Print Page | Close Window

Match 19 - Lions vs Bulls

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7536
Printed Date: 15-May-2024 at 1:50am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com

Topic: Match 19 - Lions vs Bulls
Posted By: Transvaal
Subject: Match 19 - Lions vs Bulls
Date Posted: 25-Feb-2019 at 10:44am
Saturday 2 March 2019 at Ellis Park, kickoff at 15:05 SA Time

Referee: Paul Williams
AR1: Cwengile Jadezweni
AR2: Griffon Colby
TMO: Marius Jonker

Lions: 15. Andries Coetzee; 14. Ruan Combrinck, 13. Lionel Mapoe, 12. Harold Vorster, 11. Aphiwe Dyantyi; 10. Elton Jantjies, 9. Nic Groom; 8. Hacjivah Dayimani, 7. Marnus Schoeman, 6. Kwagga Smith, 5. Stephan Lewies, 4. Rhyno Herbst, 3. Carlu Sadie, 2. Malcolm Marx (Capt), 1. Dylan Smith. '
Replacements: 16. Pieter Jansen, 17. Sti Sithole, 18. Frans van Wyk, 19. Robert Kruger, 20. Vincent Tshituka, 21. Ross Cronje, 22. Franco Naude, 23. Courtnall Skosan.

Bulls: Bulls: 15 Warrick Gelant, 14 Cornal Hendricks, 13 Jessie Kriel, 12 Dylan Sage, 11 Rosko Specman, 10 Handré Pollard (Capt), 9 Embrose Papier, 8 Duane Vermeulen, 7 Hanro Liebenberg, 6 Ruan Steenkamp, 5 Eli Snyman, 4 Jason Jenkins, 3 Trevor Nyakane, 2 Schalk Brits, 1 Lizo Gqoboka.
Replacements: 16 Corniel Els, 17 Simphiwe Matanzima, 18 Dayan van der Westhuizen, 19 Jannes Kirsten, 20 Tim Agaba, 21 Ivan van Zyl, 22 Manie Libbok, 23 Divan Rossouw.

LionsWorld Prediction: Lions by 5

Replies:
Posted By: Leeubok
Date Posted: 25-Feb-2019 at 10:55am
Gaan interessant wees. Ons weet WW gaan nie reg wees nie, so gaan ons ouens kan opstaan en regmaak na die Stormers verloor? Gaan die bulls moeg wees na die vliegery Arg toe en terug, soos dit kamstig die geval met ons was?

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 25-Feb-2019 at 1:18pm
Baie belangrike wedstryd vir ons. 5 punte na twee weg wedstryde is nie 'n slegte begin nie, maar nou moet die manne vasvat op die Park. Niemand anders mag daar wen nie.

Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2019 at 1:24pm
Ons is in die situasie waar ons 1 gewen het wat ons laas jaar verloor het, en ons het 1 verloor wat ons laas jaar gewen het, so basies nog op dieselfde plek. As ons egter Saterdag verloor is ons 1 stappie terug en kan ons ook seker aanvaar ons gaan nie sommer die uitspeel wedstryde maak nie

Posted By: AK 
Date Posted: 25-Feb-2019 at 1:29pm
Ons laaste verloor teen Bulle in Super Rugby was in 2015. Sal goed wees om dit nou nie te bederf nie. Veral op die Park.

Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 25-Feb-2019 at 1:43pm
Hopelik is Ross reg die naweek,hulle Kan hom Sommer kaptein ook maak.

-------------
Once a Lion always a lion

Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2019 at 1:49pm
Originally posted by LeeuBrul LeeuBrul wrote:

Hopelik is Ross reg die naweek,hulle Kan hom Sommer kaptein ook maak.

Hy behoort te wees, dis wat daar laas Donderdag vir ons gese is.

Posted By: WitBoer
Date Posted: 25-Feb-2019 at 1:59pm
Originally posted by LeeuBrul LeeuBrul wrote:

Hopelik is Ross reg die naweek,hulle Kan hom Sommer kaptein ook maak.
Die "Million $ question" is natuurlik of Ross gesien word as eerste keuse Skrumskakel of Groom se adjudant... 

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: Leeubok
Date Posted: 25-Feb-2019 at 2:49pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ons is in die situasie waar ons 1 gewen het wat ons laas jaar verloor het, en ons het 1 verloor wat ons laas jaar gewen het, so basies nog op dieselfde plek. As ons egter Saterdag verloor is ons 1 stappie terug en kan ons ook seker aanvaar ons gaan nie sommer die uitspeel wedstryde maak nie

Om die Jags in Arg te klop was 1 stappie vorentoe, om teen die WP te verloor was 2 stappe terug! Veral 'n WP span wat die vorige naweek 'n helse pakslae teen die bulls gekry het, en wat moerse off field issues het! 

Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Feb-2019 at 2:51pm
Ek is nogal bekommerd oor die manier waarop ons verloor het. amper asof die wiele afgekom het..hoop ek is verkeerd maar ons sal seker Saterdag sien

Posted By: Leeubok
Date Posted: 25-Feb-2019 at 3:06pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek is nogal bekommerd oor die manier waarop ons verloor het. amper asof die wiele afgekom het..hoop ek is verkeerd maar ons sal seker Saterdag sien

Ek wou dit ook al noem. In ons donker dae het ons baie wedstryde verloor wat ons moes wen. Toe begin ons 'n gewoonte maak van wedstryde wen wat ons eintlik moes verloor. Saterdag was ons weer terug na die donker dae.. 

