Print Page | Close Window

Kitshoff span Stormers se seile

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7740
Printed Date: 06-May-2025 at 5:17pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Kitshoff span Stormers se seile
Posted By: Transvaal
Subject: Kitshoff span Stormers se seile
Date Posted: 10-Apr-2019 at 9:51am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/kitshoff-span-stormers-se-seile-20190410" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/kitshoff-span-stormers-se-seile-20190410

Steven Kitshoff moet nie net die Stormers-skrum se reputasie in ere herstel nie, maar ook die Kaapse span aanvoer in Vrydag se Superrugbywedstryd teen die Rebels in Melbourne.

Dié eer val Kitshoff te beurt omdat die gereelde kaptein, Siya Kolisi, ’n ruskans gebied word. Kitshoff was op die plaasvervangersbank vir verlede naweek se wedstryd teen die Reds, maar keer terug in die plek van Corné Fourie.

Die Stormers se skrum het in die eerste helfte agteruitgeboer teen die Reds en met Kitshoff terug behoort dit beter te gaan. Elders in die voorry keer sy mede-Springbokke Wilco Louw en Bongi Mbonambi terug as onderskeidelik vaskopstut en haker.

Robbie Fleck, die Stormers se afrigter, is weens beserings met min beweegruimte gelaat in terme van sy spankeuses.

Cobus Wiese, wat verlede week swak was as die nr. 4-slot, gaan die nr. 5-trui dra nadat Chris van Zyl sy rug beseer het. Ander manne wat daardie taak sou kon vervul, soos Pieter-Steph du Toit en JD Schickerling, is ook nie beskikbaar nie. Salmaan Moerat is die nr. 4-slot.

Fleck het verras met sy losvoorspeler-kombinasie. Hy het vir Jaco Coetzee as sy agtsteman behou en vir Ernst van Rhyn as nr. 6-flank gekies. Juarno Augustus is weereens op die plaasvervangersbank.

Agterlangs keer Herschel Jantjies terug op skrumskakel in die plek van Justin Phillips.

Seabelo Senatla, die voormalige Blitsbok, tel onder die plaasvervangers.

Die Stormers-span is: Damian Willemse, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Damian de Allende, Dillyn Leyds, Jean-Luc du Plessis, Herschel Jantjies, Jaco Coetzee, Kobus van Dyk, Ernst van Rhyn, Cobus Wiese, Salmaan Moerat, Wilco Louw, Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff (k). PLAASVERVANGERS: Scarra Ntubeni. Corné Fourie, Frans Malherbe, Johan du Toit, Juarno Augustus, Justin Phillips, Josh Stander, Seabelo Senatla.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net