Print Page | Close Window

Match 50 - Lions vs Sharks

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7705
Printed Date: 13-May-2024 at 11:30pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com

Topic: Match 50 - Lions vs Sharks
Posted By: Transvaal
Subject: Match 50 - Lions vs Sharks
Date Posted: 31-Mar-2019 at 10:58am
Friday 5 April 2019 at Ellis Park kickoff at 19:10 SA Time

Referee: Mike Fraser 
AR1: Rasta Rasivhenge
AR2: Brendon Pickerill
TMO: Willie Vos

Lions: 15. Andries Coetzee; 14. Tyrone Green, 13. Aphiwe Dyantyi, 12. Lionel Mapoe, 11. Courtnall Skosan; 10. Elton Jantjies, 9. Ross Cronje; 8. Ruan Vermaak, 7. Cyle Brink, 6. Marnus Schoeman, 5. Marvin Orie, 4. Rhyno Herbst, 3. Carlu Sadie, 2. Malcolm Marx (Capt), 1. Sti Sithole. 
Replacements: 16. Jan-Henning Campher, 17. Nathan McBeth, 18. Frans van Wyk, 19. Wilhelm van der Sluys, 20. Stephan Lewies, 21. Nic Groom, 22. Hacjivah Dayimani, 23. Sylvian Mahuza/Wandisile Simelane

Sharks: 15 Curwin Bosch, 14 Lwazi Mvovo, 13 Lukhanyo Am, 12 Andre Esterhuizen, 11 Makazole Mapimpi, 10 Robert du Preez, 9 Louis Schreuder (captain), 8 Daniel du Preez, 7 Jacques Vermeulen, 6 Luke Stringer, 5 Hyron Andrews, 4 Ruben van Heerden, 3 Coenie Oosthuizen, 2 Kerron van Vuuren, 1 Tendai Mtawarira
Replacements: 16 Fez Mbatha, 17 Juan Schoeman, 18 Thomas du Toit, 19 JJ van der Mescht, 20 Philip van der Walt, 21 Grant Williams, 22 Kobus van Wyk, 23 Aphelele Fassi

LionsWorld Prediction: Lions by 5

Replies:
Posted By: Leeubok
Date Posted: 01-Apr-2019 at 7:52am
Ek hoop maar die breek het 'n positiewe uitwerking op ons ouens en nie soos die Bulls wat pakslae gekry het na hul bye nie..

Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Apr-2019 at 11:50am
Ons span word Dinsdag (more) om 12:30 bekend gemaak

Posted By: rooibont
Date Posted: 01-Apr-2019 at 11:55am
Wat is Cyle en Warren se situasie met hul beserings ?

Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Apr-2019 at 11:58am
Ek gaan raai dat Cyle reg is vir speel, maar dat Warren nog 'n rukkie uit is. Ons kry geen updates van die unie op die oomblik in terme van beserings nie

Posted By: rooibont
Date Posted: 01-Apr-2019 at 11:59am
Dankie Tvl !

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 01-Apr-2019 at 12:38pm
Ek wonder wanneer gaan Marx 'n wedstryd moet uitsit.. hopelik nie hierdie een nie!

Posted By: Leeubok
Date Posted: 01-Apr-2019 at 12:48pm
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Ek wonder wanneer gaan Marx 'n wedstryd moet uitsit.. hopelik nie hierdie een nie!

Dalk moet hy juis hierdie een uitsit aangesien die sharks nie 'n erkende haker oor het nie? Hoe lyk ons skedule vorentoe?

Posted By: Leeubok
Date Posted: 01-Apr-2019 at 12:49pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ons span word Dinsdag (more) om 12:30 bekend gemaak

So vroeg? Dis snaaks..

Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Apr-2019 at 12:57pm
Wedstryd is mos Vrydag en die span is af Woensdae

Posted By: rooibont
Date Posted: 01-Apr-2019 at 2:44pm
Hulle moet net nie Vrydag af wees nie !

Posted By: petri
Date Posted: 01-Apr-2019 at 2:55pm
Ek sal Marx afgee teen die Crusaders:)

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 01-Apr-2019 at 3:03pm
Hierdie is 'n groot wedstryd vir ons en daarom sal ek Marx speel. Ons het reeds twee wedstryde teen SA spanne verloor. Met die konferensie-stelsel  saam is wedstryde teen SA spanne ekstra belangrik. Ons MOET hierdie een deurtrek en om dit te doen gaan ons 'n sterk, fisieke agttal benodig (baie belangrik, veral teen die sharks wat 'n ander span is wanneer hulle fisiek domineer).

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 02-Apr-2019 at 7:39am
My los-trio teen die sharks (met al ons beserings) sal wees: Schoeman 6, Brink 7, Vermaak 8. 

Posted By: Leeubok
Date Posted: 02-Apr-2019 at 8:19am
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

My los-trio teen die sharks (met al ons beserings) sal wees: Schoeman 6, Brink 7, Vermaak 8. 