Posted By: WitBoer
Date Posted: 25-Feb-2019 at 3:26pm
Kan ons nie versoek dat Kobus Wiese ons wedstryd teen die Bulls blaas nie? LOL

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 25-Feb-2019 at 3:51pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Ek is nogal bekommerd oor die manier waarop ons verloor het. amper asof die wiele afgekom het..hoop ek is verkeerd maar ons sal seker Saterdag sien
Wiele het afgekom toe WW af is. Toe is EJ kaptein. Toe vergeet hy hoe om te speel en vergeet hy om die span te lei en begin hy toe net moan en moan en moan by Seconds die heeltyd. Ons was heeltemal gerattle toe WW af is, toe was daar geen rigting en dringendheid. Die span moes toe kalmeer en hoeke toe skop om in die regte kant van die veld te speel, nie in 'n sinnelose arm-druk kompetisie betrokke geraak het nie.

As, moes, ens. tel nie meer nie. My punt is ek stem ons het BMT gekort het Saterdag. Ek gaan seker binnekort ophou moan daaroor, dit was maar net vir my baie erg om so te verloor.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 25-Feb-2019 at 5:00pm
Ek begin weer op n punt raak waar ek eerder nie meer wil kyk nie.

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 25-Feb-2019 at 5:22pm
Ek dink die spanne se truie gaan weer redelik moeilik onderskeibaar wees. Ek dink die Leeus moes eerder gegaan het vir 'n rooi Iron man tema. Nou is Leeus, Bulls en Stormers se truie meestal blou. En die Stormers se donkerblou is nou weer te naby aan die Sharks se swart. Jinne hierdie is belaglik...

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 25-Feb-2019 at 5:26pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Ek begin weer op n punt raak waar ek eerder nie meer wil kyk nie.
Ek voel ook soms so, maar ek het nie beheer daaroor nie. As hul jol, kyk ek. Ons spel is beslis nie so aanskoulik onder Swys nie. Maar daaroor worry ek nie te veel nie. Ek was voorheen net tevrede met kompeterend wees, maar nou wil ek net wen.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 25-Feb-2019 at 6:49pm
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Dit is so, dit is uit ons hande. Maar jouself straf en die vrou kwaad maak omdat jy skree opi tv ens. Mens vat tyd om dit te kyk, ouens word betaal om dit te speel, hel mens moet dit darem kan geniet ook.

Posted By: Lionsinpta
Date Posted: 26-Feb-2019 at 8:42pm
Slegte nuus, Egon Seconds is weer die ref vir die wedstryd. Goeie nuus, hulle het agtergekom hy is hond k@k sleg en is vervang deur. Paul Williams. 

Posted By: Transvaal
Date Posted: 27-Feb-2019 at 5:33am
Paul Williams will referee the Super Rugby match between the #Lions and the #Bulls at Ellis Park on Saturday, kickoff is at 15:05

Posted By: Leeubok
Date Posted: 27-Feb-2019 at 7:08am
Originally posted by Lionsinpta Lionsinpta wrote:

Slegte nuus, Egon Seconds is weer die ref vir die wedstryd. Goeie nuus, hulle het agtergekom hy is hond k@k sleg en is vervang deur. Paul Williams. 

Is hy regtig vervang?

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 27-Feb-2019 at 7:18am
Hy is ja.. was op radio ook.

Posted By: Leeubok
Date Posted: 27-Feb-2019 at 7:21am
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Hy is ja.. was op radio ook.

So hulle erken dat hy uiters kuk geblaas het! 

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 27-Feb-2019 at 7:34am
Tensy Lionsinpta 'n grappie gemaak het en die OFM sport-omroeper sy inligting hier op Lionsworld kry LOL

Posted By: Vaal Leeu 3
Date Posted: 27-Feb-2019 at 8:05am
So amptelik word daar saamgestem oor sy vermoe. Maar die log se steeds WP wen...

Posted By: Transvaal
Date Posted: 27-Feb-2019 at 8:07am
Ek het nerens iets gesien dat hy amptelik vervang is nie

Posted By: Transvaal
Date Posted: 27-Feb-2019 at 8:20am
Hierdie is ons wedstryd beamptes vir die wedstryd:

Referee: Paul Williams
AR1: Cwengile Jadezweni
AR2: Griffon Colby
TMO: Marius Jonker

Posted By: Lionsinpta
Date Posted: 27-Feb-2019 at 9:44am
Ernstig, hy was geskeduleer om ons wedstryd te geblaas het, maar daar was toe gebesluit om hom te skuif. Probeer nog uitvind "wie" het dit aangevra.

Posted By: Leeubok
Date Posted: 27-Feb-2019 at 9:48am
Plaas hulle hom maar gehou het. Dan stuur ons die grootste ou in die span om mooi met hom te gaan gesels, en vir hom te se: luister ou maat, laas nwk het jy ons die game gekos. Jy beter opmaak hierdie nwk.. 

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 27-Feb-2019 at 10:05am
Bulle is seker bang hy wil opmaak vir laas week

Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 27-Feb-2019 at 10:09am
Of dalk het hy self gevra hy wil nie nou Johannesburg toe gaan nie! Hehehe...

