Print Page | Close Window

Borgskappe

Printed From: Lionsworld
Category: Lions Section
Forum Name: Union, Management and Coach discussions
Forum Description: Union, Management and Coach discussions
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=8059
Printed Date: 20-Apr-2024 at 12:19pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Borgskappe
Posted By: Transvaal
Subject: Borgskappe
Date Posted: 13-Jul-2019 at 7:26am
Die Leeus het Dinsdag 'n perskonferensie, ek dink dis redelik seker dat Emirates hernu het. Baie goeie nuus vir die Leeus en ondersteuners



Replies:
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 13-Jul-2019 at 8:34am
Dis great, maar ongelukkig glo ek nie dit beteken ons kan enige nuwe spelers verwag nie.  Hierdie geld word seker meestal aangewend net om die unie aan die gang te hou. Kykerstalle en toeskouers by die wedstryde gaan aanhou daal.

-------------
Up the Vaal!


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 15-Jul-2019 at 2:05pm
Dit sal baie goeie nuus wees en welverdiend na vyf goeie jare saam met Emirates. Emirates kan beslis nie kla oor die goeie blootstelling wat die Lions hulle "brand" gegee het nie... drie Super Rugby finale.


Posted By: Paul
Date Posted: 16-Jul-2019 at 1:42pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die Leeus het Dinsdag 'n perskonferensie, ek dink dis redelik seker dat Emirates hernu het. Baie goeie nuus vir die Leeus en ondersteuners
Is daar nog n perskonferensie vandag?


Posted By: Transvaal
Date Posted: 16-Jul-2019 at 1:45pm
Sorry dis eers volgende Dinsdag!


Posted By: Paul
Date Posted: 16-Jul-2019 at 2:18pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Sorry dis eers volgende Dinsdag!
Dankie Transvaal 


Posted By: Puttertjie
Date Posted: 23-Jul-2019 at 7:40am
Ek sien die Lions Rugby Co. het hulle facebook cover foto en profile pic met Emirates geupdate.

So dit lyk of Emirates defnitief nog aan boord is.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 23-Jul-2019 at 7:48am
Ja die aankondiging is vandag


Posted By: Leeubok
Date Posted: 23-Jul-2019 at 8:03am
Originally posted by Puttertjie Puttertjie wrote:

Ek sien die Lions Rugby Co. het hulle facebook cover foto en profile pic met Emirates geupdate.

So dit lyk of Emirates defnitief nog aan boord is.

Goeie nuus!


Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 23-Jul-2019 at 8:06am
Sal great wees Clap


Posted By: Transvaal
Date Posted: 23-Jul-2019 at 8:10am
Dis beslis hernu, die vraag is net vir hoe lank en hoeveel. 


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 23-Jul-2019 at 8:28am
Hoop Emirates dring daarop aan dat die Leeus 'n yster vaskop en 'n paar yster slotte aankoop! Big smile


Posted By: monster
Date Posted: 23-Jul-2019 at 8:54am
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Hoop Emirates dring daarop aan dat die Leeus 'n yster vaskop en 'n paar yster slotte aankoop! Big smile

Haha ek wonder of hulle ooit weet wat is rugby


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 23-Jul-2019 at 9:03am
Miskien hoor ons oor speler kontrakte ook vandag? Goeie nuus oor die borgskap!


Posted By: AKĀ 
Date Posted: 23-Jul-2019 at 9:46am
Ek sou dink dat die Emirates borgskap die ligte saal aan hou. Ek dink nie dit sou beteken dat on wild kan gaan koop nie.

Dink in elk geval om in die jong manne te bele goed werk....


Posted By: Transvaal
Date Posted: 23-Jul-2019 at 11:10am
So dit is hernu vir 'n verdere 5 jaar


Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 23-Jul-2019 at 11:22am
ClapClapClap


Posted By: Transvaal
Date Posted: 23-Jul-2019 at 11:22am
Dis baie goeie nuus vir die Leeus, dis heelwat ekstra geld wat natuurlik broodnodig is


Posted By: Lion4ever
Date Posted: 23-Jul-2019 at 11:25am
Its been a good sponsorship for them. And its been very good for us as well. 