Dit is nie 'n slegte kombinasie daai nie. As Daymani op die bank is kan hy dalk later opkom wanneer die sharks se swaar pak moeg raak? Ek wonder net of Brink self n volle 80 minute gaan maak?

Siende dat hul met 'n onervare haker gaan moet speel moet ons baie druk op hul lynstane en scrums probeer plaas. Hul mag dalk ook met Bosch op losskakel begin, en as dit die geval is moet ons hom bietjie teiken 

Posted By: rooibont
Date Posted: 02-Apr-2019 at 10:19am
Ek dink Vermaak kan 'n puik agtsteman uitdraai !

Posted By: Lion4ever
Date Posted: 02-Apr-2019 at 11:22am
Originally posted by rooibont rooibont wrote:

Ek dink Vermaak kan 'n puik agtsteman uitdraai !
I agree. Offers something a bit different to WW, and Hacjivah. A great line out option too.

Posted By: Tin
Date Posted: 02-Apr-2019 at 12:39pm
Die Leeus het geen gras onder hul voete laat groei met die insluiting van die ysterflank Cyle Brink vir Vrydagaand se Sharks-stryd op Emirates Airlinepark nie.

Dit is Brink se eerste wedstryd van die seisoen en sy 36e in SuperRugby. Dit is ook sy 80e in eerstrangse rugby.

Ruan Vermaak is ook weer op agtesteman met die rubberbal Marnus Schoeman die derde lid van ‘n uiters gedugte lostrio.

Die staatmaker Andries Coetzee is ook weer terug op heelagter maar Tyrone Green behou minstens sy plek, die keer op regtervleuel.

Daar is ook ‘n insiggewende verandering aan die middelveld waar die Springbokvleuel Aphiwe Dyantyi as Lionel Mapoe se sentermaat gekies is.

Mapoe, wie nuwe lewe as ‘n binnesenter kry, speel teen die Sharks in sy 99e wedstryd vir die Leeus in SuperRugby.

Die ander veranderinge is almal op die bank.

Eerstens is Nathan McBeth en Jan-Henning Campher albei terug in die skrumkrag te versterk en is die Bok Stephan Lewies en Wilhelm van der Sluys albei tussen die reserwes.

Daarmee het die Leeus ‘n volledige Vaste 5 wat kan impak maak.

Die X-faktor, Hacjivah Dayimani is ook as impakspeleer gekies terwyl daar ‘n besluit tussen Sylvian Mahuza en Wandisile Simelane gemaak moet word.

Leeus teen Sharks: Andries Coetzee; Tyrone Green, Aphiwe Dyantyi, Lionel Mapoe, Cortnall Skosan, Elton Jantjies, Ross Cronjé; Ruan Vermaak, Cyle Brink, Marnus Schoeman, Marvin Orie, Rhyno Herbst, Carlu Sadie, Malcolm Marx ©, Sti Sithole. Reserwes: Jan-Henning Campher, Nathan McBeth, Jacobie Adriaanse, Wilhelm van der Sluys, Stephan Lewies, Nic Groom, Hacjivah Dayimane, Sylvian Mahuza/Wandisile Simelani.

Van Suparugby Facebook

Posted By: Tin
Date Posted: 02-Apr-2019 at 12:41pm
aar is ook ‘n insiggewende verandering aan die middelveld waar die Springbokvleuel Aphiwe Dyantyi as Lionel Mapoe se sentermaat gekies is.

Hyt seker elke dag 100 duiksakke geduik die laaste 2 weke......op senter vir n vol wedstryd kan jy nie wegkruip op verdediging

Posted By: Red_Machine
Date Posted: 02-Apr-2019 at 12:46pm
I dont agree with playing Dyanti at 13, Simeline had been a breath of fresh air. Unless Swys thinks Dyanti will stand up to test of the sharks big centers better than Simeline will.

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 02-Apr-2019 at 12:51pm
Is Robbie Coetzee weer beseer? Waar is Combrinck?

Posted By: Lion4ever
Date Posted: 02-Apr-2019 at 12:54pm
Originally posted by Tin Tin wrote:

aar is ook ‘n insiggewende verandering aan die middelveld waar die Springbokvleuel Aphiwe Dyantyi as Lionel Mapoe se sentermaat gekies is.

Hyt seker elke dag 100 duiksakke geduik die laaste 2 weke......op senter vir n vol wedstryd kan jy nie wegkruip op verdediging
Dyanti is great on cover and scrambling tackles. I have seen him make some really good and potentially try saving tackles. So the man can tackle. Where he possibly does fall short is reading what his opponent is going to do. However, in the center, he has a bit more of a luxury of closer space to work with than on wing. But he will have to make his first time tackles.

Posted By: Zibbie
Date Posted: 02-Apr-2019 at 12:56pm
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Is Robbie Coetzee weer beseer? Waar is Combrinck?

alby speel vir die Super sport chalenge span teen die sharks 

Posted By: Lion4ever
Date Posted: 02-Apr-2019 at 12:57pm
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Is Robbie Coetzee weer beseer? Waar is Combrinck?
Both are playing in the SS Challenge friendly vs the Sharks. 

