Print Page | Close Window

Haaie veroordeel opkikkergebruik

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7650
Printed Date: 25-May-2024 at 8:08am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Haaie veroordeel opkikkergebruik
Posted By: Transvaal
Subject: Haaie veroordeel opkikkergebruik
Date Posted: 14-Mar-2019 at 11:32am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/haaie-veroordeel-opkikkergebruik-20190314%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/haaie-veroordeel-opkikkergebruik-20190314

Die Haaie veroordeel die gebruik van verbode middels in enige vorm en respekteer die werk wat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) doen.

So het die franchise Woensdag by navraag gesê nadat Saids aan Netwerk24 bevestig het die Haaie se Springbok-haker Chiliboy Ralepelle het positief getoets vir die gebruik van die groeihormoon zeranol.

Ralepelle het Dinsdag op die radioprogram The Marawa Sport Show gesê hy het vleis sedert 2014 uit sy dieet gesny. Zeranol is ’n estrogeenonderdrukker wat vir beeste ingespuit word.

’n Sportdokter, Jon Patricios, het vroeër aan Netwerk24 gesê die algemeenste wyse waarop ’n atleet zeranol kan inkry, is deur vleis te eet wat daardeur besmet is. Dít is wat in 2017 met die Amerikaanse naelloper Ajee Wilson gebeur het. Sy is onskuldig bevind.

Zeranol kan ook ingespuit of deur aanvullings ingekry word, hoewel die kans van laasgenoemde skraal is.

“Die Haaie is hoogs proaktief om herhaaldelik ons spelers te onderrig en leiding te verskaf oor regulasies oor die gebruik van verbode middels en die verantwoordelike gebruik van aanvullings,” sê die Haaie.

Ralepelle se vrou, Margaux, is ’n vegetariër. Daar word dus min vleis in die Ralepelle-huishouding geëet en die haker moet sy proteïeninhoud deur onder meer ’n verskeidenheid aanvullings inkry.

Saids het Woensdag bevestig dat Ralepelle sy reg uitgeoefen het om sy B-monster te laat toets. As dié toets ook positief is, sal die haker moet besluit of hy skuldwil beken of ontken.

As hy skuld ontken, sal ’n tugverhoor volg. In so ’n verhoor sal dit rugbaar word hoe Ralepelle die middel ingekry het, sê Saids. ’n Straf sal dan opgelê word.

Ralepelle (32) is in 2014 twee jaar lank geskors vir die gebruik van ’n anaboliese steroïed. As hy weer skuldig bevind word, kan dit sy loopbaan beëindig aangesien hy dan langer gestraf sal word.

“Ons kan nie verder kommentaar lewer totdat die geregtelike proses afgehandel is nie,” sê die Haaie.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie wou ook nie kommentaar lewer nie.



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 14-Mar-2019 at 11:36am
So sy enigste moontlike verweer was om te sy hy het dit ingekry deur besmette vleis te eet, en nou erken hy dat hy nie baie vleis eet nie, of eintlik glad nie vleis eet nie, wat die enigste manier wat oorbly hoe hy dit ingekry het los, is deur 'n inspuiting, dus willens en wetens


Posted By: AK 
Date Posted: 14-Mar-2019 at 11:39am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

So sy enigste moontlike verweer was om te sy hy het dit ingekry deur besmette vleis te eet, en nou erken hy dat hy nie baie vleis eet nie, of eintlik glad nie vleis eet nie, wat die enigste manier wat oorbly hoe hy dit ingekry het los, is deur 'n inspuiting, dus willens en wetens

Jip. Maak nie sin nie.


Posted By: valie
Date Posted: 14-Mar-2019 at 12:11pm
daar is van die reels wat ook belaglik is.
Daar is baie maniere om verbode middels in te kry.
As jy eiers eet van besmette hoenders kan dit ook gebeur.
Party goed kan selfs deur die vel ge absorbeer word, so as jy bv n shampoo gebruik wat die middel bevat, kan dit ook die toets beivloed


Posted By: Leeubok
Date Posted: 14-Mar-2019 at 12:52pm
Hmm, hy het ook gese dat die Sharks hom sal bystaan met hierdie saak, en dat die spelers baie van hul aanvullings by die sharks kry... 

Either way, dit lyk nie goed vir hom of die unie nie. Ek is eintlik verbaas nie meer rugby spelers word uitgevang nie!



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net