Print Page | Close Window

Bulle leen Smith tot Maart in April se plek

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7421
Printed Date: 10-May-2024 at 6:16pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Bulle leen Smith tot Maart in April se plek
Posted By: Transvaal
Subject: Bulle leen Smith tot Maart in April se plek
Date Posted: 10-Feb-2019 at 6:16am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bulle-leen-smith-tot-maart-in-april-se-plek-20190209%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bulle-leen-smith-tot-maart-in-april-se-plek-20190209


Die Bulle het die opwindende Chris Smith as die beseerde Garth April se plaasvervanger gekontrakteer.

“Ons leen Chris van Maandag af tot einde Maart by die Pumas,” het Xander Janse van Rensburg, die Blou Bulle Maatskappy (BBM) se hoëprestasiebestuurder, gesê.

Die losskakel Smith speel sedert einde verlede jaar vir die Pumas. Hy was in 2018 een van Maties se sterre in die Varsitybeker-reeks.

Smith is deur die Bulle betrek om diepte te verskaf as Handré Pollard of Manie Libbok beseer raak. Die Bulle kan ook vir Tinus de Beer, Tuks se leenspeler van Griekwas, oorweeg.

Nog een van Pretoria se losskakels, Marnitz Boshoff, herstel van ’n besering en behoort volgens Janse van Rensburg in April fiks te wees.

April se kontrak met die Bulle het platgeval nadat hy nie sy mediese toetse kon slaag nie. Hy het met ’n skouerbesering teruggekeer nadat hy vir die NTT Shining Arcs in Japan gespeel het. April (27) moet ’n operasie ondergaan en kan tot ses maande uit rugby wees.

Smith se gewese Matie-spanmaat, die senter Chris Smit, het dié week ’n kontrak met Griekwas gesluit.
Smit tel saam met Anthony Volmink (Leeus), Eduan Keyter (WP), Grant Hermanus (WP), Keanu Vers (OP), De Beer (Bulle en Tuks), Michal Haznar (WP), Victor Sekekete (Bulle), Cody Basson (Griffons) en Johan Momsen (Maties) onder Griekwas se aanwinste.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net