Print Page | Close Window

Dylan, die Leeus se vonkelwynprop

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7254
Printed Date: 29-Apr-2024 at 12:58am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Dylan, die Leeus se vonkelwynprop
Posted By: Transvaal
Subject: Dylan, die Leeus se vonkelwynprop
Date Posted: 21-Jan-2019 at 8:39pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/dylan-die-leeus-se-vonkelwynprop-20190121%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/Super-Rugby/dylan-die-leeus-se-vonkelwynprop-20190121

Die terugslae wat hy in die afgelope drie seisoene beleef het, het hom geestelik sterker gemaak.

Só sê die Leeus se loskopstut Dylan Smith, wat eersdaags ná ’n afwesigheid van ses maande weens ’n skouerbesering terugkeer.

Die 24-jarige oud-leerling van die King Edward School (KES) in Johannesburg, waar hy saam met Malcolm Marx en Cyle Brink gespeel het, het die afgelope paar jaar heelwat beserings opgedoen, maar hy is oorgehaal om weer te begin speel.

Smith wat waarskynlik nog so twee tot drie weke buite aksie sal wees, behoort vir die openingswedstryd in die Superrugbyreeks reg te wees.

“Ek voel meer voorbereid as ooit tevore,” sê Smith. “Hierdie Superseisoen beloof om baie opwindend te wees en ek beskou dit as ’n groot uitdaging.

“Ná alles wat ek deurgemaak het die laaste paar jaar en hoeveel kere my rugbyloopbaan al ontwrig is, voel ek dat ek myself iets goeds skuld.

“Ek wil graag weer wys waartoe ek in staat is en vertrou dat my rugbyloopbaan nou behoorlik kan vlamvat,” sê Smith, wat enkele jare gelede as van die opwindendste jong voorrymanne in die land beskou is en vir wie ’n groot toekoms voorspel is.

“Ek voel soos ’n vonkelwynprop wat net wag om uit te skiet,” sê hy.

Smith reken ook diegene wat meen dat die Leeus se agttal kwesbaar sal wees noudat Ruan Dreyer, Jacques van Rooyen, Franco Mostert en Jaco Kriel nie daar is nie, moet wéér dink.

“Spanne wat glo hulle sal nou voorlangs net oor ons kan loop, gaan ’n verrassing kry,” sê Smith.

Rob Collins, die Leeus se spandokter, glo Smith behoort al vandeesweek weer voluit aan die oefeninge te kan deelneem.

Volgens Collins is daar vanjaar meer beserings as wat daar aan die begin van verlede seisoen was.

Die slot Andries Ferreira, wat weens ’n besering die hele Curriebeker-reeks misgeloop het, is nog nie in aksie nie, al is hy weer fiks, aangesien daar nog kontraktuele sake is wat eers uit die weg geruim moet word.

Brink sal glo ook volgens Collins eers teen die tweede of derde wedstryd van die seisoen kan inval, terwyl nóg ’n slot, Lourens Erasmus, eers teen die middel van die jaar weer sal kan speel.

Ander spelers wat nog met beserings sukkel en wisselend van die tweede week tot eers April in aksie sal kan wees, is Ross Cronjé, Len Massyn en Lionel Mapoe.



Replies:
Posted By: Goue Leeu
Date Posted: 21-Jan-2019 at 8:50pm
Nee shit.. lyk my ons gaan omtrent met 'n halwe span die toernooi begin. As jy sleg begin in Super Rugby is dit baie moeilik om momentum op te bou en op te vang. Jy kan maklik na 5 of 6 weke so te sê uit die toernooi wees.


Posted By: Scrubba
Date Posted: 22-Jan-2019 at 7:06am
We have to win that first game in Argentina!! 3 years in a row we have lost there Cry just gets everybody off to a good start and with half the team injured we really need to get off to a start... 


Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Jan-2019 at 7:52am
Yes, I agree, we have to target a win for the 1st match. Will be the good start we need and will also put the Jaguares under pressure as I think they will be one of the teams that will fight for top spot in our conference


Posted By: Lion4ever
Date Posted: 22-Jan-2019 at 9:14am
A win in Argentina will be a great confidence booster. We have done pretty well overseas in the last few seasons. We had a bit of a stutter last year, where we lost a couple of matches that we should have won, but since coming back into SR, our track record overseas has not been too shabby.


Posted By: valie
Date Posted: 22-Jan-2019 at 11:52am
Ek wil my verbeel dat ek erens gelees het dat Die Jaguares ook van hulle senior spelers aan Europese klubs afgestaan het. Een van hulle is Nicolas Sanchez, wat ons redelik grys hare in die verlede gegee het.
Of dit wel so is, kan ek nie se nie.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Jan-2019 at 12:06pm
Ja hy is weg, al die detail is op hierdie skakel

https://en.wikipedia.org/wiki/List_of_2018%E2%80%9319_Super_Rugby_transfers#Jaguares" rel="nofollow - https://en.wikipedia.org/wiki/List_of_2018%E2%80%9319_Super_Rugby_transfers#Jaguares


Posted By: Lion4ever
Date Posted: 22-Jan-2019 at 12:13pm
Sanchez is a big loss for them. However, they have settled nicely into SR, so will be a bigger threat this year.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 22-Jan-2019 at 12:15pm
Originally posted by Lion4ever Lion4ever wrote:

Sanchez is a big loss for them. However, they have settled nicely into SR, so will be a bigger threat this year.

They are playing with a new coach again, he might not be as good as Ledesma



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net