Print Page | Close Window

Bulls Shopping spree

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=8079
Printed Date: 24-Apr-2024 at 10:52pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Bulls Shopping spree
Posted By: Vaal Leeu 3
Subject: Bulls Shopping spree
Date Posted: 18-Jul-2019 at 6:30am
Sien Bulls het vir Jeandre Kruger ook terug gekoop uit Frankryk uit. Tussen hulle en die VS is dit nou al n groot klomp ou manne wat terugkom. Slaap die Leeus? Ek verstaan hulle wil ouens deur die sisteem bring maar in sommige posisies is daar probleme. Op slot bv...



Replies:
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 18-Jul-2019 at 6:52am
Elke ou wat die Bulle koop is daar ook een wat hulle moet laat gaan met die kontrakterings model. Iewers sal mens iemand optel vir n goeie bedrag net soos 2014/15.


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 18-Jul-2019 at 6:53am
Kan daai Roets van die Pumas leen volgende jaar Wink


Posted By: Leeubok
Date Posted: 18-Jul-2019 at 7:20am
Stem Vaal Leeu. Wat die bulls doen is slim in my opinie. Koop n paar hardebaarde van oorsee af terug, en meng hulle met die jong talent wat deur sisteem kom. Die ou toppies is kort termyn aanwinste,maar help baie om uit in terme van ervaring en die jong ouens kan by hulle leer


Posted By: ROOIHART
Date Posted: 18-Jul-2019 at 7:24am
Ek stem ons moet belê maar Kruger is nie opsie imo. Kruger word 34 in September. Hy het in 4 seisoene by Toulon slegs 23 games gespeel. So hy speel so 5 games per jaar. Nie seker of dit die regte ou is om skielik hele tawwe SR seisoen te speel. Ek sal ook nie geld agter hom aangooi.

Feit is dat slotte en stutte (veral vaskoppe) wêreldwyd baie hoog in aanvraag is. Ons was baie bederf om een van die bestes in die wêreld (Mostert) so lank by ons te hê.


Posted By: Leeubok
Date Posted: 18-Jul-2019 at 7:28am
Ek dink die ouens wat die bulls so aankoop is dalk ouens wat sukkel om kontrakte oorsee te hernu. Maar hulle het nog so 1 of 2 seisoene se rugby oor


Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Jul-2019 at 8:01am
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Kan daai Roets van die Pumas leen volgende jaar Wink

Het hom spesifiek dopgehou Saterdag teen ons, hy is eintlik vrek stadig. Groot en swaar en sterk maar stadig.


Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 18-Jul-2019 at 8:06am
Ek dink nie die ou manne kom met n te groot price tag nie, die nuwe Franse reels skop baie van hulle uit en hulle kan nie te kieskeurig wees. Hulle waarde, glo ek, le in hulle ervaring en wat hulle die jong manne kan leer. Al is dit net vir n jaar.


Posted By: ROOIHART
Date Posted: 18-Jul-2019 at 9:07am
Ek glo maar as jy speler betaal moet hy speel. Daarin lê die grootste waarde, sy output tussen die lyne. As jy iemand wil inbring om ouens allerhande goedjies te leer (uit sy ervaring)...belê dan in afrigter wat al daardeur is. (Soos wat Ackerman ons gebied het). Daar is 100de oud spelers wat baie ervaring het wat kan saamtoer vir daai doel en teen fraksie van die prys.

Ek sal my kop op ‘n blok sit dat Kruger en Josh nie veel van verskil gaan maak by hulle.



Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Jul-2019 at 10:19am
Die Bulle verloor so baie spelers dat hulle eintlik van voor af begin volgende jaar


Posted By: emiel1
Date Posted: 18-Jul-2019 at 10:44am
Die spelers wat die moeite werd is om in te bele vir hulle "ervaring" kan ons in elk geval meestal nie bekostig nie. Baie meer belangriker om ons kwaliteit ervare spelers sowel as jong talent te behou (iets waarmee ons ook nie baie goed is nie) 


Posted By: rooitrui
Date Posted: 18-Jul-2019 at 1:33pm
as ek moet eerlik se,josh  het my nooit rerig beiindruk nie


Posted By: Leeubok
Date Posted: 18-Jul-2019 at 1:33pm
'n ouer speler wat nou al in SA en oorsee gespeel het, selfs al is hy na aan die einde van sy loopbaan, gaan 9 uit 10 keer n beter speler (kort termyn) wees as 'n jong 20 of 21 jarige outjie wat sy eerste seisoen super rugby speel. 

ja dit klink great en als om te se ons moet jong, plaaslike talent deurbring. Maar dit vat jou 2-3 jaar om daai outjie 'n "ster" te maak, en dan vat hy die eerste grootste aanbod om oorsee te gaan. So elke  3 jaar nes jy dink hier gaan ons nou n goeie span he dan waai almal weer


Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 18-Jul-2019 at 2:49pm
Stem. Herbst is nou al wat twee of wat jaar deel van die setup en hy is n walking penalty. Soms moet mens maar soos Sharks of Bulle maak en jou gap wat jy nie kan vul nie maar van buite toe stop...


Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Jul-2019 at 3:01pm
Mens moet seker vra hoe verloor ons 'n speler soos Andries Ferreira wat nou vir die Bulle speel, hy is beter as enige slot wat ons op die oomblik het


Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Jul-2019 at 3:04pm
Self JP du Preez wat van ons af Cheetahs toe is, is beter as wat ons tans het...hoekom het ons Ferreira en Du Preez laat gaan? Ek verstaan Mostert wat gaan ponde skep het, maar die ander 2 speel in SA...okay Ferreira sou mos ook in NZ gaan speel het, en het toe die mediese toets gedop


Posted By: Leeubok
Date Posted: 18-Jul-2019 at 3:35pm
Ja nee, ernstige vrae moet gevra word oor ons speler recruitment oor die laaste 2 jaar..


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 18-Jul-2019 at 6:36pm
Dink die Leeus het n paar lesse geleer met beserings soos bv Jaco Kriel en toe is Ferreira ook beseer net voor sy kontrak hernu moes word.. eintlik baie low blow om iemand nie te hernu oor n besering nie wat goeie diens vir jou gelewer het die vorige paar jaar.





Posted By: OomPB
Date Posted: 18-Jul-2019 at 7:27pm
Die WP het te veel slotte. Julle kan n paar kry maar dan moet julle eers vir Malherbe koop.


Posted By: valie
Date Posted: 18-Jul-2019 at 7:31pm
Oom PB, as ons vir Schickerling kan kry, is ek seker ons sal met vet Frans ook n plan kan maak. Miskien kan ons hom dan aan die luiperds of pumas leen....


Posted By: TunaLion
Date Posted: 18-Jul-2019 at 9:22pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Dink die Leeus het n paar lesse geleer met beserings soos bv Jaco Kriel en toe is Ferreira ook beseer net voor sy kontrak hernu moes word.. eintlik baie low blow om iemand nie te hernu oor n besering nie wat goeie diens vir jou gelewer het die vorige paar jaar.





Dit is nie waar nie, ons wou hom teken maar hyt toe nuus gekry van die Hurricanes wat belangstel in hom en hulle toe gejag. Gaan lees maar weer die berigte van vroeër in die jaar.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 18-Jul-2019 at 9:39pm
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Dink die Leeus het n paar lesse geleer met beserings soos bv Jaco Kriel en toe is Ferreira ook beseer net voor sy kontrak hernu moes word.. eintlik baie low blow om iemand nie te hernu oor n besering nie wat goeie diens vir jou gelewer het die vorige paar jaar.





Dit is nie waar nie, ons wou hom teken maar hyt toe nuus gekry van die Hurricanes wat belangstel in hom en hulle toe gejag. Gaan lees maar weer die berigte van vroeër in die jaar.

Van wat ek onthou was daar n kwessie van n mediese toets voor sy kontrak hernu sou word?



Posted By: Attie Karate
Date Posted: 18-Jul-2019 at 9:44pm
Originally posted by valie valie wrote:

Oom PB, as ons vir Schickerling kan kry, is ek seker ons sal met vet Frans ook n plan kan maak. Miskien kan ons hom dan aan die luiperds of pumas leen....
Ongelukkig raak hy baie beseer as ek dit nie mis het nie.

-------------
Up the Vaal!


Posted By: GoLions
Date Posted: 23-Jul-2019 at 9:40am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Kan daai Roets van die Pumas leen volgende jaar Wink

Het hom spesifiek dopgehou Saterdag teen ons, hy is eintlik vrek stadig. Groot en swaar en sterk maar stadig.
Sy track record is nie te waffers nie. Het net 2 games begin vir die klub in Sydney and het nie 'n enkele game vir die Waratahs gespeel nie.

Hy was goed teen ons jong manne maar sal maar wag en kyk hie hy die res van die seisoen doen


Posted By: GoLions
Date Posted: 23-Jul-2019 at 9:43am
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Dink die Leeus het n paar lesse geleer met beserings soos bv Jaco Kriel en toe is Ferreira ook beseer net voor sy kontrak hernu moes word.. eintlik baie low blow om iemand nie te hernu oor n besering nie wat goeie diens vir jou gelewer het die vorige paar jaar.





Dit is nie waar nie, ons wou hom teken maar hyt toe nuus gekry van die Hurricanes wat belangstel in hom en hulle toe gejag. Gaan lees maar weer die berigte van vroeër in die jaar.

Van wat ek onthou was daar n kwessie van n mediese toets voor sy kontrak hernu sou word?

Dis so. Hy's toe Canes toe waar hy ook nie sy medies geslaag het nie



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net