Print Page | Close Window

Leeus se welpies moet brul op Loftus

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7273
Printed Date: 28-Apr-2024 at 2:34pm
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Leeus se welpies moet brul op Loftus
Posted By: Transvaal
Subject: Leeus se welpies moet brul op Loftus
Date Posted: 25-Jan-2019 at 5:25am
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-se-welpies-moet-brul-op-loftus-20190124%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/leeus-se-welpies-moet-brul-op-loftus-20190124

Die Leeus pak die Bulle Saterdag op Loftus Versfeld in ’n slypwedstryd vir die Superrugby-reeks met ’n rits nuwelinge in hul geledere.

Dit is veral tussen die voorspelers waar daar heelwat nuwe gesigte is. Trouens, die slot Rhyno Herbst is die enigste speler in die agttal wat verlede jaar gereeld deel van die Curriebeker-span was.

Jan-Henning Campher, wat nog verlede seisoen by die Bulle was, kry beginkans as haker, terwyl nóg ’n eertydse Bul, die stut Frans van Wyk, een van die plaasvervangers is.

Nathan McBeth, ’n Junior Springbok wat ook kwalifiseer om toetsrugby vir Skotland te speel, is die loskopstut.

In die agterlyn is daar veel meer ervare spelers, met die heelagter Sylvian Mahuza, wat die span aanvoer.

Van die opwindende jong spelers wat saam met hom is, is Madosh Tambwe, Manny Rass, Tyrone Green, Wandisile Simelane en Gianni Lombard.

Tussen die plaasvervangers is daar enkele spelers met Curriebeker-ervaring, soos die losvoorspelers James Venter en Pikkie de Villiers, asook die haker Pieter Jansen en die voorryman Danie Mienie.

Vir die afrigter, Swys de Bruin, bied die oefenwedstryd die kans om van die jong talent deur te kyk en te sien wie steek hand op om vanjaar Superrugby te kan speel.

Die Leeus, wat die afgelope twee seisoene in die Superreeks se eindstryd verloor het, moet vanjaar sonder staatmakers soos Jaco Kriel, Franco Mostert, Ruan Dreyer, Jacques van Rooyen en Rohan Janse van Rensburg oor die weg kom.

Gevolglik sal verskeie groentjies noodgedwonge by die diep kant van die Superreeks ingegooi word.

Sylvian Mahuza (k), Madosh Tambwe, Manny Rass, Tyrone Green, Wandisile Simelane, Gianni Lombard, Krappie van den Berg, Darren-Lane Landsberg, Vincent Tsitsuka, MJ Pelser, Rhyno Herbst, Ruan Vermaak, Asewathi Ntlabekanye, Jan-Henning Campher, Nathan McBeth. PLAASVERVANGERS: Pieter Jansen, Danie Mienie, Frans van Wyk, PJ Steenkamp, Roelof Smith, James Venter, Pikkie de Villiers, Bradley Thain, Eddie Fouché, Jan-Louis la Grange, Stean Pienaar, Jeanluc Cilliers.



Replies:
Posted By: ROOIHART
Date Posted: 25-Jan-2019 at 6:31am
3 seisoene in die finaal...hoekom sukkel die media so met dit.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Jan-2019 at 6:42am
Ja hulle gee dit effens weg dat hulle vere vir ons voel


Posted By: LeeuBrul
Date Posted: 25-Jan-2019 at 7:07am
Ja nee almal dink ons Gaan ook die mees onervare span ooit he en net n klomp groentjies inspan,meeste van die spelers gaan dalk op die bank wees en impak spelers wees,niemand sien ons span is eindelik Baie gesettle.....dis net die Bulle orals en dit klink of hulle klaar die beker gewen het.

-------------
Once a Lion always a lion


Posted By: Scrubba
Date Posted: 25-Jan-2019 at 7:39am
So Waar, net Bulle Bulle Bulle oorals LOLLOLLOL  Sien uit om te sien hoe die jong laaities speel, ons gaan nog n' paar spanne lelik verras hierdie jaar as hulle dink ons gaan maklik geklop word, mark my words! 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 25-Jan-2019 at 7:48am
Ek het vir die skrywer van die artikel 'n whatsapp gestuur en hom op sy fout gewys. 


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 25-Jan-2019 at 8:25am
Ek sal daarvan hou as ons die jong ouens nou n goeie run gee, daai momentum vat en die CC weer bietjie wen en dan volgende jaar weer amok maak in Super Rugby.



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net