Print Page | Close Window

LIONS LOSE THEIR COACH

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7772
Printed Date: 26-Apr-2024 at 2:25am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: LIONS LOSE THEIR COACH
Posted By: Transvaal
Subject: LIONS LOSE THEIR COACH
Date Posted: 18-Apr-2019 at 9:33pm
https://rugby365.com/tournaments/super-rugby/news-super-rugby/lions-lose-their-coach" rel="nofollow - https://rugby365.com/tournaments/super-rugby/news-super-rugby/lions-lose-their-coach

The Lions will complete their tour of New Zealand without coach Swys de Bruin, whilst defence coach Joey Mongalo is facing an internal disciplinary hearing.

The longstanding mentor has returned to South Africa ahead of the team’s Super Rugby Round 10 encounter with the Chiefs in Hamilton on Friday.

Lions Rugby Company CEO Rudolf Straeuli confirmed that De Bruin is on his way back from New Zealand.

“He is returning home for personal reasons,” Straeuli told @rugby365com.

Straeuli confirmed that Ivan van Rooyen, the team’s 2018 Currie Cup coach, will take charge of the team in Hamilton on Friday.

A decision about the coaching position will be finalised once there is more clarity about De Bruin’s situation.

“He [De Bruin] informed me last night [Wednesday] of the issues and we haven’t had much time, “Straeuli said.

“They are already in matchday mode [it was the early hours of Friday morning] and I did not want to disturb the players too much,” the Lions CEO said.

Team manager Mustapha Boomgaard will take charge of the off-field matters.

This development makes the return of captain Warren Whiteley all the more important for the Lions.

Whiteley will lead the team for the first time since he suffered a pectoral major muscle tear in the Lions’ Round Two encounter with the Stormers back in February.

After Friday’s encounter with the Chiefs, the Lions complete their tour with a match against the Crusaders in Christchurch next Friday.

* Meanwhile the Lions confirmed that Mongalo has returned home – along with De Bruin and Springbok wing Courtnall Skosan.

Skosan’s return home is to be with his father, who is gravely ill.

Mongalo, who was charged with indecent assault on a Sydney hotel worker, was found guilty and ‘sentenced’ by a Sydney court this week.

The nature of the sentence was not revealed in any of the media reports.

The 34-year-old appeared in the Downing Centre Local Court in Sydney on Wednesday, where Magistrate Thompson sanctioned the franchise’s defence guru after he was found guilty on April 12.

Mongalo will now be subjected to an internal disciplinary hearing, according to Straeuli.

However, he referred @rugby365com to a formal statement and would not elaborate on the issue.

“The Lions Rugby Company, in consideration of the court ruling handed down in the matter of Joey Mongalo, hereby confirms that it respects the judicial processes of the Australian Government and the subsequent court ruling in this matter,” the statement said.

“The Lions Rugby Company considers misconduct related to Assault with the Act of Indecency, particularly serious and a direct violation of Lions Rugby Company values and culture.

“The Lions Rugby Company will follow the normal internal disciplinary processes regarding the matter.”

Straeuli made it clear there will be “no further comment” on the matter until the Code of Conduct process has concluded.




Replies:
Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 19-Apr-2019 at 7:23am
Sjoe dinge raak net erger...

-------------
Once a Lion always a lion


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Apr-2019 at 7:53am
Ek kan nie verstaan dat die Leeus al Woensdag hiervan geweet het maar niks gese het nie


Posted By: TunaLion
Date Posted: 19-Apr-2019 at 8:21am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek kan nie verstaan dat die Leeus al Woensdag hiervan geweet het maar niks gese het nie


Ek kan nie verstaan dat hulle hom ooit die pos gegee het nie. Ek hoop net hulle skrik nou wakker en stel n ordentlike wereldklas verdedigings afrigter in sy plek aan.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: valie
Date Posted: 19-Apr-2019 at 8:27am
 A decision about the coaching position will be finalised once there is more clarity about De Bruin’s situation. 
Dit klink of daar n moontlikheid is dat Swys dalk nie weer gaan terugkom nie, of lees ek dit verkeerd?


