Print Page | Close Window

WP-krisis: Corné-hulle ‘wil help, nie baklei’

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7374
Printed Date: 10-May-2024 at 2:43am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: WP-krisis: Corné-hulle ‘wil help, nie baklei’
Posted By: Transvaal
Subject: WP-krisis: Corné-hulle ‘wil help, nie baklei’
Date Posted: 04-Feb-2019 at 8:03am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wp-krisis-corne-hulle-wil-help-nie-baklei-20190203%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/wp-krisis-corne-hulle-wil-help-nie-baklei-20190203

“Ons wil net help. Dit is al.”

Corné Krige, voormalige Springbok-kaptein, het bevestig daar is ’n groep oudspelers van die Westelike Provinsie wat moue wil oprol om die krisis by dié unie te help oplos.

Die oudspelers het glo besluit om – onder Krige se leiding – toe te sien dat die Kaapse rugbybase besluite in die beste belang van die unie neem.

Maar dié oud-kaptein van die Streeptruie en die Stormers sê dit is nie hulle bedoeling om by ’n magstryd en rugbypolitiek betrokke te raak nie.

“Ek wil eintlik nie iets hieroor sê nie. Ons wil regtig net help en is nie daarop uit om iemand kwaad te maak nie.”

Dit kom ná ’n week van groot drama agter die skerms by Nuweland.

Luidens ’n berig het van die spelers die afgelope week ’n ultimatum aan die franchise se rugbybase gestel sodat die krisis beredder kan word.

Die spelers wil glo onder meer duidelikheid hê oor die Stormers se onbevestigde afrigtingspan en die betrokkenheid van Paul Treu.

Krige sê hy wil nie uitlatings maak voordat hulle nie weet wat die wortel van die kwaad is nie.

Robbie Fleck, die Stormers se hoofafrigter, het ná sy span se oorwinning in die losmaker teen die Bulle in die Kaapstad-stadion gesê dit was nodig dat sy span “deur die wedstryd kon kom”.

Die Stormers se sogenaamde naasbestes het die wedstryd met 33-28 gewen.

Die kaptein, Chris van Zyl, is van mening dat die magstryd wat in die unie woed nie ’n impak op die spelers het nie.

“Dit is belangrik dat die spelers hulle fokus hou op dit wat ons kan beheer. Ek glo die afrigtingspan het goed gedoen in dié opsig.

“Vir my was dit goed om te sien dat daar gesonde energie tussen die ouens is. Dit is tasbaar en jy kon dit sien in die manier waarop die spelers verdedig het.

“As jy dit nou regkry is dit ’n goeie voorbode. Ek dink dit wat van die veld af gebeur het nie ’n impak op die spelers nie,” het Van Zyl gesê.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net