Print Page | Close Window

Spelers wil nie teken oor Saru se geldswye

Printed From: Lionsworld
Category: General Rugby
Forum Name: SA Rugby Issues
Forum Description: SA Rugby Issues
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7294
Printed Date: 29-Mar-2024 at 12:19am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Spelers wil nie teken oor Saru se geldswye
Posted By: Transvaal
Subject: Spelers wil nie teken oor Saru se geldswye
Date Posted: 28-Jan-2019 at 5:49am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/spelers-wil-nie-teken-oor-saru-se-geldswye-20190127%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/spelers-wil-nie-teken-oor-saru-se-geldswye-20190127

’n Groot klomp van die land se topspelers weier om hul kontrakte by plaaslike franchises te verleng voordat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sê of spelers voortaan met wedstrydgeld of Springbok-kontrakte vergoed sal word.

Te midde van al hoe meer aanduidings dat oorsese klubs soos aasvoëls om plaaslike spelers sirkel, kon Saru nie die afgelope week sê wanneer hy ’n finale besluit oor die kwessie van Bok-kontrakte of wedstrydgeld sal neem nie. Hy het reeds einde verlede jaar gesprekke met franchises en agente hieroor begin, maar daar sal waarskynlik geen finaliteit tot in Maart verkry word nie.

’n Franchise met wie Rapport gepraat het, het gesê baie van sy topspelers sal die pad oorsee vat as Bok-kontrakte wegval.

Hulle wil langtermyn- finansiële sekerheid in kontrakte eerder as wedstrydgeld hê.

Feitlik al wat ’n Bok is se kontrak met sy franchise én Saru eindig ná die Wêreldbeker-toernooi. Die name van verskeie Bokke soos Steven Kitshoff (Sale Sharks), Akker van der Merwe (Sale Sharks), Eben Etzebeth (Toulon), Stephan Lewies (Harlequins), Jean-Luc du Preez (Sale Sharks/Leicester), Duane Vermeulen (Kubota Spears), Dan du Preez (Sale Sharks/Bath), Siya Kolisi (Panasonic) en Robert du Preez (Sale Sharks/Leicester) word met oorsese klubspanne verbind en het in sekere gevalle reeds hul kontrakte geteken.

Bokke soos Malcolm Marx, Trevor Nyakane, Beast Mtawarira, Frans Malherbe, Coenie Oosthuizen, RG Snyman, Lood de Jager, Pieter-Steph du Toit, JD Schickerling, Elton Jantjies, Handré Pollard en Jesse Kriel lok ook groot belangstelling van oorsese klubs.

’n Saru-woordvoerder het by navraag aan Rapport bevestig wedstrydgeld is een van die opsies op die tafel.

“Dis iets wat ons verder moet ondersoek voordat ’n finale besluit geneem word. Die tydlyne oor finaliteit sal afhang van daardie gesprekke.”

Een van die voordele wat wedstrydgeld vir Saru inhou, is dat dit situasies sal systap waar ’n speler beseer is of in onguns verval weens sy spelpeil en steeds sy maandelikse betaling vir sy Bok-kontrak ontvang.

“Ons glo dat dit ons in staat stel om die Springbokspeler ’n baie aantrekliker beloning vir sy vertoning aan te bied en hopelik sal dit beteken spelers sal baie langer plaaslik speel pleks daarvan om ’n kontrak oorsee te kies,” het Saru gesê.

Wedstrydgeld van R400 000 per toets vir ’n plaaslike speler is al vroeër aan Rapport genoem.



Replies:
Posted By: PaBz0r
Date Posted: 28-Jan-2019 at 8:14am
Wel n klomp passasiers het kontrakte. Dit is die grootste probleem wat strek van HM se tyd af by die bokke.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Jan-2019 at 8:28am
12 toetse per jaar teen R400k...amper R5m en dis voor jy deur jou unie betaal is...klink mos nie sleg nie maar dan moet jy in die bokke se wedstryd 23 wees...ek stem dat dit beter sal werk as die kontrakte want daar is spelers wat bok kontrakte kry en dan omtrent nooit speel nie, dis mos 'n mors van geld


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 28-Jan-2019 at 9:02am
Dit klink meer as wat in die media berig is laas jaar waar daar iets van n totale pakket van 5bar genoem is, wat die Unie en die bok kontrak insluit.

So ek neem aan as jy op vorm is en die coach hou van jou, jy baie meer sal kan verdien met n per wedstryd betaling, plus dit maak n klomp geld los vir SARU. 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 28-Jan-2019 at 9:04am
Ja ek dink darem nie hulle verwag dat die unie moet help betaal aan die wedstryd geld nie



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net