Supersport Challenge (16:00):
Xerox Golden Lions vs Cell C Sharks (friendly): Shaun Reynolds; Ruan Combrinck, Franco Naude, Harold Vorster, Stean Pienaar; Gianni Lombard, Bradley Thain; Jo-Hanko de Villiers, PJ Steenkamp, James Venter, Darrien-Lane Landsberg, Ruben Schoeman, Johannes Jonker, Robbie Coetzee, Danie Mienie. Reserves: Pieter Jansen, Leo Kruger, Chergin Fillies, Cristen van Niekerk, MJ Pelser, Mandisi Mthiyane, Tinus Combrink, Jeanluc Cilliers, Eddie Fouche, Madosha Tambwe, Jan-Louis La Grange

Posted By: Leeubok
Date Posted: 02-Apr-2019 at 1:18pm
Een ding wat my pla van Swys is die "rotasie" van sommige spelers. Waarom Robbie Coetzee nie daar is om as backup te dien vir Marx verstaan ek nie. Dan iemand soos Simelani het blerrie goed gedoen tot dusver op 13, waarom word hy nou gedrop en iemand weer uit posisie gespeel (al het Diyanti varsity cup 13 gespeel, hy word tans as n vleuel gesien). Green het uitstekend gedoen op heelagter, nou word hy weer vleuel toe geskuif en iemand soos Combrinck maak gladnie eers die span nie. Ditto Lombard wat goed gedoen het tot dusver.. 

En op die bank het ons net 2 agterlyn spelers, of word Daymani nou gesien as 'n vleuel??

Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Apr-2019 at 1:29pm
Span opgedateer in eerste pos

Posted By: Lion4ever
Date Posted: 02-Apr-2019 at 1:38pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Een ding wat my pla van Swys is die "rotasie" van sommige spelers. Waarom Robbie Coetzee nie daar is om as backup te dien vir Marx verstaan ek nie. Dan iemand soos Simelani het blerrie goed gedoen tot dusver op 13, waarom word hy nou gedrop en iemand weer uit posisie gespeel (al het Diyanti varsity cup 13 gespeel, hy word tans as n vleuel gesien). Green het uitstekend gedoen op heelagter, nou word hy weer vleuel toe geskuif en iemand soos Combrinck maak gladnie eers die span nie. Ditto Lombard wat goed gedoen het tot dusver.. 

En op die bank het ons net 2 agterlyn spelers, of word Daymani nou gesien as 'n vleuel??
The great thing about Dayamani, is that he can cover wing or any of the loose forward positions. I like the idea of Dyanti at center. It gives us fantastic pace out wide with Skosaan. Unfortunately, when you have talented players like Simelane and Mahuza, you have to find game time for them. Ditto with guys like Commies. You will probably find that the more experienced players will be included in the tour group. Also, remember, Robbie has been out for much longer than Brink, so he will need a bit of time to get back into the swing of things.

Posted By: Simba
Date Posted: 02-Apr-2019 at 1:42pm

Volgens NEWS24 is Frans Van Wyk op die plaasvervangersbank en nie Jacobie Adriaanse nie? Weet enigiemand dalk iets hiervan?

-------------
db

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 02-Apr-2019 at 1:53pm
Originally posted by Simba Simba wrote:

Volgens NEWS24 is Frans Van Wyk op die plaasvervangersbank en nie Jacobie Adriaanse nie? Weet enigiemand dalk iets hiervan?

Is hoe die span hier ook lyk, so nie seker waar dit vandaan kom nie

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 02-Apr-2019 at 1:56pm
Ons los trio is net die regte medisyne vir die Sharks. Ek hoop net Cyle is reg vir die harde ene. 

Green gaan seker backup wees vir Elton ook

Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Apr-2019 at 2:15pm
Originally posted by Simba Simba wrote:

Volgens NEWS24 is Frans Van Wyk op die plaasvervangersbank en nie Jacobie Adriaanse nie? Weet enigiemand dalk iets hiervan?

Dit is Frans van Wyk op die bank, kyk in die eerste pos

Posted By: valie
Date Posted: 02-Apr-2019 at 2:18pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Een ding wat my pla van Swys is die "rotasie" van sommige spelers. Waarom Robbie Coetzee nie daar is om as backup te dien vir Marx verstaan ek nie. Dan iemand soos Simelani het blerrie goed gedoen tot dusver op 13, waarom word hy nou gedrop en iemand weer uit posisie gespeel (al het Diyanti varsity cup 13 gespeel, hy word tans as n vleuel gesien). Green het uitstekend gedoen op heelagter, nou word hy weer vleuel toe geskuif en iemand soos Combrinck maak gladnie eers die span nie. Ditto Lombard wat goed gedoen het tot dusver.. 

