Print Page | Close Window

Papier, Ivan kry koue skouer

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Springbokke
Forum Description: Springbokke
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7790
Printed Date: 03-May-2024 at 12:24am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Papier, Ivan kry koue skouer
Posted By: Transvaal
Subject: Papier, Ivan kry koue skouer
Date Posted: 22-Apr-2019 at 2:31pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/papier-ivan-kry-koue-skouer-20190422" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/papier-ivan-kry-koue-skouer-20190422

Rassie Erasmus gaan geen pasella-kaartjies vir vanjaar se Wêreldbekertoernooi uitdeel nie.

Die Springbok-breier is nie tevrede met die spelpeil van die twee Bulle Embrose Papier en Ivan van Zyl in vanjaar se Superrugby-toernooi nie en hy het hulle dié week nie na die Springbokke se belyningskamp in Pretoria genooi nie.

Hulle was twee van die skrumskakels wat nog einde verlede jaar in die Bok-toergroep na Europa was.

Voordat die Superreeks afgeskop het, het die Bok-afrigter dit duidelik gemaak dat die enigste pad na die Wêreldbeker is om jouself van die ander spelers in jou posisie te onderskei.

Vir Papier, wat tot voor dié week as ’n seker keuse vir die Wêreldbekergroep beskou is, sal dit ’n wrede ontnugtering én yslike wekroep wees. Van Zyl sal self verbaas wees, hoewel hy eerder as ’n belegging vir 2023 se Wêreldbeker beskou word.

Oorsese skrumskakels soos Cobus Reinach en Francois Hougaard is ook sterk aanspraakmakers op ’n plek in die Bok-span. Reinach speel al geruime tyd goeie rugby vir Northampton Saints en verdien ’n kans.

Ross Cronjé, Louis Schreuder, Shaun Venter en Herschel Jantjies is van die ander plaaslike skrumskakel wat onder meer in aanmerking kan kom.

Lood de Jager, die beseerde kaptein van die Bulle, is ook nie na die Bokke se belyningskamp genooi nie.
Beserings staan tussen hom en ’n plek in die Wêreldbekerspan – veral omdat daar strawwe mededinging op slot is met sterk aanspraakmakers soos Eben Etzebeth, RG Snyman en Franco Mostert. Pieter-Steph du Toit kan ook in ’n noodgeval op slot gekies word.

De Jager was voor sy skouerbesering kookwater vir die Bulle, maar word al ’n ruk deur beserings geteister.



Replies:
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 22-Apr-2019 at 2:55pm
Jy weet.. sê tenminste wie genooi was? Hierdie Bull skrywers moet wakker word



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net