Print Page | Close Window

Match 58 - Brumbies vs Lions

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7732
Printed Date: 19-Apr-2024 at 6:39pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com

Topic: Match 58 - Brumbies vs Lions
Posted By: Transvaal
Subject: Match 58 - Brumbies vs Lions
Date Posted: 08-Apr-2019 at 3:03pm
Saturday 13 April 2019 in Canberra, kickoff at 11:45 SA Time

Referee: Rasta Rasivhenge
AR1: Brendon Pickerill
AR2: Mike Fraser
TMO: James Leckie

Brumbies: 15 Tom Banks, 14 Henry Speight, 13 Tevita Kuridrani, 12 Tom Wright, 11 Toni Pulu, 10 Christian Lealiifano, 9 Joe Powell, 8 Lachlan McCaffrey, 7 Tom Cusack, 6 Pete Samu, 5 Sam Carter, 4 Rory Arnold, 3 Allan Alaalatoa, 2 Folau Fainga'a, 1 Scott Sio 
Replacements: 16 Josh Mann-Rea, 17 James Slipper, 18 Leslie Leulua'iali'i-Makin, 19 Darcy Swain, 20 Jahrome Brown, 21 Matt Lucas, 22 Irae Simone, 23 Andy Muirhead

Lions: 15. Andries Coetzee; 14. Ruan Combrinck, 13. Lionel Mapoe, 12. Franco Naude, 11. Aphiwe Dyantyi; 10. Elton Jantjies, 9. Nic Groom; 8. Hacjivah Dayimani, 7. Stephan Lewies, 6. Cyle Brink, 5. Marvin Orie, 4. Rhyno Herbst, 3. Johannes Jonker, 2. Malcolm Marx (Capt), 1. Nathan McBeth. 
Replacements: 16. Robbie Coetzee, 17. Sti Sithole, 18. Carlu Sadie, 19. Wilhelm van der Sluys, 20. Marnus Schoeman, 21. Ross Cronje, 22. Gianni Lombard, 23. Sylvian Mahuza

LionsWorld Prediction: 50-50

Replies:
Posted By: GoLions
Date Posted: 09-Apr-2019 at 5:40am
Ek's nie seker hierdie laat vliegery werk heeltemal nie. Ons wen die eerste wedstryd miskien maar verloor die tweede

2018 - Trap die Tahs, verloor teen die Reds
2019 - Wen teen die Jaguares, verloor teen die Stormers

Posted By: GoLions
Date Posted: 09-Apr-2019 at 5:52am
Hopelik kan die Leeus terugkom soos in 2016 nadat die Canes hulle 17-50 getrap het

Posted By: WitBoer
Date Posted: 09-Apr-2019 at 6:48am
Eerste keer in baie lank wat ek teen die Leeus gaan op Superbru...

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: Leeubok
Date Posted: 09-Apr-2019 at 8:19am
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Eerste keer in baie lank wat ek teen die Leeus gaan op Superbru...

Ek weet regtig nie wat om te verwag nie.. Ek HOOP dat die spelers en afrigters hard met mekaar gepraat het en sal opmaak vir die sharks fiasco. Dit sou dalk goed gewees het om WW saam te stuur vandag al, net vir sy leierskap van die veld af

Posted By: Transvaal
Date Posted: 09-Apr-2019 at 8:26am
Ek dink WW is nog besig met Rehab, so dis hoekom hulle daarteen besluit het om hom saam te vat

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 09-Apr-2019 at 8:42am
Originally posted by GoLions GoLions wrote:

Ek's nie seker hierdie laat vliegery werk heeltemal nie. Ons wen die eerste wedstryd miskien maar verloor die tweede

2018 - Trap die Tahs, verloor teen die Reds
2019 - Wen teen die Jaguares, verloor teen die Stormers
Dit lyk beslis of dit ons gewoonlik vang in die tweede wedstryd.. maar as ons die eerste wedstryd elke keer kan wen is dit steeds 'n bonus. Geen waarborge dat jy inelkgeval enige van die wedstryde op toer gaan wen nie, veral nie in NZ nie.

Posted By: Leeubok
Date Posted: 09-Apr-2019 at 8:47am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek dink WW is nog besig met Rehab, so dis hoekom hulle daarteen besluit het om hom saam te vat

Nee ek weet, hulle hoop dat hy eers vlg nwk reg gaan wees en dis waarom hul een spot oop gehou het. En as hy nie reg is nie kan hul een van die ander ouens soontoe vlieg. Ek se maar net dat hy dalk sou waarde byvoeg selfs al kan hy nie speel nie. Vat hom saam as 'n lemoen skiller as dit moet Tongue

Posted By: Leeubok
Date Posted: 09-Apr-2019 at 8:48am
Wat dink julle ouens, moet Swys grootskaalse veranderinge aan die span maak om die ouens wat teen sharks verloor het te straf? Of gee mens hulle 'n kans om reg te maak?

Posted By: Transvaal
Date Posted: 09-Apr-2019 at 8:52am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Wat dink julle ouens, moet Swys grootskaalse veranderinge aan die span maak om die ouens wat teen sharks verloor het te straf? Of gee mens hulle 'n kans om reg te maak?

