Print Page | Close Window

De Bruin teken kontrak vir WB

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7623
Printed Date: 06-May-2025 at 5:21am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: De Bruin teken kontrak vir WB
Posted By: Transvaal
Subject: De Bruin teken kontrak vir WB
Date Posted: 10-Mar-2019 at 7:02am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/de-bruin-teken-kontrak-vir-wb-20190309%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/de-bruin-teken-kontrak-vir-wb-20190309

Swys de Bruin gaan Wêreldbekertoernooi toe, maar hy het nog nie sy kontrak met die Leeus vir 2020 verleng nie.

Hy het sy kontrak met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) Vrydag geteken, wat verseker dat hy ’n lid van Rassie Erasmus se Springbok-afrigtingspan in Japan is.

“Ek voel geëerd dat Rassie my gevra het om Wêreldbeker toe te gaan,” het De Bruin op die Leeus se amptelike Twitter-rekening @LionsRugbyCo gesê.

“Aanval sal my verantwoordelikheid wees. Dis ’n wonderlike geleentheid. Ek dank God daarvoor.

“Ná 35 jaar se betrokkenheid in die spel en 93 Superrugby-wedstryde (voor gister s’n teen die Jaguares) is dit fantasties om so ’n geleentheid gegun te word. Ek bedank Rassie daarvoor.”

Erasmus het hom aanvanklik net vir verlede jaar se Engelse reeks betrek, maar hom daarna vir die res van 2018 se toetse behou. De Bruin sal een van 16 lede op Erasmus se bestuurspan vir die Wêreldbeker wees. Eugene Henning, uitvoerende hoof van MyPlayers, sluit by die Springbokke aan in die rol van spelersverhoudinge.

Nie alle Leeus-ondersteuners meen De Bruin se betrokkenheid by die Bokke is positief nie.

Sekeres sien dít eerder as ’n rede waarom die Leeus teen die Stormers en Bulle verloor het.

“Ek wil elkeen daarbuite vertel dat ek tans elke sekonde aan die Leeus dink. Ek is 100% toegewyd aan die Leeus. Ek gaan wel twee kampe van die Bokke bywoon. Maar dan sal ek net vir ’n dag of twee weg wees,” sê De Bruin.

Hy is tans in gesprek met die Leeus oor sy toekoms.



Replies:
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 10-Mar-2019 at 10:38am
Wonder wie gaan by Rassie oorneem..


Posted By: Billy3
Date Posted: 10-Mar-2019 at 11:05am
Kings se coach


Posted By: TunaLion
Date Posted: 11-Mar-2019 at 10:18am
Ek tel net 92 SR games waar hy betrokke was voor Saterdag...
2013 - 2 (weet nie of dit tel nie)
2014 - 16
2015 - 16
2016 - 18
2017 - 18
2018 - 19
2019 - 3





-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Mar-2019 at 10:32am
Hy het in die 2013 seisoen by ons begin, en die 2 promosie-relegasie wedstryde teen die Kings tel nie as amptelike Super Rugby wedstryde nie, so dit sal al die wedstryde van 2014 af wees.

2014 - 16
2015 - 16
2016 - 18
2017 - 18
2018 - 19
2019 - 4

So korrek tot op vandag - 91




Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Mar-2019 at 10:33am
hy tel waarskynlik die 2 promosie relegasie wedstryde ook maar dit was nie amptelike super rugby wedstryde nie


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 11-Mar-2019 at 10:34am
Volgens hierdie skakel http://lionsworld.co.za/forumnew/swys-se-wen-rekord_topic4398_page6.html" rel="nofollow - http://lionsworld.co.za/forumnew/swys-se-wen-rekord_topic4398_page6.html

Akkers 71 en Swys 23. As ons dit bymekaar tel 94. Is die Kings games by Akkers se 71 ingetel?


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 11-Mar-2019 at 10:35am
Nevermind tel ons die Mitchell era miskien by die 71 waar hy ingestaan het?


Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Mar-2019 at 10:38am
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Nevermind tel ons die Mitchell era miskien by die 71 waar hy ingestaan het?

