Print Page | Close Window

Vrystaat vs Leeus

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Currie Cup
Forum Description: Currie Cup
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=8103
Printed Date: 14-May-2024 at 8:28am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Vrystaat vs Leeus
Posted By: Transvaal
Subject: Vrystaat vs Leeus
Date Posted: 29-Jul-2019 at 10:18am
Vrydagaand 2 Augustus in Bloemforntein, afskop is 19:15

Vrystaat: 15 Darron Adonis, 14 Tapiwa Mafura, 13 Benhard Janse van Rensburg, 12 Dries Swanepoel, 11 Rabz Maxwane, 10 Tian Schoeman, 9 Tian Meyer (captain), 8 Henco Venter, 7 Junior Pokomela, 6 Marnus van der Merwe, 5 Walt Steenkamp, 4 Sitno Manjesi, 3 Aranos Coetzee, 2 Joseph Dweba, 1 Ox Nche
Replacements: 16 Jacques du Toit, 17 Charles Marais, 18 Reinach Venter, 19 JP du Preez, 20 Abongile Nonkontwana, 21 Gerhard Olivier, 22 Ruan Pienaar, 23 Louis Fouche

Leeus: 15. Tyrone Green; 14. Madosh Tambwe, 13. Wandisile Simelane, 12. Jan-Louis la Grange, 11. Stean Pienaar; 10. Shaun Reynolds, 9. Ross Cronje (Capt); 8. Hacjivah Dayimani, 7. Vincent Tshituka, 6. Marnus Schoeman, 5. Wilhelm van der Sluys, 4. Ruben Schoeman, 3. Johannes Jonker, 2. Pieter Jansen, 1. Sti Sithole. 
Replacements: 16. Jan-Henning Campher, 17. Leo Kruger, 18. Jacobie Adriaanse, 19. Rhyno Herbst, 20. James Venter, 21. Len Massyn, 22. Dillon Smit, 23. Manuel Rass.



Replies:
Posted By: Niela
Date Posted: 29-Jul-2019 at 10:27am
The cheetahs are the side to beat this year.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Jul-2019 at 10:27am
Log lyk so op die oomblik:

SQUADPWDLTCPEDGPFPAPDPTS
Toyota Free State Cheetahs2200161410111417010
Tafel Lager Griquas32011195088110-2210
Xerox Golden Lions22009730686539
DHL Western Province310210830756787
Cell C Sharks210154404564-195
Vodacom Blue Bulls310293205780-235
Pkakisa Pumas30031095083100-173


Posted By: Leeubok
Date Posted: 29-Jul-2019 at 10:42am
Wel, dis mos te verwagte dat hulle die beste SA span in die CC gaan wees. Hul speel mos met hul sterkste Pro14 span? Daarteenoor speel die ander spanne minus meeste van hul super rugby spelers en minus al hul bokke. 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Jul-2019 at 10:45am
Ja dis crazy dat dit so uitwerk, gaan heel waarskynlik beteken dat hulle weer die beker gaan wen. SA Rugby moet ophou om die Curriebeker af te skeep, dit MOET 'n dubbel rondte wees waar jy al die spanne weg en tuis speel.


Posted By: Leeubok
Date Posted: 29-Jul-2019 at 10:50am
Dis 'n moeilike een want jy gaan nooit weer die super rugby franchises kry om hul beste spanne te laat speel nie. So forseer mens nou die FS ook om met 'n verswakte span te speel?

Ek dink mens moet maar eers wag en sien of FS ooit wel die ding gaan wen. Sharks het laasjaar mos gewen?


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 29-Jul-2019 at 11:20am
Die Pro14 het mos in die verlede geoverlap met die Currie Cup ook, so hulle kon nie altyd volsterkte spanne span stuur om te speel nie, die jaar is hulle net lucky oor die worldcup seker.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 30-Jul-2019 at 12:59pm
Span opgedateer in eerste pos


Posted By: Transvaal
Date Posted: 30-Jul-2019 at 1:03pm
Ek hou daarvan dat Cash nie chop en change nie...lyk of hy sy beste span kies en stick met hulle, en net veranderings maak waar hy nie 'n keuse het nie agv beserings


Posted By: emiel1
Date Posted: 30-Jul-2019 at 2:03pm
Voorspelers het meestal goed gedoen laas naweek op Nuweland.  Ons was wel, soos die WP, baie een-dimensioneel op aanval. Ons het nooit regtig ons vleeuls of vir Green met aanvallende taktiese spel kans gegee nie. Ons middeveld verdediging sal ook moet verbeter.


