Print Page | Close Window

WB-hartseer wag op een van Bokke se bielie-slotte

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Rugby World Cup
Forum Description: Rugby World Cup
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7419
Printed Date: 20-Apr-2024 at 8:48am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: WB-hartseer wag op een van Bokke se bielie-slotte
Posted By: Transvaal
Subject: WB-hartseer wag op een van Bokke se bielie-slotte
Date Posted: 10-Feb-2019 at 6:06am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wb-hartseer-wag-op-een-van-bokke-se-bielie-slotte-20190210%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wb-hartseer-wag-op-een-van-bokke-se-bielie-slotte-20190210

Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, kan met die samestelling van sy Springbokgroep vir vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Japan verras deur net drie slotte in sy groep van 31 spelers in te sluit.

Vanweë Pieter-Steph du Toit se veelsydigheid oorweeg die Bok-breier om net drie slotte pleks van die gebruiklike vier in sy finale groep te kies. Minder slotte sal Erasmus dus groter beweegruimte gee om ander posisies aan te vul.

Met die Bokke wat dit nogal breed aan slot-talent het, kan die aankondiging van die Wêreldbeker-groep vir ’n paar van die land se top-slotte ’n hartseeroomblik wees, want dit kan beteken dat selfs een van Eben Etzebeth, Lood de Jager, RG Snyman of Franco Mostert die Wêreldbeker sal mis. Du Toit speel as slot hoofsaaklik op 5, wat Mostert en De Jager eerder in die spervuur plaas.

Spelpeil in Superrugby kan bepaal wie van Etzebeth-hulle saamry of bly. Bogenoemde vier spelers en Du Toit (hy speel deesdae hoofsaaklik sewe-flank) staan gemeet aan 2018 se Bok-23-talle voor in die tou op slot.

Slotte soos Marvin Orie, JD Schickerling, Jason Jenkins, Ruan Botha en Salmaan Moerat sal slegs in die geval van beserings in die prentjie kom.

Daar wag egter nie net op ’n slot ’n Wêreldbeker-teleurstelling nie.

Soos in 2015 toe spelers soos Heinrich Brüssow, Cobus Reinach, Vincent Koch en Marcel van der Merwe die ongelukkiges was om tuis te bly, wag daar dalk ook hartverskeurende nuus op ’n top-senter.

Erasmus kan dit in sy kop kry om net drie senters te kies, wat waarskynlik in dié stadium Damian de Allende, Jesse Kriel en Lukhanyo Am sal wees.

Tensy ’n speler soos André Esterhuizen hom uit sy skoene speel vir die Haaie in die Superreeks, sal Erasmus eerder in die rigting kyk van veelsydige spelers soos Damian Willemse en Frans Steyn in die geval van beserings tydens die Wêreldbeker.

Selfs op skrumskakel kan daar trane van teleurstelling rol.

In ’n interessante verwikkeling kan die Bokke, soos Eddie Jones met Engeland beplan, met net twee skrumskakels na die Wêreldbeker reis.

Dit is egter baie ongewoon om nie met drie skrumskakels te reis nie.

Volgens die WB-reëls het spanne tot twee dae voor ’n toets die reg om ’n beseerde speler in die groep te vervang. Die waagstuk is as een van die skrumskakels in die 48 uur voor die begin van die toets beseer raak. In so ’n geval mag die speler nie vervang word nie. Dit is daarom onwaarskynlik dat die Bokke op net twee skrumskakels sal besluit.

Erasmus het die week bevestig dat die Bokke hul Wêreldbeker-oefenkamp in Bloemfontein sal hou. Die datums moet nog aangekondig word.



Replies:
Posted By: Leeubok
Date Posted: 11-Feb-2019 at 7:19am
"Damian de Allende, Jesse Kriel en Lukhanyo Am ". Ons was in die verlede geseend met wereldklas senters, nou word daai 3 beskou as die bestes in SA??? 


Posted By: TunaLion
Date Posted: 11-Feb-2019 at 8:19am
Originally posted by Transvaal Transvaal wrote:


Volgens die WB-reëls het spanne tot twee dae voor ’n toets die reg om ’n beseerde speler in die groep te vervang. Die waagstuk is as een van die skrumskakels in die 48 uur voor die begin van die toets beseer raak. In so ’n geval mag die speler nie vervang word nie. Dit is daarom onwaarskynlik dat die Bokke op net twee skrumskakels sal besluit.


Dit is regtig n baie dom reël en ek kan nie die logika daarin sien nie. Dit maak dat mens hierdie "veelsydige" Jack of All Trades tipe spelers moet insluit in die groep. Dit is seker ook waar die Bokke se fasinasie inkom met spelers wat albei kante van die die skrum kan sak, asook spelers wat orals in die agterlyn "kan" speel.


-------------
Go LIONS!!!!!


Posted By: Tin
Date Posted: 11-Feb-2019 at 9:10am
dan kan kwagga en schoeman mos nou lekker werk, kwagga cover die hele agterlyn omtrent en schoeman kan nog haker ook cover, en boeboes kan 15,10,9 cover, net wat jy vir jou bank nodig het


Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Feb-2019 at 9:16am
En Lood cover senter so ons hoef nie senters te vat nie


Posted By: Tin
Date Posted: 11-Feb-2019 at 9:24am
LOL


Posted By: Leeubok
Date Posted: 11-Feb-2019 at 9:48am
En al die forwards cover losskakel so Pollard is eintlik nie nodig nie



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net