Print Page | Close Window

Bulle gaan woes snoei

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7648
Printed Date: 02-Jun-2024 at 12:19pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Bulle gaan woes snoei
Posted By: Transvaal
Subject: Bulle gaan woes snoei
Date Posted: 13-Mar-2019 at 7:33pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-gaan-woes-snoei-20190313%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-gaan-woes-snoei-20190313

Meer as die helfte van die Bulle se gekontrakteerde spelers sal voor volgende seisoen ’n ander rugbytuiste moet soek.

Alan Zondagh, die Bulle se direkteur van rugby, sê daar is meer as 100 spelers wat oortollig is in die nuwe struktuur wat by die unie in die vooruitsig gestel word.

“Ons het veel meer spelers as enige van die ander drie spanne (Leeus, Haaie en Stormers).

“Die spelersgroep van seniors en juniors is so groot dat ons dalk vanjaar op die meeste net twee skoolseuns sal kontrakteer.”

Zondagh sê ’n oudit wat hy die laaste paar maande van die Bulle se strukture gedoen het, wys daar is 202 gekontrakteerde spelers, waarvan 22 by die Tukkies is.

“Om vorentoe volhoubaar te wees, moet die getal gesny word na sowat 80 in 2020.

“Heelwat van die spelers se kontrakte verstryk aan die einde van die seisoen, maar daar is ook diegene wat tot 2021 of 2022 ’n kontrak het, terwyl ons twyfel of hy Superrugby sal speel. Dit is die kriteria, hy moet die vermoë hê om Superrugby te speel.

“Ons gaan ons ingesteldheid met kontraktering drasties moet verander.”

Zondagh benadruk die uitdaging by Loftus Versfeld is om die regte jong spelers vir toekoms te identifiseer en terselfdertyd die Bulle se Springbokke te behou.

Bokke soos Lood de Jager, Handré Pollard, Jesse Kriel en Trevor Nyakane se Bulle-kontrakte loop almal ná die Wêreldbekertoernooi ten einde.

Ons sal alles moontlik doen om ons Bokke te behou, tog is dit onafwendbaar dat baie van die Springbokke oorsee gaan speel.

“Ons moet positief bly daaroor, maar dit gaan baie moeilik wees. Almal in Suid-Afrika is in die dieselfde bootjie. Van Swys (de Bruin) by die Leeus, die Haaie en die Stormers, wat moet probeer om iemand soos Pieter-Steph du Toit te behou.

“Ons sal alles moontlik doen om ons Bokke te behou, tog is dit onafwendbaar dat baie van die Springbokke oorsee gaan speel.”

Dié voormalige afrigter van die Westelike Provinsie, Oostelike Provinsie en Saracens sê dit is in talle opsigte ’n uitdagende jaar vir die Bulle.

Afgesien van die poging om weer Pollard en kie. se handtekeninge op papier te kry, het die hoofafrigter, Pote Human, ook net tot einde van die seisoen ’n kontrak.

“Ons kan maklik van heel bo (in 2019) val na heel onder onder in een seisoen. Daar is baie onsekerheid, maar ons moet raakvat en die beste maak van die saak.”

Zondagh sê hy is sover baie beïndruk met die Bulle se vertonings in die Superreeks.

“Die span lyk goed so vroeg in die reeks. Dit sal interessant wees om te sien hoe ons later teen die Aussie-spanne, wat ek dink verbeter het, en die Kiwi’s vaar.

“Hierdie reeks is nie jou speelmaat nie, tog weet ek die span kan nog beter speel.”



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net