Print Page | Close Window

Etzebeth moet Leeus help tem

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7515
Printed Date: 29-Apr-2024 at 2:35pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Etzebeth moet Leeus help tem
Posted By: Transvaal
Subject: Etzebeth moet Leeus help tem
Date Posted: 21-Feb-2019 at 2:47pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/etzebeth-moet-leeus-help-tem-20190221%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/etzebeth-moet-leeus-help-tem-20190221

Die Springbok-slot Eben Etzebeth gaan Saterdag sy terugkeer in Stormers-kleure maak in die Superrugby-wedstryd teen die Leeus op Nuweland.

Etzebeth, wat die Stormers se opwarmwedstryde en die Loftus-kragmeting met die Bulle weens ’n voetbesering misgeloop het, is op die plaasvervangersbank.

Nóg ’n Bok-yster – die vaskopstut Frans Malherbe – keer ook terug onder die plaasvervangers vir ’n wedstryd wat die Stormers onder groot druk is om te wen ná die Loftus-debakel.

Robbie Fleck, die Stormers se afrigter, moes ’n handvol gedwonge veranderinge aan sy beginspan maak.

Die heelagter Dillyn Leyds het ’n beenbesering, wat beteken dat Damiam Willemse van losskakel na die laaste vesting geskuif is. Jean-Luc du Plessis gaan die nr.10-trui dra.

Salmaan Moerat (slot) en JJ Engelbrecht (vleuel) is ook vandeesweek op die krukkelys en word onderskeidelik deur Chris van Zyl en Sergeal Petersen vervang. Dit sal Petersen se buiging vir die Stormers wees.

* Die Stormers-span is: Damian Willemse, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Damian de Allende, SP Marais, Jean-Luc du Plessis, Jano Vermaak, Sikhumbuzo Notshe, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (k), JD Schickerling, Chris van Zyl, Wilco Louw, Bongi Mbonambi, Ali Vermaak. PLAASVERVANGERS: Scarra Ntubeni, Corné Fourie, Frans Malherbe, Eben Etzebeth, Jaco Coetzee, Herschel Jantjies, Josh Stander, Dan du Plessis.




Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net