Hy sal moet verander, ons kan nie weer met daardie XV saam speel nie, dan gaan ons weer slae kry

Posted By: Transvaal
Date Posted: 09-Apr-2019 at 8:54am
Van ons 3 oorsese wedstryde dink ek die waarskynlikste kans vir 'n wen is teen die Brumbies, want Chiefs en Saders gaan moeilik wees, so ons moet alles gee vir 'n wen Saterdag

Posted By: Transvaal
Date Posted: 09-Apr-2019 at 8:55am
As ons Saterdag verloor dan is dit waarskynlik 0/3 op toer

Posted By: Leeubok
Date Posted: 09-Apr-2019 at 8:57am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Wat dink julle ouens, moet Swys grootskaalse veranderinge aan die span maak om die ouens wat teen sharks verloor het te straf? Of gee mens hulle 'n kans om reg te maak?

Hy sal moet verander, ons kan nie weer met daardie XV saam speel nie, dan gaan ons weer slae kry

Maar jy het dan self gese die kombinasies het die vorige game gewerk? Watse veranderings sou jy aan die span maak?

Aan die een kant dink ek horses for courses: verander jou span volgens die opposisie wat jy speel. Teen sharks het ons n swaar, fisiese pak nodig gehad. Maar aan die ander kant wil mens jou span vestig en fokus op jou eie spel, jy kannie jou span swop en change elke game nie.. 

Posted By: vdwestjo
Date Posted: 09-Apr-2019 at 8:58am
Vir die toer sal dit wys wees om weer meer ervare manne 'n kans te gee en minder ouens uit posisie te speel.

-------------
Lions4life

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 09-Apr-2019 at 8:59am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Wat dink julle ouens, moet Swys grootskaalse veranderinge aan die span maak om die ouens wat teen sharks verloor het te straf? Of gee mens hulle 'n kans om reg te maak?
Ek sal grotendeels die ouens kans gee om reg te maak, maar met 'n paar "tweaks" aan die span. Waar kan mens die span versterk? Kwagga sal 'n verskil maak (hy sal seker 8 speel), wat is ons beste slot-paar? (Ek weet regtig nie), sit Mapoe terug op 13 en kies 'n spesialis 12, Mahuza dalk op 14? (Hy doen nog heel seisoen goed wanneer hy speel). Jy moet genoeg ervaring in jou 23 hê om op toer te wen.

Posted By: Transvaal
Date Posted: 09-Apr-2019 at 9:18am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Wat dink julle ouens, moet Swys grootskaalse veranderinge aan die span maak om die ouens wat teen sharks verloor het te straf? Of gee mens hulle 'n kans om reg te maak?

Hy sal moet verander, ons kan nie weer met daardie XV saam speel nie, dan gaan ons weer slae kry

Maar jy het dan self gese die kombinasies het die vorige game gewerk? Watse veranderings sou jy aan die span maak?

Aan die een kant dink ek horses for courses: verander jou span volgens die opposisie wat jy speel. Teen sharks het ons n swaar, fisiese pak nodig gehad. Maar aan die ander kant wil mens jou span vestig en fokus op jou eie spel, jy kannie jou span swop en change elke game nie.. 

Ek dink jy het my heeltemal verkeerd verstaan. Ek het gese ons is kieskeurig wanneer ons kla oor spelers wat uit posisie gekies word as ons verloor, maar ons bly stil daaroor as ons wen. So ek het glad nie gese wat jy gedink het ek gese het nie.

Ons gaan beslis moet verander want ten minste 2 spelers wat Vrydag begin het, het by die huis gebly, Vermaak agv besering en Green (dink Swys hulle het gesien wat ek ook gesien het). Brink was ook ver van sy ou self af, as hy nie sy wedstryd baie kan lig nie moet hy eerder op die bank begin. Aphiwe werk vir my glad nie op 13 nie. Van der Sluys het vir my baie effort gewys so ek sal hom dalk begin

Posted By: Leeubok
Date Posted: 09-Apr-2019 at 9:36am
Skies Tvl ek het jou dan verkeerd verstaan ja. Ek weet nou wat jy bedoel.. 

Ek stem oor Aphiwe, sit hom of terug op vleuel of drop hom. Skuif Mapoe terug 13 toe en sit Naude maar weer terug op 12. Ek sou eerder verkies om Vorster weer 'n kans te gee maar hy toer mos nie saam nie. Reynolds sou ook 'n goeie opsie op 12 wees maar hy is ook nie daar! 

Dan sou ek Commies weer 'n kans gee op 14. Op slot dink ek ons sit met 'n groot probleem. Ons huidige slotte is almal baie average. Ons mis vir Sous, Ferreira en Makou erg. 

Kwagga op 8 met Brink en Schoeman kan werk, mits Brink weer sou ou vorm herwin. Anders het ons daar ook 'n probleem. Maar weereens is ouens wat goed gelyk het nie daar nie, soos James Venter. 

Ross moet die volle 80min speel, hou Groom asb van die veld af!