En op die bank het ons net 2 agterlyn spelers, of word Daymani nou gesien as 'n vleuel??
Ek dink nie dis n kwessie van sekers spelers wat onnodig geroteer of gedrop word nie. Hoewel Simelane baie goed is, het hy nie regtig die laaste 2 games die wereld aan die brand gespeel nie, terwyl ek nogals dink Aphiwe het sy kans briljant aangegryp. Robbie kort game time en die jong Campher kort blootstelling op die vlak. As Marx moet gerus word, of beseer raak, het ons dan n keuse van 3 backup hakers, wat al 3 SR ervaring het. Campher is blykbaar n baie sterk skrummer.
Ek dink dis baie goed vir die span dat niemand in n gemaksone kan wees nie, want as jy perform is jy in, en as jy nie perform nie, kan jy jou plek kwyt wees. Dit kweek n gesonde kompetisie in die squad.

Posted By: Leeubok
Date Posted: 02-Apr-2019 at 3:08pm
Originally posted by valie valie wrote:

Maar aan die ander kant wil jy ook he jou span moet settle en kombinasies gevestig raak. Ek stem 100% saam dat as 'n ou nie perform nie moet hy plek maak. My probleem is dat ouens wat wel perform het tot dusver gladnie eens die span maak nie. Terwyl 'n ou soos Orie gladnie 'n bal kan raakvang nie maar hy is daar. Ja hy verdedig goed en is goed met die lynstane, maar donner ek wil iets oorkom as hy keer op keer die bal laat val of verloor in kontak!

Posted By: valie
Date Posted: 02-Apr-2019 at 3:56pm

Ek hoor wat jy se van die kombinasies, maar aan die anderkant weer, as ons na die All Blacks kyk, konsentreer hulle meer daarop om n vergrote squad te ontwikkel in n span, (hulle kan maklik 3 spanne in die veld stoot wat meer toetse sal wen as verloor), as om net elke keer dieselfde ouens te speel.
Wat ons natuurlik ook moet onthou, is dat daar ook dalk spelers kan wees met niggles, en spelers wat vir sekere games, waar hulle dalk n beter impak kan maak, eerder as ander spelers, gekies word.
Ek verstaan jou frustrasie oor Orie. Hoewel sy algemene spel goed is, wil ek my ook bepoef elke keer as hy die bal verloor of aanslaan.

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 02-Apr-2019 at 3:58pm
Simelane was puik sover, maar ek is baie opgewonde oor die senters. Sharks is onder druk en hul speel nie goed tans nie. Ons gaan net die slaap vinnig moet afskud, intesiteit op kry, dan behoort ons te wen. Combrinck het dalk niggles, maar hy het ook nog nie regtig goed gespeel nie, ook nie regtig sleg nie. Ek sal graag beter konsentrasie wil sien en minder breinpoepe en beter hantering en balretensie.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 02-Apr-2019 at 4:02pm
Originally posted by Lion4ever Lion4ever wrote:

Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Is Robbie Coetzee weer beseer? Waar is Combrinck?
Both are playing in the SS Challenge friendly vs the Sharks. 

Supersport Challenge (16:00):
Xerox Golden Lions vs Cell C Sharks (friendly): Shaun Reynolds; Ruan Combrinck, Franco Naude, Harold Vorster, Stean Pienaar; Gianni Lombard, Bradley Thain; Jo-Hanko de Villiers, PJ Steenkamp, James Venter, Darrien-Lane Landsberg, Ruben Schoeman, Johannes Jonker, Robbie Coetzee, Danie Mienie. Reserves: Pieter Jansen, Leo Kruger, Chergin Fillies, Cristen van Niekerk, MJ Pelser, Mandisi Mthiyane, Tinus Combrink, Jeanluc Cilliers, Eddie Fouche, Madosha Tambwe, Jan-Louis La Grange
Sjoe, ons diepte lyk glad nie sleg nie.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 02-Apr-2019 at 5:12pm

http://www.sharksworld.co.za/2019/04/02/sharks-team-to-face-the-lions/" rel="nofollow - Sharks team to face the Lions  

The Cell C Sharks team to face the Emirates Lions in Johannesburg shows minimal changes to from the side that narrowly lost to the Bulls.

In the forwards Kerron van Vuuren starts in place of Akker van der Merwe that will be starting his three-week suspension. This has necessitated a change on the bench where Fez Mbatha comes in as cover at hooker.

At fullback Curwin Bosch and Aphelele Fassi exchanges jerseys with Bosch wearing the no 15 jersey.

On the bench, Juan Schoeman comes in for Khutha Mchunu while JJ van der Mescht replaces Gideon Koegelenberg as cover at lock.

The Beast will start the match and make national history when he becomes the most capped South African rugby player in the competition. This will be his 157th appearance, overtaking the former record-holder Adriaan Strauss.

