Print Page | Close Window

Whiteley sê Stormers het sterkste groep in SA

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7517
Printed Date: 28-Apr-2024 at 9:13am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Whiteley sê Stormers het sterkste groep in SA
Posted By: Transvaal
Subject: Whiteley sê Stormers het sterkste groep in SA
Date Posted: 21-Feb-2019 at 7:31pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/whiteley-se-stormers-het-sterkste-groep-in-sa-20190221" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/whiteley-se-stormers-het-sterkste-groep-in-sa-20190221

As hy so na die name in die Stormers-kamp kyk, dink Warren Whiteley beslis die Kaapse span het die sterkste Superrugby-groep van al die Suid-Afrikaanse spanne.

Daarom lees die Leeus absoluut niks in die Stormers se verpletterende nederlaag met 40-3 in hul eerste wedstryd verlede naweek teen die Bulle nie.

Whiteley, die Leeus-kaptein, sê hulle bly lugtig vir die Kapenaars voor hul kragmeting Saterdag op Nuweland.

“Daar is geen manier hoe die Stormers vir twee weke agtereenvolgens só gaan vertoon nie,” sê Whiteley.

“Hulle het fantastiese spelers. As jy na hul groep kyk, is dit waarskynlik die beste groep van al die Suid-Afrikaanse spanne,” sê hy.

Swys de Bruin, die Leeus se breier, sê die ophef wat oor die Stormers se nederlaag gemaak word, is oordrewe.

“Die Bulle het ’n bitter sterk span, hul ruggraat is almal Springbokke. Die Stormers het boonop weg van die huis af gespeel,” sê De Bruin.

“Hoeveel keer het die Crusaders nie hul eerste paar wedstryde verloor en dan die titel gewen nie?

Hoeveel keer het die Crusaders nie hul eerste paar wedstryde verloor en dan die titel gewen nie?

“Ons onderskat hulle glad nie, dit gaan ’n bitter taai wedstryd wees.”

De Bruin het slegs drie veranderinge aan sy beginspan aangebring wat die Jaguares verlede week in Buenos Aires geklop het.

Kwagga Smith het van ’n ligte kuitbesering herstel en neem die nr. 7-trui by Hacjivah Dayimani oor.

Op vleuel vervang Ruan Combrinck nóg ’n Springbok, Aphiwe Dyantyi, as deel van die span se rotasiebeleid.

Die voormalige Haaie-slot Stephan Lewies sal sy Superrugby-buiging vir die Leeus maak. Hy is in Rhyno Herbst se plek op nr. 5 gekies.

Dayimani, Dyantyi en Herbst is al drie op die plaasvervangersbank. Sti Sithole, Gianni Lombard en Sylvian Mahuza is ook op die bank ingesluit.

De Bruin sê die plan is om die wedstryd vinnig te maak in die laaste 20 minute en daarom sal die vinnige, beweeglike spelers op sy bank ’n groot impak maak.

Wat die eerste 60 minute betref, het die Leeus ook die spelers om teen ’n blitstempo te speel. Veral hul voorspelers is uiters beweeglik.

Smith en Marnus Schoeman sak saam met Whiteley in ’n lostrio wat nie sal sukkel om die veld vol te speel nie.

Smith en Schoeman speel albei graag bal toe en volgens De Bruin verwag hulle die Stormers gaan met ’n groot aanslag by die afbreekpunte kom.

“Dit is beslis ’n gebied waar ons goed sal moet wees,” sê De Bruin.

Tog glo Whiteley sy flankmaats is meer as net baljagters.

“Ek dink hulle sal seergemaak voel as jy hulle fetchers noem, want hulle is baie meer as net dit,” sê Whiteley.

“Hulle dra die bal goed, hulle verrig baie werk en is dinamiese spelers.”

Elton Jantjies, die Leeus se losskakel, sal hoop Whiteley en kie kan vir hom vinnige bal by die losgemale bewerkstellig. Die Leeus wil graag ’n meer aanvallende wedstrydplan volg as wat die weer verlede week in Argentinië toegelaat het.

Jantjies vorm weer ’n skakelpaar met Nic Groom en hy glo hul vennootskap sal van krag tot krag gaan.

“Ek geniet dit om saam met Groomie te speel, ons was kamermaats toe ek en hy destyds by die Stormers was, so ons kom goed oor die weg,” sê Jantjies.

“Hy is baie soortgelyk aan Ross (Cronjé) – hulle is albei baie koel en kalm op die veld.”

* Leeus-span: Andries Coetzee, Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Nic Groom, Warren Whiteley (k), Kwagga Smith, Marnus Schoeman, Stephan Lewies, Marvin Orie, Carlu Sadie, Malcolm Marx, Dylan Smith. PLAASVERVANGERS: Pieter Jansen, Sti Sithole, Jacobie Adriaanse, Rhyno Herbst, Hacjivah Dayimani, Gianni Lombard, Aphiwe Dyantyi, Sylvian Mahuza.



Replies:
Posted By: Zibbie
Date Posted: 22-Feb-2019 at 7:59am
self sterker as die magtige bulle ? 



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net