Print Page | Close Window

Whiteley meer as welkom in Nieu-Seeland

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7753
Printed Date: 13-May-2024 at 11:52pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com

Topic: Whiteley meer as welkom in Nieu-Seeland
Posted By: Transvaal
Subject: Whiteley meer as welkom in Nieu-Seeland
Date Posted: 15-Apr-2019 at 8:28am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/whiteley-meer-as-welkom-in-nieu-seeland-20190414" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/whiteley-meer-as-welkom-in-nieu-seeland-20190414

In ’n variasie op die gesegde dat een swaeltjie nie ’n somer maak nie, kan daar gesê word dat een leeu nie ’n wildtuin maak nie.

Malcolm Marx, die Leeus se haker en kaptein, het Saterdag ’n inspirerende eenmanvertoning teen die Brumbies in Canberra gelewer, maar dit was nie naastenby genoeg om die span van die Goudstad van ’n nederlaag met 20-31 te weerhou nie.

Hy het ’n alleenstryd gevoer. Met ’n paar spelers van sy statuur in die agttal kon sake dalk anders gelyk het, maar helaas, daardie gehalte skop jy nie sommer agter elke bos uit nie.

Daarom sal dit vir Swys de Bruin ’n groot verligting wees dat die gereelde kaptein, Warren Whiteley, hom Sondag by sy spanmaats in Nieu-Seeland aangesluit het.

Hy het die naweek uit Johannesburg na Nieu-Seeland gevlieg, waar die Leeus in hul oorblywende twee toerwedstryde op Goeie Vrydag in Hamilton teen die Chiefs te staan kom, en die daaropvolgende week teen die Crusaders in Christchurch.

Whiteley is sedert die tweede wedstryd in vanjaar se reeks uit aksie toe hy beseer is in die kragmeting teen die Stormers in Kaapstad.

Hy is darem nie die enigste van die Leeus se invloedryke spelers wat terugkeer ná ’n besering nie. Die losvoorspeler Kwagga Smith kan ook sy terugkeer teen die Chiefs maak, en skielik lyk die lostrio van die Leeus aansienlik stewiger met Whiteley en Smith wat weer oorweeg kan word.

Saam met Marx sal hulle die agttal veel meer vaardigheid gee.

Dit is iets wat die Leeus beslis nodig sal hê in hierdie volgende twee kragmetings.

Die Chiefs was uitstekend in hul naelskraapse sege oor die Blues die afgelope Saterdag en met hul vermoë om die bal lewendig te hou en hul puik ondersteunende spel sal hulle die Leeus se powere verdediging kwaai op die proef stel.

Net die blote teenwoordigheid van die invloedryke Whiteley sal die Leeus in alle opsigte ’n hupstoot gee, hoewel die kans maar baie skraal is dat hulle enige van hierdie twee wedstryde in Nieu-Seeland sal wen.

Replies:
Posted By: Leeubok
Date Posted: 15-Apr-2019 at 8:40am
As Marx beseer moet word is ons in groot stront...

Lostrio van WW, Brink en Kwagga/Schoeman lyk baie beter. Alhoewel, Brink was nerens in sy eerste 2 games terug nie. Hoop maar hy herwin gou sy form

Posted By: WitBoer
Date Posted: 15-Apr-2019 at 8:43am
Ek glo nie Whiteley kan die verskil maak wat almal dink hy gaan nie, ons probleme le veel dieper as net ons losvoorspelers.

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: TunaLion
Date Posted: 15-Apr-2019 at 8:58am
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Ek glo nie Whiteley kan die verskil maak wat almal dink hy gaan nie, ons probleme le veel dieper as net ons losvoorspelers.

Ten minste werk albei baie hard wanneer dit kom by verdediging, so hulle kan tog baie help. Sal maar sien. WW se leierskap is ook iets wat ons baie nodig het aangesien ons nou geen kaptein het nie.

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: valie
Date Posted: 15-Apr-2019 at 9:19am
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Ek glo nie Whiteley kan die verskil maak wat almal dink hy gaan nie, ons probleme le veel dieper as net ons losvoorspelers.
Stem. Ons vaste 5 domineer nie. Ons het ons sukses om n dominerende, maar beweeglike pak gebou, wat oorheers het in die skrums, sowel as in die vaste los, en ook uitstekend gemaul het. Nou is ons ok in die skrums, hoewel ons party wedstryde sukkel om ons stempel daar af te druk, maar by die kontaksituasie is waar ons baie balle verloor, en waar ons balle stadig gemaak word. Dis asof ons by die losskrum nie so effektief skoonmaak soos wat Sous, Ferreira en kie gedoen het nie.
Verlede jaar het Marx, Schoeman, Kwagga en selfs Dayimane gebaljaar op die grond, en baie turnovers gewen - ek dink op n stadium het ons voorgeloop op die turnover stats - terwyl ons hierdie jaar baie stiller is wat dit aan betref. 

Posted By: Leeubok
Date Posted: 15-Apr-2019 at 9:27am
Originally posted by valie valie wrote:

In my opinie le ons probleem by die slotte. In Smith, Marx en Sadie het ons 'n uitstekende voorry. Ons mis vir Sous, Ferreira en Makou. Orie is CC kwaliteit. Herbst is nog jonk, maar van die strafskoppe wat hy afstaan lyk dit nie of hy rugby verstaan nie.. 