Posted By: valie
Date Posted: 19-Apr-2019 at 8:28am
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek kan nie verstaan dat die Leeus al Woensdag hiervan geweet het maar niks gese het nie


Ek kan nie verstaan dat hulle hom ooit die pos gegee het nie. Ek hoop net hulle skrik nou wakker en stel n ordentlike wereldklas verdedigings afrigter in sy plek aan.
Ek dink Transvaal verwys hier na Swys wat agv persoonlike redes huis toe is.


Posted By: valie
Date Posted: 19-Apr-2019 at 8:30am
Om terug te kom na Joey, ek dink die rede hoekom hy aangestel was, is oor die sukses wat hy by die jong spanne gehad het.


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 19-Apr-2019 at 8:41am
Wonder of dje druk op swys te veel begin raak het nie want hy moet nog sy seun en Joey beskerm het heeltyd want ons almal sien waar le die probleem maar dit word week in dn week uit nie aangespreek nie


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 19-Apr-2019 at 8:56am
Nee jis, die wiele het nou af gemoer.


Posted By: Leeubok
Date Posted: 19-Apr-2019 at 9:05am
Wat de hel gaan aan???! !! 


Posted By: gertjie0000
Date Posted: 19-Apr-2019 at 9:12am
Geen idee Leeubok maar ons kan baie bly wees Warren is daar want hy is die enigste ou wat die manne nou bymekaar kan hou


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Apr-2019 at 10:01am
Die ou van Beeld bel my nou gedurende die game om te hoor of ek weet wat aangaan...maar ek weet ook nie


Posted By: Leeubok
Date Posted: 19-Apr-2019 at 10:22am
Vriend van my het voorgestel dit het dalk iets met goeie vrydag te doen? 


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 19-Apr-2019 at 10:28am
Miskien, maar ek glo die Unie sou dit genoem het as dit beplan was. 



Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Apr-2019 at 10:29am
Nee ek dink nie so nie, hoekom sou hy terugkom huis toe...en die Saders wedstryd ook mis. Nee daar is iets aan die gang


Posted By: vdwestjo
Date Posted: 19-Apr-2019 at 11:40am
Kom ons hou op om alles negatief te sien wat die Unie doen. Kom ons glo dat Strauli en kie weet wat hulle doen en kom ons gee bietjie al ons ondersteuning aan hulle en hou op om altyd oor alles te kla. As daar iets negatief was sou die span beslis nie so goed vandag gespeel het!

-------------
Lions4life


Posted By: Leeubok
Date Posted: 19-Apr-2019 at 12:46pm
Originally posted by vdwestjo vdwestjo wrote:

Kom ons hou op om alles negatief te sien wat die Unie doen. Kom ons glo dat Strauli en kie weet wat hulle doen en kom ons gee bietjie al ons ondersteuning aan hulle en hou op om altyd oor alles te kla. As daar iets negatief was sou die span beslis nie so goed vandag gespeel het!

Kom weer? Die hoof afrigter los die span n paar ure voor n wedstryd en vlieg huistoe, en ons moet nou ophou oor alles kla? Ek soek ook wat jy rook..  


Posted By: vdwestjo
Date Posted: 19-Apr-2019 at 1:10pm
Ek rook nie iets kom ons respekteer die persoonlike redes almal het een of ander tyd persoonlike redes wat ons moet uitsorteer wat ons ook now toelaat om by werk te wees seker ons sal nog hoor wat dit is. Weet  Swys sal now span net in steek laat as daar nie goeie rede is hy was nog altyd baie loyaal teenoor Lions   

-------------
Lions4life


Posted By: Leeubok
Date Posted: 19-Apr-2019 at 1:23pm
My comment was oor jy gesê het ons moet ophou negatief wees oor alles. Maar ons verdedigings afrigter is sopas skuldig gevind in aus hof en ons hoof afrigter vlieg terug huistoe ure voor n game.. Nou mag ons niks daaroor sê nie?

