Print Page | Close Window

Dis binnekort ‘sayonara’ Sunwolves

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7678
Printed Date: 12-May-2024 at 10:15am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Dis binnekort ‘sayonara’ Sunwolves
Posted By: Transvaal
Subject: Dis binnekort ‘sayonara’ Sunwolves
Date Posted: 21-Mar-2019 at 7:53am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/dis-glo-binnekort-sayonara-sunwolves-20190320%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/dis-glo-binnekort-sayonara-sunwolves-20190320

Japan se deelname aan die Superrugbyreeks gaan glo binnekort tot ’n einde kom.

The Australian berig Sanzaar, die beheerliggaam van die toernooi, het reeds besluit om die Sunwolves die trekpas te gee en die Asiatiese franchise sal voor die einde van die week daaroor ingelig word. Sanzaar het bevestig hy doen Vrydag ’n amptelike verklaring oor die toekoms van die reeks.

Daar word bespiegel die Sunwolves sal in 2020 vir die laaste keer in die Superrugbyreeks verskyn. Die Japanners sukkel sedert hul buiging in die kompetisie in 2016 en het slegs sewe van hul 43 wedstryde gewen.

’n Woordvoerder vir die Sunwolves sê Sanzaar het die franchise gevra om ’n deelname-fooi te betaal, maar die klub het geweier. Volgens The Australian is geen ander franchise gevra om ’n soortgelyke deelname-fooi op te dok nie.

Die Suid-Afrikaanse franchises is glo voorstaanders vir die Sunwolves se uitsluiting weens die uitmergelende reise na Tokio en Singapoer, asook die feit dat wedstryde teen die Japanners nie juis groot toeskouergetalle in Suid-Afrika lok nie.

Die ironie is dat die Sunwolves, wat meestal uit oorsese spelers bestaan, baie beter vaar in 2019. Hul sege van 30-15 oor die Chiefs in die derde ronde van vanjaar se reeks was hul eerste oorwinning weg van die huis.

Hulle het die Blues opdraande gegee op Eden Park voordat hulle met 20-28 verslaan is en naelskraap tuis teen die Waratahs (30-31) en die Reds (31-34) verloor het.

“Sanzaar en sy belanghebbers sal geen kommentaar lewer oor Superrugby nie totdat die verklaring (Vrydag) uitgereik word,” sê die beheerliggaam.



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 21-Mar-2019 at 7:53am
Ek neem aan met 14 spanne kan hulle terugkeer na iets waar elke span een keer teen elke ander span speel



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net