Print Page | Close Window

3rd/4th place playoff - NZ vs Wales

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Rugby World Cup
Forum Description: Rugby World Cup
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=8329
Printed Date: 28-Apr-2024 at 9:55pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: 3rd/4th place playoff - NZ vs Wales
Posted By: Transvaal
Subject: 3rd/4th place playoff - NZ vs Wales
Date Posted: 29-Oct-2019 at 11:23am
Vrydag as meeste van ons seker by die werk is. NZ behoort ook seker in elk geval te wen



Replies:
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 29-Oct-2019 at 1:46pm
Hier kom dit...


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 29-Oct-2019 at 1:46pm
Julle weet dit...


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 29-Oct-2019 at 1:46pm
Who cares?TongueWink


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Leeubok
Date Posted: 29-Oct-2019 at 1:55pm
LOL

Ja kyk, ek weti waarom hou hulle nog hierdie game nie. Wie gee om wie 2de, 3de of 4de kom???


Posted By: TunaLion
Date Posted: 29-Oct-2019 at 2:06pm
Baie spelers se internasionale loopbane kom tot 'n einde met die game :

Kieran Read
Alyn-Wyn Jones
Ben Smith

Moontlik ook:
Ryan Crotty
Joe Moody
Dane Coles
SBW

Blykbaar gaan Garces ook aftree na die Finaal.

Het gedink Sam Whitelock gaan ook aftree, maar niks is bevestig nie en hy word deur sommiges gesien as die volgende AB kaptein. Persoonlik dink ek hy is verby sy beste en hy was uiters swak laas naweek.



-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 29-Oct-2019 at 2:08pm
Oja, en dit is ook Hansen en Gatland se laaste wedstryd met hul spanne.

Hansen is betrokke by die All Blacks van 2004 af. So dit is nou 4 Wereldbeker siklusse (16 jaar in totaal).


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 29-Oct-2019 at 2:44pm
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Oja, en dit is ook Hansen en Gatland se laaste wedstryd met hul spanne.

Hansen is betrokke by die All Blacks van 2004 af. So dit is nou 4 Wereldbeker siklusse (16 jaar in totaal).


Weet nie of daar weer 'n afrigter sal wees wat so oorheers soos Hansen nie, maar bygê dis wat ek gedink het van Henry.

Dalk Roberston van Crusaders?


-------------
Up the Vaal!


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 29-Oct-2019 at 7:39pm
Robertson moes voor NZ so begin dip het betrek geword het. Om vir 16 jaar betrokke te wees is n lang tyd. Wonder of mens nie bietjie vas gevang word in die tipe spel en agter bly nie. Dit het verseker gewerk vir 2 bekers maar die laaste 2 jaar was hulle bietjie af. 


Posted By: TunaLion
Date Posted: 29-Oct-2019 at 11:50pm
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Oja, en dit is ook Hansen en Gatland se laaste wedstryd met hul spanne.

Hansen is betrokke by die All Blacks van 2004 af. So dit is nou 4 Wereldbeker siklusse (16 jaar in totaal).


Weet nie of daar weer 'n afrigter sal wees wat so oorheers soos Hansen nie, maar bygê dis wat ek gedink het van Henry.

Dalk Roberston van Crusaders?


Hansen het aanbeveel dat Ian Foster aangestel word om by hom oor te neem. Hy is soos tans n assistent en is by die All Blacks van 2012 af. Sal maar sien wat gebeur want persoonlik sou ek ook Robertson aanstel.

Oja, hierdie is ook die laaste All Black game met Steve Tew as CEO aangesien hy aftree aan die einde van die jaar. So vir die All Blacks is dit omtrent die einde van n era vir so baie redes en so baie wat verander na hierdie game.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Niela
Date Posted: 30-Oct-2019 at 6:56am
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Baie spelers se internasionale loopbane kom tot 'n einde met die game :

Kieran Read
Alyn-Wyn Jones
Ben Smith

Moontlik ook:
Ryan Crotty
Joe Moody
Dane Coles
SBW

Blykbaar gaan Garces ook aftree na die Finaal.

