Print Page | Close Window

Match 107 - Highlanders vs Bulls

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7940
Printed Date: 26-May-2024 at 2:38pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Match 107 - Highlanders vs Bulls
Posted By: Transvaal
Subject: Match 107 - Highlanders vs Bulls
Date Posted: 03-Jun-2019 at 7:59am
Friday 7 June 2019 in Dunedin, kickoff at 9:35 SA Time

Referee: Angus Gardner
AR1: Paul Williams
AR2: James Munro
TMO: Ben Skeen

Highlanders: 15 Josh McKay, 14 Waisake Naholo, 13 Rob Thompson, 12 Sio Tomkinson, 11 Tevita Li, 10 Josh Ioane, 9 Aaron Smith, 8 Luke Whitelock (captain), 7 James Lentjes, 6 Liam Squire, 5 Tom Franklin, 4 Jackson Hemopo, 3 Tyrel Lomax, 2 Liam Coltman, 1 Ayden Johnstone
Replacements: 16 Ash Dixon, 17 Sef Fa'agase, 18 Siate Tokolahi, 19 Joshua Dickson, 20 Shannon Frizell, 21 Kayne Hammington, 22 Marty Banks, 23 Thomas Umaga-Jensen

Bulls: 15 Divan Rossouw , 14 Cornal Hendricks, 13 Dylan Sage, 12 Burger Odendaal, 11 Johnny Kotze, 10 Handre Pollard (captain) , 9 Embrose Papier, 8 Marco van Staden, 7 Hanro Liebenberg, 6 Ruan Steenkamp, 5 RG Snyman, 4 Jason Jenkins, 3 Trevor Nyakane, 2 Schalk Brits, 1 Lizo Gqoboka
Replacements: 16 Jaco Visagie, 17 Simphiwe Matanzima, 18 Wiehahn Herbst, 19 Jannes Kirsten, 20 Johan Grobbelaar, 21 Ivan van Zyl, 22 Manie Libbok, 23 JT Jackson

LionsWorld Prediction: 50-50, leaning towards Highlanders win



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 04-Jun-2019 at 8:04am
Angus Gardner aangewys as skeidsregter


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Jun-2019 at 8:41am
Landers se span opgedateer


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Jun-2019 at 10:01am
Bulle se span opgedateer


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 05-Jun-2019 at 12:33pm
Pollard was in Frankryk en toe eers NZ toe.. ek dink nie die man gaan warm wees nie.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Jun-2019 at 12:55pm
Die een keer toe ek NZ toe was, was ek nogal stuffed vir die eerste paar dae, daai Jet Lag bestaan werklik en is nie sommer net stories nie


Posted By: valie
Date Posted: 05-Jun-2019 at 6:27pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die een keer toe ek NZ toe was, was ek nogal stuffed vir die eerste paar dae, daai Jet Lag bestaan werklik en is nie sommer net stories nie
Jip. Dieselfde toe ons van USA af teruggekom het. die gaan slag was niks, maar met die terugkom was ons omtrent vir n week useless.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jun-2019 at 8:04am
'n wen vir die Bulle kan hulle so hoog as 5de op die log plaas. Landers kan van 12de na 8ste spring met 'n goeie wen


Posted By: Leeubok
Date Posted: 07-Jun-2019 at 8:06am
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Pollard was in Frankryk en toe eers NZ toe.. ek dink nie die man gaan warm wees nie.

Wat het hy in Frankryk gemaak? Vakansie?

Ek dink die Landers gaan wen. Bulls het 'n lang toer gehad en is moontlik al 1 voet op die vliegtuig. 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jun-2019 at 9:49am
Landers druk eerste na 'n groot flater van die Bulle, Landers het geskop in die 22, Bulle speler probeer bal vang maar slaan dit agtertoe aan, bal rol in bulle doelgebied in en Landers heelagter druk, doelskop oor, 7-0 na 13 minute


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jun-2019 at 9:53am
Bulle slaan terug met 'n goeie drie, was van 'n maul wat eintlik baie goed gestop is deur die Landers, maar dan breek Brits weg en gee momentum aan die beweging wat tot die drie lei. Dan kom die TMO in en drie word omgedraai, TMO se Brits het aangeslaan in die duikslag 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jun-2019 at 10:01am
Skitterende drie deur die Landers, spel is nou baie los en die Landers hardloop die Bulle mal...kan nie bekostig om so los teen hierdie ouens te speel nie. Doelskop regs verby, 12-0 na 23 minute


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jun-2019 at 10:07am
Bulle druk, basies 'n bal wat onderskep word as 'n speler probeer aangee by 'n ruck wat lei tot die drie. Doelskop oor, 12-7, 2 driee teen 1 na 29 minute


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jun-2019 at 10:14am
Landers druk hulle 3rde drie...basies van niks, net swak verdediging van die Bulle en Landers se agterspelers wat die spasie aanval, doelskop oor, 19-7 na 35 minute, 3 driee teen 1


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jun-2019 at 10:16am
odendaal amper reg deur maar word gestop naby doellyn, maar dan kom bal regs en Bulle druk in elk geval van die ruck. Doelskop oor, 19-14 na 37 minute, 3 driee teen 2


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jun-2019 at 10:23am
Landers baie sterk op die aanval voor rustyd maar kom tot niks, so 19-14 rustyd


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jun-2019 at 10:33am
Altwee spanne probeer hardloop rugby speel en daar is baie omkeerbesit, so enige iets kan gebeur. Landers lyk baie gevaarlik as hulle aan die hardloop gaan


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 07-Jun-2019 at 10:34am
Ek hoop rerag dat die landers kan wen en die bulle niks punte kry nie sal baie goeie begin wees dan moet die sharks net verloor en ons die canes wen dan sal dit n great naweek wees


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jun-2019 at 10:53am
Nog 'n baie goeie Landers drie, vinnige hande van 'n 5 meter skrum en hulle druk in die regterhoek. Doelskop mis, 24-14 na 54 minute, 4 driee teen 2


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jun-2019 at 10:55am
Bulle kry 'n strafskop reg voor die pale, sal seker die punte vat


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jun-2019 at 10:56am
Strafskop oor, 24-17 na 57 minute, 4 driee teen 2


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jun-2019 at 11:09am
Bulle is nou 'n hele ruk sterk op die aanval


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jun-2019 at 11:16am
Bulle druk, doelskop oor, 24-24 na 75 minute, 4 driee teen 3


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jun-2019 at 11:19am
3 minute oor, as dit so bly kry elke span 2 punte op die log


Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 07-Jun-2019 at 11:20am
Baie draws die jaar....

-------------
Once a Lion always a lion


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 07-Jun-2019 at 11:20am
Eks rerig verbaas Pollard is nog op die veld, volgende naweek kan dit in ons guns tel.


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 07-Jun-2019 at 11:21am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Pollard was in Frankryk en toe eers NZ toe.. ek dink nie die man gaan warm wees nie.

Wat het hy in Frankryk gemaak? Vakansie?

Ek dink die Landers gaan wen. Bulls het 'n lang toer gehad en is moontlik al 1 voet op die vliegtuig. 

Loer seker wat volgende jaar vir hom wag


Posted By: Transvaal
Date Posted: 07-Jun-2019 at 11:25am
Sjo, altwee spanne het baie hard aan die einde probeer druk, besit het seker 4 keer verander, maar dit eindig gelykop 24-24, 4 driee teen 3, 2 log punte elk



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net