Posted By: Leeubok
Date Posted: 09-Apr-2019 at 10:00am
Dalk moet Mapoe op 12 bly en bring vir Simelani terug? Kan nou nie onthou of hy ooit die toergroep gehaal het nie? Behalwe vir die sharks game het Mapoe goed gelyk op 12. Ek dink regtig daai is 'n kombinasie wat Swys moes los om verder te ontwikkel

Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 09-Apr-2019 at 10:02am
Ek wonder of ons nie binnekort gaan lees dat Vorster groener weivelde gaan soek nie. Hy sukkel effe om te shape en hy is verseker nie meer die voorkeur Senter by die Leeus nie...

Posted By: monster
Date Posted: 09-Apr-2019 at 10:21am
Coetzee, Dyanti,Mapoe, Voster Combrink, Elton  Ross, Kwagga, Brink, marnus, Orie, Herbs, Sadu, Marx, Sithole , macbeth, Robie , van Wyk ,vd Sluys, Wp scrummie  lombaard, skosan

Oorsee gaan ervaring meer werd as jeug wees

Posted By: Leeubok
Date Posted: 09-Apr-2019 at 10:33am
Originally posted by Vaal Leeu 3 Vaal Leeu 3 wrote:

Ek wonder of ons nie binnekort gaan lees dat Vorster groener weivelde gaan soek nie. Hy sukkel effe om te shape en hy is verseker nie meer die voorkeur Senter by die Leeus nie...

Ek dink ook so, en Commies ook. 

Posted By: WitBoer
Date Posted: 09-Apr-2019 at 11:28am
Originally posted by Vaal Leeu 3 Vaal Leeu 3 wrote:

Ek wonder of ons nie binnekort gaan lees dat Vorster groener weivelde gaan soek nie. Hy sukkel effe om te shape en hy is verseker nie meer die voorkeur Senter by die Leeus nie...
Hy was baie gelukkig om laasjaar die voorkeur senter te wees... Hy was baie lanklaas op vorm, ek wil amper se voor sy kniegbesering laas.

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: Leeubok
Date Posted: 09-Apr-2019 at 11:33am
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Originally posted by Vaal Leeu 3 Vaal Leeu 3 wrote:

Ek wonder of ons nie binnekort gaan lees dat Vorster groener weivelde gaan soek nie. Hy sukkel effe om te shape en hy is verseker nie meer die voorkeur Senter by die Leeus nie...
Hy was baie gelukkig om laasjaar die voorkeur senter te wees... Hy was baie lanklaas op vorm, ek wil amper se voor sy kniegbesering laas.

Nog 'n stokkies hanekom? 

Posted By: TunaLion
Date Posted: 09-Apr-2019 at 12:05pm

Dit wil amper so voorkom

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: WitBoer
Date Posted: 09-Apr-2019 at 1:28pm
As mens eers 'n knieg ordentlik seergemaak het, is jy altyd onseker oor die knieg en skerm maar vir hom sonder dat jy dit besef. Dit moet eenvoudig jou spel beinvloed.

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: emiel1
Date Posted: 09-Apr-2019 at 3:12pm
Verdediging bepaal grootliks die eindresultaat in groot games, en al was beide Vorster en Mapoe ietwat van vorm laas jaar, was hulle altyd 'n betroubare senter kombinasie op verdediging, in die uitklop finals laas jaar en die jaar vantevore. 

Posted By: TunaLion
Date Posted: 09-Apr-2019 at 4:19pm
Originally posted by emiel1 emiel1 wrote:

Verdediging bepaal grootliks die eindresultaat in groot games, en al was beide Vorster en Mapoe ietwat van vorm laas jaar, was hulle altyd 'n betroubare senter kombinasie op verdediging, in die uitklop finals laas jaar en die jaar vantevore. 

Ek is jammer, maar ek stem nie saam nie. Ons het dan laasjaar al die 3de meeste drieë afgestaan as ek reg onthou. En toe offer hulle darem nog as kombinasie op aanval meer as wat hulle vanjaar aangebied het.(En moet my nie verkeerd verstaan nie, ek lê nie al die blaam by Vorster/Mapoe se deur nie, die hoof probleem is maar nog altyd by Joey gewees op verdediging, ek probeer net sê hul verdediging as kombinasie was nog nooit iets spesiaals gewees nie)

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: emiel1
Date Posted: 09-Apr-2019 at 5:56pm
Ek vat dit nie persoonlik Tuna, elkeen is geregtig op sy opinie. Ek beoordeel spelers grootliks op hulle vertoning in groot wedstryde (finale en semis), en nie Vorster of Mapoe is regtig oorskadu deur hulle Kiwi en Ausie teenstanders in die wedstryde nie. Stem saam dat ons groentjie afrigtingkorps 'n probleem is. 

Posted By: GoLions
Date Posted: 09-Apr-2019 at 6:36pm
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by emiel1 emiel1 wrote:

Verdediging bepaal grootliks die eindresultaat in groot games, en al was beide Vorster en Mapoe ietwat van vorm laas jaar, was hulle altyd 'n betroubare senter kombinasie op verdediging, in die uitklop finals laas jaar en die jaar vantevore. 