Cell C Sharks

1. Beast Mtawarira
2. Kerron van Vuuren
3. Coenie Oosthuizen
4. Ruben van Heerden
5. Hyron Andrews
6. Luke Stringer
7. Jacques Vermeulen
8. Daniel du Preez
9. Louis Schreuder (C)
10. Robert du Preez
11. Makazole Mapimpi
12. Andre Esterhuizen
13. Lukhanyo Am
14. Lwazi Mvovo
15. Curwin Bosch

Replacements
16. Fez Mbatha
17. Juan Schoeman
18. Thomas du Toit
19. JJ van der Mescht
20. Philip van der Walt
21. Grant Williams
22. Kobus van Wyk
23. Aphelele Fassi

-------------
Once a Lion always a lion

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 02-Apr-2019 at 6:00pm
Hulle gaan ons weer probeer smoor in ons eie gebied.. hoop ons speel slim. Ons "exits" was nogal goed teen die Sunwolves.

Posted By: Transvaal
Date Posted: 02-Apr-2019 at 8:33pm
Lions pre-match conference for Sharks match - 2 April 2019
https://youtu.be/Eg51ZtA64AI" rel="nofollow - https://youtu.be/Eg51ZtA64AI

Posted By: Leeubok
Date Posted: 03-Apr-2019 at 7:12am
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Hulle gaan ons weer probeer smoor in ons eie gebied.. hoop ons speel slim. Ons "exits" was nogal goed teen die Sunwolves.

Stem, hul moenie elke keer die bal uit ons 22 probeer hardloop nie. Skop hom 'n paar keer eerder uit en dan probeer jy hul onkant vang deur dit te hardloop.

Posted By: Simba
Date Posted: 03-Apr-2019 at 8:15am

Ek stem. Hulle gaan weer die rush defense doen en ons probeer ontwrig. Kom uit die 22 uit. Ek dink ook dis hoekom Dyanthi op senter speel is om ook rush defense op hulle uit te oefen.

-------------
db

Posted By: Transvaal
Date Posted: 03-Apr-2019 at 9:39am
Mike Fraser will referee the match between the #Lions and the #Sharks at Ellis Park on Friday, kickoff is at 19:10

Posted By: Transvaal
Date Posted: 03-Apr-2019 at 9:41am
Sharks se span en wedstrydbeamptes opgedateer

Posted By: monster
Date Posted: 03-Apr-2019 at 10:01am
Hoor uit die Kaap uit dat Carlu Sadie sê hy is baie gelukig by die Leeus ... gelukigste wat hy nog in sy rugby loobaan was .... goeie nuus

Posted By: Transvaal
Date Posted: 03-Apr-2019 at 10:07am
Fantastiese nuus, hoop hy besluit om langer aan te bly

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 03-Apr-2019 at 10:10am
Originally posted by monster monster wrote:

Hoor uit die Kaap uit dat Carlu Sadie sê hy is baie gelukig by die Leeus ... gelukigste wat hy nog in sy rugby loobaan was .... goeie nuus

Ons gaan moet uithaal en wys om hom hier te hou wel, Stormers gaan groot budget hê na die WC

Posted By: Leeubok
Date Posted: 03-Apr-2019 at 10:21am
Stem oor Sadie, hy was great tot dusver! Ek wonder hoeveel het dit te doen met Julian se coaching?

Posted By: Transvaal
Date Posted: 03-Apr-2019 at 10:23am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Stem oor Sadie, hy was great tot dusver! Ek wonder hoeveel het dit te doen met Julian se coaching?

Baie, ek het al so 2 of 3 keer die laaste ruk met Julian gesels en hy werk baie nou saam met Sadie

Posted By: Leeubok
Date Posted: 03-Apr-2019 at 10:25am
Ek dink Sadie het ook mos op 'n stadium gese Julian het n groot invloed op sy lewe. Dit is great om sulke goed te hoor

Posted By: valie
Date Posted: 03-Apr-2019 at 10:38am
Dis goeie nuus.
Ek moet se, ek hou van wat ek sien by Frans van Wyk ook.

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 03-Apr-2019 at 10:52am
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Originally posted by monster monster wrote:

Hoor uit die Kaap uit dat Carlu Sadie sê hy is baie gelukig by die Leeus ... gelukigste wat hy nog in sy rugby loobaan was .... goeie nuus

Ons gaan moet uithaal en wys om hom hier te hou wel, Stormers gaan groot budget hê na die WC
Die GLRU kan maar bietjie uithaal vir Sadie... Wêreldklas vaskoppe is vrek skaars en is goud werd.

Posted By: WitBoer
Date Posted: 03-Apr-2019 at 10:54am
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Originally posted by monster monster wrote:

Hoor uit die Kaap uit dat Carlu Sadie sê hy is baie gelukig by die Leeus ... gelukigste wat hy nog in sy rugby loobaan was .... goeie nuus

Ons gaan moet uithaal en wys om hom hier te hou wel, Stormers gaan groot budget hê na die WC
Ons moet eenvoudig net plek maak in ons budget om hom te hou... Ons gaan beslis ook 'n klomp spelers verloor na die jaar, so ons moet hom kan hou... Vaskop is in my opinie een van die belangrikste posisies op die veld. Ons kan Nic Groom en Lewies se salaris saamsit en dit vir Carlu aanbied. Ek sal baie teleurgesteld wees as hy teruggaan WP toe.