Laat ons nou maar wag om te hoor wat swys se probleem is ja. Wat dit ookal is, dit is nie n gesonde situasie nie. Die span het great gedoen om nie geaffekteer te wees deur die off field issues nie. Dink nie ons sou dit sonder ww kon doen nie... 


Posted By: vdwestjo
Date Posted: 19-Apr-2019 at 1:37pm
Ja verdediging coach negatief maar ons weet al lankal daarvan te minste kan Leeus nou maklik v hom ontslae raak maar ons weet nog nie wat Swys se persoonlike redes is. Hier was al baie negatiewe kommentaar oor Swys op die forum selfs voor hierdie verwikkeling. Maar ons het gesien dit het  span nie negatief beinvloed 

-------------
Lions4life


Posted By: emiel1
Date Posted: 19-Apr-2019 at 2:06pm
Dit klink nie of sy seun met sy pa huis toe gevlieg het nie, so die "personal reasons" klink maar verdag. Maar ja, laat ons maar wag en kyk. 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Apr-2019 at 2:10pm
Die gerug wat die rondte doen is dat Swys en Altmann Allers 'n uitval gehad het


Posted By: emiel1
Date Posted: 19-Apr-2019 at 2:19pm
Groot geld praat in profesionele sport, en soos ek verstaan het Altman Allers se finansiele ondersteuning die unie in krises tyd baie beteken. Dit help ook nie om borge te betrek as jou hoofafrigter erken dat wen nie die grootste prioriteit is nie, en dan dit bevestig met swak resultate.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Apr-2019 at 2:32pm
Dit is so, sonder die geldelike hulp van Altmann in ons donker tye sou ons waarskynlik onder gegaan het


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 19-Apr-2019 at 4:38pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die gerug wat die rondte doen is dat Swys en Altmann Allers 'n uitval gehad het
Spankeuses... sal ook verklaar hoekom Marx en Jantjies uit die bloute begin het. Kies elke week jou beste span. Rus wel net 1 speler op ñ slag wie baie minute onder die belt het. Die ontwikkeling van belowende, talentvolle spelers gebeur natuurlik.

-------------
Up the Vaal!


Posted By: Leeubok
Date Posted: 19-Apr-2019 at 4:46pm
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die gerug wat die rondte doen is dat Swys en Altmann Allers 'n uitval gehad het
Spankeuses... sal ook verklaar hoekom Marx en Jantjies uit die bloute begin het. Kies elke week jou beste span. Rus wel net 1 speler op ñ slag wie baie minute onder die belt het. Die ontwikkeling van belowende, talentvolle spelers gebeur natuurlik.
Soveel as wat ons as ondersteuners soms kla oor spankeuses is dit nie reg dat iemand soos altmann inmeng daarmee nie. AS dit is wat hier gebeur het..  


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 19-Apr-2019 at 4:50pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die gerug wat die rondte doen is dat Swys en Altmann Allers 'n uitval gehad het
Spankeuses... sal ook verklaar hoekom Marx en Jantjies uit die bloute begin het. Kies elke week jou beste span. Rus wel net 1 speler op ñ slag wie baie minute onder die belt het. Die ontwikkeling van belowende, talentvolle spelers gebeur natuurlik.
Soveel as wat ons as ondersteuners soms kla oor spankeuses is dit nie reg dat iemand soos altmann inmeng daarmee nie. AS dit is wat hier gebeur het..  
Beslis, AS dit die geval is.


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 19-Apr-2019 at 5:04pm
Nee ouens, julle maak verkeerde aannames, NADAT Swys terug gekeer het SA toe is besluit om eerder met Marx en Jantjies te begin omdat hulle meer ervare is, niemand het inggemeng in die spankeuse nie


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 19-Apr-2019 at 6:26pm
Mense op r365 ook vol “stories”, die spankeuse van die jags game waar hy en Dolf kop gestamp het, stories van sy kontrak  en nou die. Iewers is daar iets fout


Posted By: valie
Date Posted: 19-Apr-2019 at 7:13pm
Totdat die waarheid uitkom, is die alles net spekulasie waarop ek nie enige energie wil mors voordat my afgekoude vingernaels uitgegroei het nie.


