Print Page | Close Window

SA Conference

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7890
Printed Date: 29-Apr-2024 at 1:27pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: SA Conference
Posted By: Attie Karate
Subject: SA Conference
Date Posted: 19-May-2019 at 9:40am
Met 4 wedstryde oor vir almal is die puntestand tans:
Bulls: 32
Jags: 32
Lions: 30
Sharks: 29
Stormers: 26

Oorblywende wedstryde:
Bulls: Brumbies (weg); Blues (weg); 'Landers (weg); Lions (tuis)
Jags: Waratahs (weg); Reds (weg); Sharks (tuis); Sunwolves (tuis)
Lions: Sharks (weg); Stormers (tuis); 'Canes (tuis); Bulls (weg)
Sharks: Lions (tuis); 'Canes (tuis); Jags (weg); Stormers (weg)
Stormers: 'Landers (tuis); Lions (weg); Sunwolves (tuis), Sharks (tuis)


-------------
Up the Vaal!



Replies:
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 19-May-2019 at 10:02am
Jul kan nou maar self probeer voorspel wie gaan waar eindig. Dit lyk hoogs onwaarskynlik dat die Leeus die konferensie sal wen aangesien die Jaguares so goed lyk op die oomblik. Dit sal my nie varbaas as hul 4 uit 4 wen van hier af nie.

Die Leeus se situasie is heeltemal anders vir my. Alhoewel ons nou 2 baie goeie wenne na mekaar het, speel ons steeds nie goed nie en sal ek nie verbaas wees as ons al ons laaste 4 wedstryde verloor nie. Net so sal ek ook nie verbaas wees as ons 4 van ons laaste 4 wedstyde wen nie. Ek weet dit maak nie sin nie, maar dis vir my hoe ons seisoen gegaan het sover die jaar.

Ons mag dalk die Sharks wen weg, want gewoonlik sukkel spanne nogal na hul loslootjie. Ons behoort ook die Stormers tuis te kan wen, na ons hul anyway moes wen vroeer die seisoen op Nuweland. 'Canes tuis is ook nie onmoontlik nie- die jet-lag vang spanne gewoonlik mos meer die tweede week op toer en die altitude mag ook help. Bulls weg is ook wenbaar aangesien hul dan terugkeer na 'n lang toer.




-------------
Up the Vaal!


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 19-May-2019 at 10:07am
Ons moet net nie nog wille span keuses maak en beserings kry nie. Dit voel of ons mekaar begin vind, alhoewel ons nog vrot is in dieselfde goed..


Posted By: valie
Date Posted: 19-May-2019 at 10:08am
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Jul kan nou maar self probeer voorspel wie gaan waar eindig. Dit lyk hoogs onwaarskynlik dat die Leeus die konferensie sal wen aangesien die Jaguares so goed lyk op die oomblik. Dit sal my nie varbaas as hul 4 uit 4 wen van hier af nie.

Die Leeus se situasie is heeltemal anders vir my. Alhoewel ons nou 2 baie goeie wenne na mekaar het, speel ons steeds nie goed nie en sal ek nie verbaas wees as ons al ons laaste 4 wedstryde verloor nie. Net so sal ek ook nie verbaas wees as ons 4 van ons laaste 4 wedstyde wen nie. Ek weet dit maak nie sin nie, maar dis vir my hoe ons seisoen gegaan het sover die jaar.

Ons mag dalk die Sharks wen weg, want gewoonlik sukkel spanne nogal na hul loslootjie. Ons behoort ook die Stormers tuis te kan wen, na ons hul anyway moes wen vroeer die seisoen op Nuweland. 'Canes tuis is ook nie onmoontlik nie- die jet-lag vang spanne gewoonlik mos meer die tweede week op toer en die altitude mag ook help. Bulls weg is ook wenbaar aangesien hul dan terugkeer na 'n lang toer.


Klink spot on


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 19-May-2019 at 12:55pm
Dit wil wil voorkom of ons agterlyn uiteindelik met meer ritme (en sukses) begin aanval.