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 23-Jul-2019 at 11:39am
Baie goeie nuus!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 23-Jul-2019 at 11:43am
As mens bietjie gaan kyk na ander borgskappe wat Emirates aangaan met ander spanne, dan wil dit voorkom asof hulle daarvan hou om by 'n span te bly. So dit lyk asof hulle van langtermyn verbintenisse hou, so as ons ons kant bring, sal dit hopelik weer oor 5 jaar hernu word vir 'n verdere 5 jaar


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 23-Jul-2019 at 11:49am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Dis baie goeie nuus vir die Leeus, dis heelwat ekstra geld wat natuurlik broodnodig is
So is dit aansienlik meer as die vorige 5 jaar? Kan jy dalk vir ons dit in verhouding sit? 10% meer... 30% meer... ens? Dis nou as jy die inligting het.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 23-Jul-2019 at 12:01pm
Ek het ongelukkig geen inligting oor die bedrag nie, kon ook nie na vandag se perskonferensie gaan nie, en ek kan ook nie eers onthou hoe ek uitgevind het wat die vorige bedrag was nie, ouderdom is nie vir sissies nie


Posted By: Transvaal
Date Posted: 23-Jul-2019 at 12:02pm
Wat ek bedoel met heelwat ekstra geld, die vorige een was R150m oor 5 jaar, wat R30m per jaar is, dis heelwat ekstra geld as jy my vra


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 23-Jul-2019 at 12:07pm
Dankie Transvaal.. geen probleem. Glo dit sal sekerlik bietjie meer wees as laas keer.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 23-Jul-2019 at 12:12pm
Mens verwag verseker dat dit meer sal wees as die vorige een, ongelukkig is dit altyd baie moeilik om uit te vind presies hoeveel. As ons gelukkig is, is dit R100m ekstra, wat dan op R50m per jaar uitwerk, dit sal baie help om kwaliteit spelers te behou. En ons moet asseblief begin om die passasiers af te laai


Posted By: Leeubok
Date Posted: 23-Jul-2019 at 12:25pm
Hulle moet net slim werk met speler aanwinste. Moenie vleuels gaan staan en koop wanneer ons nie n tekort aan goeie vleuels het nie. Almal weet waar die probleem posisies le, koop daar aan!


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 23-Jul-2019 at 12:36pm
Vergeet van koop. Hierdie is nie sokker nie. Al ons borgskappe geld gaan net vir uitgawes. Ons gaan geen nuwe, top-spelers koop nie. 

-------------
Up the Vaal!


Posted By: Leeubok
Date Posted: 23-Jul-2019 at 1:06pm
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Vergeet van koop. Hierdie is nie sokker nie. Al ons borgskappe geld gaan net vir uitgawes. Ons gaan geen nuwe, top-spelers koop nie. 

Dan hoe kan die ander unies aanhou spelers koop, en ons nie?


Posted By: Billy3
Date Posted: 23-Jul-2019 at 4:26pm
https://www.sarugbymag.co.za/lions-get-5-year-sponsorship-boost/%20" rel="nofollow - https://www.sarugbymag.co.za/lions-get-5-year-sponsorship-boost/


Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 23-Jul-2019 at 4:29pm
Stem Leeubok, ons gaan moet een of twee ouens inbring of ons wil of nie. Slot en stut bly n issue. Sien die Sharks wil verbeterings aan hulle stadion aanbring vir n beter toeskouer experience. Twins se transfer fooi? Is Leeus se finansies rerig soveel meer benard?


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 23-Jul-2019 at 5:04pm
Sien die fotos van die borgskap staan Cyle met wat lyk soos gips om sy voorarm?


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 23-Jul-2019 at 6:18pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Vergeet van koop. Hierdie is nie sokker nie. Al ons borgskappe geld gaan net vir uitgawes. Ons gaan geen nuwe, top-spelers koop nie. 

Dan hoe kan die ander unies aanhou spelers koop, en ons nie?

Nee hel, ek weet nie. Ek neem aan ons probeer ons huidige spelers beter kontrakte vir langer gee. Meeste spelers wat ander unies koop is anyway has-beens.


-------------
Up the Vaal!


Posted By: emiel1
Date Posted: 23-Jul-2019 at 6:56pm
As ons aankope die afgelope twee jaar enige aanduiding is, is dit dalk meer produktief om geduldig te wees en talent te onwikkel. Maar daarvoor moet jou afrigting en spankeuses bevoeg wees.


Posted By: Billy3
Date Posted: 05-Aug-2019 at 9:02am
https://www.sarugbymag.co.za/special-report-plugging-the-player-drain/%20" rel="nofollow - https://www.sarugbymag.co.za/special-report-plugging-the-player-drain/


Posted By: Billy3
Date Posted: 05-Aug-2019 at 9:02am
Lyk of Frans Steyn terug kom SA toe


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Aug-2019 at 9:33am
Originally posted by Billy3 Billy3 wrote:

https://www.sarugbymag.co.za/special-report-plugging-the-player-drain/%20" rel="nofollow - https://www.sarugbymag.co.za/special-report-plugging-the-player-drain/

Dankie vir die link...het die artikel gepos op LionsWorld...goeie leesstof


Posted By: monster
Date Posted: 05-Aug-2019 at 6:12pm
Sien Supersport bevestig Mathews en Smith se handtekeninge en Warner in die pyplyn ...... verder berig hulle Wazza gaan nie die naweek speel nie



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net