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 19-Apr-2019 at 7:31pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Nee ouens, julle maak verkeerde aannames, NADAT Swys terug gekeer het SA toe is besluit om eerder met Marx en Jantjies te begin omdat hulle meer ervare is, niemand het inggemeng in die spankeuse nie
So dit was dan seker Cash en die senior spelers se call. Darem een minder ding. Die GLRU is al deur baie die afgelope paar jaar, en staan altyd sterker op. Dit sal weer die geval wees. Ek hoop net regtig dis ñ admin aangeleentheid in geen leed in enigiemand se persoonlike hoedanigheid.

-------------
Up the Vaal!


Posted By: Mr-T
Date Posted: 20-Apr-2019 at 9:47am
Watter jaar was Joey Mongalo aangestel as verdedigings afrigter?


Posted By: TunaLion
Date Posted: 20-Apr-2019 at 9:51am
Originally posted by Mr-T Mr-T wrote:

Watter jaar was Joey Mongalo aangestel as verdedigings afrigter?


2018 - Nadat JP weg was, so dit is sy 2de jaar vanjaar van SR


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: ROOIHART
Date Posted: 20-Apr-2019 at 6:51pm
Sien Swys het onderhoud met Rapport gehad. Môre word die stilte verbreek.


Posted By: Tin
Date Posted: 20-Apr-2019 at 7:20pm
as hy dit dien en dit gaan oor klagtes wat hy het met unie is dit sensasie soek hoop nie dis waar nie, want dan verloor ek alle respek vir hom rapport en huisgenoot is sensasie soek media, hioelij is dit iets anders


Posted By: Leeubok
Date Posted: 20-Apr-2019 at 7:26pm
Originally posted by ROOIHART ROOIHART wrote:

Sien Swys het onderhoud met Rapport gehad. Môre word die stilte verbreek.

Julle ouens moet maar post asb, kry nie die rapport hier by ons nie.

Ek is verlig die stilte word vinnig gebreek en mens spekuleer nie verder nie


Posted By: ROOIHART
Date Posted: 21-Apr-2019 at 12:54am
So Swys is siek.


Posted By: GoLions
Date Posted: 21-Apr-2019 at 5:53am
Volgens die Rapport opskrif:

"Druk laat Swys swig

Swys de Bruin het Woensdag eers sy vrou, Marilize, in Suid-Afrika gebel en met haar oor sy mediese toestand gepraat, voordat hy die Leeus se uitvoerende hoof, Rudolf Straeuli, oor die erns van sy toestand ingelig het."


Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Apr-2019 at 7:19am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/druk-laat-swys-swig-20190421" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/druk-laat-swys-swig-20190421

Swys de Bruin het Woensdag eers sy vrou, Marilize, in Suid-Afrika gebel en met haar oor sy mediese toestand gepraat, voordat hy die Leeus se uitvoerende hoof, Rudolf Straeuli, oor die erns van sy toestand ingelig het. Hy het toe ook vir Rob Collins, die Leeus se spandokter, oor sy toestand geraadpleeg.

Straeuli het in die lig van De Bruin se welstand, en die behandeling wat hy hier sou kon kry asook die genesende omgewing van sy gesin, die Leeus se afrigter aangesê om dadelik uit Nieu-Seeland terug te vlieg Suid-Afrika toe.

Geeneen van die partye met wie Rapport gister gepraat het, wou De Bruin se mediese toestand uitklaar nie. Rapport se inligting is dat dit ’n senutoestand is wat volg op langdurige druk. Die Leeus het in die laaste tyd deur ’n moeilike tyd gegaan ná ’n paar treurige vertonings, veral met die wedstryd wat hulle teen die Haaie verloor het.

