Print Page | Close Window

Oud Welpie terug by Leeus

Printed From: Lionsworld
Category: Rugby Competitions
Forum Name: Super Rugby
Forum Description: Super Rugby
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7231
Printed Date: 05-May-2025 at 7:54am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Oud Welpie terug by Leeus
Posted By: Tin
Subject: Oud Welpie terug by Leeus
Date Posted: 17-Jan-2019 at 9:04am
Die 23-jarige vaskopstut Frans van Wyk het Donderdagoggend teruggekeer na die Unie waar hy as ‘n skoolseun naam gemaak het.

Die voormalige SA Onder-vaskop sluit hom weer by die Leeus aan nadat hy pas na sy skoolloopbaan by Monument Kaap toe verhuis het.

Van Wyk, wie die skaal op meer as 120 kilogram trek, het die Westelike Provinsie en die Bulls reeds in SupaRugby verteenwoordig.

Hy en die jong Carlu Sadie gee aan die Leeus broodnodige diepte op vaskop.

Met Johannes Jonker en Jacobie Adriaanse ook steeds beskikbaar is die Leeus se toekoms rooskleurig in die posisie.


Vanaf Suparugby Facebook.




Replies:
Posted By: Tin
Date Posted: 17-Jan-2019 at 9:07am
In die SA o/20 span 2015 het hy elke keer as reserwe opgekom.

Stutt wat elke keer begin het was Ox Nche en Thomas du Toit.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Jan-2019 at 9:09am
Ai, nog nooit van hom gehoor nie


Posted By: valie
Date Posted: 17-Jan-2019 at 9:45am
Ek sien hy het darem al 12 SR games gespeel. 2 Vir die Stormers en 10 vir die Bulls laasjaar.


Posted By: Transvaal
Date Posted: 17-Jan-2019 at 9:51am
Die Bulle se skrum laas jaar was maar aan die swak kant as ek reg onthou, hoop nie hy was in van daai swak skrums nie


Posted By: Lion4ever
Date Posted: 17-Jan-2019 at 11:23am
He seems to have a good record. However, it doesn't matter how good your no 3 is, if he doesn't have 7 other good players with him, he will struggle. 



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net