Posted By: valie
Date Posted: 30-Jul-2019 at 2:09pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek hou daarvan dat Cash nie chop en change nie...lyk of hy sy beste span kies en stick met hulle, en net veranderings maak waar hy nie 'n keuse het nie agv beserings
Stem. solank die spelers wat gekies is die game wen, is daar vir my geen rede om net sommer te chop en change nie.
Dis ook goed vir die spelers se confidence as die coach vertroue wys in hulle.


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 30-Jul-2019 at 2:20pm
Maul defence gaan weer baie belangrik wees. Sal beter met dit ook moet doen.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 30-Jul-2019 at 2:31pm
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Maul defence gaan weer baie belangrik wees. Sal beter met dit ook moet doen.

Verseker, 3 van WP se 4 driee was basies van Mauls af....so ons het hopelik die week bietjie geoefen om dit te verdedig 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 30-Jul-2019 at 2:32pm
Die Cheetahs lyk vir my soos 'n goed gebalanseerde span sonder enige ooglopende swak plekke, so dit gaan verseker baie taai wees


Posted By: valie
Date Posted: 30-Jul-2019 at 8:01pm
Ja hulle lyk goed. Ons moet net in hulle gesigte boer en aggressief verdedig. Hulle hou nie daarvan nie.


Posted By: TunaLion
Date Posted: 31-Jul-2019 at 8:59am
Ek sien die Curriebeker het uiteindelik wakker geskrik en spanne kan nou 23 spelers kies!? Uiteindelik! Gaan baie meer blootstelling gee aan jong stutte nou op n hoër vlak.

(En ja, ekt nog nie kans gehad om n game te kyk vanjaar nie, so ek is bietjie agter)


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: valie
Date Posted: 31-Jul-2019 at 4:50pm
Ek hoor nou op die radio dat Warren saam met die span Bloem toe gaan.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 31-Jul-2019 at 5:21pm
Dink jy daar gaan weer 'n laat verandering wees?


Posted By: valie
Date Posted: 31-Jul-2019 at 5:44pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Dink jy daar gaan weer 'n laat verandering wees?
Ek weet noe in watse hoedanigheid hy saamgaan nie. Dalk speel hy van die bench af, of dalk dra hy net tackle sakke.


Posted By: ROOIHART
Date Posted: 01-Aug-2019 at 7:55am
Sien ons is groot underdogs in die een. Amper 6 tot 1 om te wen.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Aug-2019 at 2:55pm
Cheetahs se span opgedateer


Posted By: monster
Date Posted: 02-Aug-2019 at 8:42am
Kan nie wag vir vanaand se game nie ..... die game sal wys of die Cheetahs regtig so goed is as wat dit voorkom en hoe baie byt en guts het die  jong welpies het.

Span wat vanaand wen het basies nog 1 wen nodig om te kwalifiseer vir semies


Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Aug-2019 at 8:52am
Dis beslis ons grootste toets vanaand...ek sal nie te verbaas wees as ons hom verloor nie


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 02-Aug-2019 at 8:57am
Ja ons sal moet man staan voor en verdedig as ons nie n helse pakslae wil kry nie


Posted By: Leeubok
Date Posted: 02-Aug-2019 at 3:12pm
Ek moet bieg, ek het baie lanklaas 'n Cheetahs game gekyk. So vir my is meeste van die ouens in hul span maar onbekend, so ek wonder maar of hulle regtig so goed kan wees? Ek se nie ons is supposed om beter te wees nie, ons het maar n jong en onervare span.


Posted By: emiel1
Date Posted: 02-Aug-2019 at 4:04pm
Bietjie wat ek gesien het lyk hulle na goeie afgerigde gebalanseerde span wat geleendhede vir mekaar skep. Hou veral van die no 9 (Meyer), hy weet wanneer om die spel te versnel en wanneer om takties te speel. 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Aug-2019 at 8:10pm
Sjo ons speel dom rugby, elke ou op sy eie instede van om saam as 'n span te speel. Tweede drie van Cheetahs was absolute beenkop rugby van ons af. 19-7 agter rustyd, gaan moeilik wees om die een om te keer


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 02-Aug-2019 at 8:10pm
eish. Ons kom net nie aan die gang nie, hulle smoor ons vreeslik.


