Print Page | Close Window

Leeus lugtig vir gewonde Stormers

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7501
Printed Date: 15-May-2024 at 3:20am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Leeus lugtig vir gewonde Stormers
Posted By: Transvaal
Subject: Leeus lugtig vir gewonde Stormers
Date Posted: 19-Feb-2019 at 8:17pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-lugtig-vir-gewonde-stormers-20190219%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-lugtig-vir-gewonde-stormers-20190219

Nadat die Leeus die Jaguares met rotsvaste verdediging geklop het, wil hulle Saterdag teen die Stormers graag weer hul tradisionele sterkpunt uitstal.

Neil de Bruin, die Leeus se agterlynafrigter, sê hulle was nie tevrede met hul aanvallende spel in hul sege van 25-16 oor die Jaguares in Buenos Aires nie.

“Ons was eerlik met mekaar oor ons (gebrek aan) vloeiendheid op die aanval. Ons wil nuwe stelsels in werking stel en ek is seker coach Swys (de Bruin, hoofafrigter) gaan sake die naweek regstel,” het De Bruin Dinsdag in Johannesburg gesê.

“Ons kan miskien een of twee veranderinge oorweeg, veral as ons takties anders wil speel. Verskeie jong spelers het na vore getree die naweek, so dit laat ons met ’n lekker tameletjie.

Die bedompige toestande in Argentinië het dit egter moeilik gemaak om die bal rond te slinger en die Leeus sal dus gretig wees om te wys wat hulle met die bal in die hand kan doen op ’n droë Nuweland.

Tog sê De Bruin die Leeus is in hul noppies met hul eerste sege tot dusver in Argentinië.

“Dit bou selfvertroue en gee vir ons momentum voordat ons die Stormers moet pak, wat graag sal wil terugslaan ná hul eerste wedstryd.

Hulle sal wil bewys verlede week was ’n glips en hulle was nie op hul beste nie.

“Saterdag se uitslag was ’n goeie begin vir ons. Ons vat dit, al was dit nie die perfekte vertoning nie.

“Ons het hart gewys en puik verdedig.”

Hy verwag intussen ’n groot aanslag van die Stormers nadat hulle die naweek met 40-3 teen die Bulle verloor het.

“Die Stormers is ’n trotse unie; dit is nooit maklik om in Kaapstad teen hulle te gaan speel nie. Hulle was die slagoffers van ’n blitzkrieg deur die Bulle, wat baie krediet verdien.

“Ek verwag beslis ’n groot terugvegpoging deur die Stormers. Hulle sal wil bewys verlede week was ’n glips en hulle was nie op hul beste nie.”



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net