Nee want hy was nie in die Mitchel era by ons nie, hy het eers in 2013 begin. Ackers het vir die laaste paar wedstryde van 2012 ingestaan vir Mitch maar Swys was toe nog by die Sharks, het eers in 2013 begin toe ons klaar uitgeskop was en daardie jaar net 'n paar friendlies gespeel het


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 11-Mar-2019 at 10:42am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Nevermind tel ons die Mitchell era miskien by die 71 waar hy ingestaan het?

Nee want hy was nie in die Mitchel era by ons nie, hy het eers in 2013 begin. Ackers het vir die laaste paar wedstryde van 2012 ingestaan vir Mitch maar Swys was toe nog by die Sharks, het eers in 2013 begin toe ons klaar uitgeskop was en daardie jaar net 'n paar friendlies gespeel het

Ja ek wat die 71 by die 23 wil tel sal nie werk nie, oor die Mitchell era wat Akkers ingestaan het en wat Swys nog nie daar was nie, is waar ek my foutjie gemaak het en wat ek bedoel het met my 2de comment :)






Posted By: TunaLion
Date Posted: 11-Mar-2019 at 11:03am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Hy het in die 2013 seisoen by ons begin, en die 2 promosie-relegasie wedstryde teen die Kings tel nie as amptelike Super Rugby wedstryde nie, so dit sal al die wedstryde van 2014 af wees.

2014 - 16
2015 - 16
2016 - 18
2017 - 18
2018 - 19
2019 - 4

So korrek tot op vandag - 91


Thx Transvaal!


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: TunaLion
Date Posted: 11-Mar-2019 at 11:05am
Dink julle nie ook 16 bestuurslede is bietjie baie nie? Dit is omtrent helfte van die aantal spelers....


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Leeubok
Date Posted: 12-Mar-2019 at 7:41am
Hy kan dit soveel keer se as wat hy wil, maar sy fokus kan NIE 100% by die leeus wees nie. Komaan man, dis 'n flippen wereldbeker waarvoor hulle moet beplan!! En die 2 kampe wat hy gaan bywoon, moet my nie vertel hy hoef nie daarvoor voorberei nie? Gaan hulle nie aan aanval werk tydens die kampe nie? 




Posted By: valie
Date Posted: 12-Mar-2019 at 7:50am
Gisteraand op Superrugby was Alan Zondach die gas. Hy reken Swys is een van die beste coaches in die land, wat speler ontwikkeling aan betref, en dat hy n reuse aandeel het in wat die laaste 6 jaar by die Leeus gebeur het.


Posted By: valie
Date Posted: 12-Mar-2019 at 7:55am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Hy kan dit soveel keer se as wat hy wil, maar sy fokus kan NIE 100% by die leeus wees nie. Komaan man, dis 'n flippen wereldbeker waarvoor hulle moet beplan!! En die 2 kampe wat hy gaan bywoon, moet my nie vertel hy hoef nie daarvoor voorberei nie? Gaan hulle nie aan aanval werk tydens die kampe nie? 


Ek dink darem nie dit gaan so n groot probleem wees nie. Dis waarvoor daar sisteme in plek is.
Ek ken min mense wat nie sy job kan doen, as hy nie 24/7, elke minuut van die dag net op sy job konsentreer nie. Dis darem ook nie asof hy nou vir 2 dae heeltemal iets anders gaan doen, as wat hy by die Leeus doen nie, en ek dink hy kan darem seker sy adjudante vertrou met dit wat hy wil he die Leeus moet doen. Ek glo elke ou by die Leeus weet wat van hom verwag word.


Posted By: Leeubok
Date Posted: 12-Mar-2019 at 8:06am
Valie, ons sal maar sien hoe dit gaan die res van die seisoen.. 


Posted By: valie
Date Posted: 12-Mar-2019 at 8:46am
Ek is meer bekommerd oor senior spelers wat nie op vorm is nie, maar hopelik, na die naweek trek hulle n bietjie hulle vingers uit hulle ore, en begin speel soos ons weet hulle kan.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net