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 02-Aug-2019 at 8:12pm
Walter ek weet nie wat aangaan met die forum nie, maar kry hierdie access denied rooi boodskap in die comments die hele week al. As mens refresh na n paar keer gaan dit weg.


Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 02-Aug-2019 at 9:08pm
Het dit wraggies nie verwag nie, well done manne Clap


Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Aug-2019 at 9:09pm
Wow...weer 'n wen vir ons...nadat ons 19-0 agter was...wen 24-22


Posted By: monster
Date Posted: 02-Aug-2019 at 9:10pm
Skrum net 1 skrum in die game goed die een wat saak maak ... mooi manne


Posted By: Billy3
Date Posted: 02-Aug-2019 at 9:10pm
Jong span met Baie guts! Hou span bymekaar en ons gaan ver Kom met die manne


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 02-Aug-2019 at 9:10pm
Kan dit nie glo nie! Baie hart gewys, was n goeie span effort en die manne het saam gestaan. The brotherhood is back!


Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 02-Aug-2019 at 9:14pm
Stem eerste keer in n langtyd wat ek weer daai "brotherhood" sien......die span verras my meer en meer......

-------------
Once a Lion always a lion


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 02-Aug-2019 at 9:18pm
Wow! Wow! Wow!! Die manne wil!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Aug-2019 at 9:23pm
Span is besig om baie goeie karakter te wys...ons was basies nerens in die eerste helfte en dit het eintlik gelyk asof daar pakslae kom vir ons


Posted By: valie
Date Posted: 02-Aug-2019 at 9:27pm
Originally posted by monster monster wrote:

Skrum net 1 skrum in die game goed die een wat saak maak ... mooi manne
Daar was 2 monster skrums van ons. 1 met 7 voorspelers voor ons eie pale, en 1 met 8 voories voor hul pale. Ons swakpunt deur die game, het uiteindelik vir ons die game gewen.....


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 02-Aug-2019 at 9:38pm
Ongelooflik, wow. Daai 2 skrums was puik en ons het nog ñ kwart van die game met net 14 man gespeel. Verdediging verbeter elke week, kort meer variasie en diepte in fase-spel. Te veel een-een.

Maar wat weet ek en wat maak dit saak, wen is wen en dit bly lekker.


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Aug-2019 at 9:39pm
Lions Currie Cup coach Ivan van Rooyen currently has a win percentage of 70%, second only to the 73% of Laurie Mains who coached the Lions in the 1999 -2000 seasons.


Posted By: emiel1
Date Posted: 02-Aug-2019 at 9:39pm
Baie om aan te werk (skrums, losgemale ens.), maar die spannetjie het baie durf gewys teen 'n goeie Cheetah span. Soos laasweek het die pak vir lang tye gesukkel maar nogtands moedig kop gehou. Alhoewel hy nie kans gehad het om te druk nie, lyk Stean Pienaar se algehele spel baie belowend.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Aug-2019 at 10:25pm
https://www.youtube.com/watch?v=3EXpaFARJfI" rel="nofollow - https://www.youtube.com/watch?v=3EXpaFARJfI


Posted By: Leeubok
Date Posted: 03-Aug-2019 at 6:06am
Well done manne! Dis nogals bad vir die cheetahs as daai hul beste span was.. Dalk is die pro14 of top14 of watookal hulle speel se kwaliteit nie so goed nie.. 


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 03-Aug-2019 at 7:25am
Ja wat kan mens se dit lyk baie goed is wonderlik om die jong manne te sien speel soos hulle doen as Warren ook amper weer kan speel kan baie help om bietjie ondervinding in te bring by die jong manne en Tyron Green pure bok


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 03-Aug-2019 at 8:28am
As hulle nou net die skrum en lynstaan persentasies kan opstoot, kan hierdie spannetjie plekke gaan! Dit sal ons aanval ook help.. bietjie meer op die voorvoet aanval..


