Print Page | Close Window

‘Broederskap’ help Leeus deur taai week

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7774
Printed Date: 20-Apr-2024 at 1:58am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: ‘Broederskap’ help Leeus deur taai week
Posted By: Transvaal
Subject: ‘Broederskap’ help Leeus deur taai week
Date Posted: 19-Apr-2019 at 3:05pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/broederskap-help-leeus-deur-taai-week-20190419" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/broederskap-help-leeus-deur-taai-week-20190419

Dit was soos om ’n pa te verloor.

Só het Ivan van Rooyen, die Leeus se kondisioneringsafrigter, wat Vrydag ingestaan het as die hoofafrigter van dié span in hul Super-kragmeting met die Chiefs, gesê van die skok dat Swys de Bruin vandeesweek inderhaas teruggekeer het na Suid-Afrika weens persoonlike redes.

Van Rooyen het ná die Leeus se indrukwekkende sege oor die Chiefs met 23-17 in Hamilton erken dit was ’n baie moeilike week vir die span van Doornfontein.

Behalwe die raaiselagtige omstandighede waarin De Bruin huis toe is en waaroor ’n kleed van geheimsinnigheid by die Leeus gegooi is, was daar ook die nuus dat ’n hof in Sydney die span se verdedigingsafrigter, Joey Mongalo, skuldig bevind het aan onsedelike aanranding.

Dít is ná aanleiding van ’n voorval in 2018 met ’n werker by ’n hotel in Coogee waar die span tuisgegaan het.

Luidens ’n verklaring deur die Leeus sal Mongalo appelleer teen sy skuldigbevinding, maar sal hy intussen aan ’n interne tugproses onderwerp word.

Verder moes die Springbok-vleuel Courtnall Skosan ook inderhaas terugkeer na Suid-Afrika om sy siek pa by te staan.

“Die manier waarop ons vir hom (De Bruin) omgee en hom mis, maak dit moeilik. Hy is vir ons soos ’n pa,” sê Van Rooyen.

Hy het ook die lof van die kaptein, Warren Whiteley, besing en het hom as iemand spesiaal beskryf wat groot agting afdwing en gerespekteer word.

“Dit was ’n baie moeilike week vir ons en ons is kwaai ontwrig deur al die dinge. Die spelers het geweet hulle moet vir die volle 80 minute fokus en hul liggaam op die spel plaas.

“Hierdie was ’n wedstryd waarin dit nodig was vir die senior spelers om hul hande op te steek en dít is gedoen. Dit was iets besonders,” sê Van Rooyen.

Oor die besluit om die Springbokke Malcolm Marx en Elton Jantjies, wat aanvanklik op die plaasvervangerbank sou wees, in die beginspan in te sluit, het Van Rooyen verduidelik dit is gedoen omdat gevoel is hul ervaring sal vanaf die begin nodig wees.

“Uiteindelik het die sterk gesinsverband wat in die span heers deurgekom en het almal vir mekaar gespeel,” sê hy.

Whiteley het ná die wedstryd gesê: “Wow, wat ’n wedstryd.

“Ons het soveel terugslae die week gehad dat dit baie druk geplaas het, maar dit is fantasties hoe die ouens reageer het en skitterend teruggeveg het op die speelveld. Met alles wat gebeur het en ook die reis wat ons gehad het, was dit nie die ideale voorbereiding vir hierdie wedstryd nie.

“Ek is net baie dankbaar dat ons hierdie een kon wen,” sê Whiteley.



Replies:
Posted By: Attie Karate
Date Posted: 19-Apr-2019 at 4:49pm
Uiteindelik het die sterk gesinsverband wat in die span heers deurgekom en het almal vir mekaar gespeel,” sê hy.

Ons het dit nog net hier en daar gesien sover die jaar. Hopelik kan ons meer konstant begin speel. Net nie konstant k@k nie.


-------------
Up the Vaal!



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net