Posted By: Lionsinpta
Date Posted: 27-Feb-2019 at 10:30am
Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Of dalk het hy self gevra hy wil nie nou Johannesburg toe gaan nie! Hehehe...

Ja-nee ek dink hier is 'n paar ouens wat met hom wil bietjie gesels.

Posted By: Leeubok
Date Posted: 27-Feb-2019 at 10:40am
Originally posted by Lionsinpta Lionsinpta wrote:

Originally posted by Goue Leeu Goue Leeu wrote:

Of dalk het hy self gevra hy wil nie nou Johannesburg toe gaan nie! Hehehe...

Ja-nee ek dink hier is 'n paar ouens wat met hom wil bietjie gesels.

LOL

Dis elkgeval mos baie makliker vir hom om net saam sy stormers spanmaats te toer, en al hulle wedstryde te blaas

Posted By: Transvaal
Date Posted: 27-Feb-2019 at 11:55am
Die mense wat Ellispark toe gaan Saterdag, onthou die SuperSport Challenge span speel 'n voorwedstryd teen die Valke, dit skop 11:30 af. Sal goed wees om te sien water ouens vir die span speel. Sover ek weet rig Sean Erasmus die span af, en kanse is seker ook goed dat hy die Curriebeker span sal afrig.

Posted By: Transvaal
Date Posted: 27-Feb-2019 at 12:37pm
Bulle se span opgedateer, 2 veranderings met Sage in op 12 vir Odendaal en Snyman op 5 vir Lood

Posted By: Leeubok
Date Posted: 27-Feb-2019 at 1:18pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die mense wat Ellispark toe gaan Saterdag, onthou die SuperSport Challenge span speel 'n voorwedstryd teen die Valke, dit skop 11:30 af. Sal goed wees om te sien water ouens vir die span speel. Sover ek weet rig Sean Erasmus die span af, en kanse is seker ook goed dat hy die Curriebeker span sal afrig.

Wat het dan can Cash geword? Is hy nou weer terug na kondisionering?

Posted By: Leeubok
Date Posted: 27-Feb-2019 at 1:20pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Bulle se span opgedateer, 2 veranderings met Sage in op 12 vir Odendaal en Snyman op 5 vir Lood

Dit is nie regtig n span wat mens hoef te vrees nie.. Maar na ons verloor teen WP weet ek nie meer wat om te verwag van ons ouens nie!

Posted By: Transvaal
Date Posted: 27-Feb-2019 at 1:24pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die mense wat Ellispark toe gaan Saterdag, onthou die SuperSport Challenge span speel 'n voorwedstryd teen die Valke, dit skop 11:30 af. Sal goed wees om te sien water ouens vir die span speel. Sover ek weet rig Sean Erasmus die span af, en kanse is seker ook goed dat hy die Curriebeker span sal afrig.

Wat het dan can Cash geword? Is hy nou weer terug na kondisionering?

Cash is weer terug op kondisionering van die Super Rugby span. Ek dink die Leeus het hom maar net laas jaar gebruik omdat hulle nie ekstra wou betaal vir 'n nuwe afrigter nie

Posted By: Transvaal
Date Posted: 27-Feb-2019 at 1:35pm
Opgedateer in eerste pos dat Pollard bevestig is as kaptein in Lood se plek

Posted By: Leeubok
Date Posted: 27-Feb-2019 at 1:46pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Die mense wat Ellispark toe gaan Saterdag, onthou die SuperSport Challenge span speel 'n voorwedstryd teen die Valke, dit skop 11:30 af. Sal goed wees om te sien water ouens vir die span speel. Sover ek weet rig Sean Erasmus die span af, en kanse is seker ook goed dat hy die Curriebeker span sal afrig.

Wat het dan can Cash geword? Is hy nou weer terug na kondisionering?

Cash is weer terug op kondisionering van die Super Rugby span. Ek dink die Leeus het hom maar net laas jaar gebruik omdat hulle nie ekstra wou betaal vir 'n nuwe afrigter nie

O ok dankie. 

Posted By: GoLions
Date Posted: 28-Feb-2019 at 2:40am
Egon Seconds and his fellow miscreants who officiated last Saturday’s Super Rugby clash between the Stormers and the Lions‚ have been yanked from the match they were originally assigned to for this weekend.

TimesLIVE has reliably been informed that Seconds‚ assistant referee Divan Uys and television match official (TMO) Christie du Preez‚ who were all involved in highly contentious decisions in the match won by the Stormers‚ were supposed to do duty in the Lions’ match against the Bulls at Ellis Park on Saturday.

Instead they are now required to report for duty in Durban where the Sharks take on the Stormers.

Insiders in refereeing circles have revealed that the trio had been reassigned following last weekend’s match in the Cape Town which the Stormers won under controversial circumstances.