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 03-Aug-2019 at 9:47am
Ons het baie van hulle lynstane gesteel. Die skrums is maar een van daai dinge, Jonker sukkel en Sti het ook nie n goeie dag gehad nie. Leo dink ek sal nog beter raak, hy self kon n strafskop of 3 afgestaan het, lyk asof hy op die angle die druk probeer afhaal, maar het darem geslaag met dit toe Peyper anderkant gestaan het anders het ons nie daai skrum gewen voor ons pale nie.


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 03-Aug-2019 at 11:43am


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 03-Aug-2019 at 11:43am
Lekker gelag toe ek dit sien!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 03-Aug-2019 at 7:09pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Lekker gelag toe ek dit sien!


Dit is awesome!!!! LOL


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 03-Aug-2019 at 7:46pm
Was Baylion wat dit gepost het op R365, ekt dit ook nie gedurende die game gesien nie, was seker net te bly ons het daai strafskop gekry


Posted By: Billy3
Date Posted: 03-Aug-2019 at 8:06pm
Die nr 9 van Griquas speel goeie game


Posted By: Billy3
Date Posted: 04-Aug-2019 at 7:27am
Ek sien rapport se Andre Warner word leeu. Goeie Nuus as waarheid is


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 04-Aug-2019 at 8:41am
Ai. Ons kan bly wees dit is nie Ivan nie!


Posted By: Paul
Date Posted: 04-Aug-2019 at 2:20pm
Ek lees dit is Andre Warner,  Roelof Smit en Duncan Mathews. 
Transvaal is dit die 3 spelers waarvan jy gepraat het laas week?


Posted By: Transvaal
Date Posted: 04-Aug-2019 at 2:36pm
Een van die 3 was in my lys, naamlik Matthews. 


Posted By: TunaLion
Date Posted: 04-Aug-2019 at 8:47pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Een van die 3 was in my lys, naamlik Matthews. 


Matthews is baie goed en ek hou van hom, maar het ons nie oorgenoeg vleuels en agterlyn spelers in die algemeen nie? Probleem is veral op slot en stut.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Aug-2019 at 8:03am
Stem saam, van die 3 name op my lys was ek die minste beindruk deur Matthews. Hopelik kom die ander 2 name gou uit, ek kan julle verseker dis goeie kopies, dit moet net nie deur die mat val nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Aug-2019 at 8:05am
Ek moet ook erken dat ek nie gedink het ons gaan die Cheetahs klop nie, so dit was 'n aangename verrassing. Toe Stean Pienaar die breek langs die linkerkantlyn af maak en binne toe aangee het ek so hard geskree dat my vrou kom kyk het wat aangaan....LOL!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Aug-2019 at 8:43am
Mylpale in die wedstryd:

Was Ross Cronje se 10de wedstryd as kaptein van die CB span.
Was Wandisile Simelane se 10de CB wedstryd.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Aug-2019 at 8:43am
Updated Lions squad page after the Lions vs Cheetahs match last Friday:
http://www.lionsworld.co.za/squad.html" rel="nofollow - http://www.lionsworld.co.za/squad.html


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Aug-2019 at 8:47am
Vrydag was ook nou die grootste comeback die jaar na rustyd, ons was rustyd 12 punte agter (7-19). Teen WP was ons 11 punte agter rustyd (10-21) en teen die Pumas 3 punte agter (14-17).

So ons was nog nie hierdie jaar voor met rustyd nie...LOL!


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 05-Aug-2019 at 10:39am
Transvaal mag ons darem weet of daai twee spelers in die buiteland speel of hier speel ek is opgewonde ek hoop rerag dis twee groot name en dat ons hulle kan kry


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 05-Aug-2019 at 10:43am
As julle manne kon kies om 5 spelers te koop enige 5 spelers wie sal julle se moet hulle koop?


