rugby Australië se paaie kan dalk skei

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Other Internationals
Forum Description: Other Internationals
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=8392
Printed Date: 29-Mar-2024 at 11:50am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Fox, Rugby Australië se paaie kan dalk skei
Posted By: Transvaal
Subject: Fox, Rugby Australië se paaie kan dalk skei
Date Posted: 25-Nov-2019 at 8:03am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/fox-rugby-australie-se-paaie-kan-dalk-skei-20191124" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/fox-rugby-australie-se-paaie-kan-dalk-skei-20191124

Fox Sports Australië en Rugby Australië se vennootskap is in die weegskaal. 

Rugby Australië (RA) het ’n verklaring uitgereik ná gerugte dat Foxtel hom die deur kan wys ondanks ’n verbintenis van 20 jaar.

The Sydney Morning Herald berig dat die nuusagentskap hom aan ’n ooreenkoms van vyf jaar met Rugby Australië onttrek het.

Die verlies van ’n winsgewende kontrak sal ’n groot terugslag vir die sport in Australië wees, wie se TV-ooreenkomste reeds ver agter dié van die Nasionale Rugbyliga is.

Geld wat gemaak word uit TV-ooreenkomste is verreweg Rugby Australië se grootse bron van inkomste en dit betaal vir Superrugby en die Wallabies. “Wat die mediaregte betref, is RA in gesprekke met die breër mark oor die regte vir die tydperk van 2021 tot 2025.

“Geen formele onderhandelinge met die breër mark het nog plaasgevind nie. “Rugby Australië sal met ’n formele regte-aanbod op ’n gepaste tyd begin voor die einde van die huidige regte-tydperk.

“Rugby het ’n vennootskap van 25 jaar met Fox Sports en gaan voort met gesprekke met personeel in uitvoerende poste,” sê Rugby Australië in ’n verklaring. 



Replies:
Posted By: Tin
Date Posted: 25-Nov-2019 at 1:56pm
Suid Afrika gee al di kykers maar kry minste uit die uitsaai deals van super rugby, daar was so ruk terug n artikel oor die swak rand en geld met die huidige kontrak wat in effek beteken SA spanne kry al minder en minder want SARU vat nog hul cut ook, hoekom SARU hul geld in rand sal beding maak net nie sin nie, mos in dollars doen of n gemeenskaplike geldeenheid. Sal kyk of ek link kan kry erens



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net