Whether the Lions requested their removal from the match roster for Saturday’s derby at Ellis Park isn’t clear.
https://www.timeslive.co.za/sport/rugby/2019-02-27-surprise-change-to-the-match-officials-originally-assigned-to-lions-vs-bulls-super-rugby-encounter/" rel="nofollow - https://www.timeslive.co.za/sport/rugby/2019-02-27-surprise-change-to-the-match-officials-originally-assigned-to-lions-vs-bulls-super-rugby-encounter/

Posted By: TunaLion
Date Posted: 28-Feb-2019 at 7:30am
Originally posted by GoLions GoLions wrote:

Dit maak nie baie sin nie, so om hom te straf, maak hulle hom weer deel van die groep wat beslis oor n Stormpie game waar hy hulle weer kan help wen?

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: 5port
Date Posted: 28-Feb-2019 at 7:34am
Seconds is net nie goed genoeg om op die level te blaas nie... Dit was ook onregverdig om 'n ou wat 88 wedstryde vir 'n span gespeel het daai span te laat blaas... 

Ek dink nie daar is egter genoeg refs om op daai level te blaas nie so sulke kanse gaan gevat word.

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 28-Feb-2019 at 8:44am
Hy gaan die Stormers hard straf die naweek om op te maak. Hy sou die Leeus weer minder gestraf het die naweek teen die Bulle vir dieselfde redes. Laat hy maar die Stormers gaan sink in Durban. Easy game vir die Sharks

Posted By: Leeubok
Date Posted: 28-Feb-2019 at 8:51am
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Hy gaan die Stormers hard straf die naweek om op te maak. Hy sou die Leeus weer minder gestraf het die naweek teen die Bulle vir dieselfde redes. Laat hy maar die Stormers gaan sink in Durban. Easy game vir die Sharks

Hy is mos net lyn regter. so sal seker nie veel van 'n invloed op die wedstryd he nie.

Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2019 at 9:24am
Ons span word vandag 12:45 aangekondig, ek gaan weer daar wees en sal weer 'n video neem en oplaai vanaand.

Posted By: Lion4ever
Date Posted: 28-Feb-2019 at 11:33am
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Hy gaan die Stormers hard straf die naweek om op te maak. Hy sou die Leeus weer minder gestraf het die naweek teen die Bulle vir dieselfde redes. Laat hy maar die Stormers gaan sink in Durban. Easy game vir die Sharks

Hy is mos net lyn regter. so sal seker nie veel van 'n invloed op die wedstryd he nie.
Watch for plenty of flag ups from Seconds. Whether he wants to show that he is not biased, or whether he does his normal things, I think he will be a huge influence on the ref.

Actually, I am really disappointed in Seconds as a ref. As a former player, he should have a lot more insight into the game than most refs. Unfortunately, it seems as if his player experience has not translated into his performance as a ref. 

Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2019 at 11:39am
The #Lions have won 6 of their last 7 games against the #Bulls, including the last 4, this after failing to win any of their initial 11 encounters in Super Rugby

The #Lions last lost a home game to South African opposition in February 2015, when they lost to the #Stormers

The #Lions have won their last 14 home games against South African opposition

The #Lions have the best tackle success rate of any side so far this season of 89%, and also have won the most turnovers (24)

The #Bulls have a 100% lineout success rate after two rounds, winning all 23 of their throws

Marvin Orie tops the overall tackle count with 32 tackles, missing only 2

Handre Pollard is the leading points scorer in Super Rugby with 32 points, Elton Jantjies is 7th with 17 points.

Marnus Schoeman is the leading try scorer in Super Rugby with 3 tries (together with 2 other players) while Rosko Specman is 4th with 2 tries

Duane Vermeulen is 10th on the metres made list with 116 metres

Rosko Specman is 8th on the list of defenders beaten with 8

Rosko Specman is 5th on the list of clean breaks with 4

Malcolm Marx found the mark with 33 of his line-out throws, missing only 2, to top the list.

Only the Crusaders and Jaguares with 26 have conceded more penalties than the Lions on 25

Posted By: monster
Date Posted: 28-Feb-2019 at 11:45am

Only the Crusaders and Jaguares with 26 have conceded more penalties tan the Lions on 25
[/QUOTE]

10 van daai strafskoppe was seker in beserings tyd teen die Stormers Wink

Posted By: Lion4ever
Date Posted: 28-Feb-2019 at 11:47am
Interesting thing is that the Crusaders are unbeaten so far and are 2nd on the overall table, yet are joint 1st in conceding penalties. 

Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2019 at 11:59am
Dinge wat uitstaan is dat ons meters gemaak, verdedigers geklop, clean breaks en offloads stats, saam met die strafskoppe afgestaan, aan die swak kant is. Hopelik is dit dinge waaraan hulle werk. Ek hou ook nie baie daarvan dat ons 5 driee in die kompetisie sover net van die voorries af kom nie

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 28-Feb-2019 at 12:20pm
Hoelaat kondig hulle die span aan?

Posted By: 5port
Date Posted: 28-Feb-2019 at 12:46pm
Backline is te boring om driee te druk op die oomblik... kort die nuwe outjies die sim's en die greens mo nou te kans te kry.

Wonder of swys 'n spesifieke game target om hulle 'n run te gee?

Posted By: TunaLion
Date Posted: 28-Feb-2019 at 12:47pm
Originally posted by 5port 5port wrote:

Seconds is net nie goed genoeg om op die level te blaas nie... Dit was ook onregverdig om 'n ou wat 88 wedstryde vir 'n span gespeel het daai span te laat blaas... 

Ek dink nie daar is egter genoeg refs om op daai level te blaas nie so sulke kanse gaan gevat word.

