Print Page | Close Window

Bulle-skuif was ‘regte ding om te doen’ sê Du

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7306
Printed Date: 28-Apr-2024 at 10:31pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Bulle-skuif was ‘regte ding om te doen’ sê Du
Posted By: Transvaal
Subject: Bulle-skuif was ‘regte ding om te doen’ sê Du
Date Posted: 29-Jan-2019 at 8:00am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-skuif-was-regte-ding-om-te-doen-se-duane-20190128%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/bulle-skuif-was-regte-ding-om-te-doen-se-duane-20190128


Loftus Versfeld was lank in afwagting op die dag wat die Springbok-kryger Duane Vermeulen ’n Bulle-oefentrui oor die kop trek.

Daar was Maandagmiddag op Loftus se B-veld opmerklik meer ondersteuners wat vir die span se oefening opgedaag het.

Vermeulen kom immers met hoë verwagtinge Pretoria toe midde-in voorspellings dat dié ervare agtsteman vanjaar die Bulle se talisman in die Superrugbyreeks kan wees.

Hy is versigtig om nie in die slagyster van verwagtinge te trap nie.

“Daar gaan altyd druk en verwagtinge wees, maar ons sal dit stap vir stap neem.

“Ons eerste wedstryd is teen die Stormers (op 16 Februarie) en dit is een wat ons moet wen.

“Mense sal hulle verwagtinge hê en hoewel ons goed wil vaar, kan ons nie net daarop fokus om aan ondersteuners se verwagtinge te voldoen nie.”

Duane Vermeulen in ’n Bulle-trui sal ’n vreemde prentjie wees. Veral as jy in ag neem dat hy Sondag teen sy ou spanmaats in die Kaapstad-stadion kan speel.

“Ek het eintlik in die geweste groot geword. Bygesê, ek het nie gedink ek sal myself ooit ’n Bulle-trui sien dra nie.

“Dit is vreemd hoe dinge uitwerk, maar ek is opgewonde om hier te wees.

“Hier is ’n lekker klomp ouens by die Bulle en ek sien daarna uit om ’n bydrae te maak.”

Die Bulle was die eerste span wat verlede jaar na my uitgereik het. Ek het gevoel dit is die regte ding om te doen.

So hoe het dit gebeur dat hy die Bulle bo die Stormers verkies het?

“Die Bulle was die eerste span wat verlede jaar na my uitgereik het. Ek het gevoel dit is die regte ding om te doen.

“Veral nadat Thelo Wakefield (die Westelike Provinsie se vorige president) gesê het die Stormers gaan eerder in hulle jonger spelers belê.

“Ek het dit aanvaar en aanbeweeg. Die Bulle het aangedui ek kan ’n rol hier speel en as jy so ’n geleentheid kry, moet jy dit vat.”

Vermeulen het ná die Bokke se jaareindtoer verlede seisoen ’n hele paar wedstryde vir sy Japanse klub, Kubota Spears, gespeel.

“Ek het net die span se laaste twee wedstryde met ’n kniebesering misgeloop, maar alles is nou uitgesorteer.

“Rugby in Japan is lekker vinnig en ek glo dit was goeie voorbereiding vir Superrugby.”

* Daar was Maandag slegte nuus aan die beseringsfront vir Pote Human, die Bulle se hoofbreier.

Die jong Springbok-slot RG Snyman het met ’n enkeloperasie uit Japan teruggekeer en Herman Rossouw, die spandokter, sê ’n skandering het gewys die prognose is slegter as wat vermoed is.

Snyman word Dinsdagoggend geopereer en sal vir agt weke buite aksie wees.

Hy sluit hom by Marco van Staden, Jaco Visagie, Edgar Marutlulle, Marnitz Boshoff en Travis Ismaiel op die Bulle se langtermyn-beseringslys aan.



Replies:
Posted By: Transvaal
Date Posted: 29-Jan-2019 at 8:46am
Erg dat RG Snyman 2 maande uit is, Bulle gaan hom mis want hy is een van hulle beter spelers



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net