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 15-Apr-2019 at 9:35am
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Ek glo nie Whiteley kan die verskil maak wat almal dink hy gaan nie, ons probleme le veel dieper as net ons losvoorspelers.
Dit is so, maar Dayimani is so pateties, dis om met 14 man te speel. So ek glo net dat WW daar is sal klaar 'n groot verskil maak.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 15-Apr-2019 at 9:36am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by valie valie wrote:

Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Ek glo nie Whiteley kan die verskil maak wat almal dink hy gaan nie, ons probleme le veel dieper as net ons losvoorspelers.
Stem. Ons vaste 5 domineer nie. Ons het ons sukses om n dominerende, maar beweeglike pak gebou, wat oorheers het in die skrums, sowel as in die vaste los, en ook uitstekend gemaul het. Nou is ons ok in die skrums, hoewel ons party wedstryde sukkel om ons stempel daar af te druk, maar by die kontaksituasie is waar ons baie balle verloor, en waar ons balle stadig gemaak word. Dis asof ons by die losskrum nie so effektief skoonmaak soos wat Sous, Ferreira en kie gedoen het nie.
Verlede jaar het Marx, Schoeman, Kwagga en selfs Dayimane gebaljaar op die grond, en baie turnovers gewen - ek dink op n stadium het ons voorgeloop op die turnover stats - terwyl ons hierdie jaar baie stiller is wat dit aan betref. 

In my opinie le ons probleem by die slotte. In Smith, Marx en Sadie het ons 'n uitstekende voorry. Ons mis vir Sous, Ferreira en Makou. Orie is CC kwaliteit. Herbst is nog jonk, maar van die strafskoppe wat hy afstaan lyk dit nie of hy rugby verstaan nie.. 

Ek sou met Lewies en v d Sluys begin op slot, hul is ten minste meer ervare en behoort meer solid te wees. Dat ons slotte gebruik op 7 terwyl ons vir James Venter het is vir my 'n skande.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Transvaal
Date Posted: 15-Apr-2019 at 9:49am
Lewies doen vir my goed op 7, terwyl hy maar vir my swak op slot was. James Venter is in elk geval 'n 6 so Lewies op 7 hou hom nie uit die span nie

Posted By: valie
Date Posted: 15-Apr-2019 at 9:55am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Lewies doen vir my goed op 7, terwyl hy maar vir my swak op slot was. James Venter is in elk geval 'n 6 so Lewies op 7 hou hom nie uit die span nie
Ja, ek moet se vir my lyk Lewies ook beter op 7. Hy bied ook n baie lekker lynstaan opsie.

Posted By: WitBoer
Date Posted: 15-Apr-2019 at 9:56am
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Ek sou met Lewies en v d Sluys begin op slot, hul is ten minste meer ervare en behoort meer solid te wees. Dat ons slotte gebruik op 7 terwyl ons vir James Venter het is vir my 'n skande.
Ek sou nou weer eerder vir Orie en vd Sluys speel. Maar ek stem saam jou tov James Venter. Hel man die ou het HOPE talent en om 'n slot soos Lewies bo hom te kies kan nie goed wees vir sy selfvertroue nie en sal hom beslis motiveer om eerder aan te beweeg.
Dieselfde het met spelers soos Marco en Rohan gebeur. En ek sal nie verbaas wees as Reynolds en selfs Thain se agente ook begin rondkyk nie...
Reynolds het nog nie veel verkeerd gedoen nie, maar haal nie eers meer die 23 nie. Nic Groom word amper weekliks stadiger en sy aangee is soms so akkuraat soos 'n onder13 stut sin boonop loop hy die einde van die seisoen, maar hy is altyd in die 23... 
Die spankeuses is belaglik en die mentaliteit van "Wen is nie alles nie" is verregaande... Dit is soos 'n eienaar of CEO van 'n besigheid wat se dat wins maak nie alles is nie... DIT IS AL WAT SAAKMAAK FFS!

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: Leeubok
Date Posted: 15-Apr-2019 at 10:25am
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Ek sou met Lewies en v d Sluys begin op slot, hul is ten minste meer ervare en behoort meer solid te wees. Dat ons slotte gebruik op 7 terwyl ons vir James Venter het is vir my 'n skande.
Ek sou nou weer eerder vir Orie en vd Sluys speel. Maar ek stem saam jou tov James Venter. Hel man die ou het HOPE talent en om 'n slot soos Lewies bo hom te kies kan nie goed wees vir sy selfvertroue nie en sal hom beslis motiveer om eerder aan te beweeg.
Dieselfde het met spelers soos Marco en Rohan gebeur. En ek sal nie verbaas wees as Reynolds en selfs Thain se agente ook begin rondkyk nie...
Reynolds het nog nie veel verkeerd gedoen nie, maar haal nie eers meer die 23 nie. Nic Groom word amper weekliks stadiger en sy aangee is soms so akkuraat soos 'n onder13 stut sin boonop loop hy die einde van die seisoen, maar hy is altyd in die 23... 
Die spankeuses is belaglik en die mentaliteit van "Wen is nie alles nie" is verregaande... Dit is soos 'n eienaar of CEO van 'n besigheid wat se dat wins maak nie alles is nie... DIT IS AL WAT SAAKMAAK FFS!

Stem 100% saam jou Witboer. 

Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net