Wel hy is self nie op hierdie of selfs CC level nie, so hulle kon netsowel enigiemand anders die kans ook gee....

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: TunaLion
Date Posted: 28-Feb-2019 at 12:53pm
Ek sal ook nooit die CC game vergeet.. Leeus teen Sharks op EP 2017, waar die Leeus baie ver voor was, Sharks druk n drie, Robbie Coetsee probeer met sy voet die bal keer, maar raak per ongeluk met sy stewel aan JL Du Preez se kop en kry n rooi kaart daarvoor, maak nie saak hoe sag dit was nie, sit JL n massive show tog aan. Sharks kom terug teen die 14 man Leeus en wen in die einde, met Seconds wat vir res van die game die Leeus ook swaar straf. In die volgende week word rooikaart gekanseleer teen Robbie en niks word verder gedoen, maar tog wys geskiedenis dat die Leeus die game verloor het met 14 man.

Luister mooi na my, dit is nie die eerste keer en gaan ook nie die laaste keer wees wat die Leeus agv Seconds games verloor nie.

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 28-Feb-2019 at 12:55pm
Sien Marx is kaptein

Posted By: 5port
Date Posted: 28-Feb-2019 at 12:55pm
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by 5port 5port wrote:

Seconds is net nie goed genoeg om op die level te blaas nie... Dit was ook onregverdig om 'n ou wat 88 wedstryde vir 'n span gespeel het daai span te laat blaas... 

Ek dink nie daar is egter genoeg refs om op daai level te blaas nie so sulke kanse gaan gevat word.

Wel hy is self nie op hierdie of selfs CC level nie, so hulle kon netsowel enigiemand anders die kans ook gee....

Almal weet hoekom hy die kans gekry het ongelukig is dit nou maar so... Dink hy gaan ons nog baie laat vloek...

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 28-Feb-2019 at 12:56pm
Andries Coetzee; Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Aphie Dyantyi; Elton Jantjies, Nic Groom; Hacjivah Dayimani, Kwagga Smith, Marnus Schoeman, Stephan Lewies, Rhyno Herbst, Carlu Sadie, Malcolm Marx, Dylan Smith. Reserwes: Pieter Jansen, Sti Sithole, Frans van Wyk, Robert Kruger, Vincent Tshituka, Ross Cronjé, Franco Naudé, Courtnall Skosan.

Wonder waar is Orie

Lees my vorige pos, maar ja, ekt al van daardie 2017 game af opgehou na Leeus games kyk as Seconds die ref is. Ek record dit nou eerder en fast forward deur meeste van die game, want sy beslissings jaag my bloeddruk te veel op.

Almal weet hoekom hy die kans gekry het ongelukig is dit nou maar so... Dink hy gaan ons nog baie laat vloek...

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: Zibbie
Date Posted: 28-Feb-2019 at 12:58pm
well die bulle met hulle opwindende hardloop rugby kon nie die jagauars wen nie ... so ek weet nie 

Posted By: 5port
Date Posted: 28-Feb-2019 at 12:58pm
Franco Naudé - nog a weg gooi kind wie 'n yster is... 

Posted By: 5port
Date Posted: 28-Feb-2019 at 12:59pm
Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by 5port 5port wrote:

Originally posted by TunaLion TunaLion wrote:

Originally posted by 5port 5port wrote:

Seconds is net nie goed genoeg om op die level te blaas nie... Dit was ook onregverdig om 'n ou wat 88 wedstryde vir 'n span gespeel het daai span te laat blaas... 

Ek dink nie daar is egter genoeg refs om op daai level te blaas nie so sulke kanse gaan gevat word.

Wel hy is self nie op hierdie of selfs CC level nie, so hulle kon netsowel enigiemand anders die kans ook gee....

Lees my vorige pos, maar ja, ekt al van daardie 2017 game af opgehou na Leeus games kyk as Seconds die ref is. Ek record dit nou eerder en fast forward deur meeste van die game, want sy beslissings jaag my bloeddruk te veel op.

Almal weet hoekom hy die kans gekry het ongelukig is dit nou maar so... Dink hy gaan ons nog baie laat vloek...

Daai klink soos 'n plan....

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:00pm
Originally posted by 5port 5port wrote:

Franco Naudé - nog a weg gooi kind wie 'n yster is... 

Ja ek weet nie hoekom hy bo Simelane gekies word nie. Die leeus verstom my....

Posted By: TunaLion
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:01pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Andries Coetzee; Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Aphie Dyantyi; Elton Jantjies, Nic Groom; Hacjivah Dayimani, Kwagga Smith, Marnus Schoeman, Stephan Lewies, Rhyno Herbst, Carlu Sadie, Malcolm Marx, Dylan Smith. Reserwes: Pieter Jansen, Sti Sithole, Frans van Wyk, Robert Kruger, Vincent Tshituka, Ross Cronjé, Franco Naudé, Courtnall Skosan.

Wonder waar is Orie

Lyk na n goeie span, behalwe natuurlik vir Groom en ons senters. Sal hulle al drie kans gee in SuperSport reeks om te wys hul hoort nog op n rugbyveld.

