Print Page | Close Window

'My f*k, Marelize', hier is sy!

Printed From: Lionsworld
Category: General
Forum Name: Chit Chat
Forum Description: Chit Chat
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7573
Printed Date: 19-Apr-2024 at 11:42pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: 'My f*k, Marelize', hier is sy!
Posted By: Transvaal
Subject: 'My f*k, Marelize', hier is sy!
Date Posted: 01-Mar-2019 at 12:16pm
https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/my-fk-marelize-hier-is-sy-20190301%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/my-fk-marelize-hier-is-sy-20190301

Marelize Horn (19), die Namibiese vrou wat met haar fiets op 'n rugbyveld in 'n doelpaal vasgery het, sê sy is 'n "ongeluksvoël" wat amper elke dag neerploeg.

News24 het Marelize opgespoor.

Sy sê haar ma, Heidi, sê amper elke liewe dag vir haar "my f*k, Marelize" omdat sy pal neerval.

"Ek loop van goed af of ek loop teen goed vas."

'n Video van Marelize wat met haar fiets in 'n paal vasry, waarna die persoon dan die kamera laat sak en moedeloos sê: "My f*k, Marelize" het sedert Woensdag soos 'n veldbrand op sosiale media versprei.

Marelize sê sy is geskok oor hoe gewild die video is.

"Ek bly my ma bel om te vra of dit alles net 'n droom is."

Marelize sê iemand het reeds 'n T-hemp met die woorde op gemaak.

Sy het Saterdagoggend omstreeks 10:30 geoefen om fiets te ry by Affiespark in Windhoek.

"Ek weet dit klink baie vreemd, maar ek leer uiteindelik op die ouderdom van 19 om fiets te ry."

Sy en haar ma het gekies om op die sportveld te oefen omdat sy darem op gras sou val, as sy dan moes.

"My ma het 'n video gemaak van my wat fietsry sodat ons uit my foute kan leer."

Marelize sê sy het heerlik gery totdat sy naby die rugbypaal gekom het.

"Ek wou regs draai, maar die fiets het heeltyd links gedraai. Ek het geen beheer oor die fiets gehad nie en toe bots ek teen die paal."

Sy was glo oral gekneus, maar sal nie toelaat dat dit haar fietsry belemmer nie.

Haar ma het glo nadat sy "My f*k, Marelize" gesê het, gevra of die fiets darem oukei is.

Hulle het die fiets by iemand geleen en Heidi was bang daar is skade aan die fiets.

Marelize sê sy leer hoe om fiets te ry omdat sy Nederland toe trek, waar sy as au pair gaan werk.



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Mar-2019 at 12:18pm
https://www.news24.com/SouthAfrica/News/my-fk-marelize-reaction-to-girl-riding-bike-into-rugby-posts-has-people-in-stitches-20190228%20" rel="nofollow - https://www.news24.com/SouthAfrica/News/my-fk-marelize-reaction-to-girl-riding-bike-into-rugby-posts-has-people-in-stitches-20190228


Posted By: Transvaal
Date Posted: 01-Mar-2019 at 12:25pm
Het gister die video gesien dis heng snaaks, meisie ry op 'n rugbyveld met 'n fiets, so lekker wye draai en dan reguit na die rugbypaal en kan hom net nie misry nie....LOL! Ek dink sy moet nog baie oefen voor sy in Amsterdam met 'n fiets probeer ry

En haar ma se kommentaar....my fok Marelize


Posted By: valie
Date Posted: 01-Mar-2019 at 12:30pm
Het dit ook gesien. Die tannie klink redelik moedeloos LOL


Posted By: TunaLion
Date Posted: 01-Mar-2019 at 1:47pm
Nou weet julle waarmee moet ek werk op n daaglikse basis hier in Windhoek...


-------------
Go LIONS!!!!!



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net