Het gedink Sam Whitelock gaan ook aftree, maar niks is bevestig nie en hy word deur sommiges gesien as die volgende AB kaptein. Persoonlik dink ek hy is verby sy beste en hy was uiters swak laas naweek.


Looks like these Guys are getting a start this weekend. 

Whitelock not in the 23. Perhaps he would be the next captain , but not sure if he is the best lock. With Brodie and Scott in the mix 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 7:51am
Skop 11 uur vanoggend af. NZ met 15 sou ek se.

New Zealand

15 Beauden Barrett, 14 Ben Smith, 13 Ryan Crotty, 12 Sonny Bill Williams, 11 Rieko Ioane, 10 Richie Mo'unga, 9 Aaron Smith, 8 Kieran Read (captain), 7 Sam Cane, 6 Shannon Frizell, 5 Scott Barrett, 4 Brodie Retallick, 3 Nepo Laulala, 2 Dane Coles, 1 Joe Moody
Substitutes: 16 Liam Coltman, 17 Atu Moli, 18 Angus Ta'avao, 19 Patrick Tuipulotu, 20 Matt Todd, 21 Brad Weber, 22 Anton Lienert-Brown, 23 Jordie Barrett

Wales

15 Hallam Amos, 14 Owen Lane, 13 Jonathan Davies, 12 Owen Watkin, 11 Josh Adams, 10 Rhys Patchell, 9 Tomos Williams, 8 Ross Moriarty, 7 James Davies, 6 Justin Tipuric, 5 Alun Wyn Jones (captain), 4 Adam Beard, 3 Dillon Lewis, 2 Ken Owens, 1 Nicky Smith
Substitutes: 16 Elliot Dee, 17 Rhys Carre, 18 Wyn Jones, 19 Jake Ball, 20 Aaron Shingler, 21 Gareth Davies, 22 Dan Biggar, 23 Hadleigh Parkes


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 11:10am
So eerste drie gaan aan die loskop van die All Blacks wat omtrent 25 meter moes sprint vir die drie. Goeie offload van Read na hom


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 11:11am
Doelskop ook oor, 7-0 na 6 minute, en sorry die offload was van Retallick


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 11:18am
BB druk NZ se 2de, 12-0 na 13 minute, het netjies deur 'n gaping gesny en 4 verdedigers geklop


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 11:19am
doelskop ook oor, 14-0


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 11:22am
Wallis oor die doellyn maar opgehou, was van 'n maul na 'n lynstaan na 'n strafskop


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 11:25am
Goeie drie van Wallis se Heelagter, dink dit was 'n verdedigingsfout van Mo'unga


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 11:26am
Doelskop oor, 14-7 vir NZ na 20 minute


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 11:27am
Altwee spanne speel lekker hardloop rugby, dink nie dit gaan more so wees nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 11:32am
Strafskop vir Wallis, 14-10 na 26 minute, so hulle wys met die gaan vir pale dat hulle wil wen


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 11:43am
Drie en doelskop NZ, 21-10 na 36 minute, Ben Smith het gedruk, kan nie glo dat hy nie in die semi gespeel het nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 11:48am
wow...nog 'n goeie drie deur Smith...in die hoekie en lekker afstamp op die verdediger, hoekom was hy nie in die semi nie?


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 11:49am
Doelskop oor, 28-10 en dis rustyd


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 12:06pm
Weer 'n goeie lopie van Smith, maar hy word gestop, maar die beweging loop uiteindelik op 'n drie uit vir die buitesenter Crotty.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 12:08pm
Doelskop ook oor, so dis 35-10 na 44 minute


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 12:13pm
TMO kyk of Ben Smith sy 3rde drie gedruk het


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 12:14pm
Nie gegee nie, vorentoe van 11 se hande af wat die bal probeer vang het


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 12:28pm
Drie vir Wallis se linkervleuel, oorgeduik aan die linkerkant van 'n ruck, doelskop oor, 35-17 na 60 minute


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 12:48pm
NZ het weer gedruk, doelskop mis, 40-17, net sekondes oor in die wedstryd


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 12:50pm
Ook die eindtelling


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Nov-2019 at 12:50pm
Ek dink dit wys maar dat ons more 'n opdraande taak het



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net