Print Page | Close Window

Maties, Jurie se hofsaak begin in Mei

Printed From: Lionsworld
Category: General Rugby
Forum Name: SA Rugby Issues
Forum Description: SA Rugby Issues
URL: http://www.lionsworld.co.za/forumnew/forum_posts.asp?TID=7203
Printed Date: 19-Apr-2024 at 8:17am
Software Version: Web Wiz Forums 12.01 - http://www.webwizforums.com


Topic: Maties, Jurie se hofsaak begin in Mei
Posted By: Transvaal
Subject: Maties, Jurie se hofsaak begin in Mei
Date Posted: 10-Jan-2019 at 6:49pm
https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/maties-jurie-se-hofsaak-begin-in-mei-20190110%20" rel="nofollow - https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/maties-jurie-se-hofsaak-begin-in-mei-20190110

Jurie Roux, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), en die Universiteit Stellenbosch (US) sal mekaar uiteindelik in Mei in die hooggeregshof in Kaapstad aanvat.

Daar word beweer dat Roux miljoene rande onregmatig na die Maties-rugbyklub gekanaliseer het.

Roux was voor sy aanstelling by Saru die US se direkteur van finansiële beplanning en batebestuur.

Frikkie Erasmus, sy prokureur, het Donderdag aan Netwerk24 bevestig dat die hofdatum 13 Mei is.

Luidens ’n ondersoekverslag deur die ouditfirma KPMG is die bedrag ter sprake R35 miljoen – R21 miljoen aan die rugbyklub, R9 miljoen vir algemene uitgawes en R5 miljoen vir beurse aan studente.

KPMG voer in sy verslag aan dat Roux tussen 2002 en 2010 die finansiële stelsels van die universiteit “gemanipuleer” het ter wille van “onregmatige” en “ongemagtigde” besteding.

Roux ontken die aantygings.

Hy is in 2010 as Saru se uitvoerende hoof aangestel en die beheerliggaam se uitvoerende raad het in 2014 eenparig besluit om sy kontrak tot 2019 te verleng.

Dit was ondanks die aantygings teen hom.

Rugbybase voer aan dat dit ’n private saak tussen Roux en die US is.



Replies:
Posted By: Tin
Date Posted: 11-Jan-2019 at 9:09am
''Rugbybase voer aan dat dit ’n private saak tussen Roux en die US is.''

Dit is SARU se hele probleem, hul volg altyd daai roete van dis nie hulle probleem nie....... 



Posted By: Transvaal
Date Posted: 11-Jan-2019 at 9:18am
As die ou skuldig bevind word van R35m se bedrog, dan moet mens seker wonder hoe eties het hy opgetree die laaste x aantal jare in beheer van SA Rugby.

Ek kan ook nie verstaan hoekom die saak so lang geneem het om tot 'n punt te kom nie. Hy is al 9 jaar weg by Maties


Posted By: PaBz0r
Date Posted: 11-Jan-2019 at 10:21am
Dink nie hulle wou met half-baked bewyse gaan nie, hy gaan genail word. Kan mens via die tronk SARU run? Clown


Posted By: Lion4ever
Date Posted: 11-Jan-2019 at 11:55am
The fact that he was not suspended, or that he voluntarily stood down in the face of these charges, beggars belief.


Posted By: Attie Karate
Date Posted: 12-Jan-2019 at 12:26pm
Originally posted by Lion4ever Lion4ever wrote:

The fact that he was not suspended, or that he voluntarily stood down in the face of these charges, beggars belief.


Non-accountability is one of the main characteristics of most people in charge of any organization linked with government in SA.


-------------
Up the Vaal!



Print Page | Close Window

Forum Software by Web Wiz Forums® version 12.01 - http://www.webwizforums.com
Copyright ©2001-2018 Web Wiz Ltd. - https://www.webwiz.net