Ek is jammer, maar ek stem nie saam nie. Ons het dan laasjaar al die 3de meeste drieë afgestaan as ek reg onthou. En toe offer hulle darem nog as kombinasie op aanval meer as wat hulle vanjaar aangebied het.(En moet my nie verkeerd verstaan nie, ek lê nie al die blaam by Vorster/Mapoe se deur nie, die hoof probleem is maar nog altyd by Joey gewees op verdediging, ek probeer net sê hul verdediging as kombinasie was nog nooit iets spesiaals gewees nie)
Inteendeel, die Leeus het die 5de minste driee afgestaan, alhowel dit steeds baie was

Crusaders 39
Hurricanes 43
Chiefs 45
Brumbies 52
Leeus/Jaguares 55

Swys het laasjaar telke male gese dit gaan vir hom oor driee druk

Lionel en Harold was ook swak op die aanval in die middeveld laasjaar en het baie minder lynbreke en "linebreak assists" gemaak as in die vorige twee jaar. Dit was deels agv die rush defence wat meeste spanne laasjaar toegepas het, en seker deels omdat die Leeus baie meer met die voorspelers gespeel het

Posted By: GoLions
Date Posted: 09-Apr-2019 at 6:50pm
As mens kyk na die hoeveelheid groentjies wat al gebruik is (12), en die gereelde rotasie van spelers en die nuwe kombinasies, is my teorie dat Swys besig is om te doen wat hy in die CB laasjaar gedoen het.

 Hy is besig om die groentjies voor te berei vir volgende jaar wanneer 'n klomp van die senior spelers nie meer met ons gaan wees nie. 

Hy speel rond grootliks met dieselfde groentjies met wie hy in die CB laasjaar rondgespeel het.

Hy het onlangs gese dat ons in 2021, wanneer hierdie groentjies volwaardig deurkom op senior vlak, 'n fantasiese span behoort te he

My teorie. Nie dat enigiemaand by die Leeus dit sal erken nie :)

Die feit is dat baie van ons senior spelers het laasjaar al hulle platos bereik en bied min nuuts aan die span. Dis tyd om ons jong spelers ryp te maak

Posted By: Transvaal
Date Posted: 09-Apr-2019 at 7:45pm
Onthou net Swys was nie laas jaar die CB afrigter nie

Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Apr-2019 at 5:29am
Rasta Rasivhenge wil referee the match between the #Brumbies and the #Lions in Canberra on Saturday, kickoff is at 11:45 SA Time

Posted By: WitBoer
Date Posted: 10-Apr-2019 at 6:44am
Originally posted by GoLions GoLions wrote:

As mens kyk na die hoeveelheid groentjies wat al gebruik is (12), en die gereelde rotasie van spelers en die nuwe kombinasies, is my teorie dat Swys besig is om te doen wat hy in die CB laasjaar gedoen het.

 Hy is besig om die groentjies voor te berei vir volgende jaar wanneer 'n klomp van die senior spelers nie meer met ons gaan wees nie. 

Hy speel rond grootliks met dieselfde groentjies met wie hy in die CB laasjaar rondgespeel het.

Hy het onlangs gese dat ons in 2021, wanneer hierdie groentjies volwaardig deurkom op senior vlak, 'n fantasiese span behoort te he

My teorie. Nie dat enigiemaand by die Leeus dit sal erken nie :)

Die feit is dat baie van ons senior spelers het laasjaar al hulle platos bereik en bied min nuuts aan die span. Dis tyd om ons jong spelers ryp te maak
Daardie herhinder my nogal aan Loffie Eloff... 

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: Leeubok
Date Posted: 10-Apr-2019 at 7:17am

Ek is jammer maar ek hou nie van die ons "BOU" vir jaar X verskoning nie. Daar sal natuurlik altyd beplanning wees vir die toekoms, maar mens kannie groentjies wat nou sukkel laat speel in die hoop dat hulle n great span gaan wees oor 2 jaar nie. Nie ten koste van jou huidige games nie! Ja ons het n klomp ster spelers verloor en n klomp is beseer, maar ons het steeds 'n kern ervare manne: Marx, Brink, Ross, Jantjies, Mapoe, Skosan, Commies en Boeboes. WW en Kwagga ook nog daar, net tydelik beseer. Tegnies kon Swys net aangaan waar ons opgehou het laasjaar met daai kern.

Sy probleem is die klomp beserings en die feit dat 'n klomp van ons ervare manne nie op vorm is nie. Gooi dan in slegte kope soos Lewies en Groom, en die feit dat ons 'n wereld klas slot mos, en ons sit met n probleem..

Posted By: monster
Date Posted: 10-Apr-2019 at 7:28am

Ons SA spanne is geneig om altyd die beste 25 spelers by die unie deurlopend op die veld te wil hê. Van die sogenoemde groeintjies moes die vorige 2 jaar meer geleenthede op super rugby vlak te kry.