Posted By: emiel1
Date Posted: 19-May-2019 at 3:09pm
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Jul kan nou maar self probeer voorspel wie gaan waar eindig. Dit lyk hoogs onwaarskynlik dat die Leeus die konferensie sal wen aangesien die Jaguares so goed lyk op die oomblik. Dit sal my nie varbaas as hul 4 uit 4 wen van hier af nie.

Die Leeus se situasie is heeltemal anders vir my. Alhoewel ons nou 2 baie goeie wenne na mekaar het, speel ons steeds nie goed nie en sal ek nie verbaas wees as ons al ons laaste 4 wedstryde verloor nie. Net so sal ek ook nie verbaas wees as ons 4 van ons laaste 4 wedstyde wen nie. Ek weet dit maak nie sin nie, maar dis vir my hoe ons seisoen gegaan het sover die jaar.

Ons mag dalk die Sharks wen weg, want gewoonlik sukkel spanne nogal na hul loslootjie. Ons behoort ook die Stormers tuis te kan wen, na ons hul anyway moes wen vroeer die seisoen op Nuweland. 'Canes tuis is ook nie onmoontlik nie- die jet-lag vang spanne gewoonlik mos meer die tweede week op toer en die altitude mag ook help. Bulls weg is ook wenbaar aangesien hul dan terugkeer na 'n lang toer.


 
Lyk asof ons baie sukkel teen spanne waar ons nie voorlangs kan dikteer nie en wat ook goed kan verdedig ( Saders, Sharks, Bulle en Stormers). Teen spanne waar ons wel voorlangs kon dikteer het, kon die resultaat enige kant toe geval het. Die uitsondering was die Jaguares, wat die seisoen stadig begin het (toe ons hulle gespeel het), en wat daarna elke wedstryd verbeter het terwyl ons agteruit geboer het. 


Posted By: petri
Date Posted: 20-May-2019 at 9:21am
Ons vind on ritme op aanval, maar ons defense is nogsteed absoluut pateties. En ek se nie die ouens is nie committed nie, maar hulle het absoluut geen vertroue in die sisteem nie. Jy kan dit sien met die hoeveelheid double-tackles wat gemaak word, en die hoeveelheid kere wat die ouens buitentoe, dan binnetoe tackle. Daardie skuif maak 'n reuse gat oop aan die buitekant.

As ons ons verdediging kan uitsorteer, sal dit baie beter gaan, want dan sal ons meer kan kapitaliseer op die druk wat ons met bal in die hand doen. Op die oomblik, sodra die ander span die bal kry, hardloop hulle gate deur ons, so dis okey om met net 35% van die balbesit te speel.


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 20-May-2019 at 9:35am
Originally posted by petri petri wrote:

Ons vind on ritme op aanval, maar ons defense is nogsteed absoluut pateties. En ek se nie die ouens is nie committed nie, maar hulle het absoluut geen vertroue in die sisteem nie. Jy kan dit sien met die hoeveelheid double-tackles wat gemaak word, en die hoeveelheid kere wat die ouens buitentoe, dan binnetoe tackle. Daardie skuif maak 'n reuse gat oop aan die buitekant.

As ons ons verdediging kan uitsorteer, sal dit baie beter gaan, want dan sal ons meer kan kapitaliseer op die druk wat ons met bal in die hand doen. Op die oomblik, sodra die ander span die bal kry, hardloop hulle gate deur ons, so dis okey om met net 35% van die balbesit te speel.


Sad but true


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 27-May-2019 at 10:47am
Met 3 wedstryde oor vir almal is die puntestand tans:
Jags: 36
Sharks: 33
Bulls: 32
Lions: 30
Stormers: 30