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: Leeubok
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:03pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Andries Coetzee; Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Aphie Dyantyi; Elton Jantjies, Nic Groom; Hacjivah Dayimani, Kwagga Smith, Marnus Schoeman, Stephan Lewies, Rhyno Herbst, Carlu Sadie, Malcolm Marx, Dylan Smith. Reserwes: Pieter Jansen, Sti Sithole, Frans van Wyk, Robert Kruger, Vincent Tshituka, Ross Cronjé, Franco Naudé, Courtnall Skosan.

Wonder waar is Orie

Orie kan net beseer wees, of is gedrop. Dis nie asof ons genoeg slotte het om hul te roteer nie.

Interessant dat die Naude outjie so vinnig ons bench maak, terwyl Simelani, Ras etc gladnie daar is nie

Wie is Tshituka????

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:05pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Interessant dat die Naude outjie so vinnig ons bench maak, terwyl Simelani, Ras etc gladnie daar is nie
Wie is Tshituka????

Soos ek sê die Leeus verstom my. 

Tshituka het gespeel in die CC as ek dit nie mis het nie, flank.

Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:07pm
Hacjivah Dayimani will wear the No 8 jersey with Whiteley out while Marvin Orie misses out with a groin strain.

-------------
Once a Lion always a lion

Posted By: GoLions
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:10pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Andries Coetzee; Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Aphie Dyantyi; Elton Jantjies, Nic Groom; Hacjivah Dayimani, Kwagga Smith, Marnus Schoeman, Stephan Lewies, Rhyno Herbst, Carlu Sadie, Malcolm Marx, Dylan Smith. Reserwes: Pieter Jansen, Sti Sithole, Frans van Wyk, Robert Kruger, Vincent Tshituka, Ross Cronjé, Franco Naudé, Courtnall Skosan.

Wonder waar is Orie

Orie kan net beseer wees, of is gedrop. Dis nie asof ons genoeg slotte het om hul te roteer nie.

Interessant dat die Naude outjie so vinnig ons bench maak, terwyl Simelani, Ras etc gladnie daar is nie

Wie is Tshituka????

Orie - Ligte "groin" besering blykbaar

Swys roteer die nuwe laaities. Dis nou 11 Leeu rookies sover in 3 games (7 SR rookies)

Posted By: GoLions
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:12pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Interessant dat die Naude outjie so vinnig ons bench maak, terwyl Simelani, Ras etc gladnie daar is nie
Wie is Tshituka????

Soos ek sê die Leeus verstom my. 

Tshituka het gespeel in die CC as ek dit nie mis het nie, flank.

Flank. Nog o21

Height1.95 m (6 ft 5 in)
Weight93 kg (205 lb; 14 st 9 lb)
School https://en.wikipedia.org/wiki/Northcliff_High_School" rel="nofollow - Northcliff High School

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:17pm
2 probleme:
1.Vandat Faf weg is kon ons nie weer daai vinninge, bal-in-hand rugby speel nie. Omdat hy so vinnig skoon maak kon die rush-defence niks doen nie, want hul was nog nie reg nie. Ons is nou maklik voorspelbaar. Ons kon nog nie aan 'n nuwe wedstrydplan dink of uitvoer nie.
2. Hardkoppige spankeuses- kies spelers wie nie goed genoeg is nie.

Hopelik word ek Saterdag stil gespeel. Ons gaan immers die wedstryd bywoon so hulle beter hul gatte in rat kry.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: 5port
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:22pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Originally posted by 5port 5port wrote:

Franco Naudé - nog a weg gooi kind wie 'n yster is... 

Ja ek weet nie hoekom hy bo Simelane gekies word nie. Die leeus verstom my....

Stem - Baie vinnig 'n kans gekry....

Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:29pm
Span opgedateer in die eerste pos. Swys het my belowe die backs gaan Saterdag 4 driee druk

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:34pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Span opgedateer in die eerste pos. Swys het my belowe die backs gaan Saterdag 4 driee druk

LOLClap

-------------
Up the Vaal!

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:36pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Span opgedateer in die eerste pos. Swys het my belowe die backs gaan Saterdag 4 driee druk

Seker vir die Bulle

Posted By: Lion4ever
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:39pm
Interesting choice of Marx as captain. Still a good team, though.

Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:40pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Span opgedateer in die eerste pos. Swys het my belowe die backs gaan Saterdag 4 driee druk

Seker vir die Bulle

ouch...

Posted By: valie
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:42pm
Ons is kwesbaar in die lynstane, plus Lewies lyk of hy by ons, net soos by die sharks, n passasier is. Ek hoop regtig hy bewys my verkeerd.

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:43pm
Kan iemand vir my verduidelik hoekom speel Reynolds nie? Het hy 'n niggle. Of het ek die verkeerde opinie van hom? Hy is beslis nie die antwoord op al ons vrae nie, maar hel, hy was laasjaar een van die min ouens wie bestendig was die paar kere wat hy wel kans gekry het in SR en CC.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:44pm
Swys se die gameplan teen die Jaguares en Stormers was om met die voorries te speel, en teen die Bulle gaan hulle meer konsentreer om met die backs te speel. Kom ons kyk maar. Hy se ook die trip na Buenos Aires is te blameer vir die span se swak 2de helfte teen die Stormers, hy se die manne was flou met rustyd en obviously kan mens nie al XV vervang nie, maar dis seker hoekom hy die plaasvervangers so vroeg opgebring het.