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 03-Apr-2019 at 11:36am
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Originally posted by monster monster wrote:

Hoor uit die Kaap uit dat Carlu Sadie sê hy is baie gelukig by die Leeus ... gelukigste wat hy nog in sy rugby loobaan was .... goeie nuus

Ons gaan moet uithaal en wys om hom hier te hou wel, Stormers gaan groot budget hê na die WC

Ek glo nie hul gaan so groot budget hê, hul kan nie wag dat al daai ouens waai net sodat hul weer kan gelykbreek nie.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Rooibonte8
Date Posted: 03-Apr-2019 at 9:06pm
Dink Dyanti gaan nie gou weer vluel speel na hy ernstig gesukkel het om die hoe bal of enige ander skop teen die bulle te bemeester, dink Hy sal senter speel tot Hy dit baasraak

Posted By: Leeubok
Date Posted: 04-Apr-2019 at 7:20am
Originally posted by Rooibonte8 Rooibonte8 wrote:

Dink Dyanti gaan nie gou weer vluel speel na hy ernstig gesukkel het om die hoe bal of enige ander skop teen die bulle te bemeester, dink Hy sal senter speel tot Hy dit baasraak

Dit is darem n swakheid waaraan hy kan werk? Hy is die voorkeur bok vleuel so ek is seker hy sal weer vleuel speel..

Posted By: TunaLion
Date Posted: 04-Apr-2019 at 7:25am
Originally posted by Rooibonte8 Rooibonte8 wrote:

Dink Dyanti gaan nie gou weer vluel speel na hy ernstig gesukkel het om die hoe bal of enige ander skop teen die bulle te bemeester, dink Hy sal senter speel tot Hy dit baasraak

As Mapimpi dit kon doen, dan is ek seker Dyanti sal dit ook kan doen...

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: Leeubok
Date Posted: 04-Apr-2019 at 1:57pm
Ek sien die guppy ondersteuners reken ons senter kombinasie is 'n swakplek wat hul lekker kan uitbuit.. Dit sal nogals lekker wees as Mapoe vir Diyanti so paar keer in die gaping kan sit! 

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 04-Apr-2019 at 6:10pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Ek sien die guppy ondersteuners reken ons senter kombinasie is 'n swakplek wat hul lekker kan uitbuit.. Dit sal nogals lekker wees as Mapoe vir Diyanti so paar keer in die gaping kan sit! 
Mapoe en Diyantyi sal gevaarlik wees op die aanval.. hulle moet net wakker wees op die verdediging en die verdedigings-struktuur behou.

Posted By: Transvaal
Date Posted: 04-Apr-2019 at 8:14pm
Die op Suparugby se facebook bladsy gesien:

Captain fantastic Warren “Wazza” Whiteley has been cleared and will be fit to join them on tour next week.

Whiteley will miss the Brumbies game next week but will be in action against the Crusaders a week later.

Posted By: Leeubok
Date Posted: 05-Apr-2019 at 7:20am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die op Suparugby se facebook bladsy gesien:

Captain fantastic Warren “Wazza” Whiteley has been cleared and will be fit to join them on tour next week.

Whiteley will miss the Brumbies game next week but will be in action against the Crusaders a week later.

Goeie nuus!

Posted By: Leeubok
Date Posted: 05-Apr-2019 at 7:37am
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Ek sien die guppy ondersteuners reken ons senter kombinasie is 'n swakplek wat hul lekker kan uitbuit.. Dit sal nogals lekker wees as Mapoe vir Diyanti so paar keer in die gaping kan sit! 
Mapoe en Diyantyi sal gevaarlik wees op die aanval.. hulle moet net wakker wees op die verdediging en die verdedigings-struktuur behou.

Ons kan maar verwag AE gaan heel middag daai kanaal tussen Elton en Mapoe aanval..

Posted By: WitBoer
Date Posted: 05-Apr-2019 at 7:39am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die op Suparugby se facebook bladsy gesien:

Captain fantastic Warren “Wazza” Whiteley has been cleared and will be fit to join them on tour next week.

Whiteley will miss the Brumbies game next week but will be in action against the Crusaders a week later.

Het dit gesien ja... Hel ek hoop net hy kan nou bietjie beseringvry bly vir die res van die seisoen.

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: Red_Machine
Date Posted: 05-Apr-2019 at 8:18am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Ek sien die guppy ondersteuners reken ons senter kombinasie is 'n swakplek wat hul lekker kan uitbuit.. Dit sal nogals lekker wees as Mapoe vir Diyanti so paar keer in die gaping kan sit! 
Mapoe en Diyantyi sal gevaarlik wees op die aanval.. hulle moet net wakker wees op die verdediging en die verdedigings-struktuur behou.

