Print Page | Close Window

Pote, Swys se fokus sal op diepte wees

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7285
Printed Date: 27-Apr-2024 at 3:24pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Pote, Swys se fokus sal op diepte wees
Posted By: Transvaal
Subject: Pote, Swys se fokus sal op diepte wees
Date Posted: 26-Jan-2019 at 5:52am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/pote-swys-se-fokus-sal-op-diepte-wees-20190125%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/pote-swys-se-fokus-sal-op-diepte-wees-20190125

Daar sal weinig van die spelers wat Saterdag vir die Bulle en Leeus in ’n opwarmstryd op Loftus se B-veld speel vir dié spanne diens doen wanneer die Superrugby-reeks oor drie naweke begin.

Tog sal die breiers Pote Human en Swys de Bruin die losmaker met groot belangstelling dophou.

Die spanne is op die keper beskou ’n goeie aanduiding van die diepte wat daar vanjaar by Loftus Versfeld en Ellispark is.

Dit gee ook talle spelers die kans om vroeg indruk te maak.

Marco van Staden was aanvanklik verlede seisoen nie eens in die Bulle se oefengroep nie, maar het later die jaar ’n Springbok geword.

Human sê die spelers moet wys hóé graag hulle in sy finale groep wil wees.

“Dit is ’n groot geleentheid vir die ouens. Ons is almal ywerig om te sien hoe die jong en onervare manne vaar, maar ook om die seisoen onderweg te kry.”

Human sal veral die vertoning van die Springbok-vleuel Cornal Hendricks met groot afwagting dophou.

Sy regstreekse teenstander is die opwindende Wandisile Simelane.

Op die ander punt sal die Bulle se sewes-aanwins Rosko Specman self vroeg-vroeg sy aanspraak op ’n plek in die beginspan wil verstewig.

* Bulle: Earll Dowrie, Cornal Hendricks, Franco Naudé, JT Jackson, Rosko Specman, Manie Libbok, Marco Jansen van Vuren, Muller Uys, Thembelani Bholi, Ruan Steenkamp (k), Eli Snyman, Ruan Nortje, Dayan van der Westhuizen, Corniel Els, Simphiwe Matanzima. PLAASVERVANGERS: Johan Grobbelaar, Matthys Basson, Conrad van Vuuren, Tim Agaba, Nic de Jager, Ivan van Zyl, Tinus de Beer, Jay-Cee Nel, Jade Stighling, Divan Rossouw.

Leeus: Sylvian Mahuza (k), Madosh Tambwe, Manuel Rass, Tyrone Green, Wandisile Simelane, Gianni Lombard, Morné van der Berg, Darrien-Lane Landsberg, Vincent Tshituka, MJ Pelser, Rhyno Herbst, Ruan Vermaak, Asenathi Ntlabakanye, Jan-Henning Champher, Nathan McBeth. PLAASVERVANGERS: Pieter Jansen, Danie Minnie, Frans van Wyk, PJ Steenkamp, Roelof Smith, James Venter, Jo-Hanko de Villiers, Dian Schoonees, Bradley Thain, Eddie Fouché, Louritz van der Schyff, Jan-Louis la Grange, Stean Pienaar, Jean-Luc Cilliers.

Afskop: 15:00.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net