Oorblywende wedstryde:
Bulls: Blues (weg); 'Landers (weg); Lions (tuis)
Jags: http://i.viglink.com/?key=d7d7aa5ced1ebc0821effbccab897fa0&insertId=b870dbdc14eb98d5&type=S&exp=60%3ACI1C55A%3A1&libId=jw64kagq010009ks000DL7ccg1fal&loc=http%3A%2F%2Fwww.lionsworld.co.za%2Fforumnew%2Fsa-conference_topic7890.html&v=1&iid=b870dbdc14eb98d5&opt=true&out=http%3A%2F%2Fwww.amazon.com%2Fgp%2Fsearch%3Fie%3DUTF8%26camp%3D1789%26creative%3D9325%26index%3Daps%26keywords%3Dreds%26linkCode%3Dur2&ref=http%3A%2F%2Fwww.lionsworld.co.za%2Fforumnew%2Fsuper-rugby_forum11_page2.html&title=SA%20Conference%20-%20LionsWorld%20Forum&txt=%3Cspan%3EReds%3C%2Fspan%3E" rel="nofollow - Reds (weg); Sharks (tuis); Sunwolves (tuis)
Lions: Stormers (tuis); 'Canes (tuis); Bulls (weg)
Sharks: 'Canes (tuis); Jags (weg); Stormers (weg)
Stormers: Lions (weg); Sunwolves (tuis), Sharks (tuis)

Enige van die 5 spanne kan steeds die konferensie wen, en enige van die 5 spanne kan nog onder eindig.


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Leeubok
Date Posted: 27-May-2019 at 10:59am
Jags is die gunsteling om die konferensie te vat. Behalwe as hul teen die Reds en Sharks vasval, dan kan dit dalk bietjie nader wees aan die einde. Maar hul behoort die reds te klop, en natuurlik die sunwolves ook. So ten minste 2/3 vir hulle.

Sharks het 3 moeilike games oor. Moeilik om te voorspel wat hulle gaan maak

Bulls - kan die Blues dalk wen, en dan natuurlik hul laaste game teen ons. So ook dalk 2/3

Stormers - kan maklik al 3 games wen, of 2/3 as ons die game op EP wen

Lions - ek weti meer nie.. Dalk wen ons al 3 oorblywende games, dalk verloor ons al 3


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 27-May-2019 at 1:14pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Jags is die gunsteling om die konferensie te vat. Behalwe as hul teen die Reds en Sharks vasval, dan kan dit dalk bietjie nader wees aan die einde. Maar hul behoort die reds te klop, en natuurlik die sunwolves ook. So ten minste 2/3 vir hulle.

Sharks het 3 moeilike games oor. Moeilik om te voorspel wat hulle gaan maak

Bulls - kan die Blues dalk wen, en dan natuurlik hul laaste game teen ons. So ook dalk 2/3

Stormers - kan maklik al 3 games wen, of 2/3 as ons die game op EP wen

Lions - ek weti meer nie.. Dalk wen ons al 3 oorblywende games, dalk verloor ons al 3
Dink nie ons kan die Jags vang nie so hulle moet maar alles wen van hier af (dink hulle gaan al drie hul laaste games wen... reds weg, wolves en sharks in Arg). Wat ons baie sal help is as dinge hierdie naweek so uitwerk: Ons klop die stormers, blues klop die bulle, hurricanes klop die sharks. Dan gaan alles waarskynlik neerkom op die heel laaste naweek wanneer ons teen die bulle speel en die stormers teen die sharks speel. Hierdie naweek is `n moet wen vir ons!


Posted By: Leeubok
Date Posted: 27-May-2019 at 2:35pm
haha elke nwk is 'n moet wen, laas nwk was ook!


Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 27-May-2019 at 2:44pm
Ja maar as ons twee gaan wen, moet dit die stormers en bulle wees om ons kanse te verbeter. Natuurlik wil mens alles wen.


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 02-Jun-2019 at 9:19am
Met 2 wedstryde oor vir almal is die puntestand tans:
Jags: 41
Lions: 35
Bulls: 34
Sharks: 33
Stormers: 30