De Bruin het gister op vrae van Rapport vir die eerste keer sedert sy terugkeer die sluier gelig oor sy dramatiese vertrek uit Nieu-Seeland net enkele dae voordat die Leeus die Chiefs in ’n Superwedstryd sou aandurf.

“Ek gee jou my 100%-waarborg dat daar geen breuk tussen my en enigeen by die unie of in my span is nie,” het De Bruin aan Rapport gesê.

“Daar is geen inmenging (met spankeuses), geen voorskrif en geen druk van hul (De Bruin se werkgewers se) kant af nie.”

“My span besef waardeur ek gaan en ondersteun my ten volle. Dit is deur en deur ’n persoonlike, mediese saak waarvoor ek professionele hulp kry.

“Dit was juis ons spandokter wat, nadat ek met my vrou en Rudolf heel eerste gepraat het, aanbeveel het dat ek huis toe kom om hier die nodige professionele hulp te kry. Dit sou in daardie stadium die beste vir my en vir die span gewees het.”

Ek moet na myself omsien indien ek enigsins ‘n goeie leier vir my span op die pad vorentoe wil wees.

De Bruin het gevra dat sy besluit om nie dadelik sy mediese redes bekend te maak nie, gerespekteer word.

Ivan van Rooyen sal volgende week in De Bruin se afwesigheid steeds aan die stuur van sake staan wanneer die Leeus Vrydag in ’n wegwedstryd teen die Crusaders te staan kom.

“Ek is ongelooflik dankbaar teenoor Rudolf en Altmann Allers (visepresident en ’n aandeelhouer van die Leeus) wat my onmiddellik, onvoorwaardelik ondersteun het en dit vir my moontlik gemaak het om huis toe te kom sodat ek hulp kan kry.”

De Bruin sê die spelers het begrip vir sy situasie.

“Die band tussen my en die spelers is van so aard dat ek nie een oomblik glo van hulle dink ek het hulle gedrop nie. Inteendeel, hul ondersteuning, gebede en positiewe boodskappe dra my deur dié tyd. Die passie waarmee hulle Vrydag gespeel het, behoort dit ook te bevestig.

“Ek is ongelooflik trots op elke speler en bestuurslid.”

De Bruin het sy woord gegee dat daar geen geraamtes in die kas is vir sy besluit om uit die bloute terug te keer huis toe nie.

“Ek moet na myself omsien as ek enigsins ’n goeie leier vir my span op die pad vorentoe wil wees.”

In De Bruin se afwesigheid het Van Rooyen beheer van die span geneem. Die Leeus het die Chiefs sonder De Bruin ’n skok-nederlaag toegedien.

Joey Mongalo moet tot Julie vir ’n appèldatum wag nadat ’n hof in Sydney hom verlede week skuldig bevind het aan onsedelike aanranding.

Die Leeus se verdedigingsafrigter is met 2 000 Australiese dollar beboet nadat hy op 23 April 2018 deur ’n hotelwerker in Sydney van onsedelike aanranding aangekla is. Die appèldatum is nog nie bepaal nie.

Tot die appèl-uitspraak sal hy nie ’n kriminele rekord in Nieu-Suid-Wallis hê nie. Sy vonnis van 18 maande se gemeenskapdiens is ook opgeskort.

Wen Mongalo die appèl, word die vonnis en skuldigbevinding geskrap.

Rudolf Straeuli, uitvoerende hoof van die Leeus, het bevestig Mongalo (34) sal binnekort voor ’n interne tugverhoor van die Leeus verskyn. Die Leeus sal geen verdere kommentaar lewer tot die saak eers afgehandel is nie.

Mongalo het die week saam met Swys de Bruin en Courtnall Skosan uit Nieu-Seeland na Suid-Afrika teruggekeer.


Posted By: GoLions
Date Posted: 21-Apr-2019 at 7:38am
Thanks Transvaal. 

Swys kan dus 'n ruk lank buite aksie wees

Ek's bly om te lees dat dit nie oor probleme in the unie/span gaan nie


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 21-Apr-2019 at 7:57am
Originally posted by GoLions GoLions wrote:

Thanks Transvaal. 

