Print Page | Close Window

SA rugby faces mass exodus after World Cup

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7674
Printed Date: 06-May-2025 at 5:16pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: SA rugby faces mass exodus after World Cup
Posted By: Transvaal
Subject: SA rugby faces mass exodus after World Cup
Date Posted: 18-Mar-2019 at 3:03pm
https://www.sport24.co.za/Rugby/SuperRugby/sa-rugby-faces-mass-exodus-after-world-cup-20190318

There could be a big exodus of South African rugby players after this year's Rugby World Cup in Japan.

Afrikaans newspaper  https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/na-wb-kom-die-groot-trek-20190317" rel="nofollow - Rapport  indicated on Sunday that about 55 of the country's top rugby players have yet to sign deals with their Super Rugby franchises.

Fifteen of them have already signed deals with overseas teams.

The 15 players are Stormers trio Eben Etzebeth (Toulon, France), EW Viljoen (Leicester Tigers, England) and Dillyn Leyds (Wasps, England); Bulls quartet RG Snyman (Jonda Heat, Japan), Eli Snyman (Treviso, Italy), Hendre Stassen (Stade Francais, France) and Duane Vermeulen (Kubota Spears, Japan); Sharks quintet Jacques Vermeulen (Exeter Chiefs, England), Akker van der Merwe, Jean-Luc du Preez, Dan du Preez and Robert du Preez (all Sale Sharks, England); and Lions trio Stephan Lewies (Harlequins), Andries Ferreira (already joined the Hurricanes in New Zealand) and Nic Groom (Edinburgh, Scotland).

Springboks who are yet to sign contract extensions locally and in high demand overseas include the likes of Malcolm Marx (Lions), Warren Whiteley, Elton Jantjies (Lions), Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi, Steven Kitshoff, Frans Malherbe (Stormers), Lood de Jager, Handre Pollard (Bulls), Tendai Mtawarira and Curwin Bosch (Sharks). 

It has become clear that it will be tough for SA Rugby to keep many of the top Springboks from plying their trade abroad.

However, these players will not be lost for the national team as SA Rugby is committed to enforcing Regulation 9 - a World Rugby ruling that forces clubs to make their international players available during the Test match windows for up to 14 weeks a year.




Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 18-Mar-2019 at 3:06pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/na-wb-kom-die-groot-trek-20190317%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/na-wb-kom-die-groot-trek-20190317

Ná WB-toernooi kom die Groot Trek


Tot 15 Springbokke wat nou rande verdien, se salarisse kan ná die Wêreldbekertoernooi in pond, jen of euro betaal word.

Hulle is deel van sowat 55 van die land se topspelers wat volgens Rapport se inligting nog nie hul kontrakte met hul Superfranchises verleng het nie óf reeds oorsee geteken het. Dié name (kyk na grafika) is die afgelope week met verskeie invloedryke rolspelers bevestig.

Groot kanonne soos Malcolm Marx, Handré Pollard en Pieter-Steph du Toit tel onder diegene wat nog nie hul kontrakte met die Leeus, Bulle, Haaie en Stormers hernu het nie.

Die Super-spanne probeer als in hul vermoë om hul topspelers te oortuig om te bly, maar dit lyk of die grootste gros van hulle op die trein is wat reeds die stasie verlaat het.

Die Super-spanne probeer als in hul vermoë om hul topspelers te oortuig om te bly, maar dit lyk of die grootste gros van hulle op die trein is wat reeds die stasie verlaat het.

Met al die ervaring wat verlore gaan, vrees van die plaaslike franchises of hulle nog enigsins ’n krag in volgende jaar se Superreeks sal wees. Al die franchises het puik jong talent, maar die afwesigheid van genoegsame ervaring kan hul Super-kanse met die oog op volgende jaar se toernooi dramaties verminder.

Selfs ’n Pro14-span soos die Cheetahs kan geraak word. Spelers soos Oupa Mohoje, Rudy Paige, Nico Lee en Henco Venter (Toshiba Brave Lupus) se beskikbaarheid vir 2020 vir die Vrystaters moet nog bevestig word.

Met die Japanse Topliga wat volgende jaar die eerste keer met Superrugby oorvleuel vanweë die Wêreldbekertoernooi, sal spelers wat in Japan speel, nie in 2020 vir die Stormers, Haaie, Bulle of Leeus beskikbaar wees nie.

In die verlede het dié spelers die Curriebeker misgeloop, maar betyds vir Superrugby teruggekeer.

Rapport het die afgelope week met verskeie ingeligtes gepraat oor die redes waarom die spelers oorsese kontrakte aanvaar en oorweeg.

Beter salarisse is een van die belangrikste redes. In sekere uitsonderlike gevalle kan spelers tot R4 miljoen per jaar meer oorsee as in Suid-Afrika verdien.

“Die onsekerheid oor Suid-Afrika se stabiliteit as land beïnvloed egter veral hul besluitneming,” het ’n ingeligte gesê.

“Die spelers kan ’n beter toekoms aan hul gesinne bied deur ’n Europese of Japanse paspoort te bekom.”

Nog ’n ingeligte na aan verskeie van die land se topspelers beweeg, sê die lewenskoste is nie so hoog oorsee nie.

“Verblyf buite Londen is nie te duur nie. Japanse en Franse klubspanne betaal op hul beurt vir die spelers se verblyf.

“Dit is duurder om daar uit te eet. Elektronika is egter goedkoper. Medies ook. Selfs polisse is goedkoper.”

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), die franchises en van die spelers wil as ’n eerste prys hê iemand soos Du Toit moet in Suid-Afrika bly, maar die finansiële druk is enorm wat spelers se besluit vergemaklik om liefs oorsese kontrakte te aanvaar.

Saru het onlangs aangedui dat hy Wêreldrugby se regulasie 9 van 2020 af streng gaan toepas. Dit kan in sekere gevalle van die oorsese klubspanne afskrik wat met topspelers onderhandel.


Posted By: Billy3
Date Posted: 18-Mar-2019 at 5:00pm
Dis jammer.. Ma dis als te dankie aan die mense in beheer van land....onthou net die eend met goue eiers gaan ook op droog!


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 18-Mar-2019 at 6:32pm
Ons moet eerder n lys begin wie nie waai nie.



Posted By: J J
Date Posted: 19-Mar-2019 at 7:54am
Ons almal weet dat die een oorsaak wat hulle liewer oor swyg is kwota en politiek.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net