Print Page | Close Window

Bulle span Cornal bo siek Johnny in

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7495
Printed Date: 13-May-2024 at 10:31pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Bulle span Cornal bo siek Johnny in
Posted By: Transvaal
Subject: Bulle span Cornal bo siek Johnny in
Date Posted: 19-Feb-2019 at 10:11am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-span-cornal-bo-siek-johnny-in-20190219%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-span-cornal-bo-siek-johnny-in-20190219

Die byna vergete Springbok-vleuel Cornal Hendricks sal Saterdag vir die eerste keer sedert 2015 Superrugby speel wanneer die Bulle in Buenos Aires teen die Jaguares te staan kom.

Pote Human, die Bulle-breier, het die 30-jarige Hendricks in sy beginspan gekies in Johnny Kotze se plek.

Kotze, wat die afgelope Saterdag een van die Bulle se drieë teen die Stormers gedruk het, het breinvliesontsteking.

Human sê hy het nie gehuiwer om Hendricks te kies nie.

“Hy is baie ervare en is boonop honger om hom weer op die vlak te bewys.”

Dit is die enigste verandering aan die span wat Saterdag oortuigend met die Stormers afgereken het.

Die kuitbesering wat die haker Schalk Brits las gee, sal hom in alle waarskynlikheid nie uit die begingspan hou nie, maar Human is wel bekommerd oor sy kaptein, Lood de Jager se deelname.

Die Springbok-slot sukkel met griep.

Bulle-span: Warrick Gelant, Cornal Hendricks, Jesse Kriel, Burger Odendaal, Rosko Specman, Handré Pollard, Embrose Papier, Duane Vermeulen, Hanro Liebenberg, Ruan Steenkamp, Lood de Jager (k), Jason Jenkins, Trevor Nyakane, Schalk Brits, Lizo Gqoboka. PLAASVERVANGERS: Corniel Els, Simphiwe Matanzima, Dayan van der Westhuizen, Eli Snyman, Thembelani Bholi, Ivan van Zyl, Manie Libbok. Toer saam: André Warner, Johan Grobbelaar.




Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net