Swys kan dus 'n ruk lank buite aksie wees

Ek's bly om te lees dat dit nie oor probleme in the unie/span gaan nie

Ek wens nou dit was eerder ñ admin issue. Ai, baie sterkte.


-------------
Up the Vaal!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Apr-2019 at 7:57am
Net 'n nota vir die van julle wat dit nie weet nie, met outline.com kan mens enige iets lees sonder om 'n subscriber te wees. Dis hoe ek dit goed lees elke dag

https://outline.com/" rel="nofollow - https://outline.com/  


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 21-Apr-2019 at 8:07am
Baie dankie!! Wou nie weer betaal vir 1 artikel nie


Posted By: GoLions
Date Posted: 21-Apr-2019 at 8:07am
Tx


Posted By: valie
Date Posted: 21-Apr-2019 at 8:39am
Indien dit n senu toestand is, soos wat in die artikel vermoed word, is dit belangrik dat hy die regte hulp gou kry. My vrou het agv baie druk en trauma met haar gesondheid, Fibromyalgia ontwikkel. Die beste is dat die toestand eerder behandel word, voordat dit op n punt kom waar dit nie meer genees kan word nie. Mens moet luister as jou liggaam jou waarsku.
My vrou se toestand is ongeneeslik en kan slegs met medikasie bestuur word. Sy is n haarkapster met n suksesvolle besigheid. Agv chroniese pyn kan sy minder as die helfte doen van wat sy moet. Die sleg ding is dat ongeskiktheids polisse nie uitbetaal nie omdat hulle so n toestand nie as n siekte sien nie. Die medikasie wat baie duur is, word ook nie deur die chroniese voordeel van n mediese fonds gedek nie.
Dis wonderlik dat hy die ondersteuning van Rudolph en Altmann het.
Alle sterkte aan Swys en sy familie.


Posted By: Leeubok
Date Posted: 21-Apr-2019 at 9:09am
Sjoe, dit is nou nie wat ek verwag het nie! Dit is nie baie goed vir sy toekoms as n top afrigter nie. Ja ons het n paar slegte verlore gehad, maar nog niks soos wat fleck of du preez al moes deurgaan nie. 


Posted By: valie
Date Posted: 21-Apr-2019 at 10:43am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Sjoe, dit is nou nie wat ek verwag het nie! Dit is nie baie goed vir sy toekoms as n top afrigter nie. Ja ons het n paar slegte verlore gehad, maar nog niks soos wat fleck of du preez al moes deurgaan nie. 
Dit gaan afhang van wat hom werklik makeer, en in wattwr mate hy dit sal kan bestuur, of dit n impak op sy toekoms as afrigter gaan he. Mens kan maar net hoop dat hy net n breuk nodig het, en dit niks erenstiger is nie.


Posted By: emiel1
Date Posted: 21-Apr-2019 at 11:00am
Alle sterkte aan jou en jou vrou Valie.

Enige bestuursrol is stressvol, veral in 'n mededingende milieu van beroepsport, waar jy as leiersfiguur moet optree wanneer dinge verkeerd loop waaroor jy min beheer het. Dit was een van Johan Ackerman sterk punte. Een ding wat  in Ackerman se guns getel het is dat daar nie hoe verwagtinge vroeg in sy termyn was nie.




Posted By: valie
Date Posted: 21-Apr-2019 at 5:33pm
Originally posted by emiel1 emiel1 wrote:

Alle sterkte aan jou en jou vrou Valie.

Enige bestuursrol is stressvol, veral in 'n mededingende milieu van beroepsport, waar jy as leiersfiguur moet optree wanneer dinge verkeerd loop waaroor jy min beheer het. Dit was een van Johan Ackerman sterk punte. Een ding wat  in Ackerman se guns getel het is dat daar nie hoe verwagtinge vroeg in sy termyn was nie.


Dankie emiel1




Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net