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Aug-2019 at 10:51am
Originally posted by gertjie0000 gertjie0000 wrote:

Transvaal mag ons darem weet of daai twee spelers in die buiteland speel of hier speel ek is opgewonde ek hoop rerag dis twee groot name en dat ons hulle kan kry

Ek kan nie regtig enige verdere leidrade gee nie, maar ek dink ook ons hoef nie vreeslik lank te wag voor die aankondiging gemaak word nie, ek sou se maksimum nog twee weke. 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Aug-2019 at 10:52am
Ek sien Pieter-Steph du Toit praat met die Bulle, dalk moet hy eerder Leeus toe kom...ek dink die Bulle het soveel spelers verloor na Super Rugby dat hulle nogal erg gaan sukkel volgende jaar


Posted By: Red_Machine
Date Posted: 05-Aug-2019 at 11:04am
Originally posted by gertjie0000 gertjie0000 wrote:

As julle manne kon kies om 5 spelers te koop enige 5 spelers wie sal julle se moet hulle koop?
1. Carlu Sadie, 2. Franco Mostert, 3. Jaco Kriel, 4. Jack Goodhue 5. Samu Kerevi


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 05-Aug-2019 at 11:12am
Red machine daai klink na n paar goeie kopies


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 05-Aug-2019 at 11:13am
Ek begin nogal uitsien na volgende jaar ons moet net n baie goeie defence coach inbring vir volgende jaar


Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 05-Aug-2019 at 11:15am
Ek stem saam oor PSTD - Ons kan hom baie gebruik soos Mostert ...

-------------
Once a Lion always a lion


Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Aug-2019 at 8:56am
Originally posted by Billy3 Billy3 wrote:

Ek sien rapport se Andre Warner word leeu. Goeie Nuus as waarheid is

Ek sien Warner se naam is op die spelerslys by Stade Francais, so lyk nie of dit waar was nie


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 22-Aug-2019 at 9:25am
Haha.. ou HM.. bou n span vol SAFFAs dan wonder hulle hoekom daar kwotas ook daar kom en die ouens huil hulle kry nie meer kontrakte nie.  Shame. 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Aug-2019 at 9:36am
Sy span doen ook maar swak, lyk of hulle 12de op die Top 14 log is. Klink of hulle baie probleme het


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 22-Aug-2019 at 9:39am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Sy span doen ook maar swak, lyk of hulle 12de op die Top 14 log is. Klink of hulle baie probleme het

Wonder hoeveel van daai probleme lê by hulle game plan Wink


Posted By: Niela
Date Posted: 22-Aug-2019 at 10:18am
HM is overrated , one trick pony.

het het ge dominate in 2007 -2010 , toe groot forwards en n goeie kicking game die game dominate. die reels het gepas by die gameplan,

die reels het verander, vandag moet jy slim skop as jy skop en jy moet die fight om eerste by die breakdown te kom wen. hy het nooit adapt nie.

Wat se julle van die nuwe reel wat in kom, waar as jy uit skop buite jou 22 , dan kry jy weer die lynstaan?

ouens se back 3 moet dan die skop cover, so dit maak spasie vir attack. 

Die 15,11,14 sal moet BAIE vinnig wees...


Posted By: valie
Date Posted: 22-Aug-2019 at 10:43am
Originally posted by Niela Niela wrote:

HM is overrated , one trick pony.

het het ge dominate in 2007 -2010 , toe groot forwards en n goeie kicking game die game dominate. die reels het gepas by die gameplan,

die reels het verander, vandag moet jy slim skop as jy skop en jy moet die fight om eerste by die breakdown te kom wen. hy het nooit adapt nie.

Wat se julle van die nuwe reel wat in kom, waar as jy uit skop buite jou 22 , dan kry jy weer die lynstaan?

ouens se back 3 moet dan die skop cover, so dit maak spasie vir attack. 

Die 15,11,14 sal moet BAIE vinnig wees...
Stem oor HM
Die 22 skop reel gaan of maak dat spanne die spasie aanval, of dat hul die heeltyd skop, en van die Lystaan af probeer druk. Dis n reel wat van Rugby League af kom, en in League maak dit dat die ekstra spasie meer aangeval word. Dit beteken egter nie dat dit by ons rugby die geval gaan wees nie, aangesien league net 6 voorspelers het, waarvan daar slegs 3 in die lystaan is. Hulle het ook nie mauls of rucks nie. as die speler getakcle word staan hy op en vat n tikskoppie van die plek af waar die tackle plaasgevind het. Amper soos n vryskop. Ek dink daai reel gaan nie noodwendig werk om rugby n beter produk te maak nie.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net