Print Page | Close Window

Bokke se kontrakte vandag bespreek

Printed From: Lionsworld
Category: General Rugby
Forum Name: SA Rugby Issues
Forum Description: SA Rugby Issues
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7365
Printed Date: 29-Mar-2024 at 5:24pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Bokke se kontrakte vandag bespreek
Posted By: Transvaal
Subject: Bokke se kontrakte vandag bespreek
Date Posted: 03-Feb-2019 at 6:02am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bokke-se-kontrakte-vandag-bespreek-20190203%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/bokke-se-kontrakte-vandag-bespreek-20190203

Rassie Erasmus, Suid-Afrikaanse Rugby-unie se direkteur van rugby én Springbok-breier, sal vandag met die uitvoerende hoofde van die land se vier Super-franchises beraadslaag oor die pad vorentoe met die daarstelling van ’n nuwe model waarvolgens spelers gekontrakteer sal word.

Rapport se inligting is dat die vergadering tussen Erasmus en die uitvoerende hoofde van die Bulle, Haaie, Stormers en Leeus daarop gemik is om die uittog van nog topspelers te verhinder.

Voortgesette Bok-kontrakte sal die grootste besprekingspunt op die vergadering wees.

Die afgelope tyd is daar berig dat Saru wil afsien van die toekenning van Springbok-kontrakte en spelers se inkomste eerder met wedstrydgeld wil aanvul in ’n poging om hulle in die land te hou.

Die franchises glo egter as daar nie Bok-kontrakte is nie, gaan dit onmoontlik wees om spelers in Suid-Afrika te hou.

Rudolf Straeuli, die Leeus se uitvoerende hoof, is deur die franchises gevra om met ’n voorstel vorendag te kom oor ’n beperkte hoeveelheid Bok-kontrakte wat Saru en die franchises sal help om topspelers in die land te hou.

“Sonder die Bok-kontrakte kan ons nie eens naby die bedrae kom wat die oorsese klubs spelers aanbied nie,” het een uitvoerende hoof aan Rapport gesê.

Hy het ook die hoop uitgespreek dat hul voorstel vir die voortsetting van Bok-kontrakte iets positief sal oplewer sodat hy teen die einde iets sal hê om aan sy Springbok-spelers voor te lê.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net