Oorblywende wedstryde:
Bulls: 'Landers (weg); Lions (tuis)
Jags: http://i.viglink.com/?key=d7d7aa5ced1ebc0821effbccab897fa0&insertId=b870dbdc14eb98d5&type=S&exp=60%3ACI1C55A%3A1&libId=jw64kagq010009ks000DL7ccg1fal&loc=http%3A%2F%2Fwww.lionsworld.co.za%2Fforumnew%2Fsa-conference_topic7890.html&v=1&iid=b870dbdc14eb98d5&opt=true&out=http%3A%2F%2Fwww.amazon.com%2Fgp%2Fsearch%3Fie%3DUTF8%26camp%3D1789%26creative%3D9325%26index%3Daps%26keywords%3Dreds%26linkCode%3Dur2&ref=http%3A%2F%2Fwww.lionsworld.co.za%2Fforumnew%2Fsuper-rugby_forum11_page2.html&title=SA%20Conference%20-%20LionsWorld%20Forum&txt=%3Cspan%3EReds%3C%2Fspan%3E" rel="nofollow - Sharks (tuis); Sunwolves (tuis)
Lions: 'Canes (tuis); Bulls (weg)
Sharks: Jags (weg); Stormers (weg)
Stormers: Sunwolves (tuis), Sharks (tuis)

Stormers kan nie meer konferensie wen nie, Jags kan nie meer onder eindig.


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Jun-2019 at 10:07am
Dankie Attie, ek dink dis redelik seker dat die Jaguares bo aan die konferensie gaan eindig. Die ander spanne speel vir 2de plek, maar as jy dan een van die Aussie spanne speel in die kwarteind kan dit nog okay wees


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 02-Jun-2019 at 10:51am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Dankie Attie, ek dink dis redelik seker dat die Jaguares bo aan die konferensie gaan eindig. Die ander spanne speel vir 2de plek, maar as jy dan een van die Aussie spanne speel in die kwarteind kan dit nog okay wees
Jip, dit sal die beste wees om 6de te eindig om dan Rebels of Brumbies weg te gaan speel. Om 8ste te eindig speel jy Crusaders in NZ, 7de speel jy Jaguares in Arg (ons het hul wel daar geklop vroeer die seisoen) en om 5de te eindig speel jy Hurricanes in NZ. Hurricanes het tans 44 punte en Leeus 35. Vir die Leeus om 4de te eindig moet ons die Hurricanes tuis en Bulls weg wen met bonuspunte en die Hurricanes moet beide hul oorblywende wedstryde teen die Leeus weg en die Blues tuis verloor sonder bonuspunte. Bulls (34 punte) en Rebels (34 punte) kan ook dalk nog 4de eindig as die Hurricanes hul wedstryde ver verloor en die Bulls en Rebels natuurlik wen met bonuspunte.


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 10-Jun-2019 at 1:21pm
Met 1 wedstryde oor vir almal is die puntestand tans:
Jags: 46 (2de)
Bulls: 36 (5de)
Lions: 35 (6de)
Stormers: 34 (7de)
Sharks: 33 (9de)



Oorblywende wedstryde:
Bulls: Lions (tuis)
Jags: http://i.viglink.com/?key=d7d7aa5ced1ebc0821effbccab897fa0&insertId=b870dbdc14eb98d5&type=S&exp=60%3ACI1C55A%3A1&libId=jw64kagq010009ks000DL7ccg1fal&loc=http%3A%2F%2Fwww.lionsworld.co.za%2Fforumnew%2Fsa-conference_topic7890.html&v=1&iid=b870dbdc14eb98d5&opt=true&out=http%3A%2F%2Fwww.amazon.com%2Fgp%2Fsearch%3Fie%3DUTF8%26camp%3D1789%26creative%3D9325%26index%3Daps%26keywords%3Dreds%26linkCode%3Dur2&ref=http%3A%2F%2Fwww.lionsworld.co.za%2Fforumnew%2Fsuper-rugby_forum11_page2.html&title=SA%20Conference%20-%20LionsWorld%20Forum&txt=%3Cspan%3EReds%3C%2Fspan%3E" rel="nofollow - Sunwolves (tuis)
Lions: Bulls (weg)
Sharks: Stormers (weg)
Stormers: Sharks (tuis)

Jags het klaar die konferensie gewen


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Niela
Date Posted: 12-Jun-2019 at 1:23pm
In my mind we need to finish 6th , that is our best chance to progress to a semi (and probably lose, but lets just get there for now)

So to finish 6th,we MUST at the very least get a losing bonus point 

(And a number of other results go our way , including a draw between the sharks and stormers)

If the Stormers get 5 points vs the sharks. We need to beat the Bulls without a bonus point and we will also be 6th. 

Will be an interesting weekend.... 



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net