Die logiese gevolgtrekking om te maak is dat die Bulle Saterdag ook flou gaan wees in die 2de helfte.

Hy is opgewonde oor Franco Naude op Senter, hy se hy kan 'n 2de Rohan Janse van Rensburg vir ons wees

Posted By: valie
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:46pm
Ek sien Robert Kruger speel in die voorwedstryd teen die valke ook.

Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:47pm
Originally posted by valie valie wrote:

Ek sien Robert Kruger speel in die voorwedstryd teen die valke ook.

LOL...goed opgetel maar dit moet verkeerd wees, hy sal verseker nie in altwee games speel nie

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:48pm
Originally posted by Attie Karate Attie Karate wrote:

Kan iemand vir my verduidelik hoekom speel Reynolds nie? Het hy 'n niggle. Of het ek die verkeerde opinie van hom? Hy is beslis nie die antwoord op al ons vrae nie, maar hel, hy was laasjaar een van die min ouens wie bestendig was die paar kere wat hy wel kans gekry het in SR en CC.

Sien Reynolds speel in die jong span.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:50pm

op 12 ja. Franco Naude wat op die bank is, is 'n lekker groot en sterk senter, kom ons kyk wat maak hy as hy Saterdag kans kry

Posted By: Leeubok
Date Posted: 28-Feb-2019 at 1:58pm
Eish manne, ek weet darem nie oor Swys se spankeuses nie. Dit is vir my asof Swys nie weet waar om te vat en waar om te los nie. Een week is 'n ou in, vlg week is hy uit sonder om regtig 'n kans te gekry het. Bv Reynolds. Soos Attie gese het, die min kans wat die arme ou gekry het het hy goed gedoen. So nou het ons gladnie eers 'n reserwe scrummie of losskakel op die bank nie. Ons sit met Groom en Elton, en soos laas nwk, as hulle die dag nie op form is nie is ons in die kak. Net so dink ek Boeboes en Mapoe, selfs Vorster, verdien om bietjie op die bank te sit. Maar hulle speel week na week maak nie saak hoe hul form is nie..

Nou met die Naude ou, watse boodskap stuur dit aan Simelani wat deur die leeu ranks gekom het? En wat self nie sleg gedoen het met die min kanse wat hy gegun was nie?

Nee hel ek weet darem nie..

Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2019 at 2:00pm
Leeubok, is Ross Cronje dan 'n flank?

Posted By: Leeubok
Date Posted: 28-Feb-2019 at 2:02pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Leeubok, is Ross Cronje dan 'n flank?

Oeps, het hom nie eers raak gesien nie!

Maar as ek reg onthou het ons die eerste 2 games sonder n reserwe scrummie gespeel? Of is ek weer verkeerd?

Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2019 at 2:03pm
En Franco Naude is 'n 12, as ek die situasie reg lees kry hy kans om te sien of hy dalk vorentoe die begin 12 gaan wees. Simelane is 'n 13 of vleuel of 15, maar sy kans sal kom, hy het baie talent en sal waarskynlik volgende jaar meer in die begin XV wees as op die bank

Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2019 at 2:04pm
Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Leeubok, is Ross Cronje dan 'n flank?

Oeps, het hom nie eers raak gesien nie!

Maar as ek reg onthou het ons die eerste 2 games sonder n reserwe scrummie gespeel? Of is ek weer verkeerd?

Ja jy is verkeerd, Dillon Smit was op die bank teen die Jaguares, maar laas naweek was daar wel nie 'n skrummie op die bank nie

Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2019 at 2:08pm
Ek het so bietjie met Lemmer ook gesels om te hoor of ons die Bulle se skrums bietjie gaan teiken omdat hulle skrum stats ook bietjie aan die swakkerige kant lyk, en hy se toe dis hoe rugby werk, jy teiken ALTYD die opponente se skrums en lynstane, ongeag van hoe goed of sleg hulle stats is. Nou weet ek ook. 

Posted By: Leeubok
Date Posted: 28-Feb-2019 at 2:08pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Originally posted by Leeubok Leeubok wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Leeubok, is Ross Cronje dan 'n flank?

Oeps, het hom nie eers raak gesien nie!

Maar as ek reg onthou het ons die eerste 2 games sonder n reserwe scrummie gespeel? Of is ek weer verkeerd?

Ja jy is verkeerd, Dillon Smit was op die bank teen die Jaguares, maar laas naweek was daar wel nie 'n skrummie op die bank nie

Ok, ek kon net highlights van die Jags game sien so kon nie lekker onthou nie. 

Maar maak nie saak nie, ek bly by my standpunt dat party van Swys se seleksies nie lekker sin maak nie. 

Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Feb-2019 at 2:14pm
Mens gaan seker nie altyd saamstem met die afrigter nie, maar dis ook seker nie die maklikste ding om 'n span te moet kies nie wat jy gaan nooit almal tevrede stel nie. Ek het bietjie aflyn met Swys gesels, hy se die feit dat Rohan gewaai het was 'n reuse gatslag vir die Leeus. Ek dink hy weet sy Senters vuur nie op al hulle silinders nie

Posted By: WitBoer
Date Posted: 28-Feb-2019 at 2:18pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Mens gaan seker nie altyd saamstem met die afrigter nie, maar dis ook seker nie die maklikste ding om 'n span te moet kies nie wat jy gaan nooit almal tevrede stel nie. Ek het bietjie aflyn met Swys gesels, hy se die feit dat Rohan gewaai het was 'n reuse gatslag vir die Leeus. Ek dink hy weet sy Senters vuur nie op al hulle silinders nie
Maak nie lekker sin nie? Rohan het dan 90% van die tyd op die bench gesit en ander wedstryde moes hy vleuel speel? Het regtig nie gelyk of Swys dink hy is goed genoeg nie, nou kies hy 'n speler wat "die volgende Rohan" kan wees.... Vir wat? Om ook op die bench te sit of vleuel te speel?

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: Leeubok
Date Posted: 28-Feb-2019 at 2:22pm
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Presies, wou dit ook nounet uitwys. Dit was een van die redes wat Rohan gese het hoekom hy gewaai het

Posted By: Leeubok
Date Posted: 28-Feb-2019 at 2:24pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Mens gaan seker nie altyd saamstem met die afrigter nie, maar dis ook seker nie die maklikste ding om 'n span te moet kies nie wat jy gaan nooit almal tevrede stel nie. Ek het bietjie aflyn met Swys gesels, hy se die feit dat Rohan gewaai het was 'n reuse gatslag vir die Leeus. Ek dink hy weet sy Senters vuur nie op al hulle silinders nie

As hy weet die senters speel nie goed nie, waarom kry Reynolds (eintlik 'n 10), Simelani, Ras en Lombard (ook eintlik 'n 10) nie meer kans nie? Nou gaan haal hy 'n bul discard en druk hom summier in die span bo die ander wat goed gedoen het met die min kans wat hul gegun is

Posted By: PaBz0r
Date Posted: 28-Feb-2019 at 2:25pm
hoop sy hande is beter as Rohan sinne

Posted By: TunaLion
Date Posted: 28-Feb-2019 at 2:53pm
Originally posted by PaBz0r PaBz0r wrote:

hoop sy hande is beter as Rohan sinne

Ja, maar die probleem was mos met Rohan se oë. Hyt mos een of ander sig probleem gehad, weet nie of julle die artikel destyds gelees het waarvan hy daaroor gepraat het.

-------------
Go LIONS!!!!!

Posted By: 5port
Date Posted: 28-Feb-2019 at 3:48pm
Dink julle Marx is die regte ou vir kaptein?

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 28-Feb-2019 at 3:56pm
Originally posted by 5port 5port wrote:

Dink julle Marx is die regte ou vir kaptein?
Ek sou dalk eerder vir Kwagga gegaan het, maar Marx sal fine wees. Solank hy net nie soos 'n trompoppie rondstaan en heeltyd sy toys gooi soos EJ laasnaweek nie.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: Attie Karate
Date Posted: 28-Feb-2019 at 4:02pm
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Mens gaan seker nie altyd saamstem met die afrigter nie, maar dis ook seker nie die maklikste ding om 'n span te moet kies nie wat jy gaan nooit almal tevrede stel nie. Ek het bietjie aflyn met Swys gesels, hy se die feit dat Rohan gewaai het was 'n reuse gatslag vir die Leeus. Ek dink hy weet sy Senters vuur nie op al hulle silinders nie

Dis onmoontlik om almal tevrede te stel, maar die huidige volstruis-mentaliteit t.o.v. spelers wie nou al baie lank swak speel is, is baie kommerwekkend.

-------------
Up the Vaal!

Posted By: WitBoer
Date Posted: 28-Feb-2019 at 4:04pm
Originally posted by 5port 5port wrote:

Dink julle Marx is die regte ou vir kaptein?
Ek dink hy sal goed doen daar. Hy is nie 'n windgat soos Jantjies of Bismarck nie, lyk na 'n heel kalm ou wat oopkop is. Dalk net wat ons nodig het. Hy is nie 'n Whiteley nie, maar ten minste is hy verseker van sy plek.

-------------
"Believe nothing, No matter where you read it, Or who has said it, Not even if I have said it, Unless it agrees with your own reason And your own common sense" - Buddha

Posted By: ROOIHART
Date Posted: 28-Feb-2019 at 4:11pm
Originally posted by WitBoer WitBoer wrote:

Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:

Mens gaan seker nie altyd saamstem met die afrigter nie, maar dis ook seker nie die maklikste ding om 'n span te moet kies nie wat jy gaan nooit almal tevrede stel nie. Ek het bietjie aflyn met Swys gesels, hy se die feit dat Rohan gewaai het was 'n reuse gatslag vir die Leeus. Ek dink hy weet sy Senters vuur nie op al hulle silinders nie
Maak nie lekker sin nie? Rohan het dan 90% van die tyd op die bench gesit en ander wedstryde moes hy vleuel speel? Het regtig nie gelyk of Swys dink hy is goed genoeg nie, nou kies hy 'n speler wat "die volgende Rohan" kan wees.... Vir wat? Om ook op die bench te sit of vleuel te speel?

Nee, Rohan het sover ek weet slegs teen die Sunwolves op vleuel begin en dit was na swak vertoning teen die Blues waar hy eintlik gelukkig was om sy plek in span te behou. Hy het verder 6 wedstryde op senter begin en 5 op die bank gewees voor hy mos weer beseer was. 

Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net