Ons kan maar verwag AE gaan heel middag daai kanaal tussen Elton en Mapoe aanval..
I am very worried about 10/12/13 channels, AE had a field day in the last outing and AM has also been in good form... our defense is going to have to be top notch.

Posted By: TunaLion
Date Posted: 05-Apr-2019 at 8:25am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Ek sien die guppy ondersteuners reken ons senter kombinasie is 'n swakplek wat hul lekker kan uitbuit.. Dit sal nogals lekker wees as Mapoe vir Diyanti so paar keer in die gaping kan sit! 
Mapoe en Diyantyi sal gevaarlik wees op die aanval.. hulle moet net wakker wees op die verdediging en die verdedigings-struktuur behou.

Ons kan maar verwag AE gaan heel middag daai kanaal tussen Elton en Mapoe aanval..

Jip, dit is wat mens maar altyd van hom kan verwag...

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: Leeubok
Date Posted: 05-Apr-2019 at 8:35am
Het iewers gelees Jantjies het die hoogste persentasie missed tackles in die kompetisie. Dit is regtig sleg dat hy nie daaraan werk nie. Ek meen dit het niks met size te doen nie, kleiner ouens soos Ross verdedig uitstekend. 

Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Apr-2019 at 8:37am
Ross is groter as Jantjies

Posted By: Leeubok
Date Posted: 05-Apr-2019 at 8:39am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ross is groter as Jantjies

Rerig? Maar dis besides my point.. Jantjies is 'n taai, fris bogger en hy het nie 'n verskoning om so baie tackles te mis nie

Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Apr-2019 at 8:39am
Ek sien op die LionsWorld se squad bladsy hulle altwee weeg 88, maar Ross is 4 sentimeter langer. Ek sal moet uitvind of daardie gewig stats nog korrek is

Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Apr-2019 at 8:41am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ross is groter as Jantjies

Rerig? Maar dis besides my point.. Jantjies is 'n taai, fris bogger en hy het nie 'n verskoning om so baie tackles te mis nie

Jantjies is eintlik baie klein vir 'n rugbyspeler, hy is maar 1.76 meter

Posted By: Leeubok
Date Posted: 05-Apr-2019 at 8:42am
Hy lyk tog nie SO klein nie.. Wat is Schoeman se stats?

Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Apr-2019 at 8:43am
Dit vat baie guts van so klein speler om die groter ouens wat op jou afstorm te tackle, hy probeer altyd so 10 vir effort, ek het hom nog nooit sien wegskram van 'n tackle nie, alhoewel die ouens baie keer oor hom hardloop

Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Apr-2019 at 8:44am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Hy lyk tog nie SO klein nie.. Wat is Schoeman se stats?

Schoeman is 2 sentimeter langer as Jantjies en 8 kilos swaarder

Posted By: Leeubok
Date Posted: 05-Apr-2019 at 8:49am
Nee ek weet hy het baie hart, hy is nie soos Bosch wat weghardloop van die ou met die bal nie.. Maar dis my hele punt. Hy is obviously nie te klein om rugby te speel nie anders sou hy nie so lang en suksesvolle loopbaan gehad het nie. En as 'n ou 2cm en 8kg meer soos 'n demoon kan verdedig, wat is fout met Jantjies? Dit moet tegniek wees? Dalk probeer hy te veel van die judo gooi tackles waarvoor hy so lief is.. 

Posted By: ROOIHART
Date Posted: 05-Apr-2019 at 9:28am
Lyk na tussen 60%-80% kans op reën vanaand. Speel bietjie meer in die Sharks se hande...ons sal takties reg moet wees!

Posted By: Lion4ever
Date Posted: 05-Apr-2019 at 10:47am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Dit vat baie guts van so klein speler om die groter ouens wat op jou afstorm te tackle, hy probeer altyd so 10 vir effort, ek het hom nog nooit sien wegskram van 'n tackle nie, alhoewel die ouens baie keer oor hom hardloop
The thing is most of those missed tackles has resulted in the attacker being stopped in his tracks, and the cover defence taking him down. Agree that Jantjies does not have the best tackle technique.

Posted By: emiel1
Date Posted: 05-Apr-2019 at 1:15pm
Jantjies defense may not be his strong point, but is generally good. I think Lombard will be defensively a problem for the Lions in the future (though he also puts his body on the line for such a small player). 

Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Apr-2019 at 2:05pm
Dit reen al die hele oggend in JHB, weet nie of dit gaan opklaar teen vanaand nie, nie die beste weer vir rugby nie

Posted By: Leeubok
Date Posted: 05-Apr-2019 at 2:07pm
Eish, dis nie goeie nuus nie. Maar ek dink ons pak kan hul man staan teen die sharks sin.. Ouens moet net slim rugby speel in die nat, en dalk maar vergeet van 10 driee probeer druk

Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 05-Apr-2019 at 2:23pm
Jip, hele Vaaldriehoek ok al sopnat en die  buie bly kom. Dit gaan n nat game wees vanaand...

