Print Page | Close Window

‘Bulle kontrakteer te veel spelers’

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7549
Printed Date: 06-May-2024 at 6:19pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: ‘Bulle kontrakteer te veel spelers’
Posted By: Transvaal
Subject: ‘Bulle kontrakteer te veel spelers’
Date Posted: 26-Feb-2019 at 1:47pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-kontrakteer-te-veel-spelers-20190226%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-kontrakteer-te-veel-spelers-20190226

Die Suid-Afrikaanse rugbyunies en franchises gaan voortaan versigtig en noukeurig te werk moet gaan wanneer spelers gekontrakteer word, benadruk Alfons Meyer, uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (BBM).

Hy waarsku die luukse wat die Bulle in die onlangse verlede gehad het om groot groepe spelers te kontrakteer en dan die room te skep, is nie langer volhoubaar nie.

“Ons het heeltemal te veel spelers op ons boeke. Daar is byvoorbeeld 55 jong spelers gekontrakteer voordat Saru bekend gemaak het dat die o.19-kompetisie vanjaar wegval.

“Die spelerskorps sal, in lyn met die neiging in Suid-Afrikaanse rugby, besnoei moet word.”

Meyer voorspel ’n werwer met ’n fyn oog vir talent kan tot ’n groot mate die Bulle se sukses bepaal vorentoe.

“Iemand wat vir die Suid-Afrikaanse skolespan gespeel het, maak dit nie altyd nie. En dan is daar die seuns wat eers op 22 of 23 hul talent gestand doen.

“Met toekomstige kontrakte moet jy baie seker wees die speler is bestem om Superrugby te speel, anders mors jy jou geld en tyd.”

Meyer sê hy en Alan Zondagh, die Bulle se direkteur van rugby, doen ’n oudit oor die unie se afrigting- en spelerstrukture.

“Dit word in oorleg met Pote (Human, die hoofafrigter) en ander afrigters soos Nollis Marais gedoen, sodat daar ’n strategiese plan vir die pad vorentoe saamgestel kan word.”

Xander Janse van Rensburg, wat vroeër die maand bedank het as hoëprestasiebestuurder van die BBM, se vakante pos sal in alle waarskynlikheid gevul word, sê Meyer.

Janse van Rensburg was die afgelope paar seisoene verantwoordelik vir die franchise se kontraktering.

“Ek glo ons sal die pos vul, maar die posbeskrywing sal anders daar uitsien.

“Ons gaan iemand nodig hê wat Loftus Versfeld se toekomstige sterre kan identifiseer.”

Een van Meyer se grootste uitdagings is om Springbokke soos Jesse Kriel, Handré Pollard, Duane Vermeulen, Lood de Jager en Trevor Nyakane te oorreed om langer in Pretoria aan te bly.

Hul almal se kontrakte loop in Oktober ten einde.

Daar word ’n groot uittog van spelers verwag ná die Wêreldbekertoernooi in Japan.



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 26-Feb-2019 at 1:50pm
>>Meyer voorspel ’n werwer met ’n fyn oog vir talent kan tot ’n groot mate die Bulle se sukses bepaal vorentoe.

En baie mense se die vorige ou wat verantwoordelik was vir hierdie taak het opgeslip...en hy is nou weg so hulle soek 'n nuwe ou om dit beter te doen


Posted By: Rooibonte8
Date Posted: 26-Feb-2019 at 7:15pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

>>Meyer voorspel ’n werwer met ’n fyn oog vir talent kan tot ’n groot mate die Bulle se sukses bepaal vorentoe.

En baie mense se die vorige ou wat verantwoordelik was vir hierdie taak het opgeslip...en hy is nou weg so hulle soek 'n nuwe ou om dit beter te doen

Onthou julle so klomp jare terug na ons terug in SR gekom het het Ackerman oral spelers gaan soek, hy was nie net n goeie coach nie hy het n goeie oog vir talent gehad, dink Swys het ook n groot aandeel gehad 



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net