Kom ons vat bv vir nr 9 Bradley Twain... hy word geoogmerk as ons scrummie van die toekoms... as Ross en kie vanjaar kla maak sit ons volgende jaar met n onervare scrummie in die span ... Twain kon velede jaar al 3/4 games van die bench af gekom het en vanjaar self 2 of so games begin het. Hierdie inbloei van groeintjies moet n deurlopende proses wees nie ons begin oor elke 4 jaar nie

Posted By: WitBoer
Date Posted: 10-Apr-2019 at 7:31am
Die hele "groentjies" verskoning dra ook nie gewig nie... In 2014 het ons basies met 'n hele nuwe span gespeel en ons het nie een keer "pakslae" teen ander SA spanne gekry nie. Ons grootste verloor was teen die Crusaders met 21 punte... Die Sharks het ons met 13 punte op Ellispark gewen... Die jaar speel ons met verskeie Springbokke (Orie, Lewies, Ross, Jantjies, Mapoe, Dyantyi, Skosan, Boeboes) en ons verloor teen die Bulle met 18 punte en teen die Sharks met 37 punte op Ellispark!

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: WitBoer
Date Posted: 10-Apr-2019 at 7:35am
Originally posted by monster monster wrote:

[QUOTE=Leeubok][QUOTE=GoLions]

Ons SA spanne is geneig om altyd die beste 25 spelers by die unie deurlopend op die veld te wil hê. Van die sogenoemde groeintjies moes die vorige 2 jaar meer geleenthede op super rugby vlak te kry.

Kom ons vat bv vir nr 9 Bradley Twain... hy word geoogmerk as ons scrummie van die toekoms... as Ross en kie vanjaar kla maak sit ons volgende jaar met n onervare scrummie in die span ... Twain kon velede jaar al 3/4 games van die bench af gekom het en vanjaar self 2 of so games begin het. Hierdie inbloei van groeintjies moet n deurlopende proses wees nie ons begin oor elke 4 jaar nie
Dit is juis die probleem, Groom wat weggaan en in my opinie nie in die span hoort nie, word bo 'n opkomende speler gekies. Dieselfde met Lewies. As jy dan wil bou, kan jy nie die dagha met herwinde sementpoeier wil aanmaak nie...

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: Leeubok
Date Posted: 10-Apr-2019 at 7:48am
Monster, ek stem 100% saam jou. Groentjies moet ervaring opbou deur hier en daar van die bank af te speel. Dit is hoekom ek al hoe lank kla oor die feit dat Elton elke liewe game die volle 80min speel. Reynolds het bietjie speelkans op 12 gekry en blerrie goed gelyk. Lombard het ook nou darem bietjie speeltyd gekry en self baie goed gedoen. Roteer daai 2 ouens en gee elk 'n paar minute van die bank af elke game. Ditto op scrummie en 'n klomp ander posisies..

Posted By: Transvaal
Date Posted: 10-Apr-2019 at 8:37am
Wedstrydbeamptes opgedateer

Posted By: Tiny
Date Posted: 10-Apr-2019 at 3:07pm

Die leeus spelers het seker nie geweet gaan swys bly of ry nie. Wel dis nou uitgesort.

Hopeluk speel die manne beter weg as tuis.
 
Wat ek nie kan verstaan nie is as die NZ n nuwe speller in die span het lyk dit of die ou al 10 wedstyde saam gespeel het maar ons spelers sukkel as daar verandering is.
 
Ek hoop regtig die dokter het die regte doepa vir die spelers want ek kan die getjommel nie verstaan nie. Hoe is ons van hero na Zero.
 
teken ons nie die regte spelers nie of wat gaan aan. Ek weet baie speller is weg maar speel ons dan nie ons spelers in die grond in nie. Dis hoekom ons seker nou weer moet bou ek is so moeg vir daai verskoning.
 
lekker dag ou grootte.

Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Apr-2019 at 8:13am
Ross is op die bank, so Groom begin, en Combrinck is ook terug in die begin XV

Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Apr-2019 at 8:18am
Naude is op 12, Mapoe 13, Combrinck 14, Boeboes 15

Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Apr-2019 at 8:19am
McBeth begin op loskop, Brink op 6, Hacjivah op 8

Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Apr-2019 at 8:20am
Lewies is op 7, en dit is waar hy sover die beste werk vir ons gedoen het

Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Apr-2019 at 8:30am
Hier is die span:

15. Andries Coetzee; 14. Ruan Combrinck, 13. Lionel Mapoe, 12. Franco Naude, 11. Aphiwe Dyantyi; 10. Elton Jantjies, 9. Nic Groom; 8. Hacjivah Dayimani, 7. Stephan Lewies, 6. Cyle Brink, 5. Marvin Orie, 4. Rhyno Herbst, 3. Johannes Jonker, 2. Malcolm Marx (Capt), 1. Nathan McBeth. 
Replacements: 16. Robbie Coetzee, 17. Sti Sithole, 18. Carlu Sadie, 19. Wilhelm van der Sluys, 20. Marnus Schoeman, 21. Ross Cronje, 22. Gianni Lombard, 23. Sylvian Mahuza

Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 11-Apr-2019 at 8:44am
Ek weet nie wat om te dink van die span,Groom en losvoorspelers pla my alreeds baie....bly dat Mcbeth begin.....

-------------
Once a Lion always a lion

Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Apr-2019 at 9:17am
So dit is 10 veranderings

Combrinck op 14 vir Green
Mapoe op 13 vir Dyantyi
Naude op 12 vir Mapoe
Dyantyi op 11 vir Skosan
Groom op 9 vir Cronje
Dayimani op 8 vir Vermaak
Lewies op 7 vir Brink
Brink op 6 vir Schoeman
Jonker op 3 vir Sadie
McBeth op 1 vir Sithole

3 is posisioneel, naamlik Mapoe, Dyantyi en Brink

Posted By: Leeubok
Date Posted: 11-Apr-2019 at 9:19am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Hier is die span:

15. Andries Coetzee; 14. Ruan Combrinck, 13. Lionel Mapoe, 12. Franco Naude, 11. Aphiwe Dyantyi; 10. Elton Jantjies, 9. Nic Groom; 8. Hacjivah Dayimani, 7. Stephan Lewies, 6. Cyle Brink, 5. Marvin Orie, 4. Rhyno Herbst, 3. Johannes Jonker, 2. Malcolm Marx (Capt), 1. Nathan McBeth. 
Replacements: 16. Robbie Coetzee, 17. Sti Sithole, 18. Carlu Sadie, 19. Wilhelm van der Sluys, 20. Marnus Schoeman, 21. Ross Cronje, 22. Gianni Lombard, 23. Sylvian Mahuza

Behalwe vir Groom is dit seker nie 'n slegte span nie. Snaaks dat ons nou wegdoen met 'n fetcher en 2 redelike groot flanke speel. Probeer Swys nou over-compensate vir ons ligte pak?

Kom ons hoop maar die manne sit alles in en dat dit genoeg sal wees vir n wen!

Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Apr-2019 at 9:26am
Dis seker nie heeltemal wegdoen met 'n fetcher nie, Brink is 'n fetcher in eie reg en dis seker die rol wat Swys vir hom wil he in die wedstryd, maar hy is ewe tuis op 7 as 'n baldraer

Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Apr-2019 at 9:27am
Mens wil seker nie individuele spelers kritiseer nie, maar Brink was vir my glad nie wedsryd skerp laas Vrydag nie, en ek weet nie of dit iets is wat hy in een week kan reg maak nie

Posted By: emiel1
Date Posted: 11-Apr-2019 at 11:03am
Albei spanne is desperaat, so ek dink hoerdie gaan 'n "ärm wrestle" van 'n wedstryd wees. 

Voorlangs het ons Jonker, wat vir amper 'n jaar nog nie gespeel het nie, en McBeth, wat nie eers Currybeker ervaring het nie. Wat het van Massyn, de Villiers en Venter geword dat ons gedurig met slotte  as losvoorspelers moet rondslomp?

Behalwe vir Groom en tot 'n minder mate Naude, maak die agterlyn keuses meer sin.

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 11-Apr-2019 at 11:10am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Hier is die span:

15. Andries Coetzee; 14. Ruan Combrinck, 13. Lionel Mapoe, 12. Franco Naude, 11. Aphiwe Dyantyi; 10. Elton Jantjies, 9. Nic Groom; 8. Hacjivah Dayimani, 7. Stephan Lewies, 6. Cyle Brink, 5. Marvin Orie, 4. Rhyno Herbst, 3. Johannes Jonker, 2. Malcolm Marx (Capt), 1. Nathan McBeth. 
Replacements: 16. Robbie Coetzee, 17. Sti Sithole, 18. Carlu Sadie, 19. Wilhelm van der Sluys, 20. Marnus Schoeman, 21. Ross Cronje, 22. Gianni Lombard, 23. Sylvian Mahuza

Coetzee was nog net goed in 2de halfde van game teen Sunwolves. Moes eerder met Green begin het. Hierdie is die senterpaar wat sover die beste vertoon het. Marx moes ook eerder van die bank af gespeel het, maar niks van die maak saak nie, want Groom speel. Ek sou sommer eerder vir Coetzee op 9 gespeel het.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: emiel1
Date Posted: 11-Apr-2019 at 11:43am
Ek dink Naude het net een keer vir die Leeus begin, teen die Rebels, en was na die eerste helfde vervang. Hopelik het hy 'n beter wedstryd Saterdag.

Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 11-Apr-2019 at 12:15pm

Brumbies

15 Tom Banks, 14 Henry Speight, 13 Tevita Kuridrani, 12 Tom Wright, 11 Toni Pulu, 10 Christian Lealiifano, 9 Joe Powell, 8 Lachlan McCaffrey, 7 Tom Cusack, 6 Pete Samu, 5 Sam Carter, 4 Rory Arnold, 3 Allan Alaalatoa, 2 Folau Fainga'a, 1 Scott Sio 

Substitutes: 16 Josh Mann-Rea, 17 James Slipper, 18 Leslie Leulua'iali'i-Makin, 19 Darcy Swain, 20 Jahrome Brown, 21 Matt Lucas, 22 Irae Simone, 23 Andy Muirhead

-------------
Once a Lion always a lion

Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Apr-2019 at 12:18pm
Brumbies se span opgedateer in die eerste pos

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 11-Apr-2019 at 12:25pm
Hierdie begin-span vd brumbies is sterk... omtrent die sterkste wat hulle nog hierdie jaar op die veld kon sit (behalwe vir Pocock wat steeds uit is). As ons nie aangeskakel is van die begin af nie of weer so baie foute maak soos laas naweek, kan hier nog 'n pak slae kom.

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 11-Apr-2019 at 12:33pm
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Hier is die span:

15. Andries Coetzee; 14. Ruan Combrinck, 13. Lionel Mapoe, 12. Franco Naude, 11. Aphiwe Dyantyi; 10. Elton Jantjies, 9. Nic Groom; 8. Hacjivah Dayimani, 7. Stephan Lewies, 6. Cyle Brink, 5. Marvin Orie, 4. Rhyno Herbst, 3. Johannes Jonker, 2. Malcolm Marx (Capt), 1. Nathan McBeth. 
Replacements: 16. Robbie Coetzee, 17. Sti Sithole, 18. Carlu Sadie, 19. Wilhelm van der Sluys, 20. Marnus Schoeman, 21. Ross Cronje, 22. Gianni Lombard, 23. Sylvian Mahuza

Coetzee was nog net goed in 2de halfde van game teen Sunwolves. Moes eerder met Green begin het. Hierdie is die senterpaar wat sover die beste vertoon het. Marx moes ook eerder van die bank af gespeel het, maar niks van die maak saak nie, want Groom speel. Ek sou sommer eerder vir Coetzee op 9 gespeel het.

Korreksie, Mapoe op 12 en Simelane op 13 het nog die beste vir my gelyk sover. Daar word hopeloos te veel aan die span getorring elke week. Al van laasjaar af.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 11-Apr-2019 at 12:49pm
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Hierdie begin-span vd brumbies is sterk... omtrent die sterkste wat hulle nog hierdie jaar op die veld kon sit (behalwe vir Pocock wat steeds uit is). As ons nie aangeskakel is van die begin af nie of weer so baie foute maak soos laas naweek, kan hier nog 'n pak slae kom.

Hierdie is n moeilike game ek weet nie wat om van die leeus te verwag...

-------------
Once a Lion always a lion

Posted By: WitBoer
Date Posted: 11-Apr-2019 at 1:58pm
Ek het oorspronklik gegaan met Brumbies met 5, het tog wel gehoop ons kan hom dalk deurtrek, maar na die span aangekondig is, dink ek 5 kan dalk te min wees... Met Groom, twee spelers wat pas teruggekom het van beserings af in die beginspan en boonop vir Lewies op flank kan ons virseker nie die een wen nie... Gelukkig kan ek nie kyk Saterdag nie en ek dink ek moet vir die res van die seisoen dalk eerder net die forum kom lees vir die eindtelling, gaan minder stresvol wees en my bure gaan nie Saterdae hoef te vlug as die Leeus speel nie.

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: TunaLion
Date Posted: 11-Apr-2019 at 2:43pm
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Ek het oorspronklik gegaan met Brumbies met 5, het tog wel gehoop ons kan hom dalk deurtrek, maar na die span aangekondig is, dink ek 5 kan dalk te min wees... Met Groom, twee spelers wat pas teruggekom het van beserings af in die beginspan en boonop vir Lewies op flank kan ons virseker nie die een wen nie... Gelukkig kan ek nie kyk Saterdag nie en ek dink ek moet vir die res van die seisoen dalk eerder net die forum kom lees vir die eindtelling, gaan minder stresvol wees en my bure gaan nie Saterdae hoef te vlug as die Leeus speel nie.

LOLLOLLOL

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 11-Apr-2019 at 4:15pm
saam jou Witboer, lekker om net rustig te wees en nie mens so op te werk nie

Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 11-Apr-2019 at 5:01pm
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Ek het oorspronklik gegaan met Brumbies met 5, het tog wel gehoop ons kan hom dalk deurtrek, maar na die span aangekondig is, dink ek 5 kan dalk te min wees... Met Groom, twee spelers wat pas teruggekom het van beserings af in die beginspan en boonop vir Lewies op flank kan ons virseker nie die een wen nie... Gelukkig kan ek nie kyk Saterdag nie en ek dink ek moet vir die res van die seisoen dalk eerder net die forum kom lees vir die eindtelling, gaan minder stresvol wees en my bure gaan nie Saterdae hoef te vlug as die Leeus speel nie.
Netso, my filosofie ook...

Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 12-Apr-2019 at 10:28am
Warren Whiteley was cleared on Friday morning by the medical team, and will join the Emirates Lions on their Australasia tour this weekend.

#LionsPride
Jonsson Workwear

-------------
Once a Lion always a lion

Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Apr-2019 at 11:46am
#SuperRugby - #Brumbies 0 vs #Lions 0 - Kickoff!

Posted By: Leeubok
Date Posted: 13-Apr-2019 at 11:54am
Mooi, goeie begin! 

Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Apr-2019 at 11:55am
#SuperRugby - #Brumbies 0 vs #Lions 5 - 6m - TRY Dyantyi

Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Apr-2019 at 11:55am
Doelskop mis

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 13-Apr-2019 at 11:55am
"quick hands from Coetzee"- hoor dit nie baie nie. TongueWink

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Leeubok
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:02pm
Wat gaan met ons scrum aan? 

Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:09pm
#SuperRugby - #Brumbies 5 vs #Lions 5 - 21m - TRY McCaffrey

Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:10pm
#SuperRugby - #Brumbies 7 vs #Lions 5 - 22m - CONVERSION Lealiifano

Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:12pm
#SuperRugby - #Brumbies 7 vs #Lions 8 - 24m - PENALTY Jantjies

Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:14pm
#SuperRugby - #Brumbies 12 vs #Lions 8 - 26m - TRY Pulu

Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:16pm
#SuperRugby - #Brumbies 14 vs #Lions 8 - 27m - CONVERSION Lealiifano

Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:28pm
#SuperRugby - #Brumbies 19 vs #Lions 8 - 37m - TRY Kuridrani

Posted By: gertjie0000
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:29pm
Is dit net ek of het daai brumbies se nr 2 vir marx met n grass cutter tackle sonder arms getackle

Posted By: Red_Machine
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:30pm
Ruan Combrink being shown up on defense. Where the hell are our support runners? Where are the flanks that are supposed to clean at the breakdown?

Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:31pm
Hierdie Gaan n Lang toer word

-------------
Once a Lion always a lion

Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:31pm
Brumbies voor 19-8 met rustyd, jammer van die drie net voor rustyd, op 14-8 was ons goed in die wedstryd

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:32pm
In wie se plek is Lombaard op?

Posted By: valie
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:33pm
Ons staan te veel sagte driee af.. 2 turn overs eindig in 2 driee. Groom maak weereens te stadig skoon en toets glad nie die pillar defence nie.
Daai no15 van hulle kry heeltemal te maklik gate in ons defence.

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:36pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

In wie se plek is Lombaard op?
Mapoe- kopbesering

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Leeubok
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:37pm
Originally posted by Red_Machine Red_Machine wrote:

Ruan Combrink being shown up on defense. Where the hell are our support runners? Where are the flanks that are supposed to clean at the breakdown?

They get an overlap on that side every time then he doesn't know if he should go for the man on inside or cover man outside. Either way they'll get through. 

I'm more concerned about the 2 tackles jantjies missed that led to tries.. In general our defence is just not good.. 

Posted By: Leeubok
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:39pm
Is cyle brink ooit op die veld?? Tyd om shoeman en ons ane 2 stutte op te bring

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:40pm
Hoe kan dit net vir ons as toeskouers duidelik wees dat ons verdediging absoluut pateties is? Dis mos duidelik, komaan Leeus-afrigters! In die verlede kon ons daarmee wegkom, omdat ons altyd baie meer balbesit gehad het, maar daai dae is lankal verby. Ons hantering is te swak om dit te probeer doen, en verder kry die 1st receiver meeste van die die bal terwyl doodstil staan en geisoleerd is. Waarheen die ondersteuning heeltyd hardloop weet die vet alleen.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Marthinus100
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:48pm
Dis asof die leeus vergeet het hoe om rugby te speel. Jy het die bal nodig! Geen span kan 100% probeer verdedig en dink hulle gaan wen nie. Herbst is vir my nog swakker as groom. Al die spanne domineer ons fisies. Hoe de hel het ons gekom tot hier?

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:52pm
Nog 'n groot probleem in die Leeus se spel tans is hoe maklik die teenstanders dit vind om oor die voordeellyn te kom, en hoe moeilik dit vir die Leeus is. En dan daarby, hoe gereeld die Leeus balbesit verloor sodra hul wel dit oor die voordeellyn maak- in die kontak en op die grond.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:53pm
#SuperRugby - #Brumbies 21 vs #Lions 13 - 49m - TRY Jantjies

Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:53pm
#SuperRugby - #Brumbies 19 vs #Lions 15 - 49m - CONVERSION Jantjies

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 13-Apr-2019 at 12:56pm
Goeie pick-up en step van Jantjies. Hy het duidelik in die 2de helfde uitgekom om eerder self hard en reguit te hardloop, waar hy deesdae gewoonlik net drift en lang passes gee.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Apr-2019 at 1:00pm
#SuperRugby - #Brumbies 24 vs #Lions 15 - 54m - TRY Banks

Posted By: valie
Date Posted: 13-Apr-2019 at 1:04pm
hierdie is weer besig om lelik te raak.

Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Apr-2019 at 1:04pm
#SuperRugby - #Brumbies 29 vs #Lions 15 - 57m - TRY Wright

Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Apr-2019 at 1:05pm
#SuperRugby - #Brumbies 31 vs #Lions 15 - 58m - CONVERSION Lealiifano

Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Apr-2019 at 1:06pm
Dink hierdie laaste drie het ons gebreek

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 13-Apr-2019 at 1:08pm
Amper al die plaasvervangers is op behalwe CronjeClapLOLWacko

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 13-Apr-2019 at 1:17pm
Dayimani se spel, of eerder gebrek daaraan, is skokkend.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Transvaal
Date Posted: 13-Apr-2019 at 1:19pm
#SuperRugby - #Brumbies 31 vs #Lions 20 - 70m - TRY Mahuza

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 13-Apr-2019 at 1:24pm
Een van die redes hoekom ons hantering so swak is omdat die pass meeste van die tyd absoluut horribaal is. Basics boys, heigint.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 13-Apr-2019 at 1:29pm
Komaan boys, ons kan maklik nog 'n verloor-bonuspunt kry!

-------------
Up the Vaal!

Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net