Posted By: Lion4ever
Date Posted: 05-Apr-2019 at 2:44pm
It seems to have stopped raining for a while.

Posted By: GoLions
Date Posted: 05-Apr-2019 at 4:25pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Het iewers gelees Jantjies het die hoogste persentasie missed tackles in die kompetisie. Dit is regtig sleg dat hy nie daaraan werk nie. Ek meen dit het niks met size te doen nie, kleiner ouens soos Ross verdedig uitstekend. 
Losskakels en vleuel is oor die algemeen die swakste verdedigers in spanne. Lossskakels omdat he gewoonlik groot voorspelers moet tackle, en vleuels seker omdat hulle teestanders gewoonlik op spoed is met spasie om te systap.

Elton maak die meeste tackles van enige losskakel in Super Rugby - 63 probeerslae met 46 suksesvol. Dit teenoor Mo'unga met 42 (29/13) en Barrett met 37 (31/9). Cooper het slegs 36 (23/13) maar Foley is ook besig met 58 (39/19)

Die Leeus beskerm egter nie vir Elton soos met Barrett en Mo'unga gemaak word nie. Hulle dek gewoonlik agter wanneer hulle op verdediging is.

Snaaks dat ek nog nie 'n NZ ondersteuner gehoor kla het oor Mo'unga nie kan verdedig nie. Inteendeel meeste soek hom in die All Black span.

Miskien bekommer ons Suid Afrikaners ons te veel oor "tackle stats". Die top 4 spanne in tackle % le onder die Leeus op die log, twee van hulle 13de en 14de voor vandag

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 05-Apr-2019 at 5:46pm
Originally posted by GoLions GoLions wrote:

Insiggewende inligting GoLions.

Posted By: Leeubok
Date Posted: 05-Apr-2019 at 6:59pm

Jy kan dit sugarcoat soveel as wat jy wil, maar as die stats sê jy is die swakste verdediger in super rugby dan is jy n swak verdediger. Hkm dink jy moes hy so baie tackles maak? Omdat ander spanne doelgerig sy kanaal aanval.. 

Posted By: Leeubok
Date Posted: 05-Apr-2019 at 7:03pm
Ek probeer nie Elton aanval of slegse nie. Ek wou maar net n swakplek uitwys en het maar net hardop gewonder waarom hulle aan sy tegniek werk nie.  

Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Apr-2019 at 7:11pm
#SuperRugby - #Lions 0 vs #Sharks 0 - Kickoff!

Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Apr-2019 at 7:34pm
#SuperRugby - #Lions 0 vs #Sharks 5 - 19m - TRY Vermeulen 

Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 05-Apr-2019 at 7:34pm
Hulle hol ons &$@# toe en steeeeeds skop ons in hulle kele af...

Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Apr-2019 at 7:37pm
#SuperRugby - #Lions 0 vs #Sharks 10 - 22m - TRY Mapimpi

Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Apr-2019 at 7:42pm
#SuperRugby - #Lions 0 vs #Sharks 15 - 26m - TRY Am

Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Apr-2019 at 7:43pm
#SuperRugby - #Lions 0 vs #Sharks 17 - 27m - CONVERSION Du Preez

Posted By: WitBoer
Date Posted: 05-Apr-2019 at 7:43pm
Ons lyk soos n klomp bliksemse amateurs...

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Apr-2019 at 7:46pm
#SuperRugby - #Lions 0 vs #Sharks 20 - 32m - PENALTY Du Preez

Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Apr-2019 at 7:53pm
#SuperRugby - #Lions 0 vs #Sharks 25 - 38m - TRY Mapimpi

Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Apr-2019 at 7:57pm
Goed verdedig in die eerste 20 minute maar 20 minute daarna het die wiele afgekom

Posted By: valie
Date Posted: 05-Apr-2019 at 7:57pm
ons moet daai fokken spiderman truie nou uittrek en begin rugby speel. Hier kry ons vandag die pak van ons lewens.

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 05-Apr-2019 at 7:58pm
Geen bal, heeltyd onder druk, kan nie meer as n paar fase aan die gang kry nie. So loop dit..

Posted By: valie
Date Posted: 05-Apr-2019 at 7:59pm
Earl Rose se laaitie hol gate deur ons....

Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Apr-2019 at 8:07pm
77% besit vir die Haaie in die eerste helfte

Posted By: Leeubok
Date Posted: 05-Apr-2019 at 8:14pm
Originally posted by valie valie wrote:

Earl Rose se laaitie hol gate deur ons....

As dit nie so hartseer was nie het ek nou my gat af gelag

Posted By: Transvaal
Date Posted: 05-Apr-2019 at 8:16pm
#SuperRugby - #Lions 0 vs #Sharks 28 - 47m - PENALTY Bosch

Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net