Print Page | Close Window

Grens se base uit kantore oor skuld

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: SuperSport Rugby Challenge
Forum Description: SuperSport Rugby Challenge
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7713
Printed Date: 20-Apr-2024 at 11:17am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Grens se base uit kantore oor skuld
Posted By: Transvaal
Subject: Grens se base uit kantore oor skuld
Date Posted: 01-Apr-2019 at 9:35am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/grens-se-base-uit-kantore-oor-skuld-20190330" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/grens-se-base-uit-kantore-oor-skuld-20190330

Die rugbynagmerrie by die Grens Rugbyunie (GRU) duur voort.

Dít is nadat hulle vandeesweek hul kantore by die ikoniese Buffalo City Stadion in Oos Londen moes sluit.

Dit is die eerste keer in die GRU se 126-jarige bestaan dat hy nie ’n hoofkwartier het en sy bedrywighede uit sy eie stadion bedryf nie.

Die GRU – wat tans onder administrasie is – moes dié week sy kantore by die stadion weens ’n tekort aan geld sluit, en het vrywillig uit die stadion getrek.

Die stadion se onderhoud word nou na Oos-Londen se stadsraad oorgedra.

Daar word nog onderhandel om die laaste stadionpersoneel ook na die stadsraad oor te dra.

Die administratiewe personeel wat oorbly, sal van die huis af werk en net vir vergaderings byeenkom, terwyl die administrasie van die rugbyunie afgehandel word.

Volgens Rapport se inligting is daar nie geld om die huurgeld van sowat R90 000 per maand te betaal nie.

Grens speel vir die volgende twee jaar in geen kompetisie van Saru nie.

Daar word op die oomblik net klub- en skolerugby in die provinsie gespeel.

Die GRU-spelers het die unie hof toe gevat.

Die likwidasie-aansoek is egter op die laaste nippertjie teruggetrek nadat die bestuur ’n pleidooi tot die spelers gerig het.



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Apr-2019 at 9:35am
>>>Grens speel vir die volgende twee jaar in geen kompetisie van Saru nie.

Sjo


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 02-Apr-2019 at 3:47pm
So dis seker ongelukkig die einde